Harige gousiektebossie
Die harige gousiektebossie (Vangueria pygmaea Schltr.) is 'n ondergrondse boom wat inheem aan Suid-Afrika is en in KwaZulu-Natal, die oostelike Vrystaat, Noord-Wes, Mpumalanga, Gauteng en Limpopo voorkom. Op die SANBI-rooilys is dit as veilig gelys. Dit word ook in eSwatini, Zambia, Malawi en Zimbabwe aangetref. Dit is 'n struikie van 5 tot 25 cm hoog. Die jong stingels is behaard, maar die ouer stammetjies het 'n boombas met fyn groefies. Dit kry vrugte wat peervormig is 1,5 tot 1,7 cm in deursnee en wat geelbruin tot swart in kleur is. Dit is een van ses spesies wat gousiekte kan veroorsaak. Harige gousiektebossie Wetenskaplike klassifikasie Koninkryk: (geen rang): (geen rang): (geen rang): Orde: Familie: Subfamilie: Tribus: Genus: Spesie: Binomiale naam Vangueria pygmaea Sinonieme
