×
Hoofreeks

Die hoofreeks is 'n aaneenlopende en kenmerkende strook sterre op grafieke wat kleur teenoor helderheid stel, soos die Hertzsprung-Russell-diagram. Sulke sterre is bekend as hoofreeks- of dwergsterre.

'n Hertzsprung-Russell-diagram. Die hoofreeks is duidelik sigbaar as die breë band wat diagonaal van bo links na regs onder loop.

Nadat ’n ster ontstaan het, wek dit energie op in die warm, digte kernstreek deur middel van die kernfusie van waterstofatome in helium. Tydens dié deel van ’n ster se leeftyd bevind hy hom op die hoofreeks in ’n posisie wat hoofsaaklik deur sy massa bepaal word, maar ook deur sy chemiese samestelling en ander faktore. Alle hoofreekssterre is in hidrostatiese ewewig, waar die buitewaartse druk van die warm kern gebalanseer word deur die binnewaartse swaartekragdruk van die ster. Energie wat in die kern opgewek word, beweeg na die oppervlak van die ster en word uitgestraal.

Hoe groter ’n ster is, hoe korter is sy lewensduur op die hoofreeks gewoonlik. Nadat al die waterstof in die kern opgebruik is, beweeg die ster na buite die hoofreeks op die HR-diagram. Daarna hang die gedrag van die ster af van sy massa: sterre van kleiner as 0,23 sonmassas word direk witdwerge, terwyl sterre van tot 10 sonmassas deur ’n rooireusstadium gaan. Nog groter sterre kan ontplof as ’n supernova of direk in ’n swartkolk inplof.

Ons son is 'n geeldwerg en 'n hoofreeksster van medium grootte. Witdwerge en rooireuse val buite die hoofreeks.

Inhoud

In die eerste deel van die 20ste eeu het inligting oor die verskillende tipes sterre en hul afstande meer geredelik beskikbaar geraak. Dit het duidelik geword dat die spektrums van sterre kenmerkende eieskappe het en dat sterre dus gekategoriseer kan word. Annie Jump Cannon en Edward C. Pickering by die Harvard-kollege-sterrewag het ’n metode van klassifikasie ontwikkel bekend as die Harvard-klassifikasiestelsel, en dit in 1901 gepubliseer.

Die Deense sterrekundige Ejnar Hertzsprung het in 1906 in Potsdam opgemerk dat die rooiste sterre – wat in die Harvard-stelsel as K en M geklassifiseer is – in twee groepe verdeel kan word: sterre baie helderder en baie dowwer as die Son. Om die twee groepe te onderskei, het hy hulle "reuse" en "dwerge" genoem. Die volgende jaar het hy sterreswerms begin bestudeer – groot groepe sterre wat omtrent ewe ver van die Aarde af is. Hy het die eerste grafieke gepubliseer van hierdie sterre wat die verband tussen kleur en helderheid aandui. Hierdie grafieke het ’n prominente en aaneenlopende stroom sterre getoon wat hy die Hoofreeks genoem het.

Warm, helder O-tipe hoofreekssterre in stervormende gebiede.

By die Universiteit van Princeton het Henry Norris Russell dieselfde soort navorsing gedoen. Hy het die verhouding bestudeer tussen die spektraalklassifikasie van sterre en hul werklike helderheid soos aangepas by hul afstand – hul absolute magnitude. Vir dié doel het hy sterre gebruik met betroubare parallakse waarvan baie by Harvard gekategoriseer is. Toe hy grafieke van hierdie sterre opstel met hul spektraaltipe teenoor hul absolute magnitude, het hy gevind dwergsterre het ’n spesifieke verhouding. Daardeur kon die werklike helderheid van ’n dwergster met redelike akkuraatheid bereken word. Wat die rooi sterre betref wat Hertzsprung bestudeer het, was daar dieselfde verhouding onder die dwergsterre as wat deur Russell waargeneem is. Die reusesterre is egter baie helderder as die dwerge en het dus nie dieselfde verhouding nie. Russell het voorgestel dat die "reusesterre ’n lae digtheid of groot oppervlakhelderheid moet hê".

