×
Herbert von Karajan

Herbert von Karajan was 'n Oostenrykse dirigent wat op 5 April 1908 in Salzburg gebore is, en op 16 Julie 1989 in Anif, naby Salzburg oorlede is. Hy word allerweë as een van die voorste dirigente van die twintigste eeu beskryf en word nouste verbind met die Berliner Philharmoniker, die orkes waarvan hy vir 34 jaar musiekdirekteur was. Hierdie vennootskap tussen dirigent en orkes het tot honderde opnames gelei en 'n unieke klank aan die Berliner Philharmoniker verleen. Karajan was ook nou verbind met die Wiener Philharmoniker en die Salzburg-fees.

Herbert von Karajan
Herbert von Karajan in 1938
Agtergrondinligting
GeboortenaamHeribert Ritter von Karajan
Gebore5 April 1908
Salzburg (Oostenryk-Hongarye)
Sterf16 Julie 1989 (op 81)
Anif (Oostenryk)
GenresOpera
Beroep(e)Dirigent

Inhoud

Karajan was ‘n wonderkind op die klavier en het by die Mozarteum in Salzburg studeer. Hy het in 1929 in Salzburg sy professionele buiging as dirigent gemaak, en was later die jaar in die hoedanigheid aangestel in Ulm, Duitsland. Hy het tot 1934 in Ulm gebly, toe hy as Kapellmeister te Agen aangestel was. Karajan was in Agen tot 1941, en het gedurende die tydperk ook van tyd tot tyd die Berlynse Staatsopera gedirigeer. Hy het in 1944 na Italië gevlug. Karajan het in 1948 bygedra tot die stigting van die Londen Filharmoniese Orkes, en in 1955 het hy musiekdirekteur van die Berliner Philharmoniker geword. Karajan was van 1933 tot 1942 ‘n lid van die Nasionaal-Sosialistiese Duitse Arbeidersparty gewees. Hy was na die Tweede Wêreldoorlog deur ‘n Geallieerde tribunal vrygespreek van enige aanspreeklikheid, maar in 1955 was sy Amerikaanse buiging deur openbare protesoptrede voorafgegaan. Hy het kort daarna hoofdirigent van die Weense Staatsopera (van 1956 tot 1964 musiekdirekteur) en van die Salzburg-fees, ‘n jaarlikse musiekfees waarmee hy regdeur sy latere loopbaan geassosieer sou word, geword. Hy was ook hoofdirigent by La Scala, Milaan, en ‘n gas-dirigent by die New York Filharmoniese Orkes. In 1967 het Karajan die Salzburgse Paas-fees gestig. Hy het van 1969 tot 1970 die Orchestre de Paris gedirigeer en in 1977 na die Weense Staatsopera teruggekeer. Die Berliner Philharmoniker het regdeur hierdie verbintenisse die sentrum van Karajan se musikale aktiwiteite gebly, alhoewel ‘n reeks meningsverskille na 1982 vervreemding tussen die orkeslede en Karajan veroorsaak het. Hy het in April 1989, slegs ‘n paar maande voor sy afsterwe, uit die posisie bedank. Karajan se interpretasies was noemenswaardig om hul presisie en objektiwiteit. In die 1970’s en 1980’s was sy werk egter gekarakteriseer deur ‘n meer persoonlike styl. Hy was een van die mees gerekende internasionale musikale figure van die middel 20ste eeu.

  • Roger Vaughan, Herbert von Karajan (1985) (in Engels)
  • Herbert von Karajan, Conversations with von Karajan (1989) (in Engels)
  • Robert C. Bachmann, Karajan: Notes on a Career (1991) (in Engels)
  • Richard Osborne, Herbert von Karajan: A Life in Music (2000) (in Engels)
  1. "Karajan, Herbert von." Encyclopædia Britannica. Encyclopædia Britannica Ultimate Reference Suite. Chicago: Encyclopædia Britannica, 2012
  2. "Karajan, Herbert von." Encyclopædia Britannica. Encyclopædia Britannica Ultimate Reference Suite. Chicago: Encyclopædia Britannica, 2012

