×
Ioniese Opstand

Die Ioniese Opstand, en gepaardgaande opstande in Aeolis, Doris, Siprus en Karië, was militêre opstande deur verskillende kusstreke van Klein-Asië teen die Persiese bewind, wat geduur het van 499 v.C. tot 493 v.C.. Die kernoorsaak van die rebellie was die ontevredenheid van die Griekse stede van Klein-Asië met die tiranne wat deur Persië oor hulle aangestel is, benewens die individuele optrede van twee Milesiaanse tiranne, Histiaeus en Aristagoras.

Ioniese Opstand
Deel van die Grieks-Persiese oorloë‎

Hoofgebeure van die Ioniese Opstand
Datum 499 v.C. – 493 v.C.
Ligging Klein-Asië en Siprus
Resultaat Persiese oorwinning
Gebieds-
veranderinge
Persië herstel sy beheer oor Ionië en Siprus.
Strydende partye
Ionië, Aeolis, Doris, Caria, Athene, Eretria, Siprus Persiese Ryk
Aanvoerders
Aristagoras
Charopinos
Hermophantus
Eualcides (†)
Melanthius
Dionysius van Phocaea
Histiaeus
Megabates
Artaphernes
Daurises (†)
Hyamees
Otanes
Datis

Inhoud

Die stede van Ionië is deur Persië verower in c. 540 v.C., en is daarop regeer deur plaaslike tiranne, wat benoem is deur die Persiese satraap in Sardis. In 499 v.C. het die toenmalige tiran van Miletus, Aristagoras, 'n gesamentlike ekspedisie geloods met die Persiese satraap Artaphernes om Naxos in die Kyklade in te palm, ten einde sy invloed uit te brei. Die sending was 'n debakel, en in die verwagting dat sy ontslag as tiran op hande was, het Aristagoras verkies om die hele Ionië op te rui tot rebellie teen die Persiese koning Darius die Grote.

In 498 v.C., met die bystand van Atheense en Eretrese troepe, het die Ioniërs opgemars na Sardis, dit ingeneem en afgebrand. Op hulle terugreis na Ionië daarenteen, is hulle agtervolg deur Persiese troepe, en beslissend verslaan by die Veldslag van Efese. Hierdie kampanje was die enigste offensiewe aksie deur die Ioniërs, wat daaropvolgend slegs defensief opgetree het. Die Perse het gereageer deur in 497 v.C. 'n drieledige aanval uit te voer gemik op die herowering van die afgeleë streke van die opstand, maar die uitbreiding van die opstand na Karië het meegebring dat die grootste weermag, aangevoer deur Daurises, daarheen verplaas is. Alhoewel die kampanje na Karië aanvanklik goed afgeloop het vir die Perse, is hul weermag uitgewis in 'n lokval by die Veldslag van Pedasus. Dit het 'n dooiemat meegebring vir die res van 496 en 495 v.C..

Teen 494 v.C. is die Persiese weermag en vloot hergegroepeer, en het hulle 'n direkte aanval geloods op die brandpunt van die opstand, naamlik Miletus. Die Ioniese vloot het gepoog om Miletus ter see te verdedig, maar is beslissend verslaan in die Seeslag van Lade, na oorlopery van die Samiane. Die Perse het beleg gelê op Miletus, dit ingeneem, en die bevolking in slawerny geplaas. Hierdie dubbele terugslag het die opstand effektief beëindig, en die Kariërs het gevolglik aan die Perse oorgegee. Die Perse het die jaar 493 v.C. gewy aan die onderwerping van die stede aan die weskus wat steeds teen hulle weerstand gebied het, voor daar eindelik vredesterme aan Ionië voorgelê is, wat algemeen beskou is as beide regverdig en eerlik.

