×
Haute-Normandie
Haute-Normandie

Départements Eure (27)
Seine-Maritime (76)
Prefektuur Rouen
Bevolking 1 832 942 inw.
(2009)
Bevolkingsdigtheid 149 inw./vk km
Oppervlakte 12 317 vk km
Arrondissemente 15
Kantons 6
Munisipaliteite 1 434
President van
Gewestelike Raad
Alain Le Vern (PS)

Haute-Normandie ("Bo-Normandië") was 'n Franse geweste wat in 1956 as administratiewe eenheid gevorm is. Dit het twee départements bevat: Seine-Maritime en Eure. Haute-Normandie beslaan die oostelike deel van die historiese provinsie Normandië, met 'n oppervlak van 12 317 vierkante kilometer en sowat 1,8 miljoen inwoners (2009).

Inhoud

Sien hoofartikel: Normandië

Normandië het ontwikkel ná die Eerste Wêreldoorlog tot een van die sentrums van die Franse papier- en petrochemiese bedryf. Die landing van die geallieerde magte op 6 Junie 1944 het tydens die Tweede Wêreldoorlog 'n einde gebring aan die Duitse besetting, maar die gewes behoort tot die Franse gebiede wat die swaarste getref is deur die oorlogshandelinge.

Ná die Tweede Wêreldoorlog het die plaaslike ekonomie vinnig gegroei, en baie ondernemings uit die metropolitaanse gebied van Parys het hulle in Haute-Normandie kom vestig.

Marais Vernier, Eure

Die belangrikste landskappe in die département Seine-Maritime is die Alabasterkus (Frans: Côte d'Alabâtre) met sy kenmerkende, 200 miljoen jaar oue rotsformasies, wat bo-oor die strande verrys en tot by 110 meter loodreg daal, en die Seinevallei, 'n landskap wat deur krytrotse en bebosde heuwels oorheers word. Die Seine het oor 'n tydperk van 60 000 jaar 'n soort amfiteater met 'n oppervlak van 30 vierkante kilometer dwarsdeur die heuwels uitgegrawe. Naby Le Havre, die tweede grootste seehawe in Frankryk na Marseille, mond die Seine in die Engelse Kanaal uit.

Eure spog met 'n groot aantal tuine, kloosters, kerke en ander besienswaardighede in sy uitgestrekte weilande, wat tussen die Seinemonding in die weste, Gisors in die ooste, die suide van die Normandiese hoofstad, Rouen, en die kunstenaarsdorp Verneuil-sur-Avre lê.

Haute-Normandie is 'n hoogs geïndustrialiseerde gewes. Die plaaslike nywerhede het in 2001 werksgeleenthede aan meer as 142 000 mense gebied en sestig persent van die Franse smeerolie-produksie, vyftig persent van sy plastiek en dertig persent van sy motors vervaardig. Dit is die belangrikste vervaardiger van linne, die vierde belangrikste gewes ten opsigte van buitelandse handelsbetrekkinge en die sesde belangrikste ten opsigte van navorsing.

36,5 persent van die bevolking is jonger as 25 jaar, wat van Haute-Normandie die jongste gewes in Frankryk maak. Met twee persent van die nasionale oppervlak verteenwoordig Haute-Normandie met sy 1,74 miljoen inwoners 3 persent van die nasionale bevolking.

Die Eure, naamgewer van die département
Glasvensters in die katedraal van Rouen

Haute-Normandie en sy hoofstad, Rouen, beskik oor die hoogste digtheid museums in Frankryk. Digby die plek waar Johanna van Arkel deur die Engelse op die brandstapel tereggestel is, die ou markplein van Rouen, behandel die Johanna van Arkel-museum haar geskiedenis.

Die département Seine-Maritime lok toeriste met 'n aantal geskiedkundige en fynproewerroetes soos die Ivoorroete, Speseryeroete, Roete van die Abdye, Kaasroete en die Appel-en-siderroete.

Die Route des Maisons d'Écrivains in Eure loop langs die huise van 'n aantal bekende Franse skrywers. In die Château de Vascœuil, 'n kasteel uit die 14de eeu, het die Franse geskiedkundige Jules Michelet sy hoofwerk, die Histoire de France ("Die geskiedenis van Frankryk") in 16 boekdele, voltooi.

Die administratiewe geweste van Frankryk (Régions de France)
Metropolitaanse geweste (Régions métropolitaines):
Akwitanië | Auvergne | Boergondië | Bretagne | Centre-Val de Loire | Champagne-Ardenne | Elsas | Franche-Comté | Île-de-France | Korsika | Languedoc-Roussillon | Limousin | Lotaringe | Midi-Pyrénées | Nord-Pas-de-Calais | Basse-Normandie | Haute-Normandie | Pays de la Loire | Pikardië | Poitou-Charentes | Provence-Alpes-Côte d'Azur | Rhône-Alpes
Metropolitaanse geweste 2016 (Régions métropolitaines):
Auvergne-Rhône-Alpes | Boergondië-Franche-Comté | Bretagne | Centre-Val de Loire | Grand Est | Hauts-de-France | Île-de-France | Korsika | Nieu-Akwitanië | Normandië | Oksitanië | Pays de la Loire | Provence-Alpes-Côte d'Azur
Oorsese geweste (Régions d’outre-mer):
Frans-Guyana | Guadeloupe | Martinique | Mayotte | Réunion

