×
Halogeen
Periode Halogeen
17
1 1
(H)
2 9
F
3 17
Cl
4 35
Br
5 53
I
6 85
At
7 117
Ts

'n Halogeen is 'n chemiese element wat in die 17de kolom van die periodieke tabel voorkom.

Hierdie groep omvat die elemente fluoor (F), chloor (Cl), broom (Br), jodium (I) en die minder bekende en radioaktiewe elemente astaat (At) en tennessien (Ts). Die groep is deel van die p-blok van die hoofgroepelemente.

Die eerste element van die tabel, waterstof (H) word meestal by die alkalimetale gereken, maar dit kan ook hidried-anione (H-) vorm wat amper so groot as 'n chloried-ioon is en vergelykbare strukture vorm. Daarom word hierdie element soms ook as 'n erelid van die halogene beskou, hoewel dit geen p-elektrone het.

Inhoud

Kenmerkend vir hierdie elemente is dat hulle 'n elektronkonfigurasie het waarin die p-subskil amper gevul is: […]np5. Daar ontbreek steeds een elektron om 'n edelgaskonfigurasie te vorm. Dit verklaar waarom hierdie elemente dikwels eenwaardige anione X1- met 'n volle skil […]np6 vorm. 'n Ander gevolg is dat hulle gewoonlik 'n diatomiese molekulêre struktuur besit: F2, Cl2, Br2 en I2 wat 'n enkele kovalente binding het. Dit geld ook vir waterstof H2. Hulle is gasse, behalwe broom wat 'n vloeistof en jodium wat 'n (vlugtige) vastestof is.

  • Fluoor, vloeistof -196 °C

  • Chloor, vloeistof en gas

  • Broom, vloeistof en damp

  • Jodium, damp

  • Jodium vaststof

Deur die slegte afskerming van die p-elektrone wat in hierdie blok reeds opgevul is het die elemente 'n hoë elektronegatiwiteit en is baie reaktief. Dit is veral die geval aan die bokant van die kolom. Fluoor is die element met die hoogste elektronegatiewiteit van alle elemente. Dit is 'n uiters sterke oksidant en vertoon net die oksidasietoestande 0 (in die element) en 1- (in sy verbindings, die fluoriede). Die ander lede van die groep vertoon ook hierdie waardes en vorm chloriede, bromiede en jodiede, maar in teenwoordigheid van 'n element wat elektronegatiewer is as hulself kan ook ander waardes van die oksidasiegetal (OX) bereik word. Byvoorbeeld chloor het OX=7+ in perchloraat ClO4-, 5+ in chloraat ClO3-, 3+ in chloriet ClO2- en 1+ in hipochloriet ClO-.

Met waterstof vorm die elemente HF, HCl, HBr en HI wat almal monoprotiese sure is. Deurdat die jodiumatoom die grootste deursnee het en die elektrostatiese aantrekking van die proton daardeur die minste is, is HI die sterkste suur en HF die swakste. Maar dit wil nie sê dat HF minder gevaarlik of reaktief is nie: dit kan selfs glas oplos.

4 H F + S i O 2 2 H 2 O + S i F 4 {\displaystyle 4HF+SiO_{2}\to 2H_{2}O+SiF_{4}}
BrF5 se kristalstruktuur.

Twee halogene kan reageer en gemengde molekules vorm, byvoorbeeld:

C l 2 + I 2 2 I C l {\displaystyle Cl_{2}+I_{2}\to 2ICl}

Die gevormde stof ICl word 'n interhalogeenverbinding genoem. Van hierdie verbindings vertoon ook ander oksidasietoestande soos BrF5 wat 'n Br(V)-verbinding is.

Daar bestaan party verbindings wat eienskappe besit wat op die halogene s'n lyk, soos (CN)2. Hulle word die pseudohalogene genoem.