Die Ioniese Opstand was die eerste opsienbare konflik tussen Griekeland en die Persiese ryk, en het as sodanig die eerste fase van die Grieks-Persiese oorloë verteenwoordig. Alhoewel Klein-Asië weer in die Persiese koninkryk opgeneem is, het Darius 'n vaste voorneme gemaak om Athene en Eretria te straf vir hul ondersteuning van die opstand. Boonop het hy die oordeel gefel dat die menigte stadstate van Griekeland 'n voortgesette bedreiging inhou vir die stabiliteit van sy Ryk, en het Darius dan die besluit geneem om die hele Griekeland te verower. In 492 v.C. sou die eerste Persiese inval in Griekeland begin, die volgende fase van die Grieks-Persiese oorloë en 'n direkte reaksie op die Ioniese Opstand.

Die Ioniese Opstand was hoofsaaklik van belang as die inleidende hoofstuk en aanleidende faktor tot die Grieks-Persiese oorloë, wat die twee invalle in Griekeland ingesluit het asook die beroemde veldslae van Marathon, Thermopylae en Salamis. Vir die Ioniese stede self, het die opstand geëindig in mislukking, en aansienlike verliese, beide materieel en ekonomies. Met die uitsondering van Miletus, het hulle betreklik gou herstel, en het gedy onder Persiese bewind vir die volgende veertig jaar. Vir die Perse, was die opstand beduidend deurdat dit hulle betrek het in 'n uitgerekte konflik met die state van Griekeland, wat sou voortduur vir vyftig jaar, waartydens hulle aansienlike verliese sou opdoen.

Militêr is dit moeilik om besonder veel gevolgtrekkings uit die Ioniese Opstand te maak, behalwe vir die strategië wat die Grieke en die Perse by mekaar kon leer (of nie geleer het nie). Dit blyk byna seker dat die Atheners, en die Grieke in die algemeen, beïndruk was met die mag van die Persiese ruitery, en in die daaropvolgende kampanjes, word dikwels omsigtigheid bemerk by Griekse weermagte wanneer 'n konfrontasie met die ruitery op hande was. Daarteenoor het die Perse blykbaar nie die potensiaal van die Griekse hopliete as swaar infanterie besef of opgemerk nie. By die Veldslag van Marathon, in 490 v.C., het die Perse min ag geslaan op 'n mag wat hoofsaaklik uit hopliete bestaan het, wat dan op hul eie neerlaag uitgeloop het. Verder het die Perse, ten spyte van hul geleentheid om swaar infanterie te werf in die kroongebied, die tweede inval in Griekeland aangepak sonder om die hulpbron te benut, en het dan weereens gedugte teëstand ervaar by kontakte met die Griekse magte. Dit is moontlik dat, weens die gemak waarmee hul oorwinnings oor die Grieke te Efese behaal is, en die soortgelyk bewapende magte betrokke by die veldslae van die Marsyasrivier en Labraunda, die Perse eenvoudig die militêre voordeel van die hopliete-falanks geringgeskat het— tot hul eie verlies.

  1. Fine,
  2. Holland, pp. 362–363.
  3. Holland, pp. 191–193
  4. Lazenby, pp. 217–219.
  5. Lazenby, pp. 23–29.
  6. Lazenby, p. 258.

Antieke bronne

Moderne bronne

  • Boardman J, Bury JB, Cook SA, Adcock FA, Hammond NGL, Charlesworth MP, Lewis DM, Baynes NH, Ostwald M & Seltman CT (1988). The Cambridge Ancient History, vol. 5. Cambridge University Press. ISBN 0521228042.AS1-onderhoud: meer as een naam: authors list (link)
  • Fehling, D. (1989). Herodotus and His "Sources": Citation, Invention, and Narrative Art (Translated by J.G. Howie). Francis Cairns.
  • Fine, JVA (1983). The Ancient Greeks: A Critical History. Harvard University Press. ISBN 0674033140.
  • Finley, Moses (1972). "Introduction". Thucydides – History of the Peloponnesian War (translated by Rex Warner). Penguin. ISBN 0140440399.
  • Holland, Tom (2006). Persian Fire: The First World Empire and the Battle for the West. Doubleday. ISBN 0385513119.
  • Lazenby, JF (1993). The Defence of Greece 490–479 BC. Aris & Phillips Ltd. ISBN 0856685917.

