×
Hallusinasie

’n Halusinasie is ’n waarneming sonder ’n eksterne stimulus wat die eienskappe van ’n werklike waarneming het. Hallusinasies is helder en duidelik, en word ervaar as geleë in die eksterne ruimte. Hulle kan onderskei word van verskeie verwante verskynsels, soos ’n droom, wat voorkom as iemand slaap; ’n illusie, wat ’n misvormde of verkeerd vertolkde ware waarneming is; en verbeelding, wat nie ware waarnemings naboots nie en willekeurig beheer kan word. Hallusinasies verskil ook van waanbeelde, waar ’n bykomende (en gewoonlik absurde) betekenis aan ’n korrek waargenome en vertolkde stimulus gegee word.

Halusinasie
Klassifikasie en eksterne bronne
"My oë op die oomblik van die spookgestaltes", deur August Natterer, ’n Duitse kunstenaar wat baie kunswerke van sy hallusinasies geteken het.
ICD-10 R
ICD-9
DiseasesDB
MedlinePlus
MeSH
Mediese waarskuwing

Hallusinasies kan met enige sintuig waargeneem word – dit kan gesien, gehoor, gevoel, geruik en geproe word.

’n Ligte vorm van hallusinasie is ’n "steuring", wat ook met al die sintuie waaergeneem kan word. Dit kan iets wees soos om ’n beweging uit die hoek van jou oog te sien of sagte stemme te hoor. Gehoorhallusinasies kom baie algemeen in skisofrenie voor. Hulle kan goedgunstig wees (en die persoon goeie dinge oor hulleself vertel) of kwaadwillig (en die persoon vloek, ensovoorts).

Hallusinasies wanneer mense deur die slaap is, soos wanneer hulle aan die slaap raak of wakker word, word as normaal beskou. Hallusinasies word ook verbind met dwelmgebruik (veral sekere hallusinogene), te min slaap, psigose, senuwee-aandoenings en delirium tremens.

Die woord "hallusinasie" is afgelei van die Latynse woord alucinari, "om in die gedagtes rond te dwaal".

Inhoud

Hallusinasies kan in verskeie vorme tot uiting kom. Verskillende vorme raak verskillende sintuie. Soms geskied meer as een vorm gelyktydig, en dit skep ’n veelvoudige sintuiglike hallusinasie vir die persoon wat dit ondervind.

Visueel

’n Visuele hallusinasie is die waarneming van ’n eksterne visuele stimulus waar geen stimulus bestaan nie. ’n Aparte, maar soortgelyke, verskynsel is ’n visuele illusie, wat die verwringing van ’n werklike eksterne stimulus is. Visuele hallusinasies kan eenvoudig of kompleks wees:

  • Eenvoudige visuele hallusinasies het betrekking op ligte, kleure, geometriese vorms en ander voorwerpe. Hulle kan verder verdeel word in "fosfene" (hallusinasies sonder struktuur) en "fotopsies", dié met geometriese strukture.
  • Komplekse visuele hallusinasies is duidelike, lewensgetroue beelde of tonele soos mense, plekke, ensovoorts.

Die verskil kan aangedui word met die hallusinasie van ’n kameelperd: ’n Eenvoudige visuele hallusinasie is ’n beeld wat min of meer die vorm van ’n kameelperd het (en dus soos ’n kameelperd lyk), terwyl ’n komplekse visuele hallusinasie ’n lewensgetroue beeld van ’n kameelperd is (en dus onmiskenbaar ’n kameelperd is).

Ouditief

Ouditiewe hallusinasies (ook bekend as "parakoesie") is die waarneming van klank sonder ’n eksterne stimulus. Ouditiewe hallusinasies is die algemeenste vorm van hallusinasies. Dit kan in ’n elementêre en komplekse vorm verdeel word.

  • Elementêre hallusinasies is die waarneming van klanke soos sis- of fluitgeluide. Oorsuising kan ’n elementêre hallusinasie wees, hoewel dit in baie gevalle voorkom weens die hoor van bloed in die are naby die oor. Laasgenoemde geval het ’n fisieke oorsprong en is dus nie ’n hallusinasie nie.
  • Komplekse hallusinasies is die hoor van stemme of musiek wat duidelik of onduidelik kan wees, bekend of onbekend, vriendelik of aggressief. ’n Hallusinasie van een of meer pratende stem word veral verbind met psigotiese steurings soos skisofrenie en is belangrik in die diagnose van dié toestande.

