×
Internet

Die Internet is ’n wêreldwye stelsel van rekenaarnetwerke wat met mekaar verbind is en data uitruil met behulp van die gestandaardiseerde TCP/IP-protokolsuite. Dis ’n netwerk van miljoene privaat en openbare rekenaars van akademiese, regerings- en sakenetwerke wat verbind word deur optiese vesel- en koperkabels of verskillende soorte kabellose verbindings.

Visualisering van 'n gedeelte van die Internet
Getal internetgebruikers volgens lande in 2012
Persentasie internetgebruikers volgens lande in 2015
Internetsensuur en toesig volgens lande in 2017:██ Deurlopende sensuur en/of toesig██ Aansienlike sensuur en/of toesig██ Selektiewe sensuur en/of toesig██ Min of geen sensuur en/of toesig██ Nie geklassifiseer nie/geen data nie

Die naam "Internet" word gewoonlik in spreektaal gebruik om na die Wêreldwye web te verwys, maar laasgenoemde is slegs een van die talle dienste wat deur die Internet beskikbaar is. Ander sluit in e-pos, lêeroordrag (FTP), geselsdienste en aanlynspeletjies.

Inhoud

Die voorloper tot die Internet was ARPANET – ’n netwerk van militêre netwerke, en later ook universiteitsnetwerke, wat in 1969 in die Verenigde State ontstaan het. Op 1 Januarie 1983 het ARPANET oorgeskakel van die ou NCP-protokol na TCP/IP en so die weg gebaan vir die ontstaan van die moderne Internet.

Dit was egter eers in die negentigerjare dat die publiek die Internet "ontdek" het. In Augustus 1991 het Tim Berners-Lee en Robert Cailliau die Wêreldwye web-projek gepubliseer nadat hulle ’n paar jaar aan HTTP en HTML gewerk het. Die eerste webbladsye het verskyn by CERN in Switserland, waar hulle albei gewerk het.

Met die uitvinding van bladsye wat aan mekaar verbind word deur klikbare skakels (HTML/WWW) het Tim Berners-Lee die Internet inderwaarheid vir die groot publiek beskikbaar gestel. Hy word dus beskou as die uitvinder/grondlegger van die huidige Internet.

Sedertdien het dit ’n wêreldwye fenomeen geword met die karakter van ’n massamedium. Dit is die mees gebruikte kommunikasiemiddel ooit. Een van die bydraende faktore tot die Internet se sukses is waarskynlik dat dit in sy geheel aan niemand behoort nie en kommunikasie daarop feitlik onbeperk is.

Daar is verskeie metodes om toegang tot die Internet te kry, soos inbelverbindings, breëband (oor ’n koaksiale, optiese vesel- of koperkabel), Wi-Fi, satelliet en 3G-selfone.

Engels is verreweg die oorheersende taal op die Internet (met 30% van gebruikers), gevolg deur Chinees, (17%), Spaans (9%), Japannees (7%), Frans (5%) en Duits (5%).

Die meeste Internetgebruikers is in Asië (40%), gevolg deur Europa (26%), Noord-Amerika (17%), Latyns-Amerika (10%), Afrika (4%), die Midde-Ooste (3%) en Australië (1%).

Internettegnologie het in die laaste jare so goed ontwikkel, veral in die gebruik van Unicode, dat daar tans in feitlik enige taal gekommunikeer kan word, selfs dié wat ander skryfstelsels as die Latynse alfabet gebruik.

Die hoofartikel vir hierdie afdeling is: Wêreldwye web.
Grafiese voorstelling van ’n baie klein deeltjie van die Wêreldwye web om hiperskakels te demonstreer.

Soos reeds genoem, is die terme "Internet" en "Wêreldwye web" (soms net die Web genoem) nie sinonieme nie, hoewel dit dikwels so gebruik word.

Die Wêreldwye web is ’n groot stelsel dokumente, beelde en ander bronne wat deur hiperskakels en URL's verbind word. Hierdie skakels en URL's stel webbedieners en ander masjiene waarop die oorspronklikes data gestoor word, in staat om die data te stuur met behulp van HTTP (Hypertext Transfer Protocol). HTTP is slegs een van die kommunikasieprotokols op die Internet.