In 1933 het Bengt Strömgren die term Hertzsprung-Russell-diagram voorgestel vir ’n helderheid-spektraaltipe-grafiek. Dit weerspieël die parallelle ontwikkeling van die tegniek deur die twee mans.

Namate evolusiemodelle van sterre in die 1930's ontwikkel is, het dit duidelik geword dat daar vir sterre met ’n eenvormige chemiese samestelling, ’n verhouding is tussen die ster se massa en sy helderheid en radius. As die massa en samestelling dus bekend was, kon die radius en helderheid vasgestel word. Dit het bekend geword as die Vogt-Russell-stelling, genoem na Heinrich Vogt en Henry Norris Russell.

In 1943 is ’n verfynde skema vir sterreklassifikasie gepubliseer deur W.W. Morgan en P.C. Keenan. Die MK-klassifikasiestelsel het aan elke ster ’n spektraaltipe – gebaseer op die Harvard-klassifikasie – en ’n ligsterkteklas toegeken. Spektraaltipes is O, B, A, F, G, K en M en ligsterkteklasse I, II, III, IV en V, in ’n volgorde van afnemende ligsterkte. Sterre van klas V behoort tot die hoofreeks.

Wanneer ’n protoster gevorm word uit die inploffing van ’n reusewolk van gas en stof, is die aanvanklike samestelling eenvormig – so ’n ster bestaan uit 70% waterstof, 28% helium en spore van ander elemente. Die aanvanklike massa van die sterre word bepaal deur die spesifieke toestande in die wolk. In die aanvanklike inploffing wek hierdie voor-hoofreeksster energie op deur swaartekrag-inkrimping. Wanneer ’n sekere digtheid bereik word, begin energie-opwekking in die kern deur middel van eksotermiese kernfusie waardeur waterstof in helium omgeskakel word.

Terwyl kernfusie die belangrikste manier van energie-opwekking is, lê die ster op die kurwe van hoofreekssterre. Van dié punt af neem die ster se helderheid en oppervlaktemperatuur toe namate hy ouer word.

’n Ster bly in sy aanvanklike posisie op die hoofreeks totdat ’n aansienlike hoeveelheid waterstof in die kern gebruik is, en verander dan in ’n helderder ster. (Op die HR-diagram beweeg die ster dan na bo en regs van die hoofreeks.) Die sterre op die hoofreeks is dus dié wat in die primêre waterstofverbrandende stadium van hul leeftyd is.

Hoofreekssterre word dikwels "dwergsterre" genoem, maar dié term is deels histories en kan verwarrend wees. Die koeler dwerge soos rooi-, oranje- en geeldwerge is wel heelwat kleiner en dowwer as ander sterre van dieselfde kleur, maar by warmer blou en wit sterre is die verskil tussen die dwerge en die ander sterre wat nie op die hoofreeks is nie heelwat kleiner. By die heel warmste sterre is die verskille in grootte nie waarneembaar nie; dan word na die spektraallyne gekyk om te bepaal of ’n ster ’n "dwerg" of "reus" is. Tog word sulke warm hoofreekssterre steeds soms "dwerge" genoem.

Die gebruik van die term is ook om ’n ander rede verwarrend: alle dwerge is nie hoofreekssterre nie. Witdwerge is byvoorbeeld baie kleiner as hoofreekssterre, rofweg so groot soos die Aarde. Dit is die laaste evolusiestadium van baie hoofreekssterre.

Die massa, radius en ligsterkte van ’n ster hang nou saam. Deur ’n ster te beskou as ’n geïdealiseerde energiestraler bekend as ’n swartstraler, kan die verhouding tussen die ligsterkte L en radius R en die effektiewe temperatuur T e f f {\displaystyle T_{\rm {eff}}} bepaal word deur die Stefan–Boltzmann-wet:

L = 4πσR2Teff4

waar σ die Stefan–Boltzmann-konstante is. Aangesien die posisie van ’n ster op die HR-diagram sy benaderde ligsterkte aandui, kan hierdie verhouding gebruik word om sy radius te bepaal.

Nog twee verhoudings kan gebruik word om ’n ster se waardes te bepaal: dié tussen M en L en tussen M en R, wat feitlik lineêr is.