Nog ’n tipiese steuring waar ouditiewe hallusinasies algemeen is, is dissosiale persoonlikheidsteuring. By skisofrenie word stemme gewoonlik waargeneem as buite die persoon, maar in dissosiatiewe steurings word hulle ervaar as komende van binne die persoon: dus as dat hulle kommentaar in die persoon se kop lewer in plaas van stemme agter sy rug. Die diagnose om tussen skisofrenie en dissosiatiewe steurings te onderskei, is moeilik vanweë die baie oorvleuelende simptome, soos hallusinasies. Mense wat nie aan diagnoseerbare geestesiektes ly nie, kan egter ook soms stemme hoor.

Musiekhallusinasies is ook redelik algemeen in terme van komplekse ouditiewe hallusinasies en kan talle oorspronge hê, soos gehoorverlies, ’n sekere soort epilepsie, arterioveneuse wanfunksie, beroerte, gewasse, ensovoorts.

’n Groot verbuik van kafeïen is al verbind met ’n toename in die waarskynlikheid dat iemand ouditiewe hallusinasies kan kry. ’n Studie by die La Trobe-universiteit se Skool vir Sielkundewetenskappe het bevind dat net vyf koppies koffie per dag (sowat 500 mg kafeïen) die verskynsel kan veoroorsaak.

Bevele

Bevelshallusinasies is hallusinasies in die vorm van bevele; hulle kan ouditief wees, of in ’n persoon se bewussyn. Die inhoud kan wissel van onskuldig tot bevele om jouself of iemand anders skade te berokken. Dit word dikwels met skisofrenie verbind. Mense wat bevelshallusinasies hoor, kan daarop reageer of nie, na gelang van die omstandighede. Niegewelddadige bevele word meer dikwels gehoorsaam. Bevelshallusinasies word dikwels aangevoer as rede vir ’n misdaad, soos manslag.

Reuke

"Fantosmie" (reukhallusinasies) is die waarneming van ’n reuk wat nie daar is nie, en "parosmie" (reukillusies) is om ’n werklike reuk waar te neem, maar anders as wat dit onthou word. Dit is meestal nie ernstig nie en gaan later self weg. Dit kan baie oorsake hê, soos ’n neusinfeksie, tandprobleme, migraine, kopbeserings, toevalle, beroerte of breingewasse.

Gevoel

Gevoelshallusinasies is die illusie van iets wat gevoel word, soos ’n drukking op die vel of ander organe. Een soort gevoelshallusinasie, "formikasie" of krieweling, is die sensasie dat insekte onder die vel rondkruip en word veral verbind met langdurige kokaïengebruik. Dit kan egter ook die gevolg wees van normale hormoonveranderings soos menopouse, kanker, hoë koors of ander toestande.

Smaak

Smaakhallusinasies kom voor wanneer iemand iets proe sonder ’n stimulus. Dié hallusinasies, wat gewoonlik onaangenaam is, kom redelik algemeen voor by mense met sekere soorte epilepsie.

Algemene somatiese sensasies

Algemene somatiese (liggaamlike) sensasies van ’n hallusinatoriese aard word ondervind wanneer iemand voel sy liggaam word vermink: gedraai of geskeur of die ingewande word uitgehaal. Ander aangetekende gevalle is van die binnedringing van diere in ’n persoon se interne organe soos slange in die maag of paddas in die rektum. Die algemene gevoel dat iemand se liggaam ontbind, val ook hieronder.

Daar is ’n paar behandelings vir baie soorte hallusinasies. Vir dié wat deur ’n geestesiekte veroorsaak word, moet ’n sielkundige of psigiater gespreek word, en behandeling sal volgens hulle waarnemings geskied. Antipsigotiese medisynes kan gebruik word om siektes te behandel.

Daar is geen wetenskaplike bewyse dat ’n enkele behandeling vir ander oorsake van hallusinasies bestaan nie. Om weg te bly van hallusinogene middels en stimulante, om stresvlakke te beheer, gesond te lewe en genoeg slaap te kry kan die kans op hallusinasies verklein. In alle gevalle van hallusinasies moet mediese advies ingewin word.

