×
Ierland
Hierdie artikel handel oor die eiland. Vir die soewereine staat met dieselfde naam, sien Republiek Ierland. Vir die ses noordelike graafskappe wat deel uitmaak van die Verenigde Koninkryk, sien Noord-Ierland. Vir die historiese koninkryk, sien Koninkryk van Ierland.

Ierland (Iers: Éire, [ˈeːɾʲə],(hulp·inligting); Engels: Ireland, [ˈaɪərlənd],(hulp·inligting); Ulster-Skots: Airlann, [ˈɑːrlən]) is die derde grootste eiland van Europa en die mees westelike van die Britse Eilande, met 'n lengte van 450 kilometer, 'n breedte van 260 kilometer en 'n totale oppervlak van 84 421 vierkante kilometer. Die eiland, wat dikwels ook die "Groen Eiland" genoem word, lê tussen die Atlantiese Oseaan in die weste en die Ierse See in die ooste.

Ierland
Inheemse naam: Éire / Ireland
Bynaam: Die Groen Eiland

Kaart van Ierland
Geografie
Ligging Noord- of Wes-Europa
Koördinate 53°20′N08°00′W /53.333°N 8.000°W /53.333; -8.000Koördinate:53°20′N08°00′W /53.333°N 8.000°W /53.333; -8.000
Argipel Britse Eilande

Oppervlakte 84 421 vk km
Hoogste punt Carrauntoohil 1 041 m
Administrasie
Republiek van Ierland
Land Ierland

Hoofstad Dublin
Grootste stad Dublin (553 165)

Verenigde Koninkryk
Land Noord-Ierland
Hoofstad Belfast
Grootste stad Belfast (333 000)

Demografie
Bevolking 6 572 728

Bevolkingsgroepe Iere, Ulster-Skotte
Die wêreld se 20ste grootste eiland en die derde grootste eiland van Europa
Nasa-Satellietbeeld van Ierland
'n Keltiese kruis in Knock, Republiek Ierland
'n Eiland naby die kusdorp Doolin, graafskap Clare, teen sonop
Clew Bay in die graafskap Mayo, met Clare Island teen die gesigseinder

Die onverwagte uitkoms van Ierland se rewolusionêre periode tussen 1912 en 1925 was die vestiging van twee Ierse state op die eiland. Die onafhanklike Republiek Ierland met 4,7 miljoen oorwegend Rooms-Katolieke inwoners beslaan vyf-sesdes van Ierland se oppervlak, terwyl Noord-Ierland met 'n histories merendeels Protestantse bevolking van 1,8 miljoen van Ierse, Skotse en Engelse afkoms een van die Verenigde Koninkryk se vier lande is. In Noord-Ierland is ongeveer 41,6% van die bevolking lidmate van Protestantse kerke en 40,7% Rooms-Katoliek.

Inhoud

Die Keltiese Ierland het teen die eerste eeu n.C. ontstaan. Die eiland is vanaf die 5de eeu gekersten. Ná die Anglo-Normandiese inval in die 12de eeu het Engeland soewereiniteit geëis. Die Engelse heerskappy strek egter eers oor die hele eiland in die 16de-17de eeu met die verowering deur die Tudors, wat gelei het tot kolonisering deur setlaars uit Brittanje. In die 1690's is 'n stelsel van Protestantse Engelse bewind ontwerp om die Katolieke meerderheid en Protestantse andersdenkendes wesenlik te benadeel, en is gedurende die 18de eeu uitgebrei. Met die Acts of Union 1800 het Ierland deel geword van die Verenigde Koninkryk. 'n Onafhanklikheidsoorlog in die vroeë 20ste eeu is gevolg deur die verdeling van die eiland, wat die Ierse Vrystaat tot stand gebring het, wat oor die daaropvolgende dekades steeds meer soewerein geword het, en Noord-Ierland, wat 'n deel van die Verenigde Koninkryk gebly het. Noord-Ierland het baie burgerlike onrus beleef vanaf die laat 1960's tot die 1990's. Dit het bedaar ná 'n politieke ooreenkoms in 1998. In 1973 het die Republiek Ierland by die Europese Ekonomiese Gemeenskap aangesluit, terwyl die Verenigde Koninkryk en Noord-Ierland, as deel daarvan, dieselfde gedoen het.

