×
Ingewandskoors

Vrywaring: Die mediese inligting verskaf op Wikipedia dien slegs as 'n riglyn en dra geen waarborg van feitelike korrektheid nie.
Enige vrae of klagtes oor u persoonlike gesondheid behoort na 'n dokter verwys te word.

Ingewandskoors (ook bekend as buiktifus wat egter verwarring skep deurdat dit soos 'n onverwante siekte Tifus klink) is 'n siekte wat veroorsaak word deur die bakterium Salmonella typhii.

Ingewandskoors
Klassifikasie en eksterne bronne
Rooskleurige vlekke aan die bolyf van iemand met ingewandskoors.
ICD-10 A
ICD-9
DiseasesDB
MedlinePlus
eMedicine
MeSH
Mediese waarskuwing
Voorkoms van ingewandskoors:

Sterk endemies

Endemies

Sporadiese gevalle

Inhoud

Dit kom wêreldwyd algemeen voor en word versprei deur water of voedsel wat besmet is met die ontlasting van 'n persoon wat daarmee aangesteek is.

Na 'n persoon aangesteek het kry hy simptome wat 'n hoë koors van 39 ° tot 40 °C wat stadig styg, 'n stadige polsslag (bradikardie), swakheid, kopsere, gebrekkige aptyt, ernstige diarree, maagkrampe, en 'n uitslag wat bestaan uit plat, rooskleurige vlekke – ook roosvlekke genoem. Uiterste simptome soos gaatjies in die ingewande of bloeding, hallusinasies en verwarring is ook moontlik.

Diagnose word gemaak deur bloed-, beenmurg- of stoelgangkulture saam met die Widal-toets (wys teenwoordigheid van salmonella teenliggaampies teenoor antigene O-somaties en H-flagellaar) of in armer lande met die diazo-urinetoets.

In minder welgestelde lande word, nadat malaria, disenterie of longontsteking as oorsake uitgeskakel is, 'n terapeutiese toediening van chlooramfenikol gegee terwyl daar gewag word op die resultate van die Widal-toets en bloedkulture. Ingewandskoors kan noodlottig wees. Antibiotika soos ampisillien, chlooramfenikol, trimetopriem-sulfametoksasool en siprofloksasien word algemeen ingespan om ingewandskoors te behandel.

Dit kan ook gebeur dat mense asimptomatiese draers van ingewandskoors kan word, wat geen uiterlike simptome vertoon nie, maar in staat is om ander aan te steek.

In 1907 het Mary Mallon die eerste Amerikaanse draer geword om geïdentifiseer te word. Tussen 1901, toe Mary haar eerste aanval van ingewandskoors gehad het, en 1907 het sy in vier verskillende huishoudinge gewerk as kok. In elk van die huise het sy lede van die gesin aangesteek, soms met noodlottige gevolge. Sy het by hospitale as kok gewerk en was dan ook verantwoordelik vir ingewandskoors wat skielik uitbreek. Daar word vermoed dat sy tot 2 000 mense in haar lewe besmet het met die kiem.

Ongeveer 5% van die mense wat ingewandskoors opdoen, word as sulks draers van die siekte nadat hulle herstel het.

As ingewandskoors nie behandel word nie kan dit aangaan vir drie weke tot 'n maand. Sterfgevalle kom voor in tussen 10% tot 30% van onbehandelde gevalle. Inentings vir ingewandskoors is beskikbaar en word aanbeveel vir mense wat in streke reis waar die siekte algemeen voorkom (veral Asië, Afrika en Latyns-Amerika).

Ingewandskoors het al die lewens van verskeie beroemde mense geëis, onder andere Franz Schubert, Mark Hanna en Wilbur Wright.

