×
Hopliet

'n Hopliet (Oudgrieks: ὁπλίτης / hoplítês, "swaargewapende" < ὅπλον / hóplon, mv.: ὅπλα / hópla, "wapenrusting"; later ook: "hoplieteskild") was 'n swaargewapende infanteris in die Oudgriekse leër, in teenstelling tot die liggewapende gymnes (γυμνής / gumnếs) en psilos (ψιλός / psilós). Die vernaamste wapen van 'n hopliet was sy lans, waarmee hy in 'n geslote slagorde genaamd die falanks, aan die stryd deelgeneem het.

'n Griekse hopliet met 'n kopis. Dit het egter slegs as sekondêre wapen gedien.

Inhoud

Detail van die vaas van Chigi met die vroegs bekende voorstelling van hopliete (ca. 650/640 v.C.).

Die ontstaan van die hopliete-leër hou verband met die opkoms van die "polis" ("stadstaat") in die Griekse wêreld rondom die 8ste eeu v.C. So het argeoloë onder andere Korintiese helms en rug- en borsharnasse (kurasse) gevind wat uit hierdie tydperk dateer. Omdat 'n "polis" slegs met moeite 'n staande leër kon handhaaf, het die burgerlikes in oorlogstyd die wapen opgeneem. Hulle moes egter vir hul eie wapenrusting betaal, sodat slegs die mees welgestelde burgers die duur wapenrusting van 'n hopliet kon aankoop. Tog was dit goedkoper as vir 'n ruiter, en daarom word dit ook die "hopliete rewolusie" genoem, wat verwys na die uitbreiding van die elite van die polis. Diegene wat die toerusting van 'n hopliet kon bekostig was inderdaad ook by die vergaderings betrokke om te besluit of hulle oorlog toe sou gaan. In sommige poleis is dit ook dusdanig georden dat diegene wat deel uitgemaak het van die klas waaruit die hopliete kom (meer) politieke en burgerregte gehad het.

Die uitrusting van 'n hopliet word panoplia (πανοπλία / panoplía) genoem, en bestaan uit 'n bronshelm (κράνος / krános), 'n brons kuras (θώραξ / thốrax), brons skeenplate (κνημῖδες / knêmĩdes), 'n ronde skild (ἀσπίς / aspis), 'n spies (δόρυ / dóry) en 'n kort brons swaard (ξίφος / xiphos), sommige hopliete het ook 'n swaarder hakswaard (kopis) gedra.

Die aspis het oor 'n rewolusionêre ontwerp beskik, met 'n deursnee van 90 cm, 'n band in die middel om die linkerarm deur te steek (πόρπαξ / pórpax) en 'n handgreep onder die rand (ἀντιλαβή / antilabế). Vanaf die klassieke tydperk (5de eeu v.C.) is die simbool van die polis dikwels aangebring op die skild (bv. die Λ vir Sparta en 'n Α vir Athene).

'n Argaïse Griekse brons thorax (kuras), Museo Arqueológico Nacional de España, Madrid, 620-580 v.C.).

Ter beskerming van die boliggaam het die hopliete oorspronklik 'n brons (klokvormige) thorax (pantser) gedra. Hoewel dit goeie beskerming gebied het, het dit die bewegingsvryheid van die hopliete op die slagveld belemmer. Daarom is 'n ligte weergawe in die klassieke tydperk verkies. So is daar aan die einde van die 6de eeu v.C. dikwels 'n linothorax (linnepantser, dikwels versterk met metaalplaatjes) of 'n meer noupassende borsharnas gedra. Sommige hopliete het hulle selfs in 'n eenvoudige chiton na die slagveld begewe, met slegs hul aspis as beskerming vir hul bolyf. Hierby moet egter opgemerk word dat slegs die rykstes onder die hopliete 'n duur brons borsharnas kon bekostig.

Ook die brons skeenplate sou in die klassieke tydperk van die toneel verdwyn omdat dit die hopliete in hul bewegings beperk het. Sommige mans het slegs aan die linkerbeen 'n skeenplaat gedra omdat dit dikwels uitgestaan het.

Die pragtige bronshelms van die hopliete sou ook weldra van die slagveld verdwyn. Die hopliete het in die 5de en 4de eeu v.C. eerder 'n pilos (leer- of vilt kappe) op hul hoofde gedra as 'n bronshelm, wat uitermate swaar was en boonop hul gehoor belemmer het, sodat hierdie helms slegs tydens parades of deur offisiere gedra is. Die vroegste helms was die Korintiese tipe, maar dié tipe sou weldra vervang word deur die Thraciese, Chalcidisiese of Attiese tipes. Die Korintiese helm het naamlik as groot nadeel gehad dat dit die sig en gehoor van die draer belemmer het, wat by die andere tipes nie die geval was nie. Daar word van die veronderstelling uitgegaan dat die kenmerkende hoë kam wat van perdehaar gemaak is gebruik is om dit tydens 'n geveg makliker te maak om te sien in watter rigting die ander hopliete beweeg.

