×
Hemelpool

Die hemelpole is in sterrekunde denkbeeldige punte in die lug wanneer die aarde se pole verleng word. Daar is ’n noordelike en ’n suidelike hemelpool.

Baan van die noordelike hemelpool tussen die sterre.
Baan van die suidelike hemelpool tussen die sterre.

As iemand dus op die Aarde se noord- of suidpool staan, sal onderskeidelik die noordelike en die suidelike hemelpool reg bo hom wees. In die noorde word dié punt min of meer gemerk deur die noordelike poolster, Polaris. In die suide is geen ster wat helder en na genoeg aan die pool is om die suidelike poolster te wees nie. Die Suiderkruis word gebruik om die suidelike hemelpool te bepaal, omdat dié sterrepatroon se vertikale as daarheen wys.

Vanweë sy beweging (presessie) beskryf die aarde se as in 25 770 jaar ’n groot draaiende keël aan die hemel, sodat die twee hemelpole in ’n sirkel beweeg. Daarom vervul verskillende sterre op verskillende tye die rol van poolsterre. Polaris is tans minder as 1 graad van die pool af en beweeg steeds nader. Omstreeks 2800 v.C. was die noordelike poolster die ster Thuban (alpha Draconis), en die volgende een sal gamma Cephei wees in die jaar 4145. Oor 25 770 jaar sal Polaris weer die noordelike poolster wees.

Toekomstige suidelike poolsterre is omega Carinae (in 5770), upsilon Carinae (6850), Turais (iota Carinae, 8075) en delta Velorum (9240).

Publikasie datum: September 26, 2021

hemelpool, hemelpole, sterrekunde, denkbeeldige, punte, wanneer, aarde, pole, verleng, word, daar, noordelike, suidelike, hemelpool, baan, noordelike, hemelpool, tussen, sterre, baan, suidelike, hemelpool, tussen, sterre, iemand, aarde, noord, suidpool, staan,. Die hemelpole is in sterrekunde denkbeeldige punte in die lug wanneer die aarde se pole verleng word Daar is n noordelike en n suidelike hemelpool Baan van die noordelike hemelpool tussen die sterre Baan van die suidelike hemelpool tussen die sterre As iemand dus op die Aarde se noord of suidpool staan sal onderskeidelik die noordelike en die suidelike hemelpool reg bo hom wees In die noorde word die punt min of meer gemerk deur die noordelike poolster Polaris In die suide is geen ster wat helder en na genoeg aan die pool is om die suidelike poolster te wees nie Die Suiderkruis word gebruik om die suidelike hemelpool te bepaal omdat die sterrepatroon se vertikale as daarheen wys Presessie WysigVanwee sy beweging presessie beskryf die aarde se as in 25 770 jaar n groot draaiende keel aan die hemel sodat die twee hemelpole in n sirkel beweeg Daarom vervul verskillende sterre op verskillende tye die rol van poolsterre Polaris is tans minder as 1 graad van die pool af en beweeg steeds nader Omstreeks 2800 v C was die noordelike poolster die ster Thuban alpha Draconis en die volgende een sal gamma Cephei wees in die jaar 4145 Oor 25 770 jaar sal Polaris weer die noordelike poolster wees Toekomstige suidelike poolsterre is omega Carinae in 5770 upsilon Carinae 6850 Turais iota Carinae 8075 en delta Velorum 9240 Hierdie artikel is vertaal uit die Nederlandse WikipediaOntsluit van https af wikipedia org w index php title Hemelpool amp ol,