fbpx
Wikipedia

Indium

49 kadmiumindiumtin
Ga

In

Tl
Algemeen
Naam, simbool, getal indium, In, 49
Chemiese reeks swak metale
Groep, periode, blok 13, 5, p
Voorkoms
Atoommassa 114.818 (3) g/mol
Elektronkonfigurasie [Kr] 4d10 5s2 5p1
Elektrone per skil 2, 8, 18, 18, 3
Fisiese eienskappe
Toestand vastestof
Digtheid (naby k.t.) 7.31 g/cm³
Vloeistof digtheid teen s.p. 7.02 g/cm³
Smeltpunt 429.75 K
(156.60 °C)
Kookpunt 2345 K
(2072 °C)
Smeltingswarmte 3.281 kJ/mol
Verdampingswarmte 231.8 kJ/mol
Warmtekapasiteit (25 °C) 26.74 J/(mol·K)
Dampdruk
P/Pa 1 10 100 1 k 10 k 100 k
teen T/K 1196 1325 1485 1690 1962 2340
Atoomeienskappe
Kristalstruktuur tetragonaal
Oksidasietoestande 3
(amfoteriese oksied)
Elektronegatiwiteit 1.78 (Skaal van Pauling)
Ionisasie-energieë 1ste: 558.3 kJ/mol
2de: 1820.7 kJ/mol
3de: 2704 kJ/mol
Atoomradius 155 pm
Atoomradius (ber.) 156 pm
Kovalente radius 144 pm
Van der Waals-radius 193 pm
Diverse
Magnetiese rangskikking geen data
Elektriese resistiwiteit (20 °C) 83.7 nΩ·m
Termiese geleidingsvermoë (300 K) 81.8 W/(m·K)
Termiese uitsetting (25 °C) 32.1 µm/(m·K)
Spoed van klank (dun staaf) (20 °C) 1215 m/s
Young se modulus 11 GPa
Mohs se hardheid 1.2
Brinell hardheid 8.83 MPa
CAS-registernommer 7440-74-6
Vernaamste isotope
Hoofartikel: Isotope van Indium
iso NV halfleeftyd VM VE (MeV) VP
113In 4.3% In is stabiel met 64 neutrone
115In 95.7% 4.41×1014j β- 0.495 115Sn
Verwysings

Indium is 'n chemiese element met die simbool In en atoomgetal van 49. Hierdie seldsame, sagte, pletbare en laagsmeltende metaal is chemies soortgelyk aan aluminium of gallium maar kom nouer ooreen met sink (sinkertse is die hoofbron van hierdie metaal). Die hooftoepassing van die element is om deursigtige elektrodes te vervaardig vanuit indiumtinoksied in vloeistofkristal vertooneenhede. Dit word baie gebruik in dunfilms om smeringslae te vorm (dit is tydens die Tweede Wêreldoorlog gereeld gebruik om die laers in hoë-werkverrigtingsvliegtuie te bedek). Dit word ook gebruik om buitengewoon lae smeltpunt legerings te maak en is 'n komponent van sommige loodvrye soldeersels.

Kenmerkende eienskappe

Indium is 'n baie sagte, silwerwit, seldsame ware metaal met 'n helder glans. As suiwer indium-metaal gebuig word gee dit 'n skril klank af. Beide gallium en indium het die vermoë om glas te benat.

Een buitengewone eienskap van indium is dat sy mees algemene isotoop effens radio-aktief is; dit verval baie stadig deur beta-verval na tin. Hierdie radio-aktiwiteit word nie as gevaarlik beskou nie, hoofsaaklik omdat die halfleeftyd 4.41 x 1014 jaar is. Anders as sy periode 5-buurelement, kadmium, is indium nie 'n kumulatiewe gifstof nie.

Gebruike

Die eerste grootskaalse gebruik van indium was om die laers in hoë-werkverrigting vliegtuigenjins te bedek tydens die Tweede Wêreldoorlog. Daarna het produksie van die element stadig toegeneem soos nuwe toepassings gevind is in laagsmeltende legerings, soldeersels en in die elektronika. In die 1950's is klein balletjies daarvan gebruik as die emitters en kollektors van PNP legeringvoegvlak transistors. In die middel en laat 1980's het die ontwikkeling van halfgeleiers en indiumtinoksied dun films vir vloeistofkristal vertooneenhede baie belangstelling verwek. Teen 1992 het dunfilmtoepassings die grootste eindgebruiker van indium geword.