Publikasie datum: September 25, 2021

ioniese, opstand, gepaardgaande, opstande, aeolis, doris, siprus, karië, militêre, opstande, deur, verskillende, kusstreke, klein, asië, teen, persiese, bewind, geduur, kernoorsaak, rebellie, ontevredenheid, griekse, stede, klein, asië, tiranne, deur, persië, . Die Ioniese Opstand en gepaardgaande opstande in Aeolis Doris Siprus en Karie was militere opstande deur verskillende kusstreke van Klein Asie teen die Persiese bewind wat geduur het van 499 v C tot 493 v C Die kernoorsaak van die rebellie was die ontevredenheid van die Griekse stede van Klein Asie met die tiranne wat deur Persie oor hulle aangestel is benewens die individuele optrede van twee Milesiaanse tiranne Histiaeus en Aristagoras Ioniese OpstandDeel van die Grieks Persiese oorloe Hoofgebeure van die Ioniese OpstandDatum 499 v C 493 v C Ligging Klein Asie en SiprusResultaat Persiese oorwinningGebieds veranderinge Persie herstel sy beheer oor Ionie en Siprus Strydende partyeIonie Aeolis Doris Caria Athene Eretria Siprus Persiese RykAanvoerdersAristagoras Charopinos Hermophantus Eualcides Melanthius Dionysius van Phocaea Histiaeus Megabates Artaphernes Daurises Hyamees Otanes Datis Inhoud 1 Verloop 2 Belang 3 Verwysings 4 Bibliografie 4 1 Antieke bronne 4 2 Moderne bronneVerloop WysigDie stede van Ionie is deur Persie verower in c 540 v C en is daarop regeer deur plaaslike tiranne wat benoem is deur die Persiese satraap in Sardis In 499 v C het die toenmalige tiran van Miletus Aristagoras n gesamentlike ekspedisie geloods met die Persiese satraap Artaphernes om Naxos in die Kyklade in te palm ten einde sy invloed uit te brei Die sending was n debakel en in die verwagting dat sy ontslag as tiran op hande was het Aristagoras verkies om die hele Ionie op te rui tot rebellie teen die Persiese koning Darius die Grote In 498 v C met die bystand van Atheense en Eretrese troepe het die Ioniers opgemars na Sardis dit ingeneem en afgebrand Op hulle terugreis na Ionie daarenteen is hulle agtervolg deur Persiese troepe en beslissend verslaan by die Veldslag van Efese Hierdie kampanje was die enigste offensiewe aksie deur die Ioniers wat daaropvolgend slegs defensief opgetree het Die Perse het gereageer deur in 497 v C n drieledige aanval uit te voer gemik op die herowering van die afgelee streke van die opstand maar die uitbreiding van die opstand na Karie het meegebring dat die grootste weermag aangevoer deur Daurises daarheen verplaas is Alhoewel die kampanje na Karie aanvanklik goed afgeloop het vir die Perse is hul weermag uitgewis in n lokval by die Veldslag van Pedasus Dit het n dooiemat meegebring vir die res van 496 en 495 v C Teen 494 v C is die Persiese weermag en vloot hergegroepeer en het hulle n direkte aanval geloods op die brandpunt van die opstand naamlik Miletus Die Ioniese vloot het gepoog om Miletus ter see te verdedig maar is beslissend verslaan in die Seeslag van Lade na oorlopery van die Samiane Die Perse het beleg gele op Miletus dit ingeneem en die bevolking in slawerny geplaas Hierdie dubbele terugslag het die opstand effektief beeindig en die Kariers het gevolglik aan die Perse oorgegee Die Perse het die jaar 493 v C gewy aan die onderwerping van die stede aan die weskus wat steeds teen hulle weerstand gebied het voor daar eindelik vredesterme aan Ionie voorgele is wat algemeen beskou is as beide regverdig en eerlik Die Ioniese Opstand was die eerste opsienbare konflik tussen Griekeland en die Persiese ryk en het as sodanig die eerste fase van die Grieks Persiese oorloe verteenwoordig Alhoewel Klein Asie weer in die Persiese koninkryk