Publikasie datum: September 03, 2021

halogeen, periode, chemiese, element, 17de, kolom, periodieke, tabel, voorkom, hierdie, groep, omvat, elemente, fluoor, chloor, broom, jodium, minder, bekende, radioaktiewe, elemente, astaat, tennessien, groep, deel, blok, hoofgroepelemente, eerste, element, t. Periode Halogeen 17 1 1 H 2 9 F3 17 Cl4 35 Br5 53 I6 85 At7 117 Ts n Halogeen is n chemiese element wat in die 17de kolom van die periodieke tabel voorkom Hierdie groep omvat die elemente fluoor F chloor Cl broom Br jodium I en die minder bekende en radioaktiewe elemente astaat At en tennessien Ts Die groep is deel van die p blok van die hoofgroepelemente Die eerste element van die tabel waterstof H word meestal by die alkalimetale gereken maar dit kan ook hidried anione H vorm wat amper so groot as n chloried ioon is en vergelykbare strukture vorm Daarom word hierdie element soms ook as n erelid van die halogene beskou hoewel dit geen p elektrone het Inhoud 1 Kenmerke 2 Fotogalery 3 Eienskappe 4 Waterstofhalogeniede 5 Interhalogeenverbindings 6 Pseudohalogene 7 Eksterne skakelsKenmerke WysigKenmerkend vir hierdie elemente is dat hulle n elektronkonfigurasie het waarin die p subskil amper gevul is np5 Daar ontbreek steeds een elektron om n edelgaskonfigurasie te vorm Dit verklaar waarom hierdie elemente dikwels eenwaardige anione X1 met n volle skil np6 vorm n Ander gevolg is dat hulle gewoonlik n diatomiese molekulere struktuur besit F2 Cl2 Br2 en I2 wat n enkele kovalente binding het Dit geld ook vir waterstof H2 Hulle is gasse behalwe broom wat n vloeistof en jodium wat n vlugtige vastestof is Fotogalery Wysig Fluoor vloeistof 196 C Chloor vloeistof en gas Broom vloeistof en damp Jodium damp Jodium vaststofEienskappe WysigDeur die slegte afskerming van die p elektrone wat in hierdie blok reeds opgevul is het die elemente n hoe elektronegatiwiteit en is baie reaktief Dit is veral die geval aan die bokant van die kolom Fluoor is die element met die hoogste elektronegatiewiteit van alle elemente Dit is n uiters sterke oksidant en vertoon net die oksidasietoestande 0 in die element en 1 in sy verbindings die fluoriede Die ander lede van die groep vertoon ook hierdie waardes en vorm chloriede bromiede en jodiede maar in teenwoordigheid van n element wat elektronegatiewer is as hulself kan ook ander waardes van die oksidasiegetal OX bereik word Byvoorbeeld chloor het OX 7 in perchloraat ClO4 5 in chloraat ClO3 3 in chloriet ClO2 en 1 in hipochloriet ClO Waterstofhalogeniede WysigMet waterstof vorm die elemente HF HCl HBr en HI wat almal monoprotiese sure is Deurdat die jodiumatoom die grootste deursnee het en die elektrostatiese aantrekking van die proton daardeur die minste is is HI die sterkste suur en HF die swakste Maar dit wil nie se dat HF minder gevaarlik of reaktief is nie dit kan selfs glas oplos 4 H F S i O 2 2 H 2 O S i F 4 displaystyle 4HF SiO 2 to 2H 2 O SiF 4 Interhalogeenverbindings Wysig BrF5 se kristalstruktuur Twee halogene kan reageer en gemengde molekules vorm byvoorbeeld C l 2 I 2 2 I C l displaystyle Cl 2 I 2 to 2ICl Die gevormde stof ICl word n interhalogeenverbinding genoem Van hierdie verbindings vertoon ook ander oksidasietoestande soos BrF5 wat n Br V verbinding is Pseudohalogene WysigDaar bestaan party verbindings wat eienskappe besit wat op die halogene s n lyk soos CN 2 Hulle word die pseudohalogene genoem Eksterne skakels Wysig Wikiwoordeboek het n inskrywing vir halogeen H HeLi Be B C N O F NeNa Mg Al Si P S Cl ArK Ca Sc Ti V Cr Mn Fe Co Ni Cu Zn Ga Ge As Se Br KrRb Sr Y Zr Nb Mo Tc Ru Rh Pd Ag Cd In Sn Sb Te I XeCs Ba La Ce Pr Nd Pm Sm Eu Gd Tb Dy Ho Er Tm Yb Lu Hf Ta W Re Os Ir Pt Au Hg Tl Pb Bi Po At RnFr Ra Ac Th Pa U Np Pu Am Cm Bk Cf Es Fm Md No Lr Rf Db Sg Bh Hs Mt Ds Rg Cn Nh Fl Mc Lv Ts OgAlkalimetale Aardalkalimetale Lantaniede Aktiniede Oorgangsmetale Hoofgroepmetale Metalloide Niemetale Halogene Edelgasse Chemie onbekendOntsluit van https af wikipedia org w index php title Halogeen amp ol,