Met behulp van webblaaiers soos Windows Internet Explorer, Mozilla Firefox, Opera en ander kan Internetgebruikers toegang kry tot webbladsye. Hulle kan ook tussen webbladsye of webwerwe navigeer met behulp van hiperskakels. Webdokumente kan feitlik enige kombinasie van rekenaardata bevat, onder andere grafika, klank, video's, gewone teks, multimedia en interaktiewe inhoud soos webspeletjies, sagteware en demonstrasies.

Deur sleutelwoord-soektogte met soekenjins soos Yahoo! en Google het miljoene mense vinnige, maklike toegang tot ’n oneindige verskeidenheid aanlyninligting. In vergelyking met gedrukte ensiklopedieë en tradisionele biblioteke het die Wêreldwye web ’n skielike en geweldige desentralisasie van inligting en data tot gevolg gehad.

Buiten webwerwe waarmee individue, organisasies en adverteerders ’n ontsaglike hoeveelheid mense kan bereik, word belangstelling in die Web ook aangevuur deur verskynsels soos webjoernale of blogs, asook versamelings persoonlike webbladsye soos dié op GeoCities, Facebook en Myspace. So word miljoene mense in staat gestel om op die Internet te kommunikeer sonder ’n groot kennis van onder andere HTML-teks.

Met meer moderne stelsels soos wiki-sagteware kan mense ook met behulp van vooraf ontwerpte bladsye bydra tot ’n gemeenskaplike doel soos die skep van ’n ensiklopedie soos Wikipedia.

  1. , besoek op 31 Maart 2008
  2. , besoek op 30 Junie 2008
Hierdie artikel is merendeels vertaal vanaf die Engelse Wikipedia-artikel en:Internet