  1. Leo P.W. Chiu (1989). (PDF). Journal of the Hong Kong Medical Association. t 41 (3): 292–7.
  2. Chen E, Berrios GE (1996). "Recognition of hallucinations: a multidimensional model and methodology". Psychopathology. 29 (1): 54–63. doi:. PMID .
  3. Pelak, Victoria. . www.uptodate.com. vanaf die oorspronklike op 2014-08-26. Besoek op2014-08-25.
  4. . thefreedictionary.com.
  5. Nolen-Hoeksema, Susan (2014). Abnormal Psychology (6de uitg.). McGraw-Hill. p. 283.
  6. Shibayama M (2011). "Differential diagnosis between dissociative disorders and schizophrenia". Seishin Shinkeigaku Zasshi. 113 (9): 906–911. PMID .
  7. Thompson, Andrea (September 15, 2006). . LiveScience.com. vanaf die oorspronklike op 2 November 2006. Besoek op2006-11-25.
  8. Engmann, Birk; Reuter, Mike: "Spontaneous perception of melodies – hallucination or epilepsy?" Nervenheilkunde 28 April 2009: 217-221.
  9. Ozsarac M, Aksay E, Kiyan S, Unek O, Gulec FF (2012). "De novo cerebral arteriovenous malformation: Pink Floyd's song "Brick in the Wall" as a warning sign". The Journal of Emergency Medicine. 43 (1): e17–20. doi:. PMID .
  10. . ScienceDaily.com. 9 Augustus 2000. vanaf die oorspronklike op 5 Desember 2006. Besoek op2006-12-31.
  11. 11 Maart 2013 op Wayback Machine
  12. Beck-Sander A, Birchwood M, Chadwick P (1997). "Acting on command hallucinations: A cognitive approach". The British Journal of Clinical Psychology. 36 (1): 139–48. doi:. PMID .
  13. Lee TM, Chong SA, Chan YH, Sathyadevan G (2004). . The Canadian Journal of Psychiatry. 49 (12): 838–42. doi:. PMID .
  14. Knoll, James L.; Resnick, Phillip J. (2008). "Insanity Defense Evaluations: Toward a Model for Evidence-Based Practice". Brief Treatment and Crisis Intervention. 8 (1): 92–110. CiteSeerX. doi:.
  15. HealthUnlocked (2014), , archived from on 2 Augustus 2016, , besoek op 6 Augustus 2016
  16. Hong, Seok-Chan; Holbrook, Eric H.; Leopold, Donald A.; Hummel, Thomas (2012), "Distorted Olfactory Perception: A Systematic Review", Acta Oto-Laryngologica Supplementum 132 (S1): S27, doi:, PMID
  17. Leopold, D. A. (2002), "Distortion of Olfactory Perception: Diagnosis and Treatment", Chemical Senses 27 (7): 611–615, doi:, PMID
  18. Berrios GE (April 1982). . Journal of Neurology, Neurosurgery, and Psychiatry. 45 (4): 285–93. doi:. PMC. PMID .
  19. Panayiotopoulos CP (2007). A clinical guide to epileptic syndromes and their treatment (2de uitg.). Londen: Springer. ISBN 978-1846286438.
  20. Barker P (1997). Assessment in psychiatric and mental health nursing: in search of the whole person. Cheltenham, UK: Stanley Thornes Publishers. p. 245. ISBN 978-0748731749.
  • Johnson FH (1978). The Anatomy of Hallucinations. Chicago: Nelson-Hall Co.ISBN 0-88229-155-6.
  • Bentall RP, Slade PD (1988). Sensory Deception: A Scientific Analysis of Hallucination. Londen: Croom Helm.ISBN 0-7099-3961-2.
  • Aleman A, Larøi F (2008). Hallucinations: The Science of Idiosyncratic Perception. American Psychological Association (APA).ISBN 1-4338-0311-9.
  • Sacks O (2012). Hallucinations. New York: Alfred A. Knopf.ISBN 978-0307957245
  • . psychanalyse-paris.com. November 4, 2006. Besoek op4 Oktober 2016.