Die laagliggende vlaktes van Sentraal-Ierland met hulle groot aantal mere, waaronder die bekende Lough Neagh in Noord-Ierland, word deur bergreekse langs die kusgebiede omsluit. Carrauntuohill (Iers: Corrán Tuathail) in die Macgillicuddy's Recks van Suidwes-Ierland is die hoogste bergpiek op 1 041 meter bo seevlak. Die Shannon is met 'n lengte van 386 kilometer die langste rivier van Ierland. Die gematigde klimaat en gelykmatige reënval bevorder die plantegroei, en danksy die sappige groen weivelde staan Ierland ook as die "Groen Eiland" bekend. Ierland beskik oor 'n aantal nasionale parke dwarsoor die eiland.

Ierland het oor die algemeen 'n kleiner aantal spesies as byvoorbeeld sy oostelike buureiland Groot-Brittanje of die Europese vasteland, aangesien die eiland ná die einde van die Ystydperk deur die stygende waterpeil van die Atlantiese Oseaan baie vinnig geïsoleer is. Daar is net 31 inheemse soogdierspesies, waaronder dasse, vosse en krimpvarkies. Bepaalde spesies soos die edelhert word egter slegs in die nasionale parke aangetref. Ierland is ook een van min gebiede waar geen inheemse slangspesies voorkom nie.

Die Ierse kultuur het 'n beduidende invloed op ander kulture gehad, veral op die gebied van letterkunde. Benewens die hoofstroom Westerse kultuur bestaan daar 'n sterk inheemse kultuur, soos uitgedruk deur Gaeliese speletjies, Ierse musiek, Ierse taal en Ierse dans. Die kultuur van die eiland deel baie kenmerke met dié van Groot-Brittanje, insluitend die Engelse taal, en sport soos sokker, rugby, krieket, veldhokkie, perdewedrenne, gholf en boks.

Die meeste sportsoorte in Ierland word onder 'n beheerliggaam vir die hele eiland organiseer, dit wil sê spelers uit albei dele van dié eiland mag vir 'n gemeenskaplike Ierse span optree. Bekende voorbeelde sluit in die Ierse nasionale hokkiespan, die Ierse nasionale krieketspan en die Ierse nasionale rugbyspan. In teenstelling met krieket, rugby en veldhokkie stur die Republiek Ierland en Noord-Ierland vir netbal en sokker-toernooie aparte spanne.

  1. (en) Royle, Stephen A. (1 Desember 2012). . Journal of Marine and Island Cultures: 91–98. doi:. Besoek op6 Mei 2018.
  2. (en) Besoek op 27 Augustus 2017.
  3. (en) Central Statistics Office, Ireland (April 2017). (PDF). Dublin: Central Statistics Office, Ireland. (PDF) vanaf die oorspronklike op 2 November 2019. Besoek op6 Mei 2018.
  4. (en) Northern Ireland Statistics and Research Agency (2012). . Belfast: Department of Finance. vanaf die oorspronklike op 9 Maart 2020. Besoek op6 Mei 2018.
Wiki-webtuistes

Media

  • (en)


