fbpx Hor-Aha
Wikipedia

Hor-Aha

Hor-Aha (ook bekend as Aha en Horus-Aha) word beskou as die tweede Egiptiese farao van die 1ste Dinastie. Hy het tydens die 31ste eeu v.C. geleef en het vermoedelik ’n lang bewind gehad.

Hor-Aha
Aha, Horus die Vegter
Fragment met die Horusnaam Aha (Britse Museum).
Farao van die 1ste Dinastie
Periode 31ste eeu v.C.
Voorganger Narmer
Opvolger Djer
Vader Narmer ?
Moeder Neithhotep
Hor-Aha in Egiptiese hiërogliewe
Serech of Horusnaam
Nebty-naam

Inhoud

Naam

Vir die 1ste Dinastie word die Horusnaam, ’n deel van koninklike name wat met die god Horus verbind word, in argeologiese rekords gebruik, terwyl die historiese koningslyste ’n alternatiewe naam, die Nebtynaam, gebruik. Die name is dikwels saam gebruik, maar baiekeer apart. Die naam Hor-Aha is die farao se Horusnaam. ’n Meer volledige vorm is Horus-Aha, wat "Horus die Vegter" beteken.

Die meeste Egiptoloë volg die bevindings van Petrie dat Hor-Aha (argeologies) se Nebtynaam Ity (histories) was.

Dieselfde proses het gelei tot die verbinding van die Nebtynaam Menes met die Horusnaam Narmer, en daar word geglo dit is dieselfde persoon wat die eerste farao van die 1ste Dinastie was, en dus die voorganger van Hor-Aha.

Teorieë

Daar is ’n effense omstredenheid oor Hor-Aha. Sommige glo hy is dieselfde persoon as die legendariese Menes en dat hy Bo- en Benede-Egipte verenig het. Ander dink hy was die seun van Narmer, wat ook Menes genoem is en wat Egipte verenig het. Daar word egter algemeen aanvaar dat Narmer die farao is wat Egipte verenig het en dat Hor-Aha sy seun en erfgenaam was.

Volgens die Egiptiese historikus Manetho het Hor-Aha op sowat 30 farao geword en het hy 60 jaar lank regeer. Dit lyk of hy baie godsdienstige bedrywighede gehad het. ’n Besoek aan ’n altaar van die godin Neith is op verskeie tablette uit sy bewind aangeteken. Die altaar was in die Nyldelta by die stad Saïs. Daar is ook melding gemaak van die god Seker op ’n tablet wat uit sy bewind dateer.

Inskripsies uit die grakelders van Hor-Aha en Neithhotep dui daarop dat die koningin tydens sy bewind dood is. Hy het haar in ’n manjifieke mastaba laat begrawe wat deur Jacques de Morgan opgegrawe is. Sy was moontlik Hor-Aha se ma.

’n Inskripsie op ’n ivoortablet van Abydos dui daarop dat Hor-Aha ’n veldtog teen die Nubiërs gelei het. ’n Sekere jaar op ’n tablet word spesifiek genoem die "Jaar waarin Ta-Sety (Nubië) verslaan is".

Dit lyk of handel met die Suid-Levant tydens sy bewind afgeneem het. Anders as sy voorganger se naam, word syne nie genoem buite die Nylvallei nie.

Hor-Aha se grafkelder bestaan uit die drie kamers B10, B15 en B19 (inlas). B14 kon die grafkelder van Benerib gewees het.

Hor-Aha se hoofvrou was Benerib, wie se naam op ’n paar historiese stukke saam met syne verskyn, spesifiek in grafkelder B14 by Abydos. Dié grafkelder is reg langs Hor-Aha s'n. Hy het ook ’n ander vrou, Chenthap, gehad by wie hy die seun Djer gehad het. Sy word genoem as Djer se ma op die Kaïro-annalesteen.

Hor-Aha se grafkelder is in die dodeakker by Abydos bekend as Umm el-Qa'ab. Dit bevat drie groot kamers, B10, B15 en B19, wat reg langs Narmer se grafkelder is.

’n Treffende aspek van sy grafkelder is dat lede van sy huishouding saam met hom begrawe is. Dit is onduidelik of hulle vermoor is of selfmoord gepleeg het. Van dié mense is bediendes, dwerge en vroue. Selfs honde is saam met hom begrawe.