Publikasie datum: Augustus 03, 2021

hallusinasie, halusinasie, waarneming, sonder, eksterne, stimulus, eienskappe, werklike, waarneming, helder, duidelik, word, ervaar, geleë, eksterne, ruimte, hulle, onderskei, word, verskeie, verwante, verskynsels, soos, droom, voorkom, iemand, slaap, illusie,. n Halusinasie is n waarneming sonder n eksterne stimulus wat die eienskappe van n werklike waarneming het Hallusinasies is helder en duidelik en word ervaar as gelee in die eksterne ruimte Hulle kan onderskei word van verskeie verwante verskynsels soos n droom wat voorkom as iemand slaap n illusie wat n misvormde of verkeerd vertolkde ware waarneming is en verbeelding wat nie ware waarnemings naboots nie en willekeurig beheer kan word 1 Hallusinasies verskil ook van waanbeelde waar n bykomende en gewoonlik absurde betekenis aan n korrek waargenome en vertolkde stimulus gegee word HalusinasieKlassifikasie en eksterne bronne My oe op die oomblik van die spookgestaltes deur August Natterer n Duitse kunstenaar wat baie kunswerke van sy hallusinasies geteken het ICD 10 R44ICD 9 780 1DiseasesDB 19769MedlinePlus 003258MeSH D006212Mediese waarskuwing Hallusinasies kan met enige sintuig waargeneem word dit kan gesien gehoor gevoel geruik en geproe word n Ligte vorm van hallusinasie is n steuring wat ook met al die sintuie waaergeneem kan word Dit kan iets wees soos om n beweging uit die hoek van jou oog te sien of sagte stemme te hoor Gehoorhallusinasies kom baie algemeen in skisofrenie voor Hulle kan goedgunstig wees en die persoon goeie dinge oor hulleself vertel of kwaadwillig en die persoon vloek ensovoorts Hallusinasies wanneer mense deur die slaap is soos wanneer hulle aan die slaap raak of wakker word word as normaal beskou Hallusinasies word ook verbind met dwelmgebruik veral sekere hallusinogene te min slaap psigose senuwee aandoenings en delirium tremens Die woord hallusinasie is afgelei van die Latynse woord alucinari om in die gedagtes rond te dwaal Inhoud 1 Klassifikasie 1 1 Visueel 1 2 Ouditief 1 3 Bevele 1 4 Reuke 1 5 Gevoel 1 6 Smaak 1 7 Algemene somatiese sensasies 2 Behandeling 3 Verwysings 4 Verdere leesstof 5 SkakelsKlassifikasie WysigHallusinasies kan in verskeie vorme tot uiting kom 2 Verskillende vorme raak verskillende sintuie Soms geskied meer as een vorm gelyktydig en dit skep n veelvoudige sintuiglike hallusinasie vir die persoon wat dit ondervind Visueel Wysig n Visuele hallusinasie is die waarneming van n eksterne visuele stimulus waar geen stimulus bestaan nie 3 n Aparte maar soortgelyke verskynsel is n visuele illusie wat die verwringing van n werklike eksterne stimulus is Visuele hallusinasies kan eenvoudig of kompleks wees Eenvoudige visuele hallusinasies het betrekking op ligte kleure geometriese vorms en ander voorwerpe Hulle kan verder verdeel word in fosfene hallusinasies sonder struktuur en fotopsies die met geometriese strukture Komplekse visuele hallusinasies is duidelike lewensgetroue beelde of tonele soos mense plekke ensovoorts Die verskil kan aangedui word met die hallusinasie van n kameelperd n Eenvoudige visuele hallusinasie is n beeld wat min of meer die vorm van n kameelperd het en dus soos n kameelperd lyk terwyl n komplekse visuele hallusinasie n lewensgetroue beeld van n kameelperd is en dus onmiskenbaar n kameelperd is Ouditief Wysig Ouditiewe hallusinasies ook bekend as parakoesie 4 is die waarneming van klank sonder n eksterne stimulus Ouditiewe hallusinasies is die algemeenste vorm van hallusinasies 5 Dit kan in n elementere en komplekse vorm verdeel word Elementere hallusinasies is die waarneming van klanke soos sis of fluitgeluide Oorsuising kan n elementere hallusinasie wees hoewel dit in baie gevalle voorkom weens die hoor van bloed in die are naby die oor Laasgenoemde geval het n fisieke oorsprong en is dus nie n hallusinasie nie Komplekse hallusinasies is die hoor van stemme of musiek wat duidelik of onduidelik kan wees bekend of onbekend vriendelik of aggressief n Hallusinasie van een of meer pratende