×
Huis van Braganza-Sakse-Koburg en Gotha

Die Huis van Braganza-Sakse-Koburg en Gotha of Braganza-Sakse-Koburg en Gotha, was ’n tak van die Huis van Sakse-Koburg en Gotha wat oor die Koninkryk van Portugal regeer het – van 1853 tot dit in 1910 ’n republiek geword het.

Huis van Braganza-Sakse-Koburg en Gotha

Wapen van die Huis van Braganza-Sakse-Koburg en Gotha
Land Portugal
Laaste heerser Manuel II
Titel Koning van Portugal
Stigters Ferdinand II en Maria II
Gestig 1836
Stam van Huis van Sakse-Koburg en Gotha
Afsetting 1910

Inhoud

Manuel II, laaste koning van Portugal.

Die koningshuis is deur prins Ferdinand van Sakse-Koburg en Gotha gestig. Hy het op 9 April 1836 getrou met koningin Maria II van Portugal van die Huis van Bragança en so Ferdinand van Sakse-Koburg-Gotha-Koháry van die Huis van Wettin geword. Lede van die koningshuis het die titels Infante/Infanta van Portugal en Hertog/Hertogin van Sakse gehad.

Op 15 November 1853 is koningin Maria II dood en deur haar oudste seun opgevolg as Pedro V, die eerste koning van die Braganza-Sakse-Koburg en Gotha dinastie.

Die familie sou op die troon bly tot met die begin van die 5 Oktober 1910-rewolusie in Portugal toe koning Manuel II afgesit is en die Eerste Portugese Republiek gestig is. Manuel II het ’n banneling geword en is op 2 Julie 1932 dood.

Vandag gebruik die afstammelinge van prinses Theresa van Sakse-Koburg en Gotha (1902–1990), wat die kleindogter van prinses Leopoldina van Brasilië van die Huis van Bragança was, steeds die van Tasso de Saxe-Coburgo e Bragança. Dit word ook gebruik deur Maria Pia van Sakse-Koburg en Gotha Braganza, ’n vrou wat beweer sy is die buite-egtelike kind van koning Carlos I.

Pedro V 1853–1861
Luis I 1861–1889
Carlos I 1889–1908
Manuel II 1908–1910
Hierdie artikel is merendeels vertaal vanaf die Engelse Wikipedia-artikel en:House of Braganza-Saxe-Coburg- and Gotha
  1. Maclagan, Michael (2002). Lines of Succession. Tables by Jiri Louda. Time Warner Books. p. 187. ISBN 0-316-72428-9.
  2. Almanach de Gotha (146th uitg.). Justus Perthes. 1909. p. 66.
  3. Almanach de Gotha (175th uitg.). Justus Perthes. 1938. p. 112.
  4. McNaughton, Arnold (1973). The Book of Kings: A Royal Genealogy. Garnstone Press. p. 368.

Publikasie datum: Junie 11, 2022

huis, braganza, sakse, koburg, gotha, braganza, sakse, koburg, gotha, huis, sakse, koburg, gotha, koninkryk, portugal, regeer, 1853, 1910, republiek, geword, wapen, land, portugallaaste, heerser, manuel, iititel, koning, portugalstigters, ferdinand, maria, iig. Die Huis van Braganza Sakse Koburg en Gotha 1 of Braganza Sakse Koburg en Gotha was n tak van die Huis van Sakse Koburg en Gotha wat oor die Koninkryk van Portugal regeer het van 1853 tot dit in 1910 n republiek geword het Huis van Braganza Sakse Koburg en GothaWapen van die Huis van Braganza Sakse Koburg en GothaLand PortugalLaaste heerser Manuel IITitel Koning van PortugalStigters Ferdinand II en Maria IIGestig 1836Stam van Huis van Sakse Koburg en GothaAfsetting 1910 Inhoud 1 Geskiedenis 2 Heersers 3 Verwysings 4 Eksterne skakelsGeskiedenis Wysig Manuel II laaste koning van Portugal Die koningshuis is deur prins Ferdinand van Sakse Koburg en Gotha gestig Hy het op 9 April 1836 getrou met koningin Maria II van Portugal van die Huis van Braganca en so Ferdinand van Sakse Koburg Gotha Kohary van die Huis van Wettin geword Lede van die koningshuis het die titels Infante Infanta van Portugal en Hertog Hertogin van Sakse gehad 2 Op 15 November 1853 is koningin Maria II dood en deur haar oudste seun opgevolg as Pedro V die eerste koning van die Braganza Sakse Koburg en Gotha dinastie Die familie sou op die troon bly tot met die begin van die 5 Oktober 1910 rewolusie in Portugal toe koning Manuel II afgesit is en die Eerste Portugese Republiek gestig is Manuel II het n banneling geword en is op 2 Julie 1932 dood 3 Vandag gebruik die afstammelinge van prinses Theresa van Sakse Koburg en Gotha 1902 1990 wat die kleindogter van prinses Leopoldina van Brasilie van die Huis van Braganca was steeds die van Tasso de Saxe Coburgo e Braganca 4 Dit word ook gebruik deur Maria Pia van Sakse Koburg en Gotha Braganza n vrou wat beweer sy is die buite egtelike kind van koning Carlos I Heersers WysigPedro V 1853 1861Luis I 1861 1889Carlos I 1889 1908Manuel II 1908 1910Verwysings WysigHierdie artikel is merendeels vertaal vanaf die Engelse Wikipedia artikel en House of Braganza Saxe Coburg and Gotha Maclagan Michael 2002 Lines of Succession Tables by Jiri Louda Time Warner Books p 187 ISBN 0 316 72428 9 Almanach de Gotha 146th uitg Justus Perthes 1909 p 66 Almanach de Gotha 175th uitg Justus Perthes 1938 p 112 McNaughton Arnold 1973 The Book of Kings A Royal Genealogy Garnstone Press p 368 Eksterne skakels WysigMuseum van die Huis van Braganza Sakse Koburg en Gotha Geargiveer 21 Julie 2008 op Wayback Machine Ontsluit van https af wikipedia org w index php title Huis van Braganza Sakse Koburg en Gotha amp ol,