Ander gebruike sluit in:

  • Vir die vervaardiging van laagsmeltende legerings. 'n Legering bestaande uit 24% indium en 76% gallium is vloeibaar teen kamertemperatuur.
  • Sommige indiumverbindings soos indiumantimonied, indiumfosfied en indiumnitried is halfgeleiers met nuttige eienskappe.
  • Word gebruik vir die sintese van die halfgeleier koperindiumgalliumselenied, wat gebruik word in die vervaardiging van dun-film sonselle.
  • Word gebruik in ligemissiediodes (LED) en laserdiodes wat gebaseer is op saamgestelde halfgeleiers wat vervaardig word met die Metaalorganiese dampfase epitaksie tegnologie.
  • Dit kan ook geplateer word op metale en verdamp word om op glas neergeslaan te word om 'n spieël te vorm wat net so goed is as dié wat met silwer vervaardig word maar 'n hoër korrosiebestandheid het.
  • Indiumoksied (In2O3) word gebruik as 'n deursigtige geleidende substraat op glas in die vervaardiging van elektroluminiserende panele.
  • Word gebruik as 'n ligfilter in laedruk natriumdamplampe.
  • Indium se vriespunt van 156.5985 °C is 'n vaste punt wat gebruik word op die internasionale temperatuurskaal.
  • Indium se hoë neutronvangs deursnee vir termiese neutrone maak dit geskik vir gebruik in beheerstawe vir kernreaktore, tipies in 'n legering wat 80% silwer, 15% indium en 5% kadmium bevat.
  • In kerningenieurswese word die (n,n') reaksies van 113In en 115In gebruik om die grootte van 'n neutronfluks te bepaal.
  • 111In straal gammastrale uit en word gebruik in scintigrafie, 'n mediese beeldtegnologie. Scintigrafie het baie toepassings, insluitende die vroeë ontwikkelingsfase van medisynes en die monitering van witbloedsel aktiwiteite.
  • Baie klein hoeveelhede in galvaniese aluminiumlegering elektrodes vir soutwatertoepassings word gebruik om passivering van die aluminium te voorkom.
  • In die vorm van draad word dit gebruik as vakuumseëls in kriogeniese toepassings.
  • Word gebruik as 'n kalibrasiemateriaal vir termogravimetriese analise toestelle.

Geskiedenis

Indium (vernoem na die indigolyn in sy atoomspektrum) is ontdek deur Ferdinand Reich en Hieronymous Theodor Richter in 1863 terwyl hulle sinkertse getoets het met 'n spektograaf op soek na tallium. Richter het later in 1867 daarin geslaag om die metaal te isoleer.

Verspreiding en verbruik

 
Buigsame Indiumdraad

Indium is 61ste op die lys van volopste elemente in die Aarde se kors teen ongeveer 0.25 dpm,[1] wat beteken dat dit drie keer meer volop is as silwer wat teen konsentrasies van 0.075 dpm voorkom.[2] Tot en met 1924 is slegs omtrent 'n gram van indium geïsoleer. Indium word vervaardig uit die residu van die verwerking van sinkertse maar kan ook in yster-, lood- en koperertse aangetref word. Kanada is die voorste vervaardiger van indium. Die Teck Cominco raffinadery in Trail, Brits Columbia is die grootste enkele bron met 'n produksie van 32 500 kg in 2005, 41 800 in 2004 en 36 100 kg in 2003.

Die hoeveelheid indium wat verbruik word is grootliks 'n funksie van wêreldwye vervaardiging van LCD-skerms. Wêreldwye vervaardiging beloop tans 476 ton per jaar vanuit mynbou en 'n verdere 650 ton per jaar uit herwinningsbronne.[3] Aanvraag vir die element het in die afgelope paar jaar skerp gestyg met die groeiende gewildheid van LCD rekenaarskerms en televisies, wat tans verantwoordelik is vir bykans 50% van die totale verbruik.[4] Meer doeltreffende vervaardiging en herwinning (veral in Japan) sorg vir 'n balans tussen vraag en aanbod. Die vraag na die metaal het toegeneem met die toenemende gebruik daarvan in LCD-skerms en televisies en die aanbod het afgeneem toe 'n aantal Chinese mynmaatskappye opgehou het om indium uit die uitskot van sinkverwerking te onttrek. In 2002 was die prys 94 V.S.A dollar per kilogram. Die onlangse wisseling in vraag en aanbod het gelei tot hoë en skommelende pryse vir indium wat tussen 2005 en 2007 gewissel het tussen $700/kg tot $1 000/kg.[5] Die vraag na indium gaan waarskynlik toeneem met die grootskaalse vervaardiging van koperindiumgalliumselenied gebaseerde dun-film sonsel tegnologie deur verskeie maatskappye in 2008 soos onder andere Nanosolar en Miasole.

