fbpx
Wikipedia

Internasionale Krieketraad

Die Internasionale Krieketraad (afgekort: IKR; Engels: ICC vir International Cricket Council) is die internasionale beheerliggaam van krieket. Hulle organiseer internasionale toetskrieket sowel as internasionale eendagwedstryde. Vir die opstelling van die krieketreëls is egter sedert 1788 die Marylebone Cricket Club verantwoordelik.[1]

Internasionale Krieketraad

Kenteken van die Internasionale Krieketraad
Engelse naam International Cricket Council
Afkorting ICC
Land wêreldwyd
Sportsoort Krieket
Gestig op 15 Junie 1909
Gestig in Lord’s, Londen, Engeland
Gestig deur Australië, Engeland en Suid-Afrika
Voorsitter Greg Barclay
Adjunkvoorsitter Imran Khwaja
Hoof- uitvoerende beampte Manu Sawhney
Setel Doebai, Verenigde Arabiese Emirate (sedert 2005)
Londen, Engeland (1909–2005)
Lede 106 lidunies
(12 volle lede en 94 medelede)
Affiliasie Internasionale Olimpiese Komitee
Amptelike taal Engels
Amptelike webwerf icc-cricket.com
Die IRK se kantore in Doebai

Die IKR is op 15 Junie 1909 in Lord’s, Londen, Engeland deur verteenwoordigers van Australië, Engeland en Suid-Afrika as die Imperiale Krieketkonferensie gestig. Op 31 Mei 1926 het Indië, Nieu-Seeland en Wes-Indië as volle lede aangesluit. In 1952 het Pakistan gevolg, 1981 Sri Lanka, 1992 Zimbabwe, 2000 Bangladesj, asook in 2017 beide Afghanistan en Ierland. Die raad is in 1965 herdoop tot die Internasionale Krieketkonferensie en het in 1989 sy huidige naam aangeneem. In 2005 het die IKR sy hoofkantoor van die Lord’s-krieketveld in Londen na Doebai in die Verenigde Arabiese Emirate verskuif.[2] Die amptelike taal is Engels. Die Internasionale Krieketraad se huidige voorsitter is die Nieu-Seelander Greg Barclay.

Lidmaatskap

Die IKR onderskei tussen twee vlakke van lidmaatskap:

Volle lidmaatskap

 
Lidlande van die Internasionale Krieketraad (IKR) volgens status:

   Volle lidlande met toetsstatus (12)

   Geassosieerde lede met EDI-status (8)

   Geassosieerde lede (86)

   Voormalige of opgeskorte lede (8)

   Nielede (23)

Vir die tradisioneel groot krieketlande. Hierdie lande kan toetswedstryde speel. Hierdie lande het twee stemme elk tydens IKR-vergaderings. Die volgende 12 lande is volle lede (in volgorde van aansluiting):

Assosiaatlede

94 kleiner lande waar krieket 'n gevestigde sport is of as sport ontwikkel word, met een stem elk.

Daar was oorspronklik drie vlakke van lidmaatskap, maar die IKR het die geaffilieerde lidmaatskap in 2017 verwyder en alle voormalige geaffilieerde lede het geassosieerde lede geword.[3]

Voormalige lede

  •   Broenei (1992–2015)
  •   Kuba (2002–2013)
  •   Marokko (1999–2019)
  •   Oos-Afrika (1966–1989)
  •  Oos- en Sentraal-Afrika (1989–2003)
  •   Tonga (2000–2014)
  •  Wes-Afrika (1976–2003)
  •  Zambië (2003–2021)

Verwysings

  1. (en) "Laws". Lord’s-krieketveld. Besoek op 26 Junie 2021.
  2. (en) "Cricket chiefs move base to Dubai". BBC. 7 Maart 2005. Besoek op 26 Junie 2021.
  3. (en) "Ireland and Afghanistan ICC newest full members amid wide-ranging governance reform". Internasionale Krieketraad. 22 Junie 2017. Besoek op 26 Junie 2021.

Eksterne skakels

  • (en) Die IKR se amptelike webtuiste
  • (en) Die IKR se Heldesaal
  • (en) Die IKR se ranglys


