×
Harold Godwinson

Harold II Godwinson (102214 Oktober 1066) was van 5 Januarie 1066 tot met sy dood die laaste Angel-Saksiese koning van Engeland voor die Normandiese verowering. Hy was die seun van Godwin, Graaf van Wessex en sy tweede vrou, Gytha Thorkelsdóttir, ’n familielid van koning Sven Vurkbaard van Denemarke en Engeland.

Harold Godwinson
Koning van Engeland

Huis Wessex
Titel Graaf van Wessex
Regeer 1053–1066
Voorganger Godwin
Opvolger --
Titel Koning van Engeland
Regeer 5 Januarie14 Oktober 1066
Voorganger Eduard die Belyer
Opvolger Edgar Adeling
Willem die Veroweraar
Eggenote Edith Swannesha
Edith van Mercië
Kinders Godwin
Edmund
Magnus
Gunhilda
Gytha
Harold
Ulf
Gebore c. 1022; Wessex
Oorlede 14 Oktober 1066; Sussex
Vader Godwin
Moeder Gytha Thorkelsdóttir

Inhoud

Godwin het tydens die bewind van Eduard die Belyer die werklike gesag oor Engeland gehad. Harold het dié posisie van sy pa geërf.

Vanweë sy suster, Edith van Wessex, se huwelik met koning Eduard het hy in 1045 die Graaf van Oos-Anglië geword. In 1051 het hy sy pa in ballingskap vergesel en hom die volgende jaar gehelp om sy titel terug te kry. Toe Godwin in 1053 sterf, het Harold hom opgevolg as Graaf van Wessex (’n gebied wat destyds ’n derde van Engeland beslaan het). So het hy naas die koning die magtigste man in die land geword.

In 1058 het hy ook die Graaf van Hereford geword en soos sy pa leier van die opposisie teen die toenemende Normandiese invloed onder die herstelde Saksiese koningskap van Eduard die Belyer, wat langer as ’n kwarteeu in ballingskap in Normandië gewoon het.

Harold was sowat 20 jaar "in die Deense styl" getroud met Edith Swannesha en hulle het minstens ses kinders gehad. Die huwelik is wyd aanvaar, hoewel die kerk Edith as Harold se minnares beskou het. Hulle kinders is egter nie as buite-egtelik beskou nie. Onder hulle was ’n dogter, Gytha, wat later getrou het met die Kiëfse prins Wladimir Monomach. Deur afstammelinge van die egpaar was sy ’n voorsaat van die Engelse koningin Isabella van Frankryk, en dus is Harold die voorvader van daaropvolgende Engelse monarge.

In omstreeks Januarie 1066 het Harold getrou met Edith van Mercië. Hulle het twee seuns, waarskynlik ’n tweeling, gehad: Harold en Ulf (gebore c. November 1066), wat albei blykbaar tot met hul dood in bannelingskap gewoon het.

Eduard het sy grootneef Edgar Adeling gekies as sy erfgenaam. Edgar het egter nie ’n groot aanhang gehad nie en was maar 14 jaar oud. Toe Eduard op 5 Januarie 1066 sterf, het Harold aanspraak gemaak op die troon wat Eduard volgens hom aan hom beloof het. ’n Dag later is hy gekroon.

Hertog Willem van Normandië het egter beweer dat die troon aan hóm belowe is en hy het Engeland later die jaar met 7 000 man binnegeval en Harold van die troon gesit. Edgar is toe as koning uitgeroep, maar ná ’n bewind van sowat agt weke is hy van die troon gesit en het Willem koning geword.

Hiermee het die bewind van die 10de-eeuse Wes-Saksiese konings van Engeland tot ’n einde gekom en die Normandiese monargie begin.