Voorbeelde

Die tabel hier onder wys die tipiese waardes van sterre op die hoofreeks. Die eenhede L, R en M wat gebruik word vir die ligsterkte, radius en massa is die waardes van die Son, ’n dwergster met ’n klassifikasie van G2 V. Die werklike waardes vir ’n ster kan verskil met tot 20–30% van die waardes wat hier aangegee word.

Tabel van hoofreeksster-parameters
Ster-
klas
Radius Massa Ligsterkte Temperatuur Voorbeelde
R M L Kelvin
O5 18 40 500 000 38 000 Zeta Puppis
B0 7,4 18 20 000 30 000 Phi1 Orionis
B5 3,8 6,5 800 16 400 Pi Andromedae A
A0 2,5 3,2 80 10 800 Alpha Coronae Borealis A
A5 1,7 2,1 20 8 620 Beta Pictoris
F0 1,4 1,7 6 7 240 Gamma Virginis
F5 1,2 1,29 2,5 6 540 Eta Arietis
G0 1,05 1,10 1,26 6 000 Beta Comae Berenices
G2 1,00 1,00 1,00 5 920 Son
G5 0,93 0,93 0,79 5 610 Alpha Mensae
K0 0,85 0,78 0,40 5 150 70 Ophiuchi A
K5 0,74 0,69 0,16 4 640 61 Cygni A
M0 0,63 0,47 0,063 3 920 Gliese 185
M5 0,32 0,21 0,0079 3 120 EZ Aquarii A
M8 0,13 0,10 0,0008 Van Biesbroeck se Ster
  1. Harding E. Smith (21 April 1999). . Gene Smith's Astronomy Tutorial (in Engels). Center for Astrophysics & Space Sciences, University of California, San Diego. vanaf die oorspronklike op 17 Junie 2010. Besoek op29 Oktober 2009.
  2. Richard Powell (2006). . An Atlas of the Universe (in Engels). vanaf die oorspronklike op 12 Mei 2020. Besoek op29 Oktober 2009.
  3. Adams, Fred C.; Laughlin, Gregory (1997). "A Dying Universe: The Long Term Fate and Evolution of Astrophysical Objects". Reviews of Modern Physics. 69 (2): 337–372. arXiv:. Bibcode:. doi:.Onbekende parameter |month= geïgnoreer (help)AS1-onderhoud: meer as een naam: authors list (link)
  4. Gilmore, Gerry (2004). . Science. 304 (5697): 1915–1916. doi:. PMID . Besoek op2007-05-01.
  5. Longair, Malcolm S. (2006). The Cosmic Century: A History of Astrophysics and Cosmology. Cambridge University Press. pp. 25–26. ISBN 0-521-47436-1.
  6. Brown, Laurie M.; Pais, Abraham; Pippard, A. B., reds. (1995). Twentieth Century Physics. Bristol; New York: Institute of Physics, American Institute of Physics. p. 1696. ISBN 0-7503-0310-7. OCLC .
  7. . ESO Press Release (in Engels). vanaf die oorspronklike op 28 Desember 2019. Besoek op27 Julie 2012.
  8. Russell, H. N. (1913). ""Giant" and "dwarf" stars". The Observatory. 36: 324–329. Bibcode:.
  9. Strömgren, Bengt (1933). "On the Interpretation of the Hertzsprung-Russell-Diagram". Zeitschrift für Astrophysik. 7: 222–248. Bibcode:.
  10. Morgan, W. W. (1943). . Chicago, Illinois: The University of Chicago press. Besoek op2008-08-12.Onbekende parameter |coauthors= geïgnoreer (help)
  11. Unsöld, Albrecht (1969). The New Cosmos. Springer-Verlag New York Inc. p. 268. ISBN 0-387-90886-2.
  12. Gloeckler, George (2004). "Composition of the local interstellar medium as diagnosed with pickup ions". Advances in Space Research. 34 (1): 53–60. Bibcode:. doi:.Onbekende parameter |coauthors= geïgnoreer (help)
  13. Kroupa, Pavel (2002-01-04). . Science. 295 (5552): 82–91. arXiv:. Bibcode:. doi:. PMID . Besoek op2008-12-08.
  14. Clayton, Donald D. (1983). Principles of Stellar Evolution and Nucleosynthesis. University of Chicago Press. ISBN 0-226-10953-4.
  15. Moore, Patrick (2006). The Amateur Astronomer. Springer. ISBN 1-85233-878-4.
  16. . COSMOS—The SAO Encyclopedia of Astronomy (in Engels). Swinburne University. vanaf die oorspronklike op 26 September 2017. Besoek op4 Desember 2007.
  17. (in Engels). University of Nebraska. vanaf die oorspronklike op 12 Mei 2020. Besoek op6 Desember 2007.
  18. Zombeck, Martin V. (1990). (2nd uitg.). Cambridge University Press. ISBN 0-521-34787-4. Besoek op2007-12-06.
  19. (in Engels). Centre de Données astronomiques de Strasbourg. vanaf die oorspronklike op 17 Mei 2020. Besoek op21 November 2008.
  20. Luck, R. Earle; Heiter, Ulrike (2005). "Stars within 15 Parsecs: Abundances for a Northern Sample". The Astronomical Journal. 129 (2): 1063–1083. Bibcode:. doi:.AS1-onderhoud: meer as een naam: authors list (link)
  21. (in Engels). Centre de Données astronomiques de Strasbourg. vanaf die oorspronklike op 27 Maart 2019. Besoek op12 Augustus 2008.
  22. Staff (1 Januarie 2008). (in Engels). Research Consortium on Nearby Stars. Geargiveer vanaf op 29 Maart 2013. Besoek op12 Augustus 2008.