  1. A.M. Snodgrass, The Hoplite Reform and History, in Journal of Hellenic Studies (JHS) 85 (1965), p. 110-122, J. Salmon, Political Hoplites?, in JHS 97 (1977), p. 84-101, P. Spahn, Mittelschicht und Polisbildung, Frankfurt - e.a., 1977.
  2. Die stelling word egter wel deur sommige geleerdes op meer genuanseerde wyse beskryf: A.M. Snodgrass, The Hoplite Reform and History, in JHS 85 (1965), p. 110-122, R. Storch, The Archaic Greek Phalanx, 750-650 B.C., in AHB 12 (1998), p. 1-7. Sien ook: P. Krentz, Warfare and Hoplites, in H.A. Shapiro (red.), The Cambridge Companion to Archaic Greece, Cambridge - New York, 2007, p. -- (nn. ).
  3. Aristoteles, Politika II 1265b 26ff., IV 1291a 28ff., IV 1321a 12-13. Vgl. Thukydides, Historiai VIII 97.1, Aristoteles, Athenaion Politeia 33.1.
  4. Henk Singor, Grieken in oorlog: veldtochten en veldslagen in het klassieke Griekenland, Amsterdam, 2006, p. .
  5. Henk Singor, Grieken in oorlog: veldtochten en veldslagen in het klassieke Griekenland, Amsterdam, 2006, p. .
  6. H. Singor, Grieken in oorlog: veldtochten en veldslagen in het klassieke Griekenland, Amsterdam, 2006, p. -.
  • P. Krentz, Warfare and Hoplites, in H.A. Shapiro (red.), The Cambridge Companion to Archaic Greece, Cambridge - New York, 2007, p. -.
  • H-J. Gehrke, art. Hoplitai, in Der Neue Pauly 5 (1998), coll. 714-715.
  • J. Salmon, Political Hoplites?, in JHS 97 (1977), p. 84–101.
  • H. Singor, Grieken in oorlog: veldtochten en veldslagen in het klassieke Griekenland, Amsterdam, 2006. ISBN 9053568816.
  • A.M. Snodgrass, The Hoplite Reform and History, in JHS 85 (1965), p. 110–122.
  • P. Spahn, Mittelschicht und Polisbildung, Frankfurt - e.a., 1977. ISBN 3261024127.