Publikasie datum: September 26, 2021

haute, normandie, départements, eure, seine, maritime, prefektuur, rouenbevolking, 2009, bevolkingsdigtheid, kmoppervlakte, kmarrondissemente, 15kantons, 6munisipaliteite, 434president, gewestelike, raad, alain, vern, normandië, franse, geweste, 1956, administ. Haute NormandieDepartements Eure 27 Seine Maritime 76 Prefektuur RouenBevolking 1 832 942 inw 2009 Bevolkingsdigtheid 149 inw vk kmOppervlakte 12 317 vk kmArrondissemente 15Kantons 6Munisipaliteite 1 434President van Gewestelike Raad Alain Le Vern PS Haute Normandie Bo Normandie was n Franse geweste wat in 1956 as administratiewe eenheid gevorm is Dit het twee departements bevat Seine Maritime en Eure Haute Normandie beslaan die oostelike deel van die historiese provinsie Normandie met n oppervlak van 12 317 vierkante kilometer en sowat 1 8 miljoen inwoners 2009 Inhoud 1 Geskiedenis 2 Geografie 3 Ekonomie 4 Demografie 5 Besienswaardighede 6 Bronne 7 Eksterne skakelsGeskiedenis WysigSien hoofartikel Normandie Normandie het ontwikkel na die Eerste Wereldoorlog tot een van die sentrums van die Franse papier en petrochemiese bedryf Die landing van die geallieerde magte op 6 Junie 1944 het tydens die Tweede Wereldoorlog n einde gebring aan die Duitse besetting maar die gewes behoort tot die Franse gebiede wat die swaarste getref is deur die oorlogshandelinge Na die Tweede Wereldoorlog het die plaaslike ekonomie vinnig gegroei en baie ondernemings uit die metropolitaanse gebied van Parys het hulle in Haute Normandie kom vestig Geografie Wysig Marais Vernier Eure Die belangrikste landskappe in die departement Seine Maritime is die Alabasterkus Frans Cote d Alabatre met sy kenmerkende 200 miljoen jaar oue rotsformasies wat bo oor die strande verrys en tot by 110 meter loodreg daal en die Seinevallei n landskap wat deur krytrotse en bebosde heuwels oorheers word Die Seine het oor n tydperk van 60 000 jaar n soort amfiteater met n oppervlak van 30 vierkante kilometer dwarsdeur die heuwels uitgegrawe Naby Le Havre die tweede grootste seehawe in Frankryk na Marseille mond die Seine in die Engelse Kanaal uit Eure spog met n groot aantal tuine kloosters kerke en ander besienswaardighede in sy uitgestrekte weilande wat tussen die Seinemonding in die weste Gisors in die ooste die suide van die Normandiese hoofstad Rouen en die kunstenaarsdorp Verneuil sur Avre le Ekonomie WysigHaute Normandie is n hoogs geindustrialiseerde gewes Die plaaslike nywerhede het in 2001 werksgeleenthede aan meer as 142 000 mense gebied en sestig persent van die Franse smeerolie produksie vyftig persent van sy plastiek en dertig persent van sy motors vervaardig Dit is die belangrikste vervaardiger van linne die vierde belangrikste gewes ten opsigte van buitelandse handelsbetrekkinge en die sesde belangrikste ten opsigte van navorsing Demografie Wysig36 5 persent van die bevolking is jonger as 25 jaar wat van Haute Normandie die jongste gewes in Frankryk maak Met twee persent van die nasionale oppervlak verteenwoordig Haute Normandie met sy 1 74 miljoen inwoners 3 persent van die nasionale bevolking Besienswaardighede Wysig Die Eure naamgewer van die departement Glasvensters in die katedraal van Rouen Haute Normandie en sy hoofstad Rouen beskik oor die hoogste digtheid museums in Frankryk Digby die plek waar Johanna van Arkel deur die Engelse op die brandstapel tereggestel is die ou markplein van Rouen behandel die Johanna van Arkel museum haar geskiedenis Die departement Seine Maritime lok toeriste met n aantal geskiedkundige en fynproewerroetes soos die Ivoorroete Speseryeroete Roete van die Abdye Kaasroete en die Appel en siderroete Die Route des Maisons d Ecrivains in Eure loop langs die huise van n aantal bekende Franse skrywers In die Chateau de Vascœuil n kasteel uit die 14de eeu het die Franse geskiedkundige Jules Michelet sy hoofwerk die Histoire de France Die geskiedenis van Frankryk in 16 boekdele voltooi Bronne WysigMichel de Bouard Histoire de la Normandie Toulouse Privat 2001 ISBN 2 7089 1707 2Eksterne skakels WysigConseil Regional Gewestelike Raad Geargiveer 15 Desember 2005 op Wayback Machine Portaal van die museums in Haute Normandie in Frans en Duits beskikbaar Haute Normandie op WikivoyageDie administratiewe geweste van Frankryk Regions de France Metropolitaanse geweste Regions metropolitaines Akwitanie Auvergne Boergondie Bretagne Centre Val de Loire Champagne Ardenne Elsas Franche Comte Ile de France Korsika Languedoc Roussillon Limousin Lotaringe Midi Pyrenees Nord Pas de Calais Basse Normandie Haute Normandie Pays de la Loire Pikardie Poitou Charentes Provence Alpes Cote d Azur Rhone AlpesMetropolitaanse geweste 2016 Regions metropolitaines Auvergne Rhone Alpes Boergondie Franche Comte Bretagne Centre Val de Loire Grand Est Hauts de France Ile de France Korsika Nieu Akwitanie Normandie Oksitanie Pays de la Loire Provence Alpes Cote d AzurOorsese geweste Regions d outre mer Frans Guyana Guadeloupe Martinique Mayotte ReunionOntsluit van https af wikipedia org w index php title Haute Normandie amp ol,