Publikasie datum: September 27, 2021

hoofreeks, hoofreeks, aaneenlopende, kenmerkende, strook, sterre, grafieke, kleur, teenoor, helderheid, stel, soos, hertzsprung, russell, diagram, sulke, sterre, bekend, hoofreeks, dwergsterre, hertzsprung, russell, diagram, hoofreeks, duidelik, sigbaar, breë,. Die hoofreeks is n aaneenlopende en kenmerkende strook sterre op grafieke wat kleur teenoor helderheid stel soos die Hertzsprung Russell diagram Sulke sterre is bekend as hoofreeks of dwergsterre 1 2 n Hertzsprung Russell diagram Die hoofreeks is duidelik sigbaar as die bree band wat diagonaal van bo links na regs onder loop Nadat n ster ontstaan het wek dit energie op in die warm digte kernstreek deur middel van die kernfusie van waterstofatome in helium Tydens die deel van n ster se leeftyd bevind hy hom op die hoofreeks in n posisie wat hoofsaaklik deur sy massa bepaal word maar ook deur sy chemiese samestelling en ander faktore Alle hoofreekssterre is in hidrostatiese ewewig waar die buitewaartse druk van die warm kern gebalanseer word deur die binnewaartse swaartekragdruk van die ster Energie wat in die kern opgewek word beweeg na die oppervlak van die ster en word uitgestraal Hoe groter n ster is hoe korter is sy lewensduur op die hoofreeks gewoonlik Nadat al die waterstof in die kern opgebruik is beweeg die ster na buite die hoofreeks op die HR diagram Daarna hang die gedrag van die ster af van sy massa sterre van kleiner as 0 23 sonmassas word direk witdwerge terwyl sterre van tot 10 sonmassas deur n rooireusstadium gaan 3 Nog groter sterre kan ontplof as n supernova 4 of direk in n swartkolk inplof Ons son is n geeldwerg en n hoofreeksster van medium grootte Witdwerge en rooireuse val buite die hoofreeks Inhoud 1 Geskiedenis 2 Stervorming 3 Dwerg terminologie 4 Parameters 4 1 Voorbeelde 5 Verwysings 6 Eksterne skakelsGeskiedenis WysigIn die eerste deel van die 20ste eeu het inligting oor die verskillende tipes sterre en hul afstande meer geredelik beskikbaar geraak Dit het duidelik geword dat die spektrums van sterre kenmerkende eieskappe het en dat sterre dus gekategoriseer kan word Annie Jump Cannon en Edward C Pickering by die Harvard kollege sterrewag het n metode van klassifikasie ontwikkel bekend as die Harvard klassifikasiestelsel en dit in 1901 gepubliseer 5 Die Deense sterrekundige Ejnar Hertzsprung het in 1906 in Potsdam opgemerk dat die rooiste sterre wat in die Harvard stelsel as K en M geklassifiseer is in twee groepe verdeel kan word sterre baie helderder en baie dowwer as die Son Om die twee groepe te onderskei het hy hulle reuse en dwerge genoem Die volgende jaar het hy sterreswerms begin bestudeer groot groepe sterre wat omtrent ewe ver van die Aarde af is Hy het die eerste grafieke gepubliseer van hierdie sterre wat die verband tussen kleur en helderheid aandui Hierdie grafieke het n prominente en aaneenlopende stroom sterre getoon wat hy die Hoofreeks genoem het 6 Warm helder O tipe hoofreekssterre in stervormende gebiede 7 By die Universiteit van Princeton het Henry Norris Russell dieselfde soort navorsing gedoen Hy het die verhouding bestudeer tussen die spektraalklassifikasie