×
Illinois

Illinois is met sy groot kosmopolitiese bevolking die mees bevolkte deelstaat in die midweste van die Verenigde State en die vyfde mees bevolkte op nasionale vlak, met 12,8 miljoen inwoners volgens die sensus van 2010 en 'n oppervlakte van 149 998 vierkante kilometer. Sy hoofstad is Springfield.

Deelstaat Illinois
Vlag van Illinois Seël
Bynaam(e): The Prairie State
Amptelike taal(e) Engels
Gesproke taal(e) Engels, Spaans 10,85%, en Pools 1,6%
Hoofstad Springfield
Grootste stad Chicago
Area 25ste in die V.S.
- Totaal 149 998 km2
- Wydte 340 km
- Lengte 629 km
- Water 5 981 km2
- % water 3,99 %
- Breedtegraad 36°58'N tot 42°30'N
- Lengtegraad 87°30'W tot 91°30'W
Bevolking 5de in die V.S.
- Totaal 12 830 632
- Digtheid 89,1/km2
11de in die V.S.
Hoogte
- Hoogste punt Charles Mound
377 m
- Gemiddeld 182 m
- Laagste punt Samevloei van Mississippirivier en Ohiorivier
85 m
Toetrede tot die Unie 3 Desember 1818 (21ste)
Goewerneur Bruce Rauner (R)
Luitenant-Goewerneur Evelyn Sanguinetti (R)
Wetgewer Algemene Vergadering van Illinois
- Hoërhuis Senaat
- Laerhuis Huis van Verteenwoordigers
V.S. Senatore Dick Durbin (D)
Tammy Duckworth (D)
Tydsone UTC-6 / Somertyd -5
Afkortings IL US-IL
Webblad

Met sy ewewig van uitgestrekte voorstede en die metropool Chicago in die noordooste, landelike gebiede, klein nywerheidsdorpe en hoogs produktiewe landboubedryf in Sentraal- en Wes-Illinois, en die steenkoolmyne in die suide beskik die deelstaat oor 'n hoogs gediversifiseerde ekonomiese basis. Sy sentrale ligging, wat die Groot Mere via die Illinoisrivier met die Mississippirivier verbind, het van Illinois sowat 150 jaar lank 'n beduidende vervoersentrum gemaak. Sy mengsel van nywerhede en plase, van stedelike en plattelandse gebiede, maak van Illinois 'n ware mikrokosmos van die Verenigde State.

Terwyl die Illinoisrivier dwarsdeur die deelstaat vloei, vorm die Mississippirivier sy westelike en die Ohio- en Wabashriviere sy suidoostelike grenslyn. Die Michiganmeer lê in die noordooste van Illinois, net soos Chicago.

French Canyon-waterval in Starved Rock State Park naby Utica

Die oudste nedersettings van plaaslike Indiaanstamme het reeds omtrent 8000 v.C. ontstaan. Die sogenaamde Mississippi-beskawing met sy sentrum in Cahokia het sy bloeitydperk omtrent 1300 beleef; toe die eerste Europeërs hulle in die gebied gevestig het, was dit deur Algonkin-stamme bewoon.

Inhoud

Die Franse ontdekkers Jacques Marquette en Louis Joliet het die gebied al in 1673 verken, en dit het tot en met 1763 onder Franse heerskappy gestaan. Ná die einde van die Franse en Indiaanse Oorlog het Illinois onder Britse bewind gekom. Ná die Amerikaanse onafhanklikheidsverklaring het dit eers deel uitgemaak van die Noordwesgebied (1783) en later van die Indianagebied (1800). Die Illinoisgebied, wat in 1809 gevorm is, is net nege jaar later as die 21ste deelstaat tot die Unie toegelaat.

Ondanks sy politieke verdeeldheid het Illinois gedurende die Amerikaanse Burgeroorlog 'n deel van die Unie gebly. Die 20ste eeu was gekenmerk deur politieke mededinging tussen die Demokratiese en die Republikeinse Party, en sy groot aantal kiesmanne het van Illinois 'n belangrike politieke slagveld in presidensiële verkiesings gemaak. Illinois is tans een van die belangrikste nywerheidsentrums in die VSA met 'n beduidende masjienboubedryf en dienstesektor met talle assuransies.

Die belangrikste besienswaardighede is Shawnee National Forest, die Cahokia Mounds en 'n groot aantal staatsparke en historiese plekke soos New Salem en president Abraham Lincoln se huis en graf in Springfield. In die somer lok die grootste skou in die deelstaat, die Illinois State Fair, talle toeriste na Illinois.

Illinois lê halfpad tussen die Kontinentale Waterskeiding en die Atlantiese Oseaan en meer as 500 myl noord van die Golf van Meksiko. Die deelstaat word dus deur 'n kontinentale klimaat met warm somers, koue winters en groot skommelings in temperatuur, humiditeit, windrigting en wolkbedekking gekenmerk, waar uiterste temperature nog deur berge nog deur oseane verlig word.

Illinois was een van drie deelstate wat op 18 Maart 1925 deur die sogenaamde Tri-State Tornado geraak is, een van die mees verwoestendes ooit. Sewentien kinders het in die Longfellow-skool van Murphysboro gesterf toe die storm die gebou om 14h30 getref het

Die weersomstandighede word gedurende die winter oorwegend deur koue Arktiese lug uit die noorde van Kanada en in die somer deur vogtige, warm lugmassas uit die Golf van Meksiko beïnvloed.

Die gemiddelde jaarlikse temperatuur is 47 °F in die noorde en 58 °F in die suide. Temperature met meer as 90 °F kom gereeld sowat 45 dae per jaar in die suide voor, maar net twaalf dae in die noorde. In die suide daal temperature net een dag per jaar of minder benede 0° F, maar op twaalf dae per jaar in die noorde. Die jaarlikse reënval beloop 34 duim in die noorde en 46 duim in die suide, die gemiddelde sneeuval 30 duim in die noorde en tien duim in die suide.

Meestal waai westewinde oor die vlaktes van Illinois, met 'n gemiddelde spoed van tussen agt en twaalf myl per uur. Windspoed is egter gewoonlik hoër in Chicago, waarmee hy sy treffende bynaam Windy City gekry het. In die algemeen is die windspoed in Illinois hoër in die winter.