stem word veral verbind met psigotiese steurings soos skisofrenie en is belangrik in die diagnose van die toestande Nog n tipiese steuring waar ouditiewe hallusinasies algemeen is is dissosiale persoonlikheidsteuring By skisofrenie word stemme gewoonlik waargeneem as buite die persoon maar in dissosiatiewe steurings word hulle ervaar as komende van binne die persoon dus as dat hulle kommentaar in die persoon se kop lewer in plaas van stemme agter sy rug Die diagnose om tussen skisofrenie en dissosiatiewe steurings te onderskei is moeilik vanwee die baie oorvleuelende simptome soos hallusinasies 6 Mense wat nie aan diagnoseerbare geestesiektes ly nie kan egter ook soms stemme hoor 7 Musiekhallusinasies is ook redelik algemeen in terme van komplekse ouditiewe hallusinasies en kan talle oorspronge he soos gehoorverlies n sekere soort epilepsie 8 arterioveneuse wanfunksie 9 beroerte gewasse ensovoorts 10 n Groot verbuik van kafeien is al verbind met n toename in die waarskynlikheid dat iemand ouditiewe hallusinasies kan kry n Studie by die La Trobe universiteit se Skool vir Sielkundewetenskappe het bevind dat net vyf koppies koffie per dag sowat 500 mg kafeien die verskynsel kan veoroorsaak 11 Bevele Wysig Bevelshallusinasies is hallusinasies in die vorm van bevele hulle kan ouditief wees of in n persoon se bewussyn 12 Die inhoud kan wissel van onskuldig tot bevele om jouself of iemand anders skade te berokken 12 Dit word dikwels met skisofrenie verbind Mense wat bevelshallusinasies hoor kan daarop reageer of nie na gelang van die omstandighede Niegewelddadige bevele word meer dikwels gehoorsaam 13 Bevelshallusinasies word dikwels aangevoer as rede vir n misdaad soos manslag 14 Reuke Wysig Fantosmie reukhallusinasies is die waarneming van n reuk wat nie daar is nie 15 en parosmie reukillusies is om n werklike reuk waar te neem maar anders as wat dit onthou word 16 Dit is meestal nie ernstig nie en gaan later self weg 15 Dit kan baie oorsake he soos n neusinfeksie tandprobleme migraine kopbeserings toevalle beroerte of breingewasse 15 17 Gevoel Wysig Gevoelshallusinasies is die illusie van iets wat gevoel word soos n drukking op die vel of ander organe Een soort gevoelshallusinasie formikasie of krieweling is die sensasie dat insekte onder die vel rondkruip en word veral verbind met langdurige kokaiengebruik 18 Dit kan egter ook die gevolg wees van normale hormoonveranderings soos menopouse kanker hoe koors of ander toestande 18 Smaak Wysig Smaakhallusinasies kom voor wanneer iemand iets proe sonder n stimulus Die hallusinasies wat gewoonlik onaangenaam is kom redelik algemeen voor by mense met sekere soorte epilepsie 19 20 Algemene somatiese sensasies Wysig Algemene somatiese liggaamlike sensasies van n hallusinatoriese aard word ondervind wanneer iemand voel sy liggaam word vermink gedraai of geskeur of die ingewande word uitgehaal Ander aangetekende gevalle is van die binnedringing van diere in n persoon se interne organe soos slange in die maag of paddas in die rektum Die algemene gevoel dat iemand se liggaam ontbind val ook hieronder 20 Behandeling WysigDaar is n paar behandelings vir baie soorte hallusinasies Vir die wat deur n geestesiekte veroorsaak word moet n sielkundige of psigiater gespreek word en behandeling sal volgens hulle waarnemings geskied Antipsigotiese medisynes kan gebruik word om siektes te behandel Daar is geen wetenskaplike bewyse dat n enkele behandeling vir ander oorsake van hallusinasies bestaan nie Om weg te bly van hallusinogene middels en stimulante om stresvlakke te beheer gesond te lewe en genoeg slaap te kry kan die kans op hallusinasies verklein In alle gevalle van hallusinasies moet mediese advies ingewin word Verwysings Wysig Leo P W Chiu 1989 Differential diagnosis and management of hallucinations PDF Journal of the Hong Kong Medical Association t 41 3 292 7 Chen E Berrios GE 1996 Recognition of hallucinations a multidimensional model and methodology Psychopathology 29 1 54 63 doi 10 1159 000284972 PMID 8711076 