Uit die indium-inhoud van sinkertsneerslae kan afgelei word dat die wêreldwye reserwes van die metaal ongeveer 6 000 ton ekonomies ontginbare indium beloop.[5] Hierdie syfers het aanleiding gegee tot beramings dat daar teen huidige verbruikstempos ongeveer slegs 13 jaar se ontginbare indium oor is.[6] Die Indium Corporation, die grootste verwerker van indium, beweer egter dat gegewe die toenemende herwinningsrendemente tydens ontginning asook die herwinning uit 'n groter verskeidenheid basismetaal ertse (insluitende tin, koper en ander polimetalliese neerslae) en nuwe mynbou beleggings, dat die langtermyn verskaffing van indium volhoubaar, betroubaar en voldoende sal wees om die toenemende vraag te kan voorsien.[7] Hierdie gevolgtrekking wil redelik klink in die lig daarvan dat silwer, 'n element wat minder volop is, tans teen 'n tempo van ongeveer 18 300 ton per jaar ontgin word,[8] wat ongeveer 40 keer hoër is as die huidige indium ontginningstempo is.

Voorsorgmaatreëls

Suiwer indium in metaalvorm word as nie-giftig deur die meeste bronne beskou. In die sweiswerk- en halfgeleiernywerhede waar indium blootstelling relatief hoog is, was daar tot op hede nog geen verslae van enige giftige nagevolge nie.

Dit mag egter nie die geval wees vir indiumverbindings nie: daar bestaan onbevestigde bewyse wat daarop dui dat indium 'n lae-vlak van giftigheid mag hê. Watervrye indiumtrichloried (InCl3) is byvoorbeeld ietwat giftig, terwyl indiumfosfied (InP) giftig is en ook vermoedelik kankerwekkend kan wees.

Verwysings

  1. The Element Indium, It's Elemental, http://education.jlab.org/itselemental/ele049.html, nagegaan op 2007-12-26
  2. The Element Silver, It's Elemental, http://education.jlab.org/itselemental/ele047.html, nagegaan op 2007-12-26
  3. Indium and Gallium Supply Sustainability September 2007 Update, 22nd EU PV Conference, Milan, Italy, formaat = pdf, http://www.indium.com/_dynamo/download.php?docid=552,nagegaan[dooie skakel] op 2007-12-26
  4. Indium Price Supported by LCD Demand and New Uses for the Metal, Geology.com, formaat = pdf, http://geology.com/articles/indium.shtml, nagegaan op 2007-12-26
  5. 5,0 5,1 Indium (Mineral Commodities Summary 2007), USGS Minerals Information, formaat = pdf, http://minerals.usgs.gov/minerals/pubs/commodity/indium/indiumcs07.pdf, nagegaan op 2007-12-26
  6. 26 Mei, 2007, New Scientist, volume 194, uitgawe 2605, bladsye 38-39, issn = 0262-4079, How Long Will it Last?, http://environment.newscientist.com/channel/earth/mg19426051.200-earths-natural-wealth-an-audit.html
  7. Indium and Gallium Supply Sustainability September 2007 Update; 22nd EU PV Conference, Milan, Italy; formaat = pdf, http://www.indium.com/_dynamo/download.php?docid=552 nagegaan op 2007-12-26
  8. Top World Silver Producers, http://www.nma.org/pdf/g_silver_producers.pdf, formaat = pdf, World Silver Survey 2007

Eksterne skakels

  • WebElements.com – Indium
  • Die Indium Corporation se webwerf
  • Reduseermiddels > Lae valensie Indium