Die meeste streke van Illinois het vier verskillende jaargetye, met die uitsondering van Chicago, waar die winter byna onmiddellik na die somer begin en waar volgens 'n gesegde "die wind die blare van die bome afwaai". Die bome in die digbebosde suide pronk in die herfstyd met 'n pragtige kleurespel.

Tornados hou steeds 'n bedreiging vir die hartland van Illinois in, veral in April en Junie. Ook ysreën in die winter kom veral in dié gedeelte van Illinois voor. Naas tornado's, oorstromings en weerlig is uiterste temperature die gevaarlikste weerverskynsel in Illinois. Hittegolwe in 1995 en 1999 het honderde menselewens geëis en tot kragonderbrekings in die metropolitaanse gebied van Chicago gelei.

Illinois grens in die noordooste aan die Michiganmeer, in die ooste aan die deelstaat Indiana, in die noorde aan die deelstaat Wisconsin en aan die Mississippi-rivier in die weste. Die Mississippi vorm ook die grenslyn tussen Illinois en die deelstate Missouri en Iowa.

Alhoewel Illinois deel uitmaak van die Binnelandse Vlaktes, is daar drie verskillende geografiese gebiede. Die Noorde word deur die metropolitaanse gebied van Chicago oorheers, met die Stad Chicago, sy voorstede en die aangrensende landelike gebiede, waarna die metropool begin uitbrei het. Volgens die definisie van die federale regering behels die metropolitaanse gebied van Chicago enkele distrikte in die deelstate Indiana en Wisconsin en strek oor die grootste deel van die noordoostelike Illinois. Hierdie kosmopolitiese streek is digbevolk en word deur hoë vlakke van industrialisering en etniese diversiteit gekenmerk.

Chicago is die grootste stad in Illinois

Teen die suide en weste lê Sentraal-Illinois, 'n gebied wat merendeels deur grasvlaktes oorheers word. Die westelike gebiede (wes van die Illinois-rivier) het oorspronklik deel uitgemaak van die Militêre Streek van 1812. Dit staan bekend as die Hart van Illinois en word deur kleiner dorpe en mediumgrootte stede gekenmerk. Landbou, veral mielies en sojabone, vorm naas 'n aantal nywerheidsgebiede en onderwysinstellings die gebied se ekonomiese basis. Stede sluit Peoria, die derde grootste metropolitaanse gebied in Illinois met 370 000 inwoners, Springfield (die hoofstad van Illinois), Decatur, Bloomington-Normal en Champaign-Urbana in.

Die Suidelike Illinois vorm die derde geografiese gebied, wat suid van die nasionale pad U.S. Route 50 lê en die streek Klein-Egipte naby die samevloeiing van die Mississippi- en Ohio-riviere insluit. Hierdie gebied verskil teenoor die ander twee veral ten opsigte van sy warmer klimaat, afwykende landbouprodukte (wat hier vroeër ook kleiner hoeveelhede katoen ingesluit het), die ruwe landskap, wat gedurende die verskillende Ystydperke nie vergletser was en die ontginning van steenkool. Daar is ook klein ru-olievelde in die suide.

Die suide van Illinois is effens digter bevolk as die sentrale gebiede. Die bevolking is veral gekonsentreer in Metro East, die tweede grootste metropolitaanse gebied in Illinois met naastenby 600 000 inwoners. Dit behels die voorstede van St. Louis wat in Illinois geleë is. Die tweede digbevolkte streek in die suide is die distrikte Williamson, Jackson, Franklin, Saline en Perry met 'n bevolking van sowat 210 000.

Die geweste buite die metropolitaanse gebied van Chicago word dikwels downstate Illinois genoem, alhoewel die bewoners van Sentraal- en Suid-Illinois hulle streke as aparte geografiese en kulturele gebiede beskou en hierdie term dus nie noodsaaklik gebruik nie.

'n Graansuier wes van Champaign teen die naghemel

Die Voor-Kolumbiaanse tydperk

Cahokia, die stedelike sentrum van die Voor-Kolumbiaanse Mississippi-beskawing, was naby die huidige Collinsville geleë. Hierdie beskawing het in die 15de eeu vir onbekende redes verdwyn. Hulle opvolger as beduidende moondheid in die gebied was die Illiniwek-konfederasie (soms ook Illini genoem), 'n politieke alliansie van verskeie stamme. Omtrent 1700 was daar sowat 25 000 Indiane in Illinois, maar as gevolg van stelselmatige aanvalle en volksmoordpogings deur die Irokese is hulle getalle met negentig persent verminder. Lede van die Potawatomi-, Miami-, Sauk- en ander stamme het vanuit die ooste en noorde na Illinois getrek om hulle hier te vestig. Gedurende die Amerikaanse Rewolusie het die Illinois en die Potawatomi die Amerikaanse saak ondersteun.

Europese ontdekkers

Die Franse ontdekkers Jacques Marquette en Louis Joliet het die Illinois-rivier in 1673 verken. As gevolg van hulle ekspedisie het Illinois tot by die jaar 1763 deel uitgemaak van die Franse koloniale ryk in Noord-Amerika en is daarna aan die Britte afgestaan. Die klein Franse nedersettings het voortbestaan, en afgesien van 'n klein aantal Britse soldate wat hier gestasioneer is, was daar geen Britse of Amerikaanse setlaars in die gebied.

In 1778 het George Rogers Clark namens die deelstaat Virginië aanspraak gemaak op die sogenaamde Illinois Country. Virginië het die gebied in 1783 aan die nuutgestigte Verenigde State van Amerika afgestaan, en dit het nou deel uitgemaak van die Noordwesgebied.

Die vroeë 19de eeu

Die Illinois-Wabash Company was een van die eerste eisers wat op groot dele van Illinois aanspraak gemaak het. Die Illinois Territory ("Illinois-gebied") is op 3 Februarie 1809 met die hoofstad Kaskaskia geskep. Nege jaar later is Illinois as die 21ste Amerikaanse deelstaat tot die Unie toegelaat – maar eers nadat die plaaslike owerhede heeltemaal oordrewe bevolkingsyfers voorgelê het. Aanvanklik is daar 'n debat gevoer oor die invoering van slawerny in Illinois, maar met die grootskaalse vestiging van setlaars uit Kentucky in veral die suide van Illinois is sulke voorstelle verwerp.