opgeneem is het Darius n vaste voorneme gemaak om Athene en Eretria te straf vir hul ondersteuning van die opstand Boonop het hy die oordeel gefel dat die menigte stadstate van Griekeland n voortgesette bedreiging inhou vir die stabiliteit van sy Ryk en het Darius dan die besluit geneem om die hele Griekeland te verower In 492 v C sou die eerste Persiese inval in Griekeland begin die volgende fase van die Grieks Persiese oorloe en n direkte reaksie op die Ioniese Opstand Belang WysigDie Ioniese Opstand was hoofsaaklik van belang as die inleidende hoofstuk en aanleidende faktor tot die Grieks Persiese oorloe wat die twee invalle in Griekeland ingesluit het asook die beroemde veldslae van Marathon Thermopylae en Salamis 1 Vir die Ioniese stede self het die opstand geeindig in mislukking en aansienlike verliese beide materieel en ekonomies Met die uitsondering van Miletus het hulle betreklik gou herstel en het gedy onder Persiese bewind vir die volgende veertig jaar 1 Vir die Perse was die opstand beduidend deurdat dit hulle betrek het in n uitgerekte konflik met die state van Griekeland wat sou voortduur vir vyftig jaar waartydens hulle aansienlike verliese sou opdoen 2 Militer is dit moeilik om besonder veel gevolgtrekkings uit die Ioniese Opstand te maak behalwe vir die strategie wat die Grieke en die Perse by mekaar kon leer of nie geleer het nie Dit blyk byna seker dat die Atheners en die Grieke in die algemeen beindruk was met die mag van die Persiese ruitery en in die daaropvolgende kampanjes word dikwels omsigtigheid bemerk by Griekse weermagte wanneer n konfrontasie met die ruitery op hande was 3 4 Daarteenoor het die Perse blykbaar nie die potensiaal van die Griekse hopliete as swaar infanterie besef of opgemerk nie By die Veldslag van Marathon in 490 v C het die Perse min ag geslaan op n mag wat hoofsaaklik uit hopliete bestaan het wat dan op hul eie neerlaag uitgeloop het Verder het die Perse ten spyte van hul geleentheid om swaar infanterie te werf in die kroongebied die tweede inval in Griekeland aangepak sonder om die hulpbron te benut en het dan weereens gedugte teestand ervaar by kontakte met die Griekse magte 5 Dit is moontlik dat weens die gemak waarmee hul oorwinnings oor die Grieke te Efese behaal is en die soortgelyk bewapende magte betrokke by die veldslae van die Marsyasrivier en Labraunda die Perse eenvoudig die militere voordeel van die hopliete falanks geringgeskat het tot hul eie verlies 6 Verwysings Wysig 1 0 1 1 Fine pp269 277 Holland pp 362 363 Holland pp 191 193 Lazenby pp 217 219 Lazenby pp 23 29 Lazenby p 258 Bibliografie WysigAntieke bronne Wysig Herodotos Die Geskiednisse Thukydides Geskiedenis van die Peloponnesiese oorloe Diodorus Siculus Biblioteek Cicero Oor die WetteModerne bronne Wysig Boardman J Bury JB Cook SA Adcock FA Hammond NGL Charlesworth MP Lewis DM Baynes NH Ostwald M amp Seltman CT 1988 The Cambridge Ancient History vol 5 Cambridge University Press ISBN 0521228042 AS1 onderhoud meer as een naam authors list link Fehling D 1989 Herodotus and His Sources Citation Invention and Narrative Art Translated by J G Howie Francis Cairns Fine JVA 1983 The Ancient Greeks A Critical History Harvard University Press ISBN 0674033140 Finley Moses 1972 Introduction Thucydides History of the Peloponnesian War translated by Rex Warner Penguin ISBN 0140440399 Holland Tom 2006 Persian Fire The First World Empire and the Battle for the West Doubleday ISBN 0385513119 Lazenby JF 1993 The Defence of Greece 490 479 BC Aris amp Phillips Ltd ISBN 0856685917 Ontsluit van https af wikipedia org w index php title Ioniese Opstand amp ol,