Indium
indium, kadmium, indium, tinga, periodieke, tabelalgemeennaam, simbool, getal, indium, 49chemiese, reeks, swak, metalegroep, periode, blok, pvoorkomsatoommassa, molelektronkonfigurasie, 4d10, 5p1elektrone, skil, 3fisiese, eienskappetoestand, vastestofdigtheid,. 49 kadmium indium tinGa In Tl Periodieke tabelAlgemeenNaam simbool getal indium In 49Chemiese reeks swak metaleGroep periode blok 13 5 pVoorkomsAtoommassa 114 818 3 g molElektronkonfigurasie Kr 4d10 5s2 5p1Elektrone per skil 2 8 18 18 3Fisiese eienskappeToestand vastestofDigtheid naby k t 7 31 g cm Vloeistof digtheid teen s p 7 02 g cm Smeltpunt 429 75 K 156 60 C Kookpunt 2345 K 2072 C Smeltingswarmte 3 281 kJ molVerdampingswarmte 231 8 kJ molWarmtekapasiteit 25 C 26 74 J mol K Dampdruk P Pa 1 10 100 1 k 10 k 100 kteen T K 1196 1325 1485 1690 1962 2340AtoomeienskappeKristalstruktuur tetragonaalOksidasietoestande 3 amfoteriese oksied Elektronegatiwiteit 1 78 Skaal van Pauling Ionisasie energiee 1ste 558 3 kJ mol2de 1820 7 kJ mol3de 2704 kJ molAtoomradius 155 pmAtoomradius ber 156 pmKovalente radius 144 pmVan der Waals radius 193 pmDiverseMagnetiese rangskikking geen dataElektriese resistiwiteit 20 C 83 7 nW mTermiese geleidingsvermoe 300 K 81 8 W m K Termiese uitsetting 25 C 32 1 µm m K Spoed van klank dun staaf 20 C 1215 m sYoung se modulus 11 GPaMohs se hardheid 1 2Brinell hardheid 8 83 MPaCAS registernommer 7440 74 6Vernaamste isotopeHoofartikel Isotope van Indium iso NV halfleeftyd VM VE MeV VP113In 4 3 In is stabiel met 64 neutrone115In 95 7 4 41 1014j b 0 495 115SnVerwysingsIndium is n chemiese element met die simbool In en atoomgetal van 49 Hierdie seldsame sagte pletbare en laagsmeltende metaal is chemies soortgelyk aan aluminium of gallium maar kom nouer ooreen met sink sinkertse is die hoofbron van hierdie metaal Die hooftoepassing van die element is om deursigtige elektrodes te vervaardig vanuit indiumtinoksied in vloeistofkristal vertooneenhede Dit word baie gebruik in dunfilms om smeringslae te vorm dit is tydens die Tweede Wereldoorlog gereeld gebruik om die laers in hoe werkverrigtingsvliegtuie te bedek Dit word ook gebruik om buitengewoon lae smeltpunt legerings te maak en is n komponent van sommige loodvrye soldeersels Inhoud 1 Kenmerkende eienskappe 2 Gebruike 3 Geskiedenis 4 Verspreiding en verbruik 5 Voorsorgmaatreels 6 Verwysings 7 Eksterne skakelsKenmerkende eienskappe WysigIndium is n baie sagte silwerwit seldsame ware metaal met n helder glans As suiwer indium metaal gebuig word gee dit n skril klank af Beide gallium en indium het die vermoe om glas te benat Een buitengewone eienskap van indium is dat sy mees algemene isotoop effens radio aktief is dit verval baie stadig deur beta verval na tin Hierdie radio aktiwiteit word nie as gevaarlik beskou nie hoofsaaklik omdat die halfleeftyd 4 41 x 1014 jaar is Anders as sy periode 5 buurelement kadmium is indium nie n kumulatiewe gifstof nie Gebruike WysigDie eerste grootskaalse gebruik van indium was om die laers in hoe werkverrigting vliegtuigenjins te bedek tydens die Tweede Wereldoorlog Daarna het produksie van die element stadig toegeneem soos nuwe toepassings gevind is in laagsmeltende legerings soldeersels en in die elektronika In die 1950 s is klein balletjies daarvan gebruik as die emitters en kollektors van PNP legeringvoegvlak transistors In die middel en laat 1980 s het die ontwikkeling van halfgeleiers en indiumtinoksied dun films vir vloeistofkristal vertooneenhede baie belangstelling verwek Teen 1992 het dunfilmtoepassings die grootste eindgebruiker van indium geword Ander gebruike sluit in Vir die vervaardiging van laagsmeltende legerings n Legering bestaande uit 24 indium en 76 