fbpx
Wikipedia

Haïti

Haïti (Frans: Haïti, [a.iti]; Haïtiaanse Kreools: Ayiti, [ajiti]), amptelik die Republiek Haïti (Frans: République d'Haïti; Haïtiaanse Kreools: Repiblik Ayiti),[8] is 'n eilandnasie met 'n oppervlakte van 27 750 vierkante kilometer en 'n bevolking van 11 123 178 (2018) wat die westelike gedeelte van Hispaniola, een van die eilande van die Groot Antille in die Karibiese See, beslaan. Dit grens in die ooste aan die Dominikaanse Republiek.[9]

République d'Haïti (Frans)
Repiblik Ayiti (Haïtiaanse Kreools)
Republiek Haïti
Vlag Wapen
Nasionale leuse: Liberté, égalité, fraternité[1] (fr)
Libète, Egalite, Fratènite (Haïtiaanse Kreools)
(Afrikaans: "Vryheid, Gelykheid, Broederskap")
Tradisionele leuse op die wapen:
L'union fait la force (fr)
Inite se fòs[2] (Haïtiaanse Kreools)
(Afrikaans: "Eenheid is krag")
Volkslied: La Dessalinienne (fr)
Desalinyèn (Haïtiaanse Kreools)
(Afrikaans: "Die Dessalinienne-lied")
Hoofstad Port-au-Prince

18°32′N 72°20′W / 18.533°N 72.333°W / 18.533; -72.333

Grootste stad Port-au-Prince
Amptelike tale Frans en Haïtiaanse Kreools
Regering Unitêre semi-presidensiële
grondwetlike republiek
Claude Joseph
Ariel Henry
Onafhanklikheid
• Verklaar
• Erken
• Eerste Keiserryk
• Suidelike Republiek
• Noordelike Staat
• Koninkryk
• Unifikasie van Hispaniola
• Tweede Keiserryk
• Republiek
• Huidige grondwet
van Frankryk
1 Januarie 1804
17 April 1825
22 September 1804
9 Maart 1806
17 Oktober 1806
28 Maart 1811
1822–1844
26 Augustus 1849
15 Januarie 1859
29 Maart 1987
Oppervlakte
 - Totaal
 
 - Water (%)
 
27 750 km2  (143ste)
10 710 myl2
0,7
Bevolking
 - 2018-skatting
 - Digtheid
 
11 123 178[3][4] (85ste)
382 / km2 (32ste)
989,4 / myl2
BBP (KKP)
 - Totaal
 - Per capita
2020-skatting

$21,801 miljard[5] (144ste)
$1 916[5] (174ste)

BBP (nominaal)
 - Totaal
 - Per capita
2020-skatting

$8,709 miljard[5] (139ste)
$765[5] (172ste)

MOI (2018) 0,503[6] (169ste)  –  laag
Gini (2012) 41,1[7] –  baie hoog
Geldeenheid Gourde (HTG)
Tydsone
 - Somertyd
OTS (UTC-5)
ODT (UTC-4)
Internet-TLD .ht
Skakelkode +509
Nasa-Satellietbeeld van Haïti

Die landsnaam het sy oorsprong in die taal van die Taíno, die indigene bevolking van Hispaniola, en beteken "bergagtige land". Die huidige bevolking is merendeels nakomelinge van swart Afrikane. Die hoofstad en grootste stad is Port-au-Prince. Haïti is die tweede mees bevolkte land van die Karibiese gebied, net ná Kuba en nog voor die buurland Dominikaanse Republiek.

Haïti is die enigste staat in Noord- en Suid-Amerika wat by die minste ontwikkelde lande (LDC) gereken word. Naas sy onderontwikkelde ekonomie word Haïti se onstabiele politieke klimaat en veiligheidssituasie as sorgwekkend beskou. Daar het onder meer voorvalle van onluste oor hoë voedselpryse voorgekom – die plaaslike landbousektor kan nie in die land se basiese voedselbehoeftes voorsien nie sodat groot bedrae aan buitelandse valuta aan agrariese invoere bestee moet word (waaronder jaarliks sowat 800 miljoen VSA-$ vir rys).[10] Sowat drie miljoen Haïtiane was reeds genoodsaak om 'n heenkome in die buiteland te vind.

