fbpx
Wikipedia

Himalaja

Die Himalaja (Sanskrit: हिमालय; Nepalees: हिमालय; Oerdoe: ہمالیہ‎; van Sanskrit hima ("sneeu") en ālaya ("woning"), letterlik "tuiste van die sneeu"[1]) is 'n bergreeks in Suid-Asië, wat die Indo-Ganges-plein van die Tibetaanse plato skei. Dit lê uitgestrek van Pakistan oor Indië, Nepal, Tibet (Volksrepubliek China) en Bhoetan.[2]

Ligging van die Himalajagebergte
Kaart van die Himalajagebergte
Lugfoto van die Himalajagebergte
Nasa-Satellietbeeld van die bergreeks

Pieke

Die Himalajaberge is 2 400 km lank en tussen 150 en 280 km breed. Veertien van sy pieke rys tot 'n hoogte van meer as 8 000 m bo seevlak: Berg Everest, K2, Kangchenjunga, Lhotse, Makalu, Cho Oyu, Dhaulagiri, Manaslu, Nanga Parbat, Annapurna, Gasherbrum I, Broad Peak, Gasherbrum II en Shishapangma.[3] Berg Everest is die hoogste bergtop op aarde met 'n hoogte van 8 848 meter.

In werklikheid bestaan die bergreeks uit drie hoofreekse wat soos 'n magtige vesting oor Noord-Indië troon. Die bewoners van die streek noem die berge "die tuiste van die sneeu", want die meeste van die berge is hoër as 5 400 m en dus dwarsdeur die jaar met sneeu bedek. Meer as 100 van die pieke is hoër as 6 000 m, meer as 30 is hoër as 7 000 m en veertien is hoër as 8 000 m.

Riviere

Drie van die wêreld se grootste riviere ontspring in die Himalaja: Brahmaputra, Ganges en Indus. Die massiewe Himalaja-bergreeks strek in 'n halfmaan oor 'n gebied van 3 250 km tussen die bolope van die Indus- en Brahmaputrariviere in Indië.

Die Himalaja het ontstaan deur die botsing van die Indiese subkontinent met die Eurasiese plat.[4] Die Himalaja-bergreeks vorm deel van die "Dak van die Wêreld", die reusagtige hooglandgebied wat die Karakoram- en Pamir-bergreekse insluit.

Verwysings

  1. (en) "Definition of Himalayas". Oxford Dictionaries Online. Besoek op 31 Mei 2015.
  2. Bishop, Barry. "Himalayas (mountains, Asia)" (in Engels). Encyclopædia Britannica. vanaf die oorspronklike op 31 Maart 2009. Besoek op 31 Mei 2015.
  3. Himalaya-info.org: Die Berge des Himalaya. Besoek op 23 Julie 2019
  4. "The Himalayas: Two continents collide" (in Engels). USGS. 5 Mei 1999. vanaf die oorspronklike op 10 Mei 2020. Besoek op 31 Mei 2015.

Bronnelys

  • KENNIS, vol 9, 1980, bl. 1673-1675, ISBN 0 7981 0828 2

Eksterne skakels

Koördinate: 28°0′0″N 82°0′0″O / 28.00000°N 82.00000°O / 28.00000; 82.00000

Himalaja
himalaja, sanskrit, लय, nepalees, लय, oerdoe, ہمالیہ, sanskrit, hima, sneeu, ālaya, woning, letterlik, tuiste, sneeu, bergreeks, suid, asië, indo, ganges, plein, tibetaanse, plato, skei, uitgestrek, pakistan, indië, nepal, tibet, volksrepubliek, china, bhoetan. Die Himalaja Sanskrit ह म लय Nepalees ह म लय Oerdoe ہمالیہ van Sanskrit hima sneeu en alaya woning letterlik tuiste van die sneeu 1 is n bergreeks in Suid Asie wat die Indo Ganges plein van die Tibetaanse plato skei Dit le uitgestrek van Pakistan oor Indie Nepal Tibet Volksrepubliek China en Bhoetan 2 Ligging van die Himalajagebergte Kaart van die Himalajagebergte Lugfoto van die Himalajagebergte Nasa Satellietbeeld van die bergreeks Inhoud 1 Pieke 2 Riviere 3 Verwysings 4 Bronnelys 5 Eksterne skakelsPieke WysigDie Himalajaberge is 2 400 km lank en tussen 150 en 280 km breed Veertien van sy pieke rys tot n hoogte van meer as 8 000 m bo seevlak Berg Everest K2 Kangchenjunga Lhotse Makalu Cho Oyu Dhaulagiri Manaslu Nanga Parbat Annapurna Gasherbrum I Broad Peak Gasherbrum II en Shishapangma 3 Berg Everest is die hoogste bergtop op aarde met n hoogte van 8 848 meter In werklikheid bestaan die bergreeks uit drie hoofreekse wat soos n magtige vesting oor Noord Indie troon Die bewoners van die streek noem die berge die tuiste van die sneeu want die meeste van die berge is hoer as 5 400 m en dus dwarsdeur die jaar met sneeu bedek Meer as 100 van die pieke is hoer as 6 000 m meer as 30 is hoer as 7 000 m en veertien is hoer as 8 000 m Riviere WysigDrie van die wereld se grootste riviere ontspring in die Himalaja Brahmaputra Ganges en Indus Die massiewe Himalaja bergreeks strek in n halfmaan oor n gebied van 3 250 km tussen die bolope van die Indus en Brahmaputrariviere in Indie Die Himalaja het ontstaan deur die botsing van die Indiese subkontinent met die Eurasiese plat 4 Die Himalaja bergreeks vorm deel van die Dak van die Wereld die reusagtige hooglandgebied wat die Karakoram en Pamir bergreekse insluit Verwysings Wysig en Definition of Himalayas Oxford Dictionaries Online Besoek op 31 Mei 2015 Bishop Barry Himalayas mountains Asia in Engels Encyclopaedia Britannica Geargiveer vanaf die oorspronklike op 31 Maart 2009 Besoek op 31 Mei 2015 Himalaya info org Die Berge des Himalaya Besoek op 23 Julie 2019 The Himalayas Two continents collide in Engels USGS 5 Mei 1999 Geargiveer vanaf die oorspronklike op 10 Mei 2020 Besoek op 31 Mei 2015 Bronnelys WysigKENNIS vol 9 1980 bl 1673 1675 ISBN 0 7981 0828 2Eksterne skakels Wysig Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Himalaja en Himalayas Encyclopaedia Britannica Besoek op 9 Junie 2017 Koordinate 28 0 0 N 82 0 0 O 28 00000 N 82 00000 O 28 00000 82 00000Ontsluit van https af wikipedia org w index php title Himalaja amp oldid 2208061,