gallium is vloeibaar teen kamertemperatuur Sommige indiumverbindings soos indiumantimonied indiumfosfied en indiumnitried is halfgeleiers met nuttige eienskappe Word gebruik vir die sintese van die halfgeleier koperindiumgalliumselenied wat gebruik word in die vervaardiging van dun film sonselle Word gebruik in ligemissiediodes LED en laserdiodes wat gebaseer is op saamgestelde halfgeleiers wat vervaardig word met die Metaalorganiese dampfase epitaksie tegnologie Dit kan ook geplateer word op metale en verdamp word om op glas neergeslaan te word om n spieel te vorm wat net so goed is as die wat met silwer vervaardig word maar n hoer korrosiebestandheid het Indiumoksied In2O3 word gebruik as n deursigtige geleidende substraat op glas in die vervaardiging van elektroluminiserende panele Word gebruik as n ligfilter in laedruk natriumdamplampe Indium se vriespunt van 156 5985 C is n vaste punt wat gebruik word op die internasionale temperatuurskaal Indium se hoe neutronvangs deursnee vir termiese neutrone maak dit geskik vir gebruik in beheerstawe vir kernreaktore tipies in n legering wat 80 silwer 15 indium en 5 kadmium bevat In kerningenieurswese word die n n reaksies van 113In en 115In gebruik om die grootte van n neutronfluks te bepaal 111In straal gammastrale uit en word gebruik in scintigrafie n mediese beeldtegnologie Scintigrafie het baie toepassings insluitende die vroee ontwikkelingsfase van medisynes en die monitering van witbloedsel aktiwiteite Baie klein hoeveelhede in galvaniese aluminiumlegering elektrodes vir soutwatertoepassings word gebruik om passivering van die aluminium te voorkom In die vorm van draad word dit gebruik as vakuumseels in kriogeniese toepassings Word gebruik as n kalibrasiemateriaal vir termogravimetriese analise toestelle Geskiedenis WysigIndium vernoem na die indigolyn in sy atoomspektrum is ontdek deur Ferdinand Reich en Hieronymous Theodor Richter in 1863 terwyl hulle sinkertse getoets het met n spektograaf op soek na tallium Richter het later in 1867 daarin geslaag om die metaal te isoleer Verspreiding en verbruik Wysig Buigsame Indiumdraad Indium is 61ste op die lys van volopste elemente in die Aarde se kors teen ongeveer 0 25 dpm 1 wat beteken dat dit drie keer meer volop is as silwer wat teen konsentrasies van 0 075 dpm voorkom 2 Tot en met 1924 is slegs omtrent n gram van indium geisoleer Indium word vervaardig uit die residu van die verwerking van sinkertse maar kan ook in yster lood en koperertse aangetref word Kanada is die voorste vervaardiger van indium Die Teck Cominco raffinadery in Trail Brits Columbia is die grootste enkele bron met n produksie van 32 500 kg in 2005 41 800 in 2004 en 36 100 kg in 2003 Die hoeveelheid indium wat verbruik word is grootliks n funksie van wereldwye vervaardiging van LCD skerms Wereldwye vervaardiging beloop tans 476 ton per jaar vanuit mynbou en n verdere 650 ton per jaar uit herwinningsbronne 3 Aanvraag vir die element het in die afgelope paar jaar skerp gestyg met die groeiende gewildheid van LCD rekenaarskerms en televisies wat tans verantwoordelik is vir bykans 50 van die totale verbruik 4 Meer doeltreffende vervaardiging en herwinning veral in Japan sorg vir n balans tussen vraag en aanbod Die vraag na die metaal het toegeneem met die toenemende gebruik daarvan in LCD skerms en televisies en die aanbod het afgeneem toe n aantal Chinese mynmaatskappye opgehou het om indium uit die uitskot van sinkverwerking te onttrek In 2002 was die prys 94 V S A dollar per kilogram Die onlangse wisseling in vraag en aanbod het gelei tot hoe en skommelende pryse vir indium wat tussen 2005 en 2007 gewissel het tussen 700 kg tot 1 000 kg 5 Die vraag na indium gaan