van sterre en hul werklike helderheid soos aangepas by hul afstand hul absolute magnitude Vir die doel het hy sterre gebruik met betroubare parallakse waarvan baie by Harvard gekategoriseer is Toe hy grafieke van hierdie sterre opstel met hul spektraaltipe teenoor hul absolute magnitude het hy gevind dwergsterre het n spesifieke verhouding Daardeur kon die werklike helderheid van n dwergster met redelike akkuraatheid bereken word 8 Wat die rooi sterre betref wat Hertzsprung bestudeer het was daar dieselfde verhouding onder die dwergsterre as wat deur Russell waargeneem is Die reusesterre is egter baie helderder as die dwerge en het dus nie dieselfde verhouding nie Russell het voorgestel dat die reusesterre n lae digtheid of groot oppervlakhelderheid moet he 8 In 1933 het Bengt Stromgren die term Hertzsprung Russell diagram voorgestel vir n helderheid spektraaltipe grafiek 9 Dit weerspieel die parallelle ontwikkeling van die tegniek deur die twee mans 6 Namate evolusiemodelle van sterre in die 1930 s ontwikkel is het dit duidelik geword dat daar vir sterre met n eenvormige chemiese samestelling n verhouding is tussen die ster se massa en sy helderheid en radius As die massa en samestelling dus bekend was kon die radius en helderheid vasgestel word Dit het bekend geword as die Vogt Russell stelling genoem na Heinrich Vogt en Henry Norris Russell In 1943 is n verfynde skema vir sterreklassifikasie gepubliseer deur W W Morgan en P C Keenan 10 Die MK klassifikasiestelsel het aan elke ster n spektraaltipe gebaseer op die Harvard klassifikasie en n ligsterkteklas toegeken Spektraaltipes is O B A F G K en M en ligsterkteklasse I II III IV en V in n volgorde van afnemende ligsterkte Sterre van klas V behoort tot die hoofreeks 11 Stervorming Wysig Hertzsprung Russell diagram Spektraaltipe Bruin dwerge Wit dwerge Rooi dwerge Subdwerge Hoofreeks dwerge Subreuse Reuse Helder reuse Superreuse Hiperreuse Absolute magni tude MV Wanneer n protoster gevorm word uit die inploffing van n reusewolk van gas en stof is die aanvanklike samestelling eenvormig so n ster bestaan uit 70 waterstof 28 helium en spore van ander elemente 12 Die aanvanklike massa van die sterre word bepaal deur die spesifieke toestande in die wolk 13 In die aanvanklike inploffing wek hierdie voor hoofreeksster energie op deur swaartekrag inkrimping Wanneer n sekere digtheid bereik word begin energie opwekking in die kern deur middel van eksotermiese kernfusie waardeur waterstof in helium omgeskakel word 11 Terwyl kernfusie die belangrikste manier van energie opwekking is le die ster op die kurwe van hoofreekssterre Van die punt af neem die ster se helderheid en oppervlaktemperatuur toe namate hy ouer word 14 n Ster bly in sy aanvanklike posisie op die hoofreeks totdat n aansienlike hoeveelheid waterstof in die kern gebruik is en verander dan in n helderder ster Op die HR diagram beweeg die ster dan na bo en regs van die hoofreeks Die sterre op die hoofreeks is dus die wat in die primere waterstofverbrandende stadium van hul leeftyd is 11 Dwerg terminologie WysigHoofreekssterre word dikwels dwergsterre genoem maar die term is deels histories en