×
Hertzsprung-Russell-diagram

Die Hertzsprung-Russell-diagram is ’n grafiese voorstelling wat die verhouding aandui tussen sterre se absolute magnitude of helderheid en hul spektraaltipe of effektiewe temperatuur. Verskeie weergawes van die diagram bestaan. Op die vertikale as word die helderheid aangedui en op die horisontale as die spektraaltipe en/of die oppervlaktemperatuur, soos die B-V-kleurindeks. Die temperatuur neem af van links na regs.

Nog ’n voorbeeld van ’n Hertzsprung-Russell-diagram.

Die diagram is omstreeks 1910 onafhanklik van mekaar deur Ejnar Hertzsprung en Henry Norris Russell ontwerp.

Inhoud

Die hoofreeks

Sowat 90% van die sterre kom in ’n nou strook van links bo na regs onder voor. Dit is die hoofreeks. Die groot voorkoms van sterre daar is vanweë die feit dat ’n ster sowat 90% van sy lewensduur deurbring in die stabiele fase, wanneer fusie van waterstof tot helium in sy kern plaasvind. Daar is in dié stabiele fase ’n streng verband tussen temperatuur, ligsterkte, massa en radius. Hierdie vier parameters styg of daal saam, maar ’n vyfde parameter, die totale lewensduur van die ster, wat ook met die ander vier verband hou, varieer omgekeerd: Hoe warmer, helderder, swaarder en groter die ster is, hoe korter is die lewensduur.

Ons Son is op die hoofreeks en is 'n geeldwerg van medium grootte.

Reuse en superreuse

Regs bo in die diagram kom die rooireuse en superreuse voor. Hulle word rooi genoem omdat hulle ’n relatief lae effektiewe temperatuur van tipies so 3 000 kelvin het, en reuse omdat hul radius ’n faktor 100 tot 1 000 groter is as by ’n hoofreeksster van dieselfde temperatuur. Dié sterre is in die eindfase van hul lewensduur; hul buitelae is geweldig versprei, maar yl. Verdere massaverlies kom voor weens sterrewind.

Links bo op die hoofreeks is die bloureuse. Dit is sterre met ’n baie hoë massa, tot ’n paar dosyn keer dié van die Son. Die blou kleur is ’n gevolg van hul hoë temperatuur (tienduisende kelvin). Die hoër massa gaan gepaard met ’n nog hoër ligsterkte, wat veroorsaak dat die totale lewensduur drasties laer is as by ’n ster soos die Son.

Witdwerge

Onder die hoofreeks lê die witdwerge. Hulle is die eindproduk van sterre met ’n lae massa soos die Son. Die min energie wat hulle nog uitstraal, is termiese afkoeling. In dié sterre vind geen kernfusie meer plaas nie.

Publikasie datum: September 26, 2021

hertzsprung, russell, diagram, spektraaltipe, bruin, dwerge, dwerge, rooi, dwerge, subdwerge, hoofreeks, dwerge, subreuse, reuse, helder, reuse, superreuse, hiperreuse, absolute, magni, tude, grafiese, voorstelling, verhouding, aandui, tussen, sterre, absolute. Hertzsprung Russell diagram Spektraaltipe Bruin dwerge Wit dwerge Rooi dwerge Subdwerge Hoofreeks dwerge Subreuse Reuse Helder reuse Superreuse Hiperreuse Absolute magni tude MV Die Hertzsprung Russell diagram is n grafiese voorstelling wat die verhouding aandui tussen sterre se absolute magnitude of helderheid en hul spektraaltipe of effektiewe temperatuur Verskeie weergawes van die diagram bestaan Op die vertikale as word die helderheid aangedui en op die horisontale as die spektraaltipe en of die oppervlaktemperatuur soos die B V kleurindeks Die temperatuur neem af van links na regs Nog n voorbeeld van n Hertzsprung Russell diagram Die diagram is omstreeks 1910 onafhanklik van mekaar deur Ejnar Hertzsprung en Henry Norris Russell ontwerp Inhoud 1 Sterre op die diagram 1 1 Die hoofreeks 1 2 Reuse en superreuse 1 3 Witdwerge 2 Eksterne skakelsSterre op die diagram WysigDie hoofreeks Wysig Sowat 90 van die sterre kom in n nou strook van links bo na regs onder voor Dit is die hoofreeks Die groot voorkoms van sterre daar is vanwee die feit dat n ster sowat 90 van sy lewensduur deurbring in die stabiele fase wanneer fusie van waterstof tot helium in sy kern plaasvind Daar is in die stabiele fase n streng verband tussen temperatuur ligsterkte massa en radius Hierdie vier parameters styg of daal saam maar n vyfde parameter die totale lewensduur van die ster wat ook met die ander vier verband hou varieer omgekeerd Hoe warmer helderder swaarder en groter die ster is hoe korter is die lewensduur Ons Son is op die hoofreeks en is n geeldwerg van medium grootte Reuse en superreuse Wysig Regs bo in die diagram kom die rooireuse en superreuse voor Hulle word rooi genoem omdat hulle n relatief lae effektiewe temperatuur van tipies so 3 000 kelvin het en reuse omdat hul radius n faktor 100 tot 1 000 groter is as by n hoofreeksster van dieselfde temperatuur Die sterre is in die eindfase van hul lewensduur hul buitelae is geweldig versprei maar yl Verdere massaverlies kom voor weens sterrewind Links bo op die hoofreeks is die bloureuse Dit is sterre met n baie hoe massa tot n paar dosyn keer die van die Son Die blou kleur is n gevolg van hul hoe temperatuur tienduisende kelvin Die hoer massa gaan gepaard met n nog hoer ligsterkte wat veroorsaak dat die totale lewensduur drasties laer is as by n ster soos die Son Witdwerge Wysig Onder die hoofreeks le die witdwerge Hulle is die eindproduk van sterre met n lae massa soos die Son Die min energie wat hulle nog uitstraal is termiese afkoeling In die sterre vind geen kernfusie meer plaas nie Eksterne skakels Wysig Wikiwoordeboek het n inskrywing vir Hertzsprung Russell diagram Ontsluit van https af wikipedia org w index php title Hertzsprung Russell diagram amp ol,