Op 12 Januarie 2010 om 4:53 nm plaaslike tyd het 'n sterk aardbewing Haïti getref en die land se infrastruktuur grotendeels vernietig. Die episentrum was naby Port-au-Prince.

Geografie en klimaat

 
'n Kaart van Haïti
 
'n Topografiese kaart van Haïti

Die Republiek Haïti beslaan die westelike derde van die Karibiese eiland Hispaniola asook 'n aantal eilande langs sy kuslyn soos die Île de la Tortue en die Île de la Gonâve. Die land bestaan hoofsaaklik uit twee lang gestrekte skiereilande wat deur die Golf van Gonâve van mekaar geskei word. Die twee skiereilande word deur 'n aantal bergreekse en valleie oorheers.

Die Morne de la Selle (2 680 meter) is die hoogste bergpiek in Haïti en die vierde hoogste in die Karibiese eilandgroep. Dit is in die bergreeks Sierra de Bahoruco in die suidooste van die land geleë, naby die grens met die Dominikaanse Republiek waar die landskap al hoe meer bergagtig word. In die sentrale dele van Haïti bereik die bergpieke maksimale hoogtes van tussen 1 500 en 1 800 meter bo seevlak, terwyl hulle in die Massif du Sud op die Tiburon-skiereiland tot by hoogtes van sowat 2 400 meter verrys.

Die natuurlike flora is lankal as gevolg van grootskaalse ontbossing vernietig sodat bosgebiede tans nog slegs sowat een persent van die totale oppervlakte beslaan en groot dele van die land deur erosie bedreig word. Daarnaas vorm sterk tektoniese aktiwiteit met die gepaardgaande aardbewings asook oorstromings en werwelstorms 'n konstante bedreiging vir die bewoners.

Haïti is in 'n oorgangsgebied tussen die subtropiese en tropiese sone geleë en word deur 'n wisselvogtige (matig droë) klimaat met 'n droë seisoen tussen Desember en Maart gekenmerk. Die boslose berggebiede aan die lykant kry jaarliks tot by 2 400 millimeter reën, terwyl in die vlaktes en valleie net omstreeks 300 millimeter neerslae aangeteken word.

Geskiedenis

Die pad na onafhanklikheid

 
Die vyf caciquedoms van Hispaniola ten tyde van die aankoms van Christophorus Columbus

Die eiland Hispaniola is in 1492 deur Christophorus Columbus namens die Spaanse Kroon in besit geneem. In 1697 is die Spanjaarde gedwing om die westelike gedeelte van die eiland (sowat 'n derde van die totale oppervlakte) aan Frankryk af te staan. Die grondgebruik het oorwegend uit suikerrietplantasies bestaan. Terwyl slawe uit Afrika vir die harde werk op die plantasies ingespan is, het die eienaars groot rykdomme verwerf.

As gevolg van die Franse Rewolusie en die slawebevryding het die swart en kleurlingbevolking van Haïti in 1791 in opstand teen die Franse koloniale bewind gekom. In 1804 het Jean-Jacques Dessalines homself tot keiser van Haïti laat uitroep. Toe hy later vermoor is, het Spanje sy kans gegryp om sy vroeëre besitting te herower. In die suide van die land het 'n kleurlingrepubliek tot stand gekom, terwyl die swart bevolking in die noorde 'n eie staat gestig het. Die twee landsdele is in 1820 in 'n gemeenskaplike staat verenig en het in 1822 ook die Spaanse gebiede in die ooste van Hispaniola ingeneem. Hierdie gebiede het nogtans in 1844 as Dominikaanse Republiek weer hul onafhanklikheid van Haïti verklaar. Haïti het tussen 1849 en 1859 weer na 'n monargiese stelsel met 'n keiser as staatshoof teruggekeer. Daarna is die land deur burgeroorloë ontwrig.

Diktatuur en korrupsie

 
François Duvalier in 1968

Die Verenigde State het Haïti vanweë sy politieke onstabiliteit in die tydperk tussen 1915 en 1934 beset. Tussen 1957 en 1986 het François Duvalier (wat in die volksmond "Papa Doc" genoem is, 1907–1971) en sy seun Jean-Claude ("Baby Doc", * 1951) die land as diktatore oorheers. Hul bewind het Haïti se ekonomie in chaos gedompel.