kan verwarrend wees Die koeler dwerge soos rooi oranje en geeldwerge is wel heelwat kleiner en dowwer as ander sterre van dieselfde kleur maar by warmer blou en wit sterre is die verskil tussen die dwerge en die ander sterre wat nie op die hoofreeks is nie heelwat kleiner By die heel warmste sterre is die verskille in grootte nie waarneembaar nie dan word na die spektraallyne gekyk om te bepaal of n ster n dwerg of reus is Tog word sulke warm hoofreekssterre steeds soms dwerge genoem 15 Die gebruik van die term is ook om n ander rede verwarrend alle dwerge is nie hoofreekssterre nie Witdwerge is byvoorbeeld baie kleiner as hoofreekssterre rofweg so groot soos die Aarde Dit is die laaste evolusiestadium van baie hoofreekssterre 16 Parameters WysigDie massa radius en ligsterkte van n ster hang nou saam Deur n ster te beskou as n geidealiseerde energiestraler bekend as n swartstraler kan die verhouding tussen die ligsterkte L en radius R en die effektiewe temperatuur T e f f displaystyle T rm eff bepaal word deur die Stefan Boltzmann wet L 4psR2Teff4 waar s die Stefan Boltzmann konstante is Aangesien die posisie van n ster op die HR diagram sy benaderde ligsterkte aandui kan hierdie verhouding gebruik word om sy radius te bepaal 17 Nog twee verhoudings kan gebruik word om n ster se waardes te bepaal die tussen M en L en tussen M en R wat feitlik lineer is Voorbeelde Wysig Die tabel hier onder wys die tipiese waardes van sterre op die hoofreeks Die eenhede L R en M wat gebruik word vir die ligsterkte radius en massa is die waardes van die Son n dwergster met n klassifikasie van G2 V Die werklike waardes vir n ster kan verskil met tot 20 30 van die waardes wat hier aangegee word Tabel van hoofreeksster parameters 18 Ster klas Radius Massa Ligsterkte Temperatuur Voorbeelde 19 R M L KelvinO5 18 40 500 000 38 000 Zeta PuppisB0 7 4 18 20 000 30 000 Phi1 OrionisB5 3 8 6 5 800 16 400 Pi Andromedae AA0 2 5 3 2 80 10 800 Alpha Coronae Borealis AA5 1 7 2 1 20 8 620 Beta PictorisF0 1 4 1 7 6 7 240 Gamma VirginisF5 1 2 1 29 2 5 6 540 Eta ArietisG0 1 05 1 10 1 26 6 000 Beta Comae BerenicesG2 1 00 1 00 1 00 5 920 SonG5 0 93 0 93 0 79 5 610 Alpha MensaeK0 0 85 0 78 0 40 5 150 70 Ophiuchi AK5 0 74 0 69 0 16 4 640 61 Cygni A 20 M0 0 63 0 47 0 063 3 920 Gliese 185 21 M5 0 32 0 21 0 0079 3 120 EZ Aquarii AM8 0 13 0 10 0 0008 Van Biesbroeck se Ster 22 Verwysings Wysig Harding E Smith 21 April 1999 The Hertzsprung Russell Diagram Gene Smith s Astronomy Tutorial in Engels Center for Astrophysics amp Space Sciences University of California San Diego Geargiveer vanaf die oorspronklike op 17 Junie 2010 Besoek op 29 Oktober 2009 Richard Powell 2006 The Hertzsprung Russell Diagram An Atlas of the Universe in Engels Geargiveer vanaf die oorspronklike op 12 Mei 2020 Besoek op 29 Oktober 2009 Adams Fred C Laughlin Gregory 1997 A Dying Universe The Long Term Fate and Evolution of Astrophysical Objects Reviews of Modern Physics 69 2 337 372 arXiv astro ph 9701131 Bibcode 1997RvMP 69 337A doi 10 1103 RevModPhys 69 337 Onbekende parameter month geignoreer help AS1 onderhoud meer as een naam authors list link Gilmore Gerry 2004 The