Pelak Victoria Approach to the patient with visual hallucinations www uptodate com Geargiveer vanaf die oorspronklike op 2014 08 26 Besoek op 2014 08 25 Paracusia thefreedictionary com Nolen Hoeksema Susan 2014 Abnormal Psychology 6de uitg McGraw Hill p 283 Shibayama M 2011 Differential diagnosis between dissociative disorders and schizophrenia Seishin Shinkeigaku Zasshi 113 9 906 911 PMID 22117396 Thompson Andrea September 15 2006 Hearing Voices Some People Like It LiveScience com Geargiveer vanaf die oorspronklike op 2 November 2006 Besoek op 2006 11 25 Engmann Birk Reuter Mike Spontaneous perception of melodies hallucination or epilepsy Nervenheilkunde 28 April 2009 217 221 0722 1541 Ozsarac M Aksay E Kiyan S Unek O Gulec FF 2012 De novo cerebral arteriovenous malformation Pink Floyd s song Brick in the Wall as a warning sign The Journal of Emergency Medicine 43 1 e17 20 doi 10 1016 j jemermed 2009 05 035 PMID 19682829 Rare Hallucinations Make Music In The Mind ScienceDaily com 9 Augustus 2000 Geargiveer vanaf die oorspronklike op 5 Desember 2006 Besoek op 2006 12 31 Medical News Today Too Much Coffee Can Make You Hear Things That Are Not There Geargiveer 11 Maart 2013 op Wayback Machine 12 0 12 1 Beck Sander A Birchwood M Chadwick P 1997 Acting on command hallucinations A cognitive approach The British Journal of Clinical Psychology 36 1 139 48 doi 10 1111 j 2044 8260 1997 tb01237 x PMID 9051285 Lee TM Chong SA Chan YH Sathyadevan G 2004 Command hallucinations among Asian patients with schizophrenia The Canadian Journal of Psychiatry 49 12 838 42 doi 10 1177 070674370404901207 PMID 15679207 Knoll James L Resnick Phillip J 2008 Insanity Defense Evaluations Toward a Model for Evidence Based Practice Brief Treatment and Crisis Intervention 8 1 92 110 CiteSeerX 10 1 1 606 6552 doi 10 1093 brief treatment mhm024 15 0 15 1 15 2 HealthUnlocked 2014 Phantosmia Smelling Odours That Aren t There archived from the original on 2 Augustus 2016 https web archive org web 20160802124224 http www nhs uk conditions phantosmia Pages Introduction aspx besoek op 6 Augustus 2016 Hong Seok Chan Holbrook Eric H Leopold Donald A Hummel Thomas 2012 Distorted Olfactory Perception A Systematic Review Acta Oto Laryngologica Supplementum 132 S1 S27 doi 10 3109 00016489 2012 659759 PMID 22582778 Leopold D A 2002 Distortion of Olfactory Perception Diagnosis and Treatment Chemical Senses 27 7 611 615 doi 10 1093 chemse 27 7 611 PMID 12200340 18 0 18 1 Berrios GE April 1982 Tactile hallucinations conceptual and historical aspects Journal of Neurology Neurosurgery and Psychiatry 45 4 285 93 doi 10 1136 jnnp 45 4 285 PMC 491362 PMID 7042917 Panayiotopoulos CP 2007 A clinical guide to epileptic syndromes and their treatment 2de uitg Londen Springer ISBN 978 1846286438 20 0 20 1 Barker P 1997 Assessment in psychiatric and mental health nursing in search of the whole person Cheltenham UK Stanley Thornes Publishers p 245 ISBN 978 0748731749 Verdere leesstof WysigJohnson FH 1978 The Anatomy of Hallucinations Chicago Nelson Hall Co ISBN 0 88229 155 6 Bentall RP Slade PD 1988 Sensory Deception A Scientific Analysis of Hallucination Londen Croom Helm ISBN 0 7099 3961 2 Aleman A Laroi F 2008 Hallucinations The Science of Idiosyncratic Perception American Psychological Association APA ISBN 1 4338 0311 9 Sacks O 2012 Hallucinations New York Alfred A Knopf ISBN 978 0307957245Skakels WysigHearing Voices Network Anthropology and Hallucinations chapter from The Making of Religion psychanalyse paris com November 4 2006 Besoek op 4 Oktober 2016 The voice inside A practical guide to coping with hearing voices Hallucination A Normal Phenomenon Fasting induced hallucination Geometric visual hallucinations Euclidean symmetry and the functional architecture of striate cortex Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Hallusinasie Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik uit die Engelse Wikipedia vertaal Ontsluit van https af wikipedia org w index php title Hallusinasie amp ol,