Hercules (sterrebeeld)
Hercules is ’n sterrebeeld wat na die Romeinse god Hercules (Grieks: Herakles) genoem is. Dit is een van die 48 konstellasies wat deur die 2de-eeuse sterrekundige Ptolemeus beskryf is en is die vyfde grootste van die 88 moderne sterrebeelde. Hercules het geen sterre helderder as 1m nie. Daar is verskeie sterre met planete. 14 Herculis het een bevestigde en een onbevestigde planeet. Die sterrebeeld bevat twee van die merkwaardigste bolvormige sterreswerms: Messier 13, die helderste een in die noordelike hemelruim met 300 000 sterre, en Messier 92. Die byna bolvormige planetêre newel Abell 39 kom ook hier voor. M13 is dof, maar kan op ’n helder aand met die blote oog gesien word. Agterdek • Akkedis • Altaar • Andromeda • Arend • Beeldhouer • Beker • Berenike se Hare • Boogskutter • Bul • Dolfyn • Draak • Driehoek • Duif • Eenhoring • Eridanus • Feniks • Graveerstif • Groot Beer • Groot Hond • Haas • Hercules • Horlosie • Indiër • Jaghonde • Jagter • Kameelperd • Kameleon • Kiel • Klein Beer • Klein Hond • Klein Leeu • Koetsier • Kompas • Kassiopeia • Kefeus • Kraai • Kraanvoël • Kreef • Net • Leeu • Lier • Lugpomp • Maagd • Mikroskoop • Noordelike Kroon • Noordelike Waterslang • Oktant • Oond • Paradysvoël • Passer • Perseus • Pou • Pyl • Ram • Rooikat • Seile • Sekstant • Sentour • Skerpioen • Skild • Skilder • Slang • Slangdraer • Steenbok • Suidelike Driehoek • Suidelike Kroon • Suidelike Vis • Suidelike Waterslang • Suiderkruis • Swaan • Swaardvis • Tafel • Teleskoop • Toekan • Tweeling • Veewagter • Visse • Vlieënde Perd • Vlieënde Vis • Vlieg • Vos • Vul • Walvis • Waterdraer • Weegskaal • Winkelhaak • Wolf Hercules Latynse naam Hercules Genitief Herculis Afkorting Her Waarnemingsdata (Epog J2000) Regte klimming 17h Deklinasie 30º Grootte 1 225 vk. grade (5de) Kwadrant NQ3 Besonderhede Hoofsterre 14, 22 Helderste ster Beta Herculis (Kornephoros) Naaste ster Gliese 661 Sterre helderder as 3 m 2 Sterre met planete 14 Messier-voorwerpe 2 Bayer-/Flamsteed-sterre 106 Meteoorreëns Tau Herculids Aangrensende sterrebeelde Draak, Veewagter, Noordelike Kroon, Slang se Kop, Slangdraer, Arend, Pyl, Vos, Lier Portaal Sterrekunde
Die 88 moderne sterrebeelde