Short Spectacular Life of a Superstar Science 304 5697 1915 1916 doi 10 1126 science 1100370 PMID 15218132 Besoek op 2007 05 01 Longair Malcolm S 2006 The Cosmic Century A History of Astrophysics and Cosmology Cambridge University Press pp 25 26 ISBN 0 521 47436 1 6 0 6 1 Brown Laurie M Pais Abraham Pippard A B reds 1995 Twentieth Century Physics Bristol New York Institute of Physics American Institute of Physics p 1696 ISBN 0 7503 0310 7 OCLC 33102501 The Brightest Stars Don t Live Alone ESO Press Release in Engels Geargiveer vanaf die oorspronklike op 28 Desember 2019 Besoek op 27 Julie 2012 8 0 8 1 Russell H N 1913 Giant and dwarf stars The Observatory 36 324 329 Bibcode 1913Obs 36 324R Stromgren Bengt 1933 On the Interpretation of the Hertzsprung Russell Diagram Zeitschrift fur Astrophysik 7 222 248 Bibcode 1933ZA 7 222S Morgan W W 1943 An atlas of stellar spectra with an outline of spectral classification Chicago Illinois The University of Chicago press Besoek op 2008 08 12 Onbekende parameter coauthors geignoreer help 11 0 11 1 11 2 Unsold Albrecht 1969 The New Cosmos Springer Verlag New York Inc p 268 ISBN 0 387 90886 2 Gloeckler George 2004 Composition of the local interstellar medium as diagnosed with pickup ions Advances in Space Research 34 1 53 60 Bibcode 2004AdSpR 34 53G doi 10 1016 j asr 2003 02 054 Onbekende parameter coauthors geignoreer help Kroupa Pavel 2002 01 04 The Initial Mass Function of Stars Evidence for Uniformity in Variable Systems Science 295 5552 82 91 arXiv astro ph 0201098 Bibcode 2002Sci 295 82K doi 10 1126 science 1067524 PMID 11778039 Besoek op 2008 12 08 Clayton Donald D 1983 Principles of Stellar Evolution and Nucleosynthesis University of Chicago Press ISBN 0 226 10953 4 Moore Patrick 2006 The Amateur Astronomer Springer ISBN 1 85233 878 4 White Dwarf COSMOS The SAO Encyclopedia of Astronomy in Engels Swinburne University Geargiveer vanaf die oorspronklike op 26 September 2017 Besoek op 4 Desember 2007 Origin of the Hertzsprung Russell Diagram in Engels University of Nebraska Geargiveer vanaf die oorspronklike op 12 Mei 2020 Besoek op 6 Desember 2007 Zombeck Martin V 1990 Handbook of Space Astronomy and Astrophysics 2nd uitg Cambridge University Press ISBN 0 521 34787 4 Besoek op 2007 12 06 SIMBAD Astronomical Database in Engels Centre de Donnees astronomiques de Strasbourg Geargiveer vanaf die oorspronklike op 17 Mei 2020 Besoek op 21 November 2008 Luck R Earle Heiter Ulrike 2005 Stars within 15 Parsecs Abundances for a Northern Sample The Astronomical Journal 129 2 1063 1083 Bibcode 2005AJ 129 1063L doi 10 1086 427250 AS1 onderhoud meer as een naam authors list link LTT 2151 High proper motion Star in Engels Centre de Donnees astronomiques de Strasbourg Geargiveer vanaf die oorspronklike op 27 Maart 2019 Besoek op 12 Augustus 2008 Staff 1 Januarie 2008 List of the Nearest Hundred Nearest Star Systems in Engels Research Consortium on Nearby Stars Geargiveer vanaf die oorspronklike op 29 Maart 2013 Besoek op 12 Augustus 2008 Eksterne skakels Wysig Wikiwoordeboek het n inskrywing vir hoofreeks Ontsluit van https af wikipedia org w index php title Hoofreeks amp ol,