Publikasie datum: September 26, 2021

hopliet, oudgrieks, ὁπλίτης, hoplítês, swaargewapende, ὅπλον, hóplon, ὅπλα, hópla, wapenrusting, later, hoplieteskild, swaargewapende, infanteris, oudgriekse, leër, teenstelling, liggewapende, gymnes, γυμνής, gumnếs, psilos, ψιλός, psilós, vernaamste, wapen, h. n Hopliet Oudgrieks ὁpliths hoplites swaargewapende 1 lt ὅplon hoplon mv ὅpla hopla wapenrusting later ook hoplieteskild 2 was n swaargewapende infanteris in die Oudgriekse leer in teenstelling tot die liggewapende gymnes gymnhs gumnếs en psilos psilos psilos Die vernaamste wapen van n hopliet was sy lans waarmee hy in n geslote slagorde genaamd die falanks aan die stryd deelgeneem het n Griekse hopliet met n kopis Dit het egter slegs as sekondere wapen gedien Inhoud 1 Ontstaan 2 Uitrusting 3 Verwysings 4 BronneOntstaan Wysig Detail van die vaas van Chigi met die vroegs bekende voorstelling van hopliete ca 650 640 v C Die ontstaan van die hopliete leer hou verband met die opkoms van die polis stadstaat in die Griekse wereld rondom die 8ste eeu v C 3 So het argeoloe onder andere Korintiese helms en rug en borsharnasse kurasse gevind wat uit hierdie tydperk dateer Omdat n polis slegs met moeite n staande leer kon handhaaf het die burgerlikes in oorlogstyd die wapen opgeneem Hulle moes egter vir hul eie wapenrusting betaal sodat slegs die mees welgestelde burgers die duur wapenrusting van n hopliet kon aankoop Tog was dit goedkoper as vir n ruiter en daarom word dit ook die hopliete rewolusie genoem wat verwys na die uitbreiding van die elite van die polis 4 Diegene wat die toerusting van n hopliet kon bekostig was inderdaad ook by die vergaderings betrokke om te besluit of hulle oorlog toe sou gaan In sommige poleis is dit ook dusdanig georden dat diegene wat deel uitgemaak het van die klas waaruit die hopliete kom meer politieke en burgerregte gehad het 5 Uitrusting WysigDie uitrusting van n hopliet word panoplia panoplia panoplia genoem en bestaan uit n bronshelm kranos kranos n brons kuras 8wra3 thốrax brons skeenplate knhmῖdes knemĩdes n ronde skild ἀspis aspis n spies dory dory en n kort brons swaard 3ifos xiphos sommige hopliete het ook n swaarder hakswaard kopis gedra Die aspis het oor n rewolusionere ontwerp beskik met n deursnee van 90 cm n band in die middel om die linkerarm deur te steek porpa3 porpax en n handgreep onder die rand ἀntilabh antilabế 6 Vanaf die klassieke tydperk 5de eeu v C is die simbool van die polis dikwels aangebring op die skild bv die L vir Sparta en n A vir Athene 6 n Argaise Griekse brons thorax kuras Museo Arqueologico Nacional de Espana Madrid 620 580 v C Ter beskerming van die boliggaam het die hopliete oorspronklik n brons klokvormige thorax pantser gedra 7 Hoewel dit goeie beskerming gebied het het dit die bewegingsvryheid van die hopliete op die slagveld belemmer Daarom is n ligte weergawe in die klassieke tydperk verkies 7 So is daar aan die einde van die 6de eeu v C dikwels n linothorax linnepantser dikwels versterk met metaalplaatjes of n meer noupassende borsharnas gedra Sommige hopliete het hulle selfs in n eenvoudige chiton na die slagveld begewe met slegs hul aspis as beskerming vir hul bolyf 7 Hierby moet egter opgemerk word dat slegs die rykstes onder die hopliete n duur brons borsharnas kon bekostig 7 Ook die brons skeenplate sou in die klassieke tydperk van die toneel verdwyn omdat dit die hopliete in hul bewegings beperk het 7 Sommige mans het slegs aan die linkerbeen n skeenplaat gedra omdat dit dikwels uitgestaan het 8 Die pragtige bronshelms van die hopliete sou ook weldra van die slagveld verdwyn 7 Die hopliete het in die 5de en 4de eeu v C eerder n pilos leer of vilt kappe op hul hoofde gedra as n bronshelm wat uitermate swaar was en boonop hul gehoor belemmer het sodat hierdie helms slegs tydens parades of deur offisiere gedra is 7 Die vroegste helms was die Korintiese tipe maar die tipe sou weldra vervang word deur die Thraciese Chalcidisiese of Attiese tipes Die Korintiese helm het naamlik as groot nadeel gehad dat dit die sig en gehoor van die draer belemmer het wat by die andere tipes nie die geval was nie Daar word van die veronderstelling uitgegaan dat die kenmerkende hoe kam wat van perdehaar gemaak is gebruik is om dit tydens n geveg makliker te maak om te sien in watter rigting die ander hopliete beweeg Verwysings Wysig sv ὁpliths in H G Liddell R Scott hersiene uitgawe H S Jones R McKenzie A Greek English Lexicon Oxford 19409 sv ὅplon in H G Liddell R Scott hersiene uitgawe H S Jones R McKenzie A Greek English Lexicon Oxford 19409 A M Snodgrass The Hoplite Reform and History in Journal of Hellenic Studies JHS 85 1965 p 110 122 J Salmon Political Hoplites in JHS 97 1977 p 84 101 P Spahn Mittelschicht und Polisbildung Frankfurt e a 1977 Die stelling word egter wel deur sommige geleerdes op meer genuanseerde wyse beskryf A M Snodgrass The Hoplite Reform and History in JHS 85 1965 p 110 122 R Storch The Archaic Greek Phalanx 750 650 B C in AHB 12 1998 p 1 7 Sien ook P Krentz Warfare and Hoplites in H A Shapiro red The Cambridge Companion to Archaic Greece Cambridge New York 2007 p 61 67 nn 1 7 Aristoteles Politika II 1265b 26ff IV 1291a 28ff IV 1321a 12 13 Vgl Thukydides Historiai VIII 97 1 Aristoteles Athenaion Politeia 33 1 6 0 6 1 Henk Singor Grieken in oorlog veldtochten en veldslagen in het klassieke Griekenland Amsterdam 2006 p 17 7 0 7 1 7 2 7 3 7 4 7 5 7 6 Henk Singor Grieken in oorlog veldtochten en veldslagen in het klassieke Griekenland Amsterdam 2006 p 18 H Singor Grieken in oorlog veldtochten en veldslagen in het klassieke Griekenland Amsterdam 2006 p 18 19 Bronne WysigP Krentz Warfare and Hoplites in H A Shapiro red The Cambridge Companion to Archaic Greece Cambridge New York 2007 p 61 84 H J Gehrke art Hoplitai in Der Neue Pauly 5 1998 coll 714 715 J Salmon Political Hoplites in JHS 97 1977 p 84 101 H Singor Grieken in oorlog veldtochten en veldslagen in het klassieke Griekenland Amsterdam 2006 ISBN 9053568816 A M Snodgrass The Hoplite Reform and History in JHS 85 1965 p 110 122 P Spahn Mittelschicht und Polisbildung Frankfurt e a 1977 ISBN 3261024127 Ontsluit van https af wikipedia org w index php title Hopliet amp ol,