Publikasie datum: September 26, 2021

internet, wêreldwye, stelsel, rekenaarnetwerke, mekaar, verbind, data, uitruil, behulp, gestandaardiseerde, protokolsuite, netwerk, miljoene, privaat, openbare, rekenaars, akademiese, regerings, sakenetwerke, verbind, word, deur, optiese, vesel, koperkabels, v. Die Internet is n wereldwye stelsel van rekenaarnetwerke wat met mekaar verbind is en data uitruil met behulp van die gestandaardiseerde TCP IP protokolsuite Dis n netwerk van miljoene privaat en openbare rekenaars van akademiese regerings en sakenetwerke wat verbind word deur optiese vesel en koperkabels of verskillende soorte kabellose verbindings Visualisering van n gedeelte van die Internet Getal internetgebruikers volgens lande in 2012 Persentasie internetgebruikers volgens lande in 2015 Internetsensuur en toesig volgens lande in 2017 Deurlopende sensuur en of toesig Aansienlike sensuur en of toesig Selektiewe sensuur en of toesig Min of geen sensuur en of toesig Nie geklassifiseer nie geen data nie Die naam Internet word gewoonlik in spreektaal gebruik om na die Wereldwye web te verwys maar laasgenoemde is slegs een van die talle dienste wat deur die Internet beskikbaar is Ander sluit in e pos leeroordrag FTP geselsdienste en aanlynspeletjies Inhoud 1 Die ontstaan 2 Toegang 3 Taal 4 Wereldwye web 5 Sien ook 6 Verwysings 7 Eksterne skakelsDie ontstaan WysigDie voorloper tot die Internet was ARPANET n netwerk van militere netwerke en later ook universiteitsnetwerke wat in 1969 in die Verenigde State ontstaan het Op 1 Januarie 1983 het ARPANET oorgeskakel van die ou NCP protokol na TCP IP en so die weg gebaan vir die ontstaan van die moderne Internet Dit was egter eers in die negentigerjare dat die publiek die Internet ontdek het In Augustus 1991 het Tim Berners Lee en Robert Cailliau die Wereldwye web projek gepubliseer nadat hulle n paar jaar aan HTTP en HTML gewerk het Die eerste webbladsye het verskyn by CERN in Switserland waar hulle albei gewerk het Met die uitvinding van bladsye wat aan mekaar verbind word deur klikbare skakels HTML WWW het Tim Berners Lee die Internet inderwaarheid vir die groot publiek beskikbaar gestel Hy word dus beskou as die uitvinder grondlegger van die huidige Internet Sedertdien het dit n wereldwye fenomeen geword met die karakter van n massamedium Dit is die mees gebruikte kommunikasiemiddel ooit Een van die bydraende faktore tot die Internet se sukses is waarskynlik dat dit in sy geheel aan niemand behoort nie en kommunikasie daarop feitlik onbeperk is Toegang WysigDaar is verskeie metodes om toegang tot die Internet te kry soos inbelverbindings breeband oor n koaksiale optiese vesel of koperkabel Wi Fi satelliet en 3G selfone Taal WysigEngels is verreweg die oorheersende taal op die Internet met 30 van gebruikers gevolg deur Chinees 17 Spaans 9 Japannees 7 Frans 5 en Duits 5 1 Die meeste Internetgebruikers is in Asie 40 gevolg deur Europa 26 Noord Amerika 17 Latyns Amerika 10 Afrika 4 die Midde Ooste 3 en Australie 1 2 Internettegnologie het in die laaste jare so goed ontwikkel veral in die gebruik van Unicode dat daar tans in feitlik enige taal gekommunikeer kan word selfs die wat ander skryfstelsels as die Latynse alfabet gebruik Wereldwye web WysigDie hoofartikel vir hierdie afdeling is Wereldwye web Grafiese voorstelling van n baie klein deeltjie van die Wereldwye web om hiperskakels te demonstreer Soos reeds genoem is die terme Internet en Wereldwye web soms net die Web genoem nie sinonieme nie hoewel dit dikwels so gebruik word Die Wereldwye web is n groot stelsel dokumente beelde en ander bronne wat deur hiperskakels en URL s verbind word Hierdie skakels en URL s stel webbedieners en ander masjiene waarop die oorspronklikes data gestoor word in staat om die data te stuur met behulp van HTTP Hypertext Transfer Protocol HTTP is slegs een van die kommunikasieprotokols op die Internet Met behulp van webblaaiers soos Windows Internet Explorer Mozilla Firefox Opera en ander kan Internetgebruikers toegang kry tot webbladsye Hulle kan ook tussen webbladsye of webwerwe navigeer met behulp van hiperskakels Webdokumente kan feitlik enige kombinasie van rekenaardata bevat onder andere grafika klank video s gewone teks multimedia en interaktiewe inhoud soos webspeletjies sagteware en demonstrasies Deur sleutelwoord soektogte met soekenjins soos Yahoo en Google het miljoene mense vinnige maklike toegang tot n oneindige verskeidenheid aanlyninligting In vergelyking met gedrukte ensiklopediee en tradisionele biblioteke het die Wereldwye web n skielike en geweldige desentralisasie van inligting en data tot gevolg gehad Buiten webwerwe waarmee individue organisasies en adverteerders n ontsaglike hoeveelheid mense kan bereik word belangstelling in die Web ook aangevuur deur verskynsels soos webjoernale of blogs asook versamelings persoonlike webbladsye soos die op GeoCities Facebook en Myspace So word miljoene mense in staat gestel om op die Internet te kommunikeer sonder n groot kennis van onder andere HTML teks Met meer moderne stelsels soos wiki sagteware kan mense ook met behulp van vooraf ontwerpte bladsye bydra tot n gemeenskaplike doel soos die skep van n ensiklopedie soos Wikipedia Sien ook WysigDonker webVerwysings Wysig Internet World Stats besoek op 31 Maart 2008 World Internet Usage Statistics News and Population Stats besoek op 30 Junie 2008Eksterne skakels WysigWikimedia Commons bevat media in verband met Internet Sien Internet in Wiktionary die vrye woordeboek World of Ends What the Internet Is and How to Stop Mistaking It for Something Else deur Doc Searls en David Weinberger The Internet Society ISOC Internet Mapping Project Geargiveer 6 Januarie 2006 op Wayback Machine RFC 801 planning the TCP IP switchover peepo a graphic portal for people with low literacy Geargiveer 9 Januarie 2016 op Wayback Machine Web content by language Statistieke oor Internettoegang en gebruik 1 Geargiveer 8 Junie 2003 op Wayback Machine 2 Geargiveer 19 Maart 2017 op Wayback Machine 3 Geargiveer 3 Junie 2004 op Wayback Machine 4 Geargiveer 7 April 2014 op Wayback Machine pdf Access at home by native language Geargiveer 5 Februarie 2005 op Wayback Machine Internet Directory Geargiveer 8 Februarie 2016 op Wayback Machine John Walker The Digital Imprimatur addressingtheworld info website accompanying a book ISBN 0 7425 2810 3 on the history of DNS Show your IP addressHierdie artikel is merendeels vertaal vanaf die Engelse Wikipedia artikel en InternetOntsluit van https af wikipedia org w index php title Internet amp ol,