Publikasie datum: Augustus 10, 2021

herbert, karajan, oostenrykse, dirigent, april, 1908, salzburg, gebore, julie, 1989, anif, naby, salzburg, oorlede, word, allerweë, voorste, dirigente, twintigste, beskryf, word, nouste, verbind, berliner, philharmoniker, orkes, waarvan, jaar, musiekdirekteur,. Herbert von Karajan was n Oostenrykse dirigent wat op 5 April 1908 in Salzburg gebore is en op 16 Julie 1989 in Anif naby Salzburg oorlede is Hy word allerwee as een van die voorste dirigente van die twintigste eeu beskryf en word nouste verbind met die Berliner Philharmoniker die orkes waarvan hy vir 34 jaar musiekdirekteur was Hierdie vennootskap tussen dirigent en orkes het tot honderde opnames gelei en n unieke klank aan die Berliner Philharmoniker verleen Karajan was ook nou verbind met die Wiener Philharmoniker en die Salzburg fees Herbert von KarajanHerbert von Karajan in 1938AgtergrondinligtingGeboortenaamHeribert Ritter von KarajanGebore5 April 1908 Salzburg Oostenryk Hongarye Sterf16 Julie 1989 op 81 Anif Oostenryk GenresOperaBeroep e Dirigent Inhoud 1 Kort biografie 2 Bykomende leeswerk 3 Verwysings 4 Eksterne skakelsKort biografie WysigKarajan was n wonderkind op die klavier en het by die Mozarteum in Salzburg studeer Hy het in 1929 in Salzburg sy professionele buiging as dirigent gemaak en was later die jaar in die hoedanigheid aangestel in Ulm Duitsland Hy het tot 1934 in Ulm gebly toe hy as Kapellmeister te Agen aangestel was Karajan was in Agen tot 1941 en het gedurende die tydperk ook van tyd tot tyd die Berlynse Staatsopera gedirigeer Hy het in 1944 na Italie gevlug Karajan het in 1948 bygedra tot die stigting van die Londen Filharmoniese Orkes en in 1955 het hy musiekdirekteur van die Berliner Philharmoniker geword Karajan was van 1933 tot 1942 n lid van die Nasionaal Sosialistiese Duitse Arbeidersparty gewees Hy was na die Tweede Wereldoorlog deur n Geallieerde tribunal vrygespreek van enige aanspreeklikheid maar in 1955 was sy Amerikaanse buiging deur openbare protesoptrede voorafgegaan Hy het kort daarna hoofdirigent van die Weense Staatsopera van 1956 tot 1964 musiekdirekteur en van die Salzburg fees n jaarlikse musiekfees waarmee hy regdeur sy latere loopbaan geassosieer sou word geword Hy was ook hoofdirigent by La Scala Milaan en n gas dirigent by die New York Filharmoniese Orkes In 1967 het Karajan die Salzburgse Paas fees gestig Hy het van 1969 tot 1970 die Orchestre de Paris gedirigeer en in 1977 na die Weense Staatsopera teruggekeer Die Berliner Philharmoniker het regdeur hierdie verbintenisse die sentrum van Karajan se musikale aktiwiteite gebly alhoewel n reeks meningsverskille na 1982 vervreemding tussen die orkeslede en Karajan veroorsaak het Hy het in April 1989 slegs n paar maande voor sy afsterwe uit die posisie bedank Karajan se interpretasies was noemenswaardig om hul presisie en objektiwiteit In die 1970 s en 1980 s was sy werk egter gekarakteriseer deur n meer persoonlike styl Hy was een van die mees gerekende internasionale musikale figure van die middel 20ste eeu 1 Bykomende leeswerk WysigRoger Vaughan Herbert von Karajan 1985 in Engels Herbert von Karajan Conversations with von Karajan 1989 in Engels Robert C Bachmann Karajan Notes on a Career 1991 in Engels Richard Osborne Herbert von Karajan A Life in Music 2000 in Engels 2 Verwysings Wysig Karajan Herbert von Encyclopaedia Britannica Encyclopaedia Britannica Ultimate Reference Suite Chicago Encyclopaedia Britannica 2012 Karajan Herbert von Encyclopaedia Britannica Encyclopaedia Britannica Ultimate Reference Suite Chicago Encyclopaedia Britannica 2012Eksterne skakels Wysig Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Herbert von Karajan Ontsluit van https af wikipedia org w index php title Herbert von Karajan amp ol,