×
Irannese tale

Die Irannese tale (soms ook Irano-Ariese tale genoem) is 'n subfamilie van die Indo-Irannese tale binne die Indo-Europese taalfamilie, saam met die Indo-Ariese tale en die Nuristani-tale, en word veral deur Irannese volke gepraat. Daar is altesaam sowat vyftig Nieu-Irannese tale met sowat 150 miljoen moedertaalsprekers, terwyl tussen 30 en 50 miljoen sprekers 'n Irannese taal as tweede of derde taal praat. Die grootste tale (volgens moedertaalsprekers) is: Persies (57 miljoen), Pasjtoe (ca. 50 miljoen), Koerdies (30 miljoen), Dari (ca. 12,5 miljoen), Tadjiks (ca. 8 miljoen), Beloetsji (5 miljoen), Luri (4–5 miljoen), Zazaki (2–4 miljoen), Gilaki (2,4 miljoen) en Mazanderani (2,4 miljoen). Van die ander tale sluit in Avesties (uitgestorwe) en Osseties (ca. 620 000).

Irannese tale
Geografiese
verspreiding:
Wes-Asië, Sentraal-Asië
Genetiese
klassifikasie
:
Indo-Europees
Indo-Irannees
Irannese tale
Onderafdelings:
Wes-Irannese tale
Oos-Irannese tale

Lande waar 'n Irannese taal gepraat word

Die verspreiding van moderne Irannese tale. Die vier grootste tale in dié taalfamilie is:

Hulle is inheems aan die Irannese hoogland tussen die Eufraat-Tigris in die weste, die Kaukasus in die noordweste, die Kaspiese See en Sentraal-Asië in die noorde, die Indus in die ooste en die Persiese Golf in die suide met lande soos Iran, Afghanistan, Pakistan en Tadjikistan. Die verspreiding van beide die Irannese tale en Irannese volke het met die uitbreiding van die Persiese Ryk gepaard gegaan.

  1. (en) . Encyclopædia Iranica. vanaf die oorspronklike op 23 April 2020. Besoek op16 April 2021.
  • (en) Nordhoff, Sebastian; Hammarström, Harald; Forkel, Robert; Haspelmath, Martin, reds. (2017). . Glottolog. Leipzig: Max Planck Institute for Evolutionary Anthropology.

Publikasie datum: September 26, 2021

irannese, tale, soms, irano, ariese, tale, genoem, subfamilie, indo, binne, indo, europese, taalfamilie, saam, indo, ariese, tale, nuristani, tale, word, veral, deur, irannese, volke, gepraat, daar, altesaam, sowat, vyftig, nieu, sowat, miljoen, moedertaalspre. Die Irannese tale soms ook Irano Ariese tale genoem is n subfamilie van die Indo Irannese tale binne die Indo Europese taalfamilie saam met die Indo Ariese tale en die Nuristani tale en word veral deur Irannese volke gepraat 1 Daar is altesaam sowat vyftig Nieu Irannese tale met sowat 150 miljoen moedertaalsprekers terwyl tussen 30 en 50 miljoen sprekers n Irannese taal as tweede of derde taal praat Die grootste tale volgens moedertaalsprekers is Persies 57 miljoen Pasjtoe ca 50 miljoen Koerdies 30 miljoen Dari ca 12 5 miljoen Tadjiks ca 8 miljoen Beloetsji 5 miljoen Luri 4 5 miljoen Zazaki 2 4 miljoen Gilaki 2 4 miljoen en Mazanderani 2 4 miljoen Van die ander tale sluit in Avesties uitgestorwe en Osseties ca 620 000 Irannese taleGeografiese verspreiding Wes Asie Sentraal AsieGenetiese klassifikasie Indo Europees Indo Irannees Irannese taleOnderafdelings Wes Irannese tale Oos Irannese taleLande waar n Irannese taal gepraat word Die verspreiding van moderne Irannese tale Die vier grootste tale in die taalfamilie is Koerdies Persies of Farsi Pasjtoe Beloetsji Hulle is inheems aan die Irannese hoogland tussen die Eufraat Tigris in die weste die Kaukasus in die noordweste die Kaspiese See en Sentraal Asie in die noorde die Indus in die ooste en die Persiese Golf in die suide met lande soos Iran Afghanistan Pakistan en Tadjikistan Die verspreiding van beide die Irannese tale en Irannese volke het met die uitbreiding van die Persiese Ryk gepaard gegaan Verwysings Wysig en IRAN vi IRANIAN LANGUAGES AND SCRIPTS Encyclopaedia Iranica Geargiveer vanaf die oorspronklike op 23 April 2020 Besoek op 16 April 2021 Bron Wysig en Nordhoff Sebastian Hammarstrom Harald Forkel Robert Haspelmath Martin reds 2017 Iranian Glottolog Leipzig Max Planck Institute for Evolutionary Anthropology Eksterne skakels WysigWikimedia Commons bevat media in verband met Irannese tale en Ethnologue Languages of the World Seventeenth edition Iranian Ethnologue Besoek op 16 April 2021 en Iranian languages Encyclopaedia Britannica Besoek op 16 April 2021 Ontsluit van https af wikipedia org w index php title Irannese tale amp ol,