×
Harmonie
Hierdie artikel handel oor musiekharmonie.

Harmonie is die kuns van die gebruik van akkoorde (werklik of implisiet) in musiek. Daar word soms daarna verwys as die "vertikale" element van musiek, met melodie die "horisontale" element. Harmonie is soms die resultaat van verskeie gelyktydige melodiese lyne of motiewe, wat ook kontrapunt genoem word. Dan word die harmonie beskryf as polifonies.

Harmonieuse botone

Die woord harmonie kom van die Grieks ἁρμονία harmonía wat "verbinding" beteken. Die konsep van harmonie dateer terug na die tyd van Pythagoras.

Harmonie is gebaseer op botone en resonansie. Note kan as harmonieus geag word wanneer sommige van die botone van elke noot, veral die harder botone (wat gewoonlik die laeres is), op dieselfde frekwensie is (binne 'n klein foutinterval). In elke tradisie van musiekuitvoering, -komposisie, en -teorie bestaan sekere harmoniereëls.

Alhoewel harmonie meestal die gevolg van twee of meer gelyktydige note is, is dit moontlik om harmonie te skep met slegs 'n melodiese lyn. Solo-instrumente kan deur die opeenvolging van note harmonie ten volle oordra, sonder dat akkoorde gebruik word. Verskeie voorbeelde hiervan bestaan in die barokperiode.

Vir 'n groot deel in die geskiedenis van klassieke musiek is reëls en konvensies toegepas, veral onder die invloed van die Rooms-Katolieke Kerk. Volksmusiek en nie-Westerse musiek het ook ontwikkel, en soms met verskillende idees van harmonie. In die Barok- en Klassieke periodes is kerkmusiek beheer deur die kerke, en harmonie wat té dissonant was, is afgeskiet. Daar was egter 'n neiging vanaf die Klassieke periode tot en met die 20ste eeu in westerse musiek waar die harmonie al hoe meer gevorderd geraak het – vele komponiste het weggebreek van die konvensies wat vantevore as reëls geag is.

  • Twentieth Century Harmony: Creative Aspects and Practice by Vincent Persichetti, ISBN 0-393-09539-8.

Publikasie datum: Maart 12, 2022

harmonie, hierdie, artikel, handel, musiekharmonie, kuns, gebruik, akkoorde, werklik, implisiet, musiek, daar, word, soms, daarna, verwys, vertikale, element, musiek, melodie, horisontale, element, soms, resultaat, verskeie, gelyktydige, melodiese, lyne, motie. Hierdie artikel handel oor musiekharmonie Harmonie is die kuns van die gebruik van akkoorde werklik of implisiet in musiek Daar word soms daarna verwys as die vertikale element van musiek met melodie die horisontale element Harmonie is soms die resultaat van verskeie gelyktydige melodiese lyne of motiewe wat ook kontrapunt genoem word Dan word die harmonie beskryf as polifonies Harmonieuse botone Die woord harmonie kom van die Grieks ἁrmonia harmonia wat verbinding beteken Die konsep van harmonie dateer terug na die tyd van Pythagoras Harmonie is gebaseer op botone en resonansie Note kan as harmonieus geag word wanneer sommige van die botone van elke noot veral die harder botone wat gewoonlik die laeres is op dieselfde frekwensie is binne n klein foutinterval In elke tradisie van musiekuitvoering komposisie en teorie bestaan sekere harmoniereels Alhoewel harmonie meestal die gevolg van twee of meer gelyktydige note is is dit moontlik om harmonie te skep met slegs n melodiese lyn Solo instrumente kan deur die opeenvolging van note harmonie ten volle oordra sonder dat akkoorde gebruik word Verskeie voorbeelde hiervan bestaan in die barokperiode Vir n groot deel in die geskiedenis van klassieke musiek is reels en konvensies toegepas veral onder die invloed van die Rooms Katolieke Kerk Volksmusiek en nie Westerse musiek het ook ontwikkel en soms met verskillende idees van harmonie In die Barok en Klassieke periodes is kerkmusiek beheer deur die kerke en harmonie wat te dissonant was is afgeskiet Daar was egter n neiging vanaf die Klassieke periode tot en met die 20ste eeu in westerse musiek waar die harmonie al hoe meer gevorderd geraak het vele komponiste het weggebreek van die konvensies wat vantevore as reels geag is Verdere leesstof WysigTwentieth Century Harmony Creative Aspects and Practice by Vincent Persichetti ISBN 0 393 09539 8 Bron WysigHierdie artikel is vertaal vanaf die ooreenstemmende artikel by die Engelse Wikipedia Eksterne skakels WysigHarmoniese progressies met demonstrasies General Principles of Harmony by Alan Belkin Geargiveer 17 September 2010 op Wayback Machine Tonalsoft Encyclopaedia of Tuning Ontsluit van https af wikipedia org w index php title Harmonie amp ol,