×
Hiperreus

Die woord hiperreus word gewoonlik gebruik as ’n los term vir die helderste sterre, hoewel daar meer definitiewe definisies is. In 1956 het die sterrekundiges Feast en Thackeray die term super-superreus (later verander na hiperreus) gebruik vir sterre met ’n absolute helderheid van meer as -7. In 1971 het Keenan voorgestel dat die term net gebruik word vir superreuse met minstens een breë-emissiekomponent in Hα, wat dui op ’n uitgebreide stellêre atmosfeer of ’n relatief groot verhouding van massaverlies. Dié kriterium word tans die meeste deur wetenskaplikes gebruik. Baie sterrekundiges gebruik nie die term hiperreus nie, behalwe soms vir spesifieke, goed gedefinieerde groepe soos die geel hiperreuse.

Weens hul groot massa is die lewensduur van ’n hiperreus baie kort in sterrekundige terme: net ’n paar miljoen jaar in vergelyking met sowat 10 miljard jaar vir sterre soos die Son. Daarom is net ’n paar hiperreuse bekend ten spyte van hul helderheid, wat meebring dat hulle selfs in naburige sterrestelsels maklik geïdentifiser kan word.

  1. de Jager, C. (1998). "The Yellow Hypergiants". The Astronomy and Astrophysics Review. 8 (3): 145–180. Bibcode:. doi:.

Publikasie datum: September 26, 2021

hiperreus, hertzsprung, russell, diagram, spektraaltipe, bruin, dwerge, dwerge, rooi, dwerge, subdwerge, hoofreeks, dwerge, subreuse, reuse, helder, reuse, superreuse, absolute, magni, tude, klas, ster, geweldige, massa, helderheid, hoë, mate, massaverlies, ei. Hertzsprung Russell diagram Spektraaltipe Bruin dwerge Wit dwerge Rooi dwerge Subdwerge Hoofreeks dwerge Subreuse Reuse Helder reuse Superreuse Hiperreuse Absolute magni tude MV n Hiperreus klas 0 is n ster met n geweldige massa en helderheid en n hoe mate van massaverlies Eienskappe WysigDie woord hiperreus word gewoonlik gebruik as n los term vir die helderste sterre hoewel daar meer definitiewe definisies is In 1956 het die sterrekundiges Feast en Thackeray die term super superreus later verander na hiperreus gebruik vir sterre met n absolute helderheid van meer as 7 In 1971 het Keenan voorgestel dat die term net gebruik word vir superreuse met minstens een bree emissiekomponent in Ha wat dui op n uitgebreide stellere atmosfeer of n relatief groot verhouding van massaverlies Die kriterium word tans die meeste deur wetenskaplikes gebruik 1 Baie sterrekundiges gebruik nie die term hiperreus nie behalwe soms vir spesifieke goed gedefinieerde groepe soos die geel hiperreuse Weens hul groot massa is die lewensduur van n hiperreus baie kort in sterrekundige terme net n paar miljoen jaar in vergelyking met sowat 10 miljard jaar vir sterre soos die Son Daarom is net n paar hiperreuse bekend ten spyte van hul helderheid wat meebring dat hulle selfs in naburige sterrestelsels maklik geidentifiser kan word Verwysings Wysig de Jager C 1998 The Yellow Hypergiants The Astronomy and Astrophysics Review 8 3 145 180 Bibcode 1998A amp ARv 8 145D doi 10 1007 s001590050009 Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse WikipediaOntsluit van https af wikipedia org w index php title Hiperreus amp ol,