Horlosie (sterrebeeld)
Die Horlosie (Latyn: Horologium) is ’n klein, dowwe sterrebeeld in die suidelike hemelruim. Dit is in die 18de eeu deur Nicolas-Louis de Lacaille geskep. Hy het dit oorspronklik Horologium Oscillitorium genoem na die slingeruurwerk, ter ere van die ontwerper daarvan, Christiaan Huygens. Die naam is sedertdien verkort. Een van die voorwerpe in die sterrebeeld wat van belang vir sterrekykers is, is R Horologii, ’n Mira-veranderlike met een van die grootste bekende reikwydtes. Die sterreswerm AM1 word ook hier aangetref; dit is die verste bekende sterreswerm in die Melkweg (398 000 ligjare). Die Horlosie-superswerm is ’n massiewe superswerm van sterrestelsels wat sowat 550 miljoen ligjare breed is en ’n massa van 1017 sonmassas het. Dit lê in die sterrebeelde Horlosie en Eridanus, met die naaste punt 700 miljoen ligjare en die verste punt 1,2 miljard ligjare van die Aarde af. Dit bestaan uit ’n paar honderdduisend sterrestelsels. Agterdek • Akkedis • Altaar • Andromeda • Arend • Beeldhouer • Beker • Berenike se Hare • Boogskutter • Bul • Dolfyn • Draak • Driehoek • Duif • Eenhoring • Eridanus • Feniks • Graveerstif • Groot Beer • Groot Hond • Haas • Hercules • Horlosie • Indiër • Jaghonde • Jagter • Kameelperd • Kameleon • Kiel • Klein Beer • Klein Hond • Klein Leeu • Koetsier • Kompas • Kassiopeia • Kefeus • Kraai • Kraanvoël • Kreef • Net • Leeu • Lier • Lugpomp • Maagd • Mikroskoop • Noordelike Kroon • Noordelike Waterslang • Oktant • Oond • Paradysvoël • Passer • Perseus • Pou • Pyl • Ram • Rooikat • Seile • Sekstant • Sentour • Skerpioen • Skild • Skilder • Slang • Slangdraer • Steenbok • Suidelike Driehoek • Suidelike Kroon • Suidelike Vis • Suidelike Waterslang • Suiderkruis • Swaan • Swaardvis • Tafel • Teleskoop • Toekan • Tweeling • Veewagter • Visse • Vlieënde Perd • Vlieënde Vis • Vlieg • Vos • Vul • Walvis • Waterdraer • Weegskaal • Winkelhaak • Wolf Horlosie Latynse naam Horologium Genitief Horologii Afkorting Hor Waarnemingsdata (Epog J2000) Regte klimming 3h Deklinasie -60º Grootte 249 vk. grade (58ste) Kwadrant SQ1 Besonderhede Hoofsterre 6 Helderste ster Alpha Horologii (α Hor) Naaste ster GJ 1061 Sterre helderder as 3 m 0 Sterre met planete 2 Messier-voorwerpe 0 Bayer-/Flamsteed-sterre 10 Aangrensende sterrebeelde Eridanus, Suidelike Waterslang, Net, Swaardvis, Graveerstif Portaal Sterrekunde
Die 88 moderne sterrebeelde