Die opposisieleier Jean Bertrand Aristide, 'n Rooms-Katolieke priester, is in 1990 as nuwe staatshoof verkies, maar reeds een jaar later in 'n militêre staatsgreep ontmagtig. Danksy Amerikaanse steun het hy die presidentsamp vanaf 1994 weer beklee. In 1995 is Réné Préval as sy opvolger verkies, tog het Aristide die volgende verkiesing in 2000 weer gewen. Sy bewind was deur sistemiese korrupsie gekenmerk, en vanaf 2003 was Haïti die skouplek van massabetogings en gewelddadige onluste wat tot 'n ope rebellie teen die regering gegroei het. In 2004 het Aristide as staatshoof bedank en na die buiteland gevlug. Die Verenigde Nasies se Veiligheidsraad het 'n vredesmag in die land ontplooi om die oorgangsregering se stappe om demokrasie te konsolideer te steun. Réné Préval het die presidentsverkiesing van 2006 gewen en op 14 Mei 2011 word die sanger Michel Martelly president. Hy is op 7 Februarie 2017 deur die sakeman Jovenel Moïse opgevolg.

Demografie

 
Die nedersetting Cap Haïtien

Die huidige Haïtiaanse bevolking is oorwegend nakomelinge van slawe wat deur die koloniale Franse bewindhebbers as plantasiewerkers vanuit Afrika na die Karibiese land gebring is. Ook die plaaslike Vodou-godsdiens het sy oorsprong in Wes-Afrika.

Sowat 'n derde van die bevolking (35 persent) is kleurlinge, terwyl blankes 'n klein minderheid vorm.[11] Ander statistieke toon afwykende proporsies met tot 95 persent swartes en vyf persent kleurlinge en blankes.[12]

Byna veertig persent van die Haïtiaanse bevolking is verstedelik, terwyl vier vyfdes van die landelike bevolking onder die broodlyn leef. Die bevolkingsgroeikoers is die hoogste in Latyns-Amerika en word net deur 'n eweneens hoë babasterftekoers verminder. Met ruim 53 jaar het Haïtiane die laagste lewensverwagting van alle Karibiese lande. Meer as die helfte van die bevolking is ongeletterd.

Ekonomie

Algemene situasie

 
'n Kind op 'n vullishoop in die krotbuurte van Cité Soleil

Haiti word as die armste land in die Westelike Halfrond beskou – die jaarlikse per capita-inkomste het in 2007 sowat 600 VSA-$ beloop. Sowat tagtig persent van die bevolking moet met minder as 2 VSA-$ per dag oorleef, die helfte van alle Haïtiane het selfs minder as 1 VSA-$ per dag.[13]

Op die Verenigde Nasies se Menslike-ontwikkelingsindeks (MOI) word Haïti as die 146ste van 177 lande geranglys. Die land is tot 'n groot mate afhanklik van finansiële en tegniese steun uit die buiteland. Sowat tagtig persent van alle staatsbeleggings en veertig persent van die nasionale begroting word tans uit buitelandse bronne gefinansieer. Haïti se infrastruktuur, openbare dienste, onderwys- en gesondheidsstelsel is nog onderontwikkeld.

Daarnaas het ook natuurrampe soos oorstromings en siklone, wat die land in 2008 getref het, en die sterk aardbewing van Januarie 2010 daartoe bygedra dat Haïti se ekonomiese situasie nie verbeter het nie.

Geldeenheid en bruto binnelandse produk

 
10 Gourdes vanaf 1949

Die nasionale geldeenheid, die Gourde, fluktueer sterk teenoor ander geldeenhede. Die inflasiekoers het in laat 2007 sowat tien persent beloop.