  • Inligting vanaf CDC:

Publikasie datum: Augustus 09, 2021

ingewandskoors, vrywaring, mediese, inligting, verskaf, wikipedia, dien, slegs, riglyn, geen, waarborg, feitelike, korrektheid, enige, vrae, klagtes, persoonlike, gesondheid, behoort, dokter, verwys, word, bekend, buiktifus, egter, verwarring, skep, deurdat, s. Vrywaring Die mediese inligting verskaf op Wikipedia dien slegs as n riglyn en dra geen waarborg van feitelike korrektheid nie Enige vrae of klagtes oor u persoonlike gesondheid behoort na n dokter verwys te word Ingewandskoors ook bekend as buiktifus wat egter verwarring skep deurdat dit soos n onverwante siekte Tifus klink is n siekte wat veroorsaak word deur die bakterium Salmonella typhii IngewandskoorsKlassifikasie en eksterne bronneRooskleurige vlekke aan die bolyf van iemand met ingewandskoors ICD 10 A01 0ICD 9 002DiseasesDB 27829MedlinePlus 001332eMedicine oph 686med 2331MeSH D014435Mediese waarskuwingVoorkoms van ingewandskoors Sterk endemies Endemies Sporadiese gevalle Inhoud 1 Verspreiding 2 Simptome 3 Diagnose 4 Behandeling 5 Asimptomatiese draers 6 Tydsduur 7 Bronnelys 8 Verwysings 9 Eksterne skakelsVerspreiding WysigDit kom wereldwyd algemeen voor en word versprei deur water of voedsel wat besmet is met die ontlasting van n persoon wat daarmee aangesteek is Simptome WysigNa n persoon aangesteek het kry hy simptome wat n hoe koors van 39 tot 40 C wat stadig styg n stadige polsslag bradikardie swakheid kopsere gebrekkige aptyt ernstige diarree maagkrampe en n uitslag wat bestaan uit plat rooskleurige vlekke ook roosvlekke genoem Uiterste simptome soos gaatjies in die ingewande of bloeding hallusinasies en verwarring is ook moontlik Diagnose WysigDiagnose word gemaak deur bloed beenmurg of stoelgangkulture saam met die Widal toets wys teenwoordigheid van salmonella teenliggaampies teenoor antigene O somaties en H flagellaar of in armer lande met die diazo urinetoets Behandeling WysigIn minder welgestelde lande word nadat malaria disenterie of longontsteking as oorsake uitgeskakel is n terapeutiese toediening van chlooramfenikol gegee terwyl daar gewag word op die resultate van die Widal toets en bloedkulture Ingewandskoors kan noodlottig wees Antibiotika soos ampisillien chlooramfenikol trimetopriem sulfametoksasool en siprofloksasien word algemeen ingespan om ingewandskoors te behandel Asimptomatiese draers WysigDit kan ook gebeur dat mense asimptomatiese draers van ingewandskoors kan word wat geen uiterlike simptome vertoon nie maar in staat is om ander aan te steek In 1907 het Mary Mallon die eerste Amerikaanse draer geword om geidentifiseer te word Tussen 1901 toe Mary haar eerste aanval van ingewandskoors gehad het en 1907 het sy in vier verskillende huishoudinge gewerk as kok In elk van die huise het sy lede van die gesin aangesteek soms met noodlottige gevolge Sy het by hospitale as kok gewerk en was dan ook verantwoordelik vir ingewandskoors wat skielik uitbreek Daar word vermoed dat sy tot 2 000 mense in haar lewe besmet het met die kiem Ongeveer 5 van die mense wat ingewandskoors opdoen word as sulks draers van die siekte nadat hulle herstel het Tydsduur WysigAs ingewandskoors nie behandel word nie kan dit aangaan vir drie weke tot n maand Sterfgevalle kom voor in tussen 10 tot 30 van onbehandelde gevalle Inentings vir ingewandskoors is beskikbaar en word aanbeveel vir mense wat in streke reis waar die siekte algemeen voorkom veral Asie Afrika en Latyns Amerika Ingewandskoors het al die lewens van verskeie beroemde mense geeis onder andere Franz Schubert Mark Hanna en Wilbur Wright Bronnelys WysigKENNIS vol 9 1980 bl 1710 ISBN 0 7981 0828 2Verwysings WysigInligting vanaf CDC http www cdc gov ncidod dbmd diseaseinfo typhoidfever g htmEksterne skakels Wysig Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Ingewandskoors Ontsluit van https af wikipedia org w index php title Ingewandskoors amp ol,