Hoof Black Hawk

Danksy die afgevaardigde Nathaniel Pope uit Illinois het die Amerikaanse Kongres die noordelike grens van die deelstaat sowat 41 myl na 42° 30' Noord verskuif en sodoende 'n bykomende 8 500 vierkante myl by Illinois ingesluit, waaronder Chicago, Galena en mynbougebiede waar lood ontgin is. Kaskaskia het aanvanklik nog as hoofstad gedien, maar in 1819 is die administratiewe setel na Vandalia verskuif. Die Black Hawk War-Indiane, wat deur die owerhede in Iowa hervestig is, het in 1832 probeer om na Illinois terug te keer, maar is deur burgermagte verslaan en na Iowa teruggedryf.

In die winter van 1830–1831, wat nou as die "Winter van die Diep Sneeu" bekend staan, het 'n skielike swaar sneeuval die deelstaat met 'n diep sneeukombers oortrek. Die sneeuval het Illinois vir die res van die winter ontwrig, en baie reisigers het in die koue omgekom. Illionois is daarna nog deur 'n aantal baie koue winters geteister, waaronder die "Winter van die Skielike Vors" (Winter of the Sudden Freeze). Op 20 Desember 1836 het 'n kouefront oor die deelstaat beweeg wat waterplasse binne enkele minute laat vries het. Weereens het baie reisigers wat nie betyds 'n beskutting kon vind nie in die koue omgekom. Die ongunstige weersomstandighede het in die noordelike dele van Illinois 'n groot misoes tot gevolg gehad. Suid-Illinois het voedsel na die noorde gestuur en sodoende moontlik sy bynaam Little Egypt ("Klein Egipte") gekry – volgens die Bybelse vertelling van Josef in Egipte, wat graan aan sy broeders voorsien het.

Illinois staan vandag as die "Land van Lincoln" bekend, aangesien die 16de president van die VSA, Abraham Lincoln, hier die grootste deel van sy lewe gewoon het en as advokaat in Springfield gepraktiseer het. Op versoek van, en danksy die ondersteuning van, Abraham Lincoln het die deelstaat se Algemene Vergadering in 1837 ten gunste van 'n verskuiwing van die administratiewe setel na Springfield gestem.

Die graf van Abraham Lincoln op die Oak Ridge-begraafplaas in Springfield

Reeds in 1840 het Illinois as die Sucker State bekend gestaan. Dit was nie sterk gekant teen slawerny nie – in 1853 het die wetgewende vergadering onder die leiding van die demokratiese afgevaardigde John A. Logan 'n wetsontwerp, die sogenaamde Black Code, goedgekeur wat daarop gemik was om die vestiging van vrye swartes in Illinois te verhoed.

Tot by 1839 het die utopiese Mormoonse nedersetting Nauvoo aan die oewer van die Missisippirivier sy bloeitydperk bereik. Die stigter en leier van die Mormoonse beweging, Joseph A. Smith, is in 1844 deur 'n gepeupel in 'n tronk van Illinois vermoor. Ná sowat ses jaar se vinnige ontwikkeling het Nauvoo, 'n sterk mededinger van Chicago as die grootste stad in Illinois, 'n skielike en vinnige agteruitgang beleef. Met hulle groot uittog na die weste het die Mormone Illinois in 1846 verlaat.

Chicago het belangrikheid verwerf as 'n beduidende hawe in die gebied van die Groot Mere en sy posisie ná die opening van die Illinois- en Michigankanaal in 1848 nog versterk. Dit het daarnaas ook tot 'n belangrike spoorwegsentrum ontwikkel en was in 1857 die grootste stad van Illinois.

Amerikaanse Burgeroorlog

Teen 1860 het Illinois se bevolking reeds meer as 1,7 miljoen beloop. Gedurende die Amerikaanse Burgeroorlog het meer as 250 000 mans uit Illinois in die Unie se leër gedien – meer as in enige ander noordelike deelstaat behalwe vir New York, Pennsylvanië en Ohio. Vanaf president Lincoln se eerste oproep van mans in die noordelike deelstate vir krygsdiens tot by die einde van die burgeroorlog was daar 150 regimente infanterie uit Illinois afkomstig. Daarnaas het die deelstaat ook sewentien berede eenhede en twee regimente ligte artillerie beskikbaar gestel.

Ekonomiese groei en sosiale onluste

Die Union Stock Yards in Chicago in die 1870's

Tot by die vroeë 20ste eeu is groot dele van die grasvlaktes as akkerland vir mielies en ander gewasse of as weivelde vir beeste en varke ontwikkel. Hoë belastingtariewe, oorproduksie en gepaardgaande lae pryse en die uitbreiding van die spoorwegnetwerk het nogtans tot onluste in die plattelandse gebiede gelei.

Ook die nywerheidsentrums soos Chicago was deur sosiale omwenteling gekenmerk. Swak werkomstandighede het die aanleiding tot die stigting van vakbonde gegee, en verskeie stakings en onluste het selfs menselewens geëis. Maar ondanks die sosiale vraagstukke was Illinois in 1890 die derde grootste deelstaat ten opsigte van sy bevolking en die belangrikste landbougebied vir koring en mielies. Die belangrikste plaaslike nywerhede was staal, landbou- en ander masjiene. Chicago het tot die tweede grootste stad in die VSA gegroei.

Die 20ste eeu

Met sy bevolking van bykans vyf miljoen het Illinois in die vroeë 20ste eeu tot een van die belangrikste deelstate van die VSA ontwikkel. Die metropool Chicago was in 1933 gasheerstad van die Century of Progress-wêreldtentoonstelling. Die olievelde van die Marion- en Ceawford-distrikte is in 1937 ontdek en het van Illinois net twee jaar later die vierde belangrikste olieprodusent in die VSA gemaak.