Die bruto binnelandse produk (BBP) het in 2008 tot 6,7 miljard VSA-$ gestyg (in vergelyking met 6,1 miljard VSA-$ in 2007, 5,0 miljard VSA-$ in 2006 en 4,2 miljard VSA-$ in 2005). Sowat 'n vyfde van Haïti se BBP (meer as 1 miljard VSA-$) is afkomstig van geld wat Haïtiaanse burgers uit die buiteland huis toe stuur. In 2004 het die landbousektor (waarin sestig persent van die ekonomies aktiewe bevolking werksaam is) 27 persent tot die BBP bygedra, die nywerheidsektor 17 persent en die dienstesektor 55 persent.[14]

In Junie 2009 is danksy die HIPC-inisiatief 1,2 miljard VSA-$ van Haïti se buitelandse skuldlas gekanselleer. Die amptelike skuldlas beloop tans nog 700 miljoen VSA-$. Daarnaas het die land se tekstielbedryf volgens die HOPE II-program (Haitian Hemispheric Opportunity through Partnership Encouragement) bevoorregte toegang tot die Amerikaanse mark.

Buitelandse handel

 
Die Labadee

Haïti se handelsbalans word deur 'n konstante tekort gekenmerk – in 2007 is goedere ter waarde van 1,837 miljard VSA-$ ingevoer, terwyl uitvoere slegs 558,9 miljoen VSA-$ beloop het. Belangrike invoergoedere sluit voedsel, verwerkte goedere en masjiene asook brandstowwe en onverwerkte hulpbronne in. Haïti se uitvoere bestaan hoofsaaklik uit tekstiele en landbouprodukte soos olies, kakao, veselperskes en koffie.

Die Verenigde State is steeds die beduidendste handelsvennoot – sowat die helfte van die Haïtiaanse invoere kom uit die VSA, en sowat tagtig persent van alle uitvoere is vir die Amerikaanse mark bestem. Ander beduidende handelsvennote ten opsigte van invoere is die Nederlandse Antille (15 persent), Colombia en Maleisië (vyf persent).

Die belangrikste buitelandse markte vir Haïtiaanse uitvoere is die Dominikaanse Republiek (tien persent van alle uitvoere), Kanada (drie persent) en Meksiko (1,5 persent).

Verwysings

  1. (fr) "Artikel 4 van die Haïtiaanse Grondwet". Haiti-reference.com. Besoek op 30 Maart 2020.
  2. "After The Group Of G8, Now Come G30 Headed By Louko Desir". Haiti Observer (in Engels). vanaf die oorspronklike op 2 September 2019. Besoek op 30 Maart 2020.
  3. "World Population prospects – Population division". Verenigde Nasies se Departement van Ekonomiese en Maatskaplike Sake, Bevolkingsafdeling (in Engels). Verenigde Nasies. vanaf die oorspronklike op 17 Mei 2020. Besoek op 30 Maart 2020.
  4. "Overall total population – World Population Prospects: The 2019 Revision" (xslx). Verenigde Nasies se Departement van Ekonomiese en Maatskaplike Sake, Bevolkingsafdeling (custom data acquired via website) (in Engels). Verenigde Nasies. vanaf die oorspronklike op 18 Februarie 2020. Besoek op 30 Maart 2020.
  5. 5,0 5,1 5,2 5,3 (en) "Haiti". Internasionale Monetêre Fonds. Oktober 2019. Besoek op 30 Maart 2020.
  6. "2019 Human Development Index Ranking" (in Engels). United Nations Development Programme. 2019. vanaf die oorspronklike op 16 Mei 2020. Besoek op 30 Maart 2020.
  7. "Gini Index" (in Engels). Wêreldbank. vanaf die oorspronklike op 21 April 2020. Besoek op 30 Maart 2020.
  8. "Konstitisyon Repiblik Ayiti 1987" (in Frans). Ufdc.ufl.edu. vanaf die oorspronklike op 27 Junie 2019. Besoek op 30 Maart 2020.
  9. "Hispaniola" (in Engels). Encyclopædia Britannica. vanaf die oorspronklike op 1 Mei 2020. Besoek op 30 Maart 2020.
  10. (de) Der Fischer Weltalmanach 2009. Frankfurt am Main: Fischer Taschenbuch Verlag 2008, bl. 211
  11. (de) Der Fischer Weltalmanach 2009, bl. 211
  12. "Haiti". CIA World Factbook (in Engels). Central Intelligence Agency. vanaf die oorspronklike op 6 Mei 2020. Besoek op 30 Maart 2020.
  13. (de) Duitse Departement van Buitelandse Sake: Haïti – Ekonomie 16 Januarie 2010 op Wayback Machine
  14. (de) Der Fischer Weltalmanach 2009, bl. 211