  1. Edwards 1971: 13
  2. Lloyd 1994: 7
  3. Cervelló-Autuori 2003: 174
  4. Stephan Seidlmayer, The Rise of the State to the Second Dynasty, in Egypt: The World of the Pharaohs, 2004 (vertaal uit Duits, 2010), ISBN 978-3-8331-6000-4
  5. W. M. Flinders Petrie: The Royal Tombs of the Earliest Dynasties 1901, Deel II, Londen 1901, Taf. X,2; XI,2
  6. Toby A.H. Wilkinson: Early Dynastic Egypt. S. 291
  7. Toby A.H. Wilkinson: Early Dynastic Egypt. S. 301
  8. De Morgan Recherches sur les origines de l'Egypte II. Ethnographie préhistorique et tombeau royal de Negadah
  9. Silke Roth: Die Königsmütter des Alten Ägypten von der Frühzeit bis zum Ende der 12. Dynastie. Wiesbaden 2001, S. 31–35
  10. W. M. Flinders Petrie: The Royal Tombs of the Earliest Dynasties 1901, Deel II, Londen 1901, Taf. XI,1
  11. Aidan Dodson & Dyan Hilton, The Complete Royal Families of Ancient Egypt, Thames & Hudson (2004), p.46
  12. Walter Bryan Emery: Ägypten – Geschichte und Kultur der Frühzeit. S. 47f.
  13. Toby A.H. Wilkinson: Early Dynastic Egypt. S. 70
  14. Dodson & Hilton, p.46
  15. W. M. Flinders Petrie: The Royal Tombs of the Earliest Dynasties 1901, Deel II, Londen 1901, S. 7–8, Taf. LIX
  16. Werner Kaiser: Einige Bemerkungen zur ägyptischen Frühzeit, in: Zeitschrift für Ägyptische Sprache und Altertumskunde 91 (1964), 86–124, en 96–102
  • Cervelló-Autuori, Josep (2003), , Egyptology at the dawn of the twenty-first century: proceedings of the Eighth International Congress of Egyptologists, Cairo, 2000, 2, Cairo: The American University in Cairo Press, .
  • Edwards, I. E. S. (1971), "The early dynastic period in Egypt", The Cambridge Ancient History, 1, Cambridge: Cambridge University Press.
  • Lloyd, Alan B. (1975). . Leiden: E.J. Brill. ISBN 90-04-04179-6.
  • Schulz, Regine; Seidel, Matthias (2004). Egypt: The World of the Pharaohs. H.F.Ullmann. ISBN 978-3-8331-6000-4.
  • Shaw, Ian; Nicholson, Paul (1995). The Dictionary of Ancient Egypt. N.p.: Harry N. Abrams, Inc. ISBN 0-8109-9096-2.
  • Toby A. H. Wilkinson, Early Dynastic Egypt, Routledge, London/New York 1999, ISBN 0-415-18633-1, 70-71
  • Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia

Hor-Aha
bekend, horus, word, beskou, tweede, egiptiese, farao, 1ste, dinastie, tydens, 31ste, geleef, vermoedelik, lang, bewind, gehad, horus, vegterfragment, horusnaam, britse, museum, farao, 1ste, dinastieperiode, 31ste, voorganger, narmeropvolger, djervader, narmer. Hor Aha ook bekend as Aha en Horus Aha word beskou as die tweede Egiptiese farao van die 1ste Dinastie Hy het tydens die 31ste eeu v C geleef en het vermoedelik n lang bewind gehad Hor AhaAha Horus die VegterFragment met die Horusnaam Aha Britse Museum Farao van die 1ste DinastiePeriode 31ste eeu v C Voorganger NarmerOpvolger DjerVader Narmer Moeder NeithhotepHor Aha in Egiptiese hieroglieweSerech of HorusnaamNebty naamPortaal Antieke Egipte Inhoud 1 Identiteit 1 1 Naam 1 2 Teoriee 2 Bewind 3 Familie 4 Grafkelder 5 Verwysings 6 BronneIdentiteit WysigNaam Wysig Vir die 1ste Dinastie word die Horusnaam n deel van koninklike name wat met die god Horus verbind word in argeologiese rekords gebruik terwyl die historiese koningslyste n alternatiewe naam die Nebtynaam gebruik 1 2 Die name is dikwels saam gebruik maar baiekeer apart 2 Die naam Hor Aha is die farao se Horusnaam n Meer volledige vorm is Horus Aha wat Horus die Vegter beteken 1 Die meeste Egiptoloe volg die bevindings van Petrie dat Hor Aha argeologies se Nebtynaam Ity histories was 1 2 3 Dieselfde proses het gelei tot die verbinding van die Nebtynaam Menes met die Horusnaam Narmer en daar word geglo dit is dieselfde persoon wat die eerste farao van die 1ste Dinastie was en dus die voorganger van Hor Aha 1 2 3 Teoriee Wysig Daar is n effense omstredenheid oor Hor Aha Sommige 4 glo hy is dieselfde persoon as die legendariese Menes en dat hy Bo en Benede Egipte verenig het Ander dink hy was die seun van Narmer wat ook Menes genoem is en wat Egipte verenig het Daar word egter algemeen aanvaar dat Narmer die farao is wat Egipte verenig het en dat Hor Aha sy seun en erfgenaam was Bewind WysigVolgens die Egiptiese historikus Manetho het Hor Aha op sowat 30 farao geword en het hy 60 jaar lank regeer Dit lyk of hy baie godsdienstige bedrywighede gehad het n Besoek aan n altaar van die godin Neith is op verskeie tablette uit sy bewind aangeteken 5 Die altaar was in die Nyldelta by die stad Sais 6 Daar is ook melding gemaak van die god Seker op n tablet wat uit sy bewind dateer 7 Inskripsies uit die grakelders van Hor Aha en Neithhotep dui daarop dat die koningin tydens sy bewind dood is Hy het haar in n manjifieke mastaba laat begrawe wat deur Jacques de Morgan opgegrawe is 8 Sy was moontlik Hor Aha se ma 9 n Inskripsie op n ivoortablet van Abydos dui daarop dat Hor Aha n veldtog teen die Nubiers gelei het n Sekere jaar op n tablet word spesifiek genoem die Jaar waarin Ta Sety Nubie verslaan is 10 Dit lyk of handel met die Suid Levant tydens sy bewind afgeneem het Anders as sy voorganger se naam word syne nie genoem buite die Nylvallei nie Familie Wysig Hor Aha se grafkelder bestaan uit die drie kamers B10 B15 en B19 inlas B14 kon die grafkelder van Benerib gewees het Hor Aha se hoofvrou was Benerib wie se naam op n paar historiese stukke saam met syne verskyn spesifiek in grafkelder B14 by Abydos 11 12 13 Die grafkelder is reg langs Hor Aha s n 14 Hy het ook n ander vrou Chenthap gehad 15 by wie hy die seun Djer gehad het Sy word genoem as Djer se ma op die Kairo annalesteen Grafkelder WysigHor Aha se grafkelder is in die dodeakker by Abydos bekend as Umm el Qa ab Dit bevat drie groot kamers B10 B15 en B19 wat reg langs Narmer se grafkelder is 16 17 n Treffende aspek van sy grafkelder is dat lede van sy huishouding saam met hom begrawe is Dit is onduidelik of hulle vermoor is of selfmoord gepleeg het Van die mense is bediendes dwerge en vroue Selfs honde is saam met hom begrawe Verwysings Wysig 1 0 1 1 1 2 1 3 Edwards 1971 13 2 0 2 1 2 2 2 3 Lloyd 1994 7 3 0 3 1 Cervello Autuori 2003 174 Stephan Seidlmayer The Rise of the State to the Second Dynasty in Egypt The World of the Pharaohs 2004 vertaal uit Duits 2010 ISBN 978 3 8331 6000 4 W M Flinders Petrie The Royal Tombs of the Earliest Dynasties 1901 Deel II Londen 1901 Taf X 2 XI 2 Toby A H Wilkinson Early Dynastic Egypt S 291 Toby A H Wilkinson Early Dynastic Egypt S 301 De Morgan Recherches sur les origines de l Egypte II Ethnographie prehistorique et tombeau royal de Negadah Silke Roth Die Konigsmutter des Alten Agypten von der Fruhzeit bis zum Ende der 12 Dynastie Wiesbaden 2001 S 31 35 W M Flinders Petrie The Royal Tombs of the Earliest Dynasties 1901 Deel II Londen 1901 Taf XI 1 Aidan Dodson amp Dyan Hilton The Complete Royal Families of Ancient Egypt Thames amp Hudson 2004 p 46 Walter Bryan Emery Agypten Geschichte und Kultur der Fruhzeit S 47f Toby A H Wilkinson Early Dynastic Egypt S 70 Dodson amp Hilton p 46 Queens of Egypt informations based on the book The Complete Royal Families of Ancient Egypt W M Flinders Petrie The Royal Tombs of the Earliest Dynasties 1901 Deel II Londen 1901 S 7 8 Taf LIX Werner Kaiser Einige Bemerkungen zur agyptischen Fruhzeit in Zeitschrift fur Agyptische Sprache und Altertumskunde 91 1964 86 124 en 96 102Bronne WysigCervello Autuori Josep 2003 Narmer Menes and the seals from Abydos Egyptology at the dawn of the twenty first century proceedings of the Eighth International Congress of Egyptologists Cairo 2000 2 Cairo The American University in Cairo Press http books google co uk books id pJ48YP14qZQC amp printsec frontcover amp cad 0 v onepage amp q amp f false Edwards I E S 1971 The early dynastic period in Egypt The Cambridge Ancient History 1 Cambridge Cambridge University Press Lloyd Alan B 1975 Herodotus Book II Leiden E J Brill ISBN 90 04 04179 6 Schulz Regine Seidel Matthias 2004 Egypt The World of the Pharaohs H F Ullmann ISBN 978 3 8331 6000 4 Shaw Ian Nicholson Paul 1995 The Dictionary of Ancient Egypt N p Harry N Abrams Inc ISBN 0 8109 9096 2 Toby A H Wilkinson Early Dynastic Egypt Routledge London New York 1999 ISBN 0 415 18633 1 70 71 Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse WikipediaOntsluit van https af wikipedia org w index php title Hor Aha amp ol,