Keltiese gebiede in Europa

Bretagne | Ierland | Wallis | Cornwall | Man | Skotland

Publikasie datum: September 03, 2021

ierland, hierdie, artikel, handel, eiland, soewereine, staat, dieselfde, naam, sien, republiek, noordelike, graafskappe, deel, uitmaak, verenigde, koninkryk, sien, noord, historiese, koninkryk, sien, koninkryk, iers, Éire, ˈeːɾʲə, luister, hulp, inligting, eng. Hierdie artikel handel oor die eiland Vir die soewereine staat met dieselfde naam sien Republiek Ierland Vir die ses noordelike graafskappe wat deel uitmaak van die Verenigde Koninkryk sien Noord Ierland Vir die historiese koninkryk sien Koninkryk van Ierland Ierland Iers Eire ˈeːɾʲe luister hulp inligting Engels Ireland ˈaɪerlend luister hulp inligting Ulster Skots Airlann ˈɑːrlen is die derde grootste eiland van Europa en die mees westelike van die Britse Eilande met n lengte van 450 kilometer n breedte van 260 kilometer en n totale oppervlak van 84 421 vierkante kilometer 1 Die eiland wat dikwels ook die Groen Eiland genoem word le tussen die Atlantiese Oseaan in die weste en die Ierse See in die ooste Ierland Inheemse naam Eire Ireland Bynaam Die Groen EilandKaart van IerlandGeografieLigging Noord of Wes EuropaKoordinate 53 20 N 08 00 W 53 333 N 8 000 W 53 333 8 000 Koordinate 53 20 N 08 00 W 53 333 N 8 000 W 53 333 8 000Argipel Britse EilandeOppervlakte 84 421 vk kmHoogste punt Carrauntoohil 1 041 mAdministrasie Republiek van IerlandLand IerlandHoofstad DublinGrootste stad Dublin 553 165 Verenigde KoninkrykLand Noord IerlandHoofstad BelfastGrootste stad Belfast 333 000 DemografieBevolking 6 572 728Bevolkingsgroepe Iere Ulster SkotteDie wereld se 20ste grootste eiland en die derde grootste eiland van Europa Nasa Satellietbeeld van Ierland n Keltiese kruis in Knock Republiek Ierland n Eiland naby die kusdorp Doolin graafskap Clare teen sonop Clew Bay in die graafskap Mayo met Clare Island teen die gesigseinder Die onverwagte uitkoms van Ierland se rewolusionere periode tussen 1912 en 1925 was die vestiging van twee Ierse state op die eiland 2 Die onafhanklike Republiek Ierland met 4 7 miljoen oorwegend Rooms Katolieke inwoners beslaan vyf sesdes van Ierland se oppervlak terwyl Noord Ierland met n histories merendeels Protestantse bevolking van 1 8 miljoen van Ierse Skotse en Engelse afkoms een van die Verenigde Koninkryk se vier lande is In Noord Ierland is ongeveer 41 6 van die bevolking lidmate van Protestantse kerke en 40 7 Rooms Katoliek 3 4 Inhoud 1 Geskiedenis 2 Geografie 3 Flora en fauna 4 Kultuur 5 Sport 6 Sien ook 7 Verwysings 8 Eksterne skakelsGeskiedenis WysigDie Keltiese Ierland het teen die eerste eeu n C ontstaan Die eiland is vanaf die 5de eeu gekersten Na die Anglo Normandiese inval in die 12de eeu het Engeland soewereiniteit geeis Die Engelse heerskappy strek egter eers oor die hele eiland in die 16de 17de eeu met die verowering deur die Tudors wat gelei het tot kolonisering deur setlaars uit Brittanje In die 1690 s is n stelsel van Protestantse Engelse bewind ontwerp om die Katolieke meerderheid en Protestantse andersdenkendes wesenlik te benadeel en is gedurende die 18de eeu uitgebrei Met die Acts of Union 1800 het Ierland deel geword van die Verenigde Koninkryk n Onafhanklikheidsoorlog in die vroee 20ste eeu is gevolg deur die verdeling van die eiland wat die Ierse Vrystaat tot stand gebring het wat oor die daaropvolgende dekades steeds meer soewerein geword het en Noord Ierland wat n deel van die Verenigde Koninkryk gebly het Noord Ierland het baie burgerlike onrus beleef vanaf die laat 1960 s tot die 1990 s Dit het