Ná die Tweede Wêreldoorlog het Illinois 'n belangrike rol by die ontwikkeling van kernkragsentrales gespeel. Die eerste eksperimentele kernkragstelsel in die VSA het in 1957 in die Nasionale Argonne-laboratorium naby Chicago krag begin opwek. Die eerste kommersiële kernkragsentrale Dresden 1, wat deur privaat private beleggers gefinansieer is, is in 1960 naby Morris in bedryf gestel. In dieselfde jaar het Ray Kroc sy eerste McDonald's-kitsrestourant as 'n konsessiesaak in Des Plaines geopen.

Sedert 1959 beskik Chicago danksy die opening van die Sint-Laurenswaterweg oor 'n oseaanhawe. In 1970 het Illinois se sesde konstitusionele konvensie 'n nuwe grondwet saamgestel wat die ouer versie uit die jaar 1870 vervang het. Teen die begin van die 21ste eeu was daar in Illinois reeds meer as twaalf miljoen inwoners.

Die ekonomie van Illinois is goed gediversifiseerd. Die metropolitaanse gebied van Chicago huisves sommige van die grootste Amerikaanse maatskappye soos Boeing, McDonald's, Motorola en United Airlines. Daarnaas het ook 'n groot verskeidenheid finansiële instellings hulle hoofkwartiere in die gebied, waaronder twee van die grootste beurse in die VSA, die Chicago Board of Trade en die Chicago Mercantile Exchange.

Illinois se bruto geografiese produk het in 2004 VSA-$ 528 miljard beloop en was die vyfde grootste in die Unie. Die per capita-inkomste was in 2003 VSA-$ 32 965. Illinois se belangrikste nywerheids- en mynbouprodukte sluit masjienerie, verwerkte voedsel, chemiese produkte, elektriese uitrusting, verwerkte metaalprodukte, vervoertoerusting, ru-olie en steenkool in. Die deelstaat beskik daarnaas oor 'n belangrike uitgewersbedryf.

Die bevolkingsdigtheid van Illinois

In 2006 het Illinois sy totale bevolking 12 831 970 mense beloop waarvan sowat 1,7 miljoen of 13,3 persent in die buiteland gebore is.

'n Groot persentasie van Illinois se bevolking is in die metropolitaanse gebied van Chicago in die noordooste van die deelstaat gekonsentreer: In 2000 het Chicago, die derde grootste stad in die VSA, 23,3 persent van Illinois se bevolking gehuisves; die administratiewe distrik Cook County 43,3 persent en die verskillende counties van die metropolitaanse gebied van Chicago (Will, DuPage, Kane, Lake, McHenry en Cook Counties) 65,6 persent. Die res van Illinois se bewoners woon in kleiner stede en in die landelike gebiede van Illinois se vlaktes.

Volgens die sensus van 2005 was 65,6 persent van die bevolking Blankes, 15,1 persent Swartes, 13,2 persent Latyns-Amerikaners, 3,9 persent Asiate en 2 persent ander etniese groepe. Byna dertig persent van die Blanke bevolking is ten minste van gedeeltelik Duitse afkoms. Afro-Amerikaners is veral in Chicago, East St. Louis en in die mees suidelike deel van Illinois gekonsentreer. Bewoners van Anglo-Amerikaanse afkoms oorheers in die suidooste. Died metropolitaanse gebied van Chicago huisves die grootste aantal burgers van Iers-Amerikaanse, Meksikaanse en Pools-Amerikaanse afkoms.

Volgens die sensus van 2000 praat 10,85 persent van die bevolking wat vyf jaar of ouer is Spaans as huistaal en 1,6 persent Pools.

Rooms-Katolieke en Protestante vorm die grootste religieuse groepe in Illinois, alhoewel die persentasie Protestante laer is as in die buurstate. Sowat dertig persent van die bevolking is Rooms-Katolieke, wat veral in die metropolitaanse gebied van Chicago gekonsentreer is. Chicago huisves daarnaas 'n groot en steeds groeiende aantal Hindoes, Joodse Amerikaners, Moslems en Sikhs.

  1. Frederick E. Hoxie, Encyclopedia of North American Indians (1996), bl. 266-7, 506
  2. Nelson, Ronald E. (uitgewer): Illinois: Land and Life in the Prairie State. Dubuque (Iowa): Kendall Hunt Publishing 1978, ISBN 0-8403-1831-6
  3. Biles, Roger (2005). Illinois: A History of the Land and its People. ISBN 0-87580-349-0.Cite has empty unknown parameter: |coauthors= (help)
  4. Duff, Judge Andrew D. . Nuwe uitgawe, Springhouse Magazine. Besoek op 1 Mei 2006
  5. Illinois in the Civil War. . Besoek op 26 November 2006
  6. . Geargiveer vanaf op 11 Februarie 2020. Besoek op17 Junie 2008.
  7. . Geargiveer vanaf op 30 Mei 2012. Besoek op15 Augustus 2021.
  • Howard, Robert P.: Illinois: A History of the Prairie State. Grand Rapids, Michigan: Eerdman's 1972
  • Illinois State Water Survey, State Climatologist Office: 25 Junie 2008 op Wayback Machine
Toerisme

    Geskiedenis

      Verenigde State van Amerika
      StateAlabamaAlaskaArizonaArkansasColoradoConnecticutDelawareFloridaGeorgiaHawaiiIdahoIllinoisIndianaIowaKaliforniëKansasKentuckyLouisianaMaineMarylandMassachusettsMichiganMinnesotaMississippiMissouriMontanaNebraskaNevadaNew HampshireNew JerseyNieu-MeksikoNew YorkNoord-CarolinaNoord-DakotaOhioOklahomaOregonPennsilvaniëRhode IslandSuid-CarolinaSuid-DakotaTennesseeTexasUtahVermontVirginiëWashingtonWes-VirginiëWisconsinWyoming
      Federale distrikDistrik Columbia (Washington, D.C.)
      EilandgebiedeAmerikaanse Maagde-eilandeAmerikaans-SamoaGuamNoordelike Mariana-eilandePuerto Rico
      Klein afgeleë eilandeBakerHowlandJarvisJohnstonKingmanMidwayNavassaPalmyraWake
      Geassosieerde landeGefedereerde State van MikronesiëMarshalleilandePalau