Eksterne skakels

Haïti
haïti, frans, aanse, kreools, ayiti, ajiti, amptelik, republiek, frans, république, aanse, kreools, repiblik, ayiti, eilandnasie, oppervlakte, vierkante, kilometer, bevolking, 2018, westelike, gedeelte, hispaniola, eilande, groot, antille, karibiese, beslaan, . Haiti Frans Haiti a iti Haitiaanse Kreools Ayiti ajiti amptelik die Republiek Haiti Frans Republique d Haiti Haitiaanse Kreools Repiblik Ayiti 8 is n eilandnasie met n oppervlakte van 27 750 vierkante kilometer en n bevolking van 11 123 178 2018 wat die westelike gedeelte van Hispaniola een van die eilande van die Groot Antille in die Karibiese See beslaan Dit grens in die ooste aan die Dominikaanse Republiek 9 Republique d Haiti Frans Repiblik Ayiti Haitiaanse Kreools Republiek Haiti Vlag WapenNasionale leuse Liberte egalite fraternite 1 fr Libete Egalite Fratenite Haitiaanse Kreools Afrikaans Vryheid Gelykheid Broederskap Tradisionele leuse op die wapen L union fait la force fr Inite se fos 2 Haitiaanse Kreools Afrikaans Eenheid is krag Volkslied La Dessalinienne fr Desalinyen Haitiaanse Kreools Afrikaans Die Dessalinienne lied source source track track track track Hoofstad Port au Prince 18 32 N 72 20 W 18 533 N 72 333 W 18 533 72 333Grootste stad Port au PrinceAmptelike tale Frans en Haitiaanse KreoolsRegering President Eerste minister Unitere semi presidensielegrondwetlike republiekClaude JosephAriel HenryOnafhanklikheid Verklaar Erken Eerste Keiserryk Suidelike Republiek Noordelike Staat Koninkryk Unifikasie van Hispaniola Tweede Keiserryk Republiek Huidige grondwet van Frankryk1 Januarie 180417 April 182522 September 18049 Maart 180617 Oktober 180628 Maart 18111822 184426 Augustus 184915 Januarie 185929 Maart 1987Oppervlakte Totaal Water 27 750 km2 143ste 10 710 myl20 7Bevolking 2018 skatting Digtheid 11 123 178 3 4 85ste 382 km2 32ste 989 4 myl2BBP KKP Totaal Per capita 2020 skatting 21 801 miljard 5 144ste 1 916 5 174ste BBP nominaal Totaal Per capita 2020 skatting 8 709 miljard 5 139ste 765 5 172ste MOI 2018 0 503 6 169ste laagGini 2012 41 1 7 baie hoogGeldeenheid Gourde a href ISO 4217 html title ISO 4217 HTG a Tydsone Somertyd OTS UTC 5 ODT UTC 4 Internet TLD htSkakelkode 509 Nasa Satellietbeeld van Haiti Die landsnaam het sy oorsprong in die taal van die Taino die indigene bevolking van Hispaniola en beteken bergagtige land Die huidige bevolking is merendeels nakomelinge van swart Afrikane Die hoofstad en grootste stad is Port au Prince Haiti is die tweede mees bevolkte land van die Karibiese gebied net na Kuba en nog voor die buurland Dominikaanse Republiek Haiti is die enigste staat in Noord en Suid Amerika wat by die minste ontwikkelde lande LDC gereken word Naas sy onderontwikkelde ekonomie word Haiti se onstabiele politieke klimaat en veiligheidssituasie as sorgwekkend beskou Daar het onder meer voorvalle van onluste oor hoe voedselpryse voorgekom die plaaslike landbousektor kan nie in die land se basiese voedselbehoeftes voorsien nie sodat groot bedrae aan buitelandse valuta aan agrariese invoere bestee moet word waaronder jaarliks sowat 800 miljoen VSA vir rys 10 Sowat drie miljoen Haitiane was reeds genoodsaak om n heenkome in die buiteland te vind Op 12 Januarie 2010 om 4 53 nm plaaslike tyd het n sterk aardbewing Haiti getref en die land se infrastruktuur grotendeels vernietig Die episentrum was naby Port au Prince Inhoud 1 Geografie en klimaat 2 Geskiedenis 2 1 Die pad na onafhanklikheid 2 2 Diktatuur en korrupsie 3 Demografie 4 Ekonomie 4 1 Algemene situasie 4 2 Geldeenheid