  • Historische verhalen. 16de reeks no. 4. "Willem de Veroveraar" - Rika Muchez. Uitgegee deur Sikkel N.V. Antwerpen
Hierdie artikel is merendeels vertaal vanaf die Nederlandse Wikipedia-artikel nl:Harold II van Engeland

Publikasie datum: September 25, 2021

harold, godwinson, harold, godwinson, 1022, oktober, 1066, januarie, 1066, dood, laaste, angel, saksiese, koning, engeland, voor, normandiese, verowering, seun, godwin, graaf, wessex, tweede, vrou, gytha, thorkelsdóttir, familielid, koning, sven, vurkbaard, de. Harold II Godwinson 1022 14 Oktober 1066 was van 5 Januarie 1066 tot met sy dood die laaste Angel Saksiese koning van Engeland voor die Normandiese verowering Hy was die seun van Godwin Graaf van Wessex en sy tweede vrou Gytha Thorkelsdottir n familielid van koning Sven Vurkbaard van Denemarke en Engeland Harold GodwinsonKoning van EngelandHuis WessexTitel Graaf van WessexRegeer 1053 1066Voorganger GodwinOpvolger Titel Koning van EngelandRegeer 5 Januarie 14 Oktober 1066Voorganger Eduard die BelyerOpvolger Edgar Adeling Willem die VeroweraarEggenote Edith Swannesha Edith van MercieKinders Godwin Edmund Magnus Gunhilda Gytha Harold UlfGebore c 1022 WessexOorlede 14 Oktober 1066 SussexVader GodwinMoeder Gytha Thorkelsdottir Inhoud 1 Groot invloed 2 Huwelik en kinders 3 Opvolgingskrisis 4 Bron 5 VerwysingsGroot invloed WysigGodwin het tydens die bewind van Eduard die Belyer die werklike gesag oor Engeland gehad Harold het die posisie van sy pa geerf Vanwee sy suster Edith van Wessex se huwelik met koning Eduard het hy in 1045 die Graaf van Oos Anglie geword In 1051 het hy sy pa in ballingskap vergesel en hom die volgende jaar gehelp om sy titel terug te kry Toe Godwin in 1053 sterf het Harold hom opgevolg as Graaf van Wessex n gebied wat destyds n derde van Engeland beslaan het So het hy naas die koning die magtigste man in die land geword In 1058 het hy ook die Graaf van Hereford geword en soos sy pa leier van die opposisie teen die toenemende Normandiese invloed onder die herstelde Saksiese koningskap van Eduard die Belyer wat langer as n kwarteeu in ballingskap in Normandie gewoon het Huwelik en kinders WysigHarold was sowat 20 jaar in die Deense styl getroud met Edith Swannesha en hulle het minstens ses kinders gehad Die huwelik is wyd aanvaar hoewel die kerk Edith as Harold se minnares beskou het Hulle kinders is egter nie as buite egtelik beskou nie Onder hulle was n dogter Gytha wat later getrou het met die Kiefse prins Wladimir Monomach Deur afstammelinge van die egpaar was sy n voorsaat van die Engelse koningin Isabella van Frankryk en dus is Harold die voorvader van daaropvolgende Engelse monarge In omstreeks Januarie 1066 het Harold getrou met Edith van Mercie Hulle het twee seuns waarskynlik n tweeling gehad Harold en Ulf gebore c November 1066 wat albei blykbaar tot met hul dood in bannelingskap gewoon het Opvolgingskrisis WysigEduard het sy grootneef Edgar Adeling gekies as sy erfgenaam Edgar het egter nie n groot aanhang gehad nie en was maar 14 jaar oud Toe Eduard op 5 Januarie 1066 sterf het Harold aanspraak gemaak op die troon wat Eduard volgens hom aan hom beloof het n Dag later is hy gekroon Hertog Willem van Normandie het egter beweer dat die troon aan hom belowe is en hy het Engeland later die jaar met 7 000 man binnegeval en Harold van die troon gesit Edgar is toe as koning uitgeroep maar na n bewind van sowat agt weke is hy van die troon gesit en het Willem koning geword Hiermee het die bewind van die 10de eeuse Wes Saksiese konings van Engeland tot n einde gekom en die Normandiese monargie begin Bron WysigHistorische verhalen 16de reeks no 4 Willem de Veroveraar Rika Muchez Uitgegee deur Sikkel N V AntwerpenVerwysings WysigHierdie artikel is merendeels vertaal vanaf die Nederlandse Wikipedia artikel nl Harold II van EngelandOntsluit van https af wikipedia org w index php title Harold Godwinson amp ol,