      Publikasie datum: September 27, 2021

      illinois, groot, kosmopolitiese, bevolking, mees, bevolkte, deelstaat, midweste, verenigde, state, vyfde, mees, bevolkte, nasionale, vlak, miljoen, inwoners, volgens, sensus, 2010, oppervlakte, vierkante, kilometer, hoofstad, springfield, deelstaat, vlag, seël. Illinois is met sy groot kosmopolitiese bevolking die mees bevolkte deelstaat in die midweste van die Verenigde State en die vyfde mees bevolkte op nasionale vlak met 12 8 miljoen inwoners volgens die sensus van 2010 en n oppervlakte van 149 998 vierkante kilometer Sy hoofstad is Springfield Deelstaat IllinoisVlag van Illinois SeelBynaam e The Prairie StateAmptelike taal e EngelsGesproke taal e Engels Spaans 10 85 en Pools 1 6 Hoofstad SpringfieldGrootste stad ChicagoArea 25ste in die V S Totaal 149 998 km2 Wydte 340 km Lengte 629 km Water 5 981 km2 water 3 99 Breedtegraad 36 58 N tot 42 30 N Lengtegraad 87 30 W tot 91 30 WBevolking 5de in die V S Totaal 12 830 632 Digtheid 89 1 km2 11de in die V S Hoogte Hoogste punt Charles Mound 377 m Gemiddeld 182 m Laagste punt Samevloei van Mississippirivier en Ohiorivier 85 mToetrede tot die Unie 3 Desember 1818 21ste Goewerneur Bruce Rauner R Luitenant Goewerneur Evelyn Sanguinetti R Wetgewer Algemene Vergadering van Illinois Hoerhuis Senaat Laerhuis Huis van VerteenwoordigersV S Senatore Dick Durbin D Tammy Duckworth D Tydsone UTC 6 Somertyd 5Afkortings IL US ILWebblad www illinois gov Met sy ewewig van uitgestrekte voorstede en die metropool Chicago in die noordooste landelike gebiede klein nywerheidsdorpe en hoogs produktiewe landboubedryf in Sentraal en Wes Illinois en die steenkoolmyne in die suide beskik die deelstaat oor n hoogs gediversifiseerde ekonomiese basis Sy sentrale ligging wat die Groot Mere via die Illinoisrivier met die Mississippirivier verbind het van Illinois sowat 150 jaar lank n beduidende vervoersentrum gemaak Sy mengsel van nywerhede en plase van stedelike en plattelandse gebiede maak van Illinois n ware mikrokosmos van die Verenigde State Terwyl die Illinoisrivier dwarsdeur die deelstaat vloei vorm die Mississippirivier sy westelike en die Ohio en Wabashriviere sy suidoostelike grenslyn Die Michiganmeer le in die noordooste van Illinois net soos Chicago French Canyon waterval in Starved Rock State Park naby Utica Die oudste nedersettings van plaaslike Indiaanstamme het reeds omtrent 8000 v C ontstaan Die sogenaamde Mississippi beskawing met sy sentrum in Cahokia het sy bloeitydperk omtrent 1300 beleef toe die eerste Europeers hulle in die gebied gevestig het was dit deur Algonkin stamme bewoon Inhoud 1 Geskiedenis 2 Klimaat 3 Geografie 4 Geskiedenis 4 1 Die Voor Kolumbiaanse tydperk 4 2 Europese ontdekkers 4 3 Die vroee 19de eeu 4 4 Amerikaanse Burgeroorlog 4 5 Ekonomiese groei en sosiale onluste 4 6 Die 20ste eeu 5 Ekonomie 6 Demografie 7 Verwysings 8 Eksterne skakelsGeskiedenis WysigDie Franse ontdekkers Jacques Marquette en Louis Joliet het die gebied al in 1673 verken en dit het tot en met 1763 onder Franse heerskappy gestaan Na die einde van die Franse en Indiaanse Oorlog het Illinois onder Britse bewind gekom Na die Amerikaanse onafhanklikheidsverklaring het dit eers deel uitgemaak van die Noordwesgebied 1783 en later van die Indianagebied 1800 Die Illinoisgebied wat in 1809 gevorm is is net nege jaar later as die 21ste deelstaat tot die Unie toegelaat Ondanks sy politieke verdeeldheid het Illinois gedurende die Amerikaanse Burgeroorlog n deel van die Unie gebly Die 20ste eeu was gekenmerk deur politieke mededinging tussen die Demokratiese en die Republikeinse Party en sy groot aantal kiesmanne het van Illinois n belangrike politieke slagveld in presidensiele verkiesings gemaak Illinois is tans een van die belangrikste nywerheidsentrums in die VSA met n beduidende masjienboubedryf en dienstesektor met talle assuransies Die belangrikste besienswaardighede is Shawnee National Forest die Cahokia Mounds en n groot aantal staatsparke en historiese plekke soos New Salem en president Abraham Lincoln se huis en graf in Springfield In die somer lok die grootste skou in die deelstaat die Illinois State Fair talle toeriste na Illinois Klimaat WysigIllinois le halfpad tussen die Kontinentale Waterskeiding en die Atlantiese Oseaan en meer as 500 myl noord van die Golf van Meksiko Die deelstaat word dus deur n kontinentale klimaat met warm somers koue winters en groot skommelings in temperatuur humiditeit windrigting en wolkbedekking gekenmerk waar uiterste temperature nog deur berge nog deur oseane verlig word Illinois was een van drie deelstate wat op 18 Maart 1925 deur die sogenaamde Tri State Tornado geraak is een van die mees verwoestendes ooit Sewentien kinders het in die Longfellow skool van Murphysboro gesterf toe die storm die gebou om 14h30 getref het Die weersomstandighede word gedurende die winter oorwegend deur koue Arktiese lug uit die noorde van Kanada en in die somer deur vogtige warm lugmassas uit die Golf van Meksiko beinvloed Die gemiddelde jaarlikse temperatuur is 47 F in die noorde en 58 F in die suide Temperature met meer as 90 F kom gereeld sowat 45 dae per jaar in die suide voor maar net twaalf dae in die noorde In die suide daal temperature net een dag per jaar of minder benede 0 F maar op twaalf dae per jaar in die noorde Die jaarlikse reenval beloop 34 duim in die noorde en 46 duim in die suide die gemiddelde sneeuval 30 duim in die noorde en tien duim in die suide Meestal waai westewinde oor die vlaktes van Illinois met n gemiddelde spoed van tussen agt en twaalf myl per uur Windspoed is egter gewoonlik hoer in Chicago waarmee hy sy treffende bynaam Windy City gekry het In die algemeen is die windspoed in Illinois hoer in die winter Die meeste streke van Illinois het vier verskillende jaargetye met die uitsondering van Chicago waar die winter byna onmiddellik na die somer begin en waar volgens n gesegde die wind die blare van die bome afwaai Die bome in die digbebosde suide pronk in die herfstyd met n pragtige kleurespel Tornados hou steeds n bedreiging vir die hartland van Illinois in veral in April en Junie Ook ysreen in die winter kom veral in die gedeelte van Illinois voor Naas tornado s oorstromings en weerlig is uiterste temperature die gevaarlikste weerverskynsel in Illinois Hittegolwe in 1995 en 1999 het honderde menselewens geeis en tot kragonderbrekings in die metropolitaanse gebied van Chicago gelei Geografie WysigIllinois grens in die noordooste aan die Michiganmeer in die ooste aan die deelstaat Indiana in die noorde aan die deelstaat Wisconsin en aan die Mississippi rivier in die weste Die Mississippi vorm ook die grenslyn tussen Illinois en die deelstate Missouri en Iowa Alhoewel Illinois deel uitmaak van die Binnelandse Vlaktes is daar drie verskillende geografiese gebiede Die Noorde word deur die metropolitaanse gebied van Chicago oorheers met die Stad Chicago sy voorstede en die aangrensende landelike gebiede waarna die metropool begin uitbrei het Volgens die definisie van die federale regering behels die metropolitaanse gebied van Chicago enkele distrikte in die deelstate Indiana en Wisconsin en strek oor die grootste deel van die noordoostelike Illinois Hierdie kosmopolitiese streek is digbevolk en word deur hoe vlakke van industrialisering en etniese diversiteit gekenmerk Chicago is die grootste stad in Illinois Teen die suide en weste le Sentraal Illinois n gebied wat merendeels deur grasvlaktes oorheers word Die westelike gebiede wes van die Illinois rivier het oorspronklik deel uitgemaak van die Militere Streek van 1812 Dit staan bekend as die Hart van Illinois en word deur kleiner dorpe en mediumgrootte stede gekenmerk Landbou veral mielies en sojabone vorm naas n aantal nywerheidsgebiede en onderwysinstellings die gebied se ekonomiese basis Stede sluit Peoria die derde grootste metropolitaanse gebied in Illinois met 370 000 inwoners Springfield die hoofstad van Illinois Decatur Bloomington Normal en Champaign Urbana in Die Suidelike Illinois vorm die derde geografiese gebied wat suid van die nasionale pad U S Route 50 le en die streek Klein Egipte naby die samevloeiing van die Mississippi en Ohio riviere insluit Hierdie gebied verskil teenoor die ander twee veral ten opsigte van sy warmer klimaat afwykende landbouprodukte wat hier vroeer ook kleiner hoeveelhede katoen ingesluit het die ruwe landskap wat gedurende die verskillende Ystydperke nie vergletser was en die ontginning van steenkool Daar is ook klein ru olievelde in die suide Die suide van Illinois is effens digter bevolk as die sentrale gebiede Die bevolking is veral gekonsentreer in Metro East die tweede grootste metropolitaanse gebied in Illinois met naastenby 600 000 inwoners Dit behels die voorstede van St Louis wat in Illinois gelee is Die tweede digbevolkte streek in die suide is die distrikte Williamson Jackson Franklin Saline en Perry met n bevolking van sowat 210 000 Die geweste buite die metropolitaanse gebied van Chicago word dikwels downstate Illinois genoem alhoewel die bewoners van Sentraal en Suid Illinois hulle streke as aparte geografiese en kulturele gebiede beskou en hierdie term dus nie noodsaaklik gebruik nie Geskiedenis Wysig n Graansuier wes van Champaign teen die naghemel Die Voor Kolumbiaanse tydperk Wysig Cahokia die stedelike sentrum van die Voor Kolumbiaanse Mississippi beskawing was naby die huidige Collinsville gelee Hierdie beskawing het in die 15de eeu vir onbekende redes verdwyn Hulle opvolger as beduidende moondheid in die gebied was die Illiniwek konfederasie soms ook Illini genoem n politieke alliansie van verskeie stamme Omtrent 1700 was daar sowat 25 000 Indiane in Illinois maar as gevolg van stelselmatige aanvalle en volksmoordpogings deur die Irokese is hulle getalle met negentig persent verminder 1 Lede van die Potawatomi Miami Sauk en ander stamme het vanuit die ooste en noorde na Illinois getrek om hulle hier te vestig 2 Gedurende die Amerikaanse Rewolusie het die Illinois en die Potawatomi die Amerikaanse saak ondersteun Europese ontdekkers Wysig Die Franse ontdekkers Jacques Marquette en Louis Joliet het die Illinois rivier in 1673 verken As gevolg van hulle ekspedisie het Illinois tot by die jaar 1763 deel uitgemaak van die Franse koloniale ryk in Noord Amerika en is daarna aan die Britte afgestaan Die klein Franse nedersettings het voortbestaan en afgesien van n klein aantal Britse soldate wat hier gestasioneer is was daar geen Britse of Amerikaanse setlaars in die gebied In 1778 het George Rogers Clark namens die deelstaat Virginie aanspraak gemaak op die sogenaamde Illinois Country Virginie het die gebied in 1783 aan die nuutgestigte Verenigde State van Amerika afgestaan en dit het nou deel uitgemaak van die Noordwesgebied 3 Die vroee 19de eeu Wysig Die Illinois Wabash Company was een van die eerste eisers wat op groot dele van Illinois aanspraak gemaak het Die Illinois Territory Illinois gebied is op 3 Februarie 1809 met die hoofstad Kaskaskia geskep Nege jaar later is Illinois as die 21ste Amerikaanse deelstaat tot die Unie toegelaat maar eers nadat die plaaslike owerhede heeltemaal oordrewe bevolkingsyfers voorgele het Aanvanklik is daar n debat gevoer oor die invoering van slawerny in Illinois maar met die grootskaalse vestiging van setlaars uit Kentucky in veral die suide van Illinois is sulke voorstelle verwerp Hoof Black Hawk Danksy die afgevaardigde Nathaniel Pope uit Illinois het die Amerikaanse Kongres die noordelike grens van die deelstaat sowat 41 myl na 42 30 Noord verskuif en sodoende n bykomende 8 500 vierkante myl by Illinois ingesluit waaronder Chicago Galena en mynbougebiede waar lood ontgin is Kaskaskia het aanvanklik nog as hoofstad gedien maar in 1819 is die administratiewe setel na Vandalia verskuif Die Black Hawk War Indiane wat deur die owerhede in Iowa hervestig is het in 1832 probeer om na Illinois terug te keer maar is deur burgermagte verslaan en na Iowa teruggedryf In die winter van 1830 1831 wat nou as die Winter van die Diep Sneeu bekend staan het n skielike swaar sneeuval die deelstaat met n diep sneeukombers oortrek Die sneeuval het Illinois vir die res van die winter ontwrig en baie reisigers het in die koue omgekom Illionois is daarna nog deur n aantal baie koue winters geteister waaronder die Winter van die Skielike Vors Winter of the Sudden Freeze Op 20 Desember 1836 het n kouefront oor die deelstaat beweeg wat waterplasse binne enkele minute laat vries het Weereens het baie reisigers wat nie betyds n beskutting kon vind nie in die koue omgekom Die ongunstige weersomstandighede het in die noordelike dele van Illinois n groot misoes tot gevolg gehad Suid Illinois het voedsel na die noorde gestuur en sodoende moontlik sy bynaam Little Egypt Klein Egipte gekry volgens die Bybelse vertelling van Josef in Egipte wat graan aan sy broeders voorsien het 4 Illinois staan vandag as die Land van Lincoln bekend aangesien die 16de president van die VSA Abraham Lincoln hier die grootste deel van sy lewe gewoon het en as advokaat in Springfield gepraktiseer het Op versoek van en danksy die ondersteuning van Abraham Lincoln het die deelstaat se Algemene Vergadering in 1837 ten gunste van n verskuiwing van die administratiewe setel na Springfield gestem Die graf van Abraham Lincoln op die Oak Ridge begraafplaas in Springfield Reeds in 1840 het Illinois as die Sucker State bekend gestaan Dit was nie sterk gekant teen slawerny nie in 1853 het die wetgewende vergadering onder die leiding van die demokratiese afgevaardigde John A Logan n wetsontwerp die sogenaamde Black Code goedgekeur wat daarop gemik was om die vestiging van vrye swartes in Illinois te verhoed Tot by 1839 het die utopiese Mormoonse nedersetting Nauvoo aan die oewer van die Missisippirivier sy bloeitydperk bereik Die stigter en leier van die Mormoonse beweging Joseph A Smith is in 1844 deur n gepeupel in n tronk van Illinois vermoor Na sowat ses jaar se vinnige ontwikkeling het Nauvoo n sterk mededinger van Chicago as die grootste stad in Illinois n skielike en vinnige agteruitgang beleef Met hulle groot uittog na die weste het die Mormone Illinois in 1846 verlaat Chicago het belangrikheid verwerf as n beduidende hawe in die gebied van die Groot Mere en sy posisie na die opening van die Illinois en Michigankanaal in 1848 nog versterk Dit het daarnaas ook tot n belangrike spoorwegsentrum ontwikkel en was in 1857 die grootste stad van Illinois 3 Amerikaanse Burgeroorlog Wysig Teen 1860 het Illinois se bevolking reeds meer as 1 7 miljoen beloop Gedurende die Amerikaanse Burgeroorlog het meer as 250 000 mans uit Illinois in die Unie se leer gedien meer as in enige ander noordelike deelstaat behalwe vir New York Pennsylvanie en Ohio Vanaf president Lincoln se eerste oproep van mans in die noordelike deelstate vir krygsdiens tot by die einde van die burgeroorlog was daar 150 regimente infanterie uit Illinois afkomstig Daarnaas het die deelstaat ook sewentien berede eenhede en twee regimente ligte artillerie beskikbaar gestel 5 Ekonomiese groei en sosiale onluste Wysig Die Union Stock Yards in Chicago in die 1870 s Tot by die vroee 20ste eeu is groot dele van die grasvlaktes as akkerland vir mielies en ander gewasse of as weivelde vir beeste en varke ontwikkel Hoe belastingtariewe oorproduksie en gepaardgaande lae pryse en die uitbreiding van die spoorwegnetwerk het nogtans tot onluste in die plattelandse gebiede gelei Ook die nywerheidsentrums soos Chicago was deur sosiale omwenteling gekenmerk Swak werkomstandighede het die aanleiding tot die stigting van vakbonde gegee en verskeie stakings en onluste het selfs menselewens geeis Maar ondanks die sosiale vraagstukke was Illinois in 1890 die derde grootste deelstaat ten opsigte van sy bevolking en die belangrikste landbougebied vir koring en mielies Die belangrikste plaaslike nywerhede was staal landbou en ander masjiene Chicago het tot die tweede grootste stad in die VSA gegroei Die 20ste eeu Wysig Met sy bevolking van bykans vyf miljoen het Illinois in die vroee 20ste eeu tot een van die belangrikste deelstate van die VSA ontwikkel Die metropool Chicago was in 1933 gasheerstad van die Century of Progress wereldtentoonstelling Die olievelde van die Marion en Ceawford distrikte is in 1937 ontdek en het van Illinois net twee jaar later die vierde belangrikste olieprodusent in die VSA gemaak Na die Tweede Wereldoorlog het Illinois n belangrike rol by die ontwikkeling van kernkragsentrales gespeel Die eerste eksperimentele kernkragstelsel in die VSA het in 1957 in die Nasionale Argonne laboratorium naby Chicago krag begin opwek Die eerste kommersiele kernkragsentrale Dresden 1 wat deur privaat private beleggers gefinansieer is is in 1960 naby Morris in bedryf gestel In dieselfde jaar het Ray Kroc sy eerste McDonald s kitsrestourant as n konsessiesaak in Des Plaines geopen Sedert 1959 beskik Chicago danksy die opening van die Sint Laurenswaterweg oor n oseaanhawe In 1970 het Illinois se sesde konstitusionele konvensie n nuwe grondwet saamgestel wat die ouer versie uit die jaar 1870 vervang het Teen die begin van die 21ste eeu was daar in Illinois reeds meer as twaalf miljoen inwoners Ekonomie WysigDie ekonomie van Illinois is goed gediversifiseerd Die metropolitaanse gebied van Chicago huisves sommige van die grootste Amerikaanse maatskappye soos Boeing McDonald s Motorola en United Airlines Daarnaas het ook n groot verskeidenheid finansiele instellings hulle hoofkwartiere in die gebied waaronder twee van die grootste beurse in die VSA die Chicago Board of Trade en die Chicago Mercantile Exchange Illinois se bruto geografiese produk het in 2004 VSA 528 miljard beloop en was die vyfde grootste in die Unie Die per capita inkomste was in 2003 VSA 32 965 Illinois se belangrikste nywerheids en mynbouprodukte sluit masjienerie verwerkte voedsel chemiese produkte elektriese uitrusting verwerkte metaalprodukte vervoertoerusting ru olie en steenkool in Die deelstaat beskik daarnaas oor n belangrike uitgewersbedryf Demografie Wysig Die bevolkingsdigtheid van Illinois In 2006 het Illinois sy totale bevolking 12 831 970 mense beloop waarvan sowat 1 7 miljoen of 13 3 persent in die buiteland gebore is 6 7 n Groot persentasie van Illinois se bevolking is in die metropolitaanse gebied van Chicago in die noordooste van die deelstaat gekonsentreer In 2000 het Chicago die derde grootste stad in die VSA 23 3 persent van Illinois se bevolking gehuisves die administratiewe distrik Cook County 43 3 persent en die verskillende counties van die metropolitaanse gebied van Chicago Will DuPage Kane Lake McHenry en Cook Counties 65 6 persent Die res van Illinois se bewoners woon in kleiner stede en in die landelike gebiede van Illinois se vlaktes Volgens die sensus van 2005 was 65 6 persent van die bevolking Blankes 15 1 persent Swartes 13 2 persent Latyns Amerikaners 3 9 persent Asiate en 2 persent ander etniese groepe Byna dertig persent van die Blanke bevolking is ten minste van gedeeltelik Duitse afkoms Afro Amerikaners is veral in Chicago East St Louis en in die mees suidelike deel van Illinois gekonsentreer Bewoners van Anglo Amerikaanse afkoms oorheers in die suidooste Died metropolitaanse gebied van Chicago huisves die grootste aantal burgers van Iers Amerikaanse Meksikaanse en Pools Amerikaanse afkoms Volgens die sensus van 2000 praat 10 85 persent van die bevolking wat vyf jaar of ouer is Spaans as huistaal en 1 6 persent Pools 8 Rooms Katolieke en Protestante vorm die grootste religieuse groepe in Illinois alhoewel die persentasie Protestante laer is as in die buurstate Sowat dertig persent van die bevolking is Rooms Katolieke wat veral in die metropolitaanse gebied van Chicago gekonsentreer is 9 Chicago huisves daarnaas n groot en steeds groeiende aantal Hindoes Joodse Amerikaners Moslems en Sikhs Verwysings Wysig Frederick E Hoxie Encyclopedia of North American Indians 1996 bl 266 7 506 Nelson Ronald E uitgewer Illinois Land and Life in the Prairie State Dubuque Iowa Kendall Hunt Publishing 1978 ISBN 0 8403 1831 6 3 0 3 1 Biles Roger 2005 Illinois A History of the Land and its People ISBN 0 87580 349 0 Cite has empty unknown parameter coauthors help Duff Judge Andrew D Egypt Nuwe uitgawe Springhouse Magazine Besoek op 1 Mei 2006 Illinois in the Civil War Illinois Infantry Cavalry and Artillery Units Besoek op 26 November 2006 United States Census Bureau Population Estimates Program United States Census Bureau 2004 American Community Survey Geargiveer vanaf die oorspronklike op 11 Februarie 2020 Besoek op 17 Junie 2008 Modern Language Association Most Spoken Languages In Illinois Statemaster Geargiveer vanaf die oorspronklike op 30 Mei 2012 Besoek op 15 Augustus 2021 Howard Robert P Illinois A History of the Prairie State Grand Rapids Michigan Eerdman s 1972 Illinois State Water Survey State Climatologist Office Klimaat van Illinois 2003 Geargiveer 25 Junie 2008 op Wayback MachineEksterne skakels WysigToerismeEnjoy IllinoisGeskiedenisIllinois State Historical SocietyWikimedia Commons bevat media in verband met Illinois Verenigde State van Amerika StateAlabama Alaska Arizona Arkansas Colorado Connecticut Delaware Florida Georgia Hawaii Idaho Illinois Indiana Iowa Kalifornie Kansas Kentucky Louisiana Maine Maryland Massachusetts Michigan Minnesota Mississippi Missouri Montana Nebraska Nevada New Hampshire New Jersey Nieu Meksiko New York Noord Carolina Noord Dakota Ohio Oklahoma Oregon Pennsilvanie Rhode Island Suid Carolina Suid Dakota Tennessee Texas Utah Vermont Virginie Washington Wes Virginie Wisconsin WyomingFederale distrikDistrik Columbia Washington D C EilandgebiedeAmerikaanse Maagde eilande Amerikaans Samoa Guam Noordelike Mariana eilande Puerto RicoKlein afgelee eilandeBaker Howland Jarvis Johnston Kingman Midway Navassa Palmyra WakeGeassosieerde landeGefedereerde State van Mikronesie Marshalleilande PalauOntsluit van https af wikipedia org w index php title Illinois amp ol,