Internasionale Krieketraad
internasionale, krieketraad, afgekort, engels, international, cricket, council, internasionale, beheerliggaam, krieket, hulle, organiseer, internasionale, toetskrieket, sowel, internasionale, eendagwedstryde, opstelling, krieketreëls, egter, sedert, 1788, mary. Die Internasionale Krieketraad afgekort IKR Engels ICC vir International Cricket Council is die internasionale beheerliggaam van krieket Hulle organiseer internasionale toetskrieket sowel as internasionale eendagwedstryde Vir die opstelling van die krieketreels is egter sedert 1788 die Marylebone Cricket Club verantwoordelik 1 Internasionale KrieketraadKenteken van die Internasionale KrieketraadEngelse naam International Cricket CouncilAfkorting ICCLand wereldwydSportsoort KrieketGestig op 15 Junie 1909Gestig in Lord s Londen EngelandGestig deur Australie Engeland en Suid AfrikaVoorsitter Greg BarclayAdjunkvoorsitter Imran KhwajaHoof uitvoerende beampte Manu SawhneySetel Doebai Verenigde Arabiese Emirate sedert 2005 Londen Engeland 1909 2005 Lede 106 lidunies 12 volle lede en 94 medelede Affiliasie Internasionale Olimpiese KomiteeAmptelike taal EngelsAmptelike webwerf icc cricket com Die IRK se kantore in Doebai Die IKR is op 15 Junie 1909 in Lord s Londen Engeland deur verteenwoordigers van Australie Engeland en Suid Afrika as die Imperiale Krieketkonferensie gestig Op 31 Mei 1926 het Indie Nieu Seeland en Wes Indie as volle lede aangesluit In 1952 het Pakistan gevolg 1981 Sri Lanka 1992 Zimbabwe 2000 Bangladesj asook in 2017 beide Afghanistan en Ierland Die raad is in 1965 herdoop tot die Internasionale Krieketkonferensie en het in 1989 sy huidige naam aangeneem In 2005 het die IKR sy hoofkantoor van die Lord s krieketveld in Londen na Doebai in die Verenigde Arabiese Emirate verskuif 2 Die amptelike taal is Engels Die Internasionale Krieketraad se huidige voorsitter is die Nieu Seelander Greg Barclay Inhoud 1 Lidmaatskap 1 1 Volle lidmaatskap 1 2 Assosiaatlede 1 3 Voormalige lede 2 Verwysings 3 Eksterne skakelsLidmaatskap WysigDie IKR onderskei tussen twee vlakke van lidmaatskap Volle lidmaatskap Wysig Die hoofartikel vir hierdie afdeling is Toetskrieket Lidlande van die Internasionale Krieketraad IKR volgens status Volle lidlande met toetsstatus 12 Geassosieerde lede met EDI status 8 Geassosieerde lede 86 Voormalige of opgeskorte lede 8 Nielede 23 Vir die tradisioneel groot krieketlande Hierdie lande kan toetswedstryde speel Hierdie lande het twee stemme elk tydens IKR vergaderings Die volgende 12 lande is volle lede in volgorde van aansluiting Australie sedert 15 Maart 1877 Engeland sedert 15 Maart 1877 Suid Afrika tussen 12 Maart 1889 en 10 Maart 1970 weer sedert 18 April 1992 Wes Indie sedert 23 Junie 1928 Nieu Seeland sedert 10 Januarie 1930 Indie sedert 25 Junie 1932 Pakistan sedert 16 Oktober 1952 Sri Lanka sedert 17 Februarie 1982 Zimbabwe tussen 18 Oktober 1992 en 10 Junie 2004 6 Januarie 2005 en 18 Januarie 2006 en weer sedert 3 Augustus 2011 Bangladesj sedert 10 November 2000 Ierland sedert 22 Junie 2017 Afghanistan sedert 22 Junie 2017 Assosiaatlede Wysig 94 kleiner lande waar krieket n gevestigde sport is of as sport ontwikkel word met een stem elk Daar was oorspronklik drie vlakke van lidmaatskap maar die IKR het die geaffilieerde lidmaatskap in 2017 verwyder en alle voormalige geaffilieerde lede het geassosieerde lede geword 3 Voormalige lede Wysig Broenei 1992 2015 Kuba 2002 2013 Marokko 1999 2019 Oos Afrika 1966 1989 Oos en Sentraal Afrika 1989 2003 Tonga 2000 2014 Wes Afrika 1976 2003 Zambie 2003 2021 Verwysings Wysig en Laws Lord s krieketveld Besoek op 26 Junie 2021 en Cricket chiefs move base to Dubai BBC 7 Maart 2005 Besoek op 26 Junie 2021 en Ireland and Afghanistan ICC newest full members amid wide ranging governance reform Internasionale Krieketraad 22 Junie 2017 Besoek op 26 Junie 2021 Eksterne skakels WysigWikimedia Commons bevat media in verband met Internasionale Krieketraad en Die IKR se amptelike webtuiste en Die IKR se Heldesaal en Die IKR se ranglys Nasionale Krieketrade van die Internasionale Krieketraad Afghanistan Australie Bangladesj Engeland Ierland Indie Nieu Seeland Pakistan Sri Lanka Suid Afrika Wes Indie Zimbabwe Krieketwereldbeker Engeland 1975 Engeland 1979 Engeland Wallis 1983 Indie Pakistan 1987 Australie Nieu Seeland 1992 Pakistan Indie Sri Lanka 1996 Engeland Skotland Wallis Ierland Nederland 1999 Suid Afrika Zimbabwe Kenia 2003 Wes Indie 2007 Indie Sri Lanka Bangladesj 2011 Australie Nieu Seeland 2015 Engeland Wallis 2019 Indie 2023 2027Ontsluit van https af wikipedia org w index php title Internasionale Krieketraad amp oldid 2413009,