waarskynlik toeneem met die grootskaalse vervaardiging van koperindiumgalliumselenied gebaseerde dun film sonsel tegnologie deur verskeie maatskappye in 2008 soos onder andere Nanosolar en Miasole Uit die indium inhoud van sinkertsneerslae kan afgelei word dat die wereldwye reserwes van die metaal ongeveer 6 000 ton ekonomies ontginbare indium beloop 5 Hierdie syfers het aanleiding gegee tot beramings dat daar teen huidige verbruikstempos ongeveer slegs 13 jaar se ontginbare indium oor is 6 Die Indium Corporation die grootste verwerker van indium beweer egter dat gegewe die toenemende herwinningsrendemente tydens ontginning asook die herwinning uit n groter verskeidenheid basismetaal ertse insluitende tin koper en ander polimetalliese neerslae en nuwe mynbou beleggings dat die langtermyn verskaffing van indium volhoubaar betroubaar en voldoende sal wees om die toenemende vraag te kan voorsien 7 Hierdie gevolgtrekking wil redelik klink in die lig daarvan dat silwer n element wat minder volop is tans teen n tempo van ongeveer 18 300 ton per jaar ontgin word 8 wat ongeveer 40 keer hoer is as die huidige indium ontginningstempo is Voorsorgmaatreels WysigSuiwer indium in metaalvorm word as nie giftig deur die meeste bronne beskou In die sweiswerk en halfgeleiernywerhede waar indium blootstelling relatief hoog is was daar tot op hede nog geen verslae van enige giftige nagevolge nie Dit mag egter nie die geval wees vir indiumverbindings nie daar bestaan onbevestigde bewyse wat daarop dui dat indium n lae vlak van giftigheid mag he Watervrye indiumtrichloried InCl3 is byvoorbeeld ietwat giftig terwyl indiumfosfied InP giftig is en ook vermoedelik kankerwekkend kan wees Verwysings Wysig The Element Indium It s Elemental http education jlab org itselemental ele049 html nagegaan op 2007 12 26 The Element Silver It s Elemental http education jlab org itselemental ele047 html nagegaan op 2007 12 26 Indium and Gallium Supply Sustainability September 2007 Update 22nd EU PV Conference Milan Italy formaat pdf http www indium com dynamo download php docid 552 nagegaan dooie skakel op 2007 12 26 Indium Price Supported by LCD Demand and New Uses for the Metal Geology com formaat pdf http geology com articles indium shtml nagegaan op 2007 12 26 5 0 5 1 Indium Mineral Commodities Summary 2007 USGS Minerals Information formaat pdf http minerals usgs gov minerals pubs commodity indium indiumcs07 pdf nagegaan op 2007 12 26 26 Mei 2007 New Scientist volume 194 uitgawe 2605 bladsye 38 39 issn 0262 4079 How Long Will it Last http environment newscientist com channel earth mg19426051 200 earths natural wealth an audit html Indium and Gallium Supply Sustainability September 2007 Update 22nd EU PV Conference Milan Italy formaat pdf http www indium com dynamo download php docid 552 nagegaan op 2007 12 26 Top World Silver Producers http www nma org pdf g silver producers pdf formaat pdf World Silver Survey 2007Eksterne skakels Wysig Wikiwoordeboek het n inskrywing vir indium Wikimedia Commons bevat media in verband met Indium WebElements com Indium Die Indium Corporation se webwerf Reduseermiddels gt Lae valensie Indium H HeLi Be B C N O F NeNa Mg Al Si P S Cl ArK Ca Sc Ti V Cr Mn Fe Co Ni Cu Zn Ga Ge As Se Br KrRb Sr Y Zr Nb Mo Tc Ru Rh Pd Ag Cd In Sn Sb Te I XeCs Ba La Ce Pr Nd Pm Sm Eu Gd Tb Dy Ho Er Tm Yb Lu Hf Ta W Re Os Ir Pt Au Hg Tl Pb Bi Po At RnFr Ra Ac Th Pa U Np Pu Am Cm Bk Cf Es Fm Md No Lr Rf Db Sg Bh Hs Mt Ds Rg Cn Nh Fl Mc Lv Ts OgAlkalimetale Aardalkalimetale Lantaniede Aktiniede Oorgangsmetale Hoofgroepmetale Metalloide Niemetale Halogene Edelgasse Chemie onbekendOntsluit van https af wikipedia org w index php title Indium amp oldid 2436320,