en bruto binnelandse produk 4 3 Buitelandse handel 5 Verwysings 6 Eksterne skakelsGeografie en klimaat Wysig n Kaart van Haiti n Topografiese kaart van Haiti Die Republiek Haiti beslaan die westelike derde van die Karibiese eiland Hispaniola asook n aantal eilande langs sy kuslyn soos die Ile de la Tortue en die Ile de la Gonave Die land bestaan hoofsaaklik uit twee lang gestrekte skiereilande wat deur die Golf van Gonave van mekaar geskei word Die twee skiereilande word deur n aantal bergreekse en valleie oorheers Die Morne de la Selle 2 680 meter is die hoogste bergpiek in Haiti en die vierde hoogste in die Karibiese eilandgroep Dit is in die bergreeks Sierra de Bahoruco in die suidooste van die land gelee naby die grens met die Dominikaanse Republiek waar die landskap al hoe meer bergagtig word In die sentrale dele van Haiti bereik die bergpieke maksimale hoogtes van tussen 1 500 en 1 800 meter bo seevlak terwyl hulle in die Massif du Sud op die Tiburon skiereiland tot by hoogtes van sowat 2 400 meter verrys Die natuurlike flora is lankal as gevolg van grootskaalse ontbossing vernietig sodat bosgebiede tans nog slegs sowat een persent van die totale oppervlakte beslaan en groot dele van die land deur erosie bedreig word Daarnaas vorm sterk tektoniese aktiwiteit met die gepaardgaande aardbewings asook oorstromings en werwelstorms n konstante bedreiging vir die bewoners Haiti is in n oorgangsgebied tussen die subtropiese en tropiese sone gelee en word deur n wisselvogtige matig droe klimaat met n droe seisoen tussen Desember en Maart gekenmerk Die boslose berggebiede aan die lykant kry jaarliks tot by 2 400 millimeter reen terwyl in die vlaktes en valleie net omstreeks 300 millimeter neerslae aangeteken word Geskiedenis WysigDie pad na onafhanklikheid Wysig Die vyf caciquedoms van Hispaniola ten tyde van die aankoms van Christophorus Columbus Die eiland Hispaniola is in 1492 deur Christophorus Columbus namens die Spaanse Kroon in besit geneem In 1697 is die Spanjaarde gedwing om die westelike gedeelte van die eiland sowat n derde van die totale oppervlakte aan Frankryk af te staan Die grondgebruik het oorwegend uit suikerrietplantasies bestaan Terwyl slawe uit Afrika vir die harde werk op die plantasies ingespan is het die eienaars groot rykdomme verwerf As gevolg van die Franse Rewolusie en die slawebevryding het die swart en kleurlingbevolking van Haiti in 1791 in opstand teen die Franse koloniale bewind gekom In 1804 het Jean Jacques Dessalines homself tot keiser van Haiti laat uitroep Toe hy later vermoor is het Spanje sy kans gegryp om sy vroeere besitting te herower In die suide van die land het n kleurlingrepubliek tot stand gekom terwyl die swart bevolking in die noorde n eie staat gestig het Die twee landsdele is in 1820 in n gemeenskaplike staat verenig en het in 1822 ook die Spaanse gebiede in die ooste van Hispaniola ingeneem Hierdie gebiede het nogtans in 1844 as Dominikaanse Republiek weer hul onafhanklikheid van Haiti verklaar Haiti het tussen 1849 en 1859 weer na n monargiese stelsel met n keiser as staatshoof teruggekeer Daarna is die land deur burgeroorloe ontwrig Diktatuur en korrupsie Wysig Francois Duvalier in 1968 Die Verenigde State het Haiti vanwee sy politieke onstabiliteit in die tydperk tussen 1915 en 1934 beset Tussen 1957 en 1986 het Francois Duvalier wat in die volksmond Papa Doc genoem is 1907 1971 en sy seun Jean Claude Baby Doc 1951 die land as diktatore oorheers Hul bewind het Haiti se ekonomie in chaos gedompel Die opposisieleier Jean Bertrand