bedaar na n politieke ooreenkoms in 1998 In 1973 het die Republiek Ierland by die Europese Ekonomiese Gemeenskap aangesluit terwyl die Verenigde Koninkryk en Noord Ierland as deel daarvan dieselfde gedoen het Geografie WysigDie laagliggende vlaktes van Sentraal Ierland met hulle groot aantal mere waaronder die bekende Lough Neagh in Noord Ierland word deur bergreekse langs die kusgebiede omsluit Carrauntuohill Iers Corran Tuathail in die Macgillicuddy s Recks van Suidwes Ierland is die hoogste bergpiek op 1 041 meter bo seevlak Die Shannon is met n lengte van 386 kilometer die langste rivier van Ierland Die gematigde klimaat en gelykmatige reenval bevorder die plantegroei en danksy die sappige groen weivelde staan Ierland ook as die Groen Eiland bekend Ierland beskik oor n aantal nasionale parke dwarsoor die eiland Flora en fauna WysigIerland het oor die algemeen n kleiner aantal spesies as byvoorbeeld sy oostelike buureiland Groot Brittanje of die Europese vasteland aangesien die eiland na die einde van die Ystydperk deur die stygende waterpeil van die Atlantiese Oseaan baie vinnig geisoleer is Daar is net 31 inheemse soogdierspesies waaronder dasse vosse en krimpvarkies Bepaalde spesies soos die edelhert word egter slegs in die nasionale parke aangetref Ierland is ook een van min gebiede waar geen inheemse slangspesies voorkom nie Kultuur WysigDie Ierse kultuur het n beduidende invloed op ander kulture gehad veral op die gebied van letterkunde Benewens die hoofstroom Westerse kultuur bestaan daar n sterk inheemse kultuur soos uitgedruk deur Gaeliese speletjies Ierse musiek Ierse taal en Ierse dans Die kultuur van die eiland deel baie kenmerke met die van Groot Brittanje insluitend die Engelse taal en sport soos sokker rugby krieket veldhokkie perdewedrenne gholf en boks Sport WysigDie meeste sportsoorte in Ierland word onder n beheerliggaam vir die hele eiland organiseer dit wil se spelers uit albei dele van die eiland mag vir n gemeenskaplike Ierse span optree Bekende voorbeelde sluit in die Ierse nasionale hokkiespan die Ierse nasionale krieketspan en die Ierse nasionale rugbyspan In teenstelling met krieket rugby en veldhokkie stur die Republiek Ierland en Noord Ierland vir netbal en sokker toernooie aparte spanne Vlag wat die hele eiland Ierland verteenwoordig Vlag van die gemeenskaplike Ierse nasionale hokkiespan Vlag van die gemeenskaplike Ierse nasionale krieketspan Vlag van die gemeenskaplike Ierse nasionale rugbyspanSien ook WysigSint PatricksdagVerwysings Wysig en Royle Stephen A 1 Desember 2012 Beyond the boundaries in the island of Ireland Journal of Marine and Island Cultures 91 98 doi 10 1016 j imic 2012 11 005 Besoek op 6 Mei 2018 en History Ireland Ireland s History Magazine The emergence of the Two Irelands 1912 1925 Besoek op 27 Augustus 2017 en Central Statistics Office Ireland April 2017 Census 2016 Summary Results Part 1 PDF Dublin Central Statistics Office Ireland Geargiveer PDF vanaf die oorspronklike op 2 November 2019 Besoek op 6 Mei 2018 en Northern Ireland Statistics and Research Agency 2012 2011 Census Belfast Department of Finance Geargiveer vanaf die oorspronklike op 9 Maart 2020 Besoek op 6 Mei 2018 Eksterne skakels WysigWiki webtuistes Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Ierland Wikiwoordeboek het n inskrywing vir Ierland en Toerisme inligting oor Ierland op WikivoyageMedia en Sonder Visuals Ireland n Nege minute reis deur Ierland Keltiese gebiede in Europa Bretagne Ierland Wallis Cornwall Man SkotlandOntsluit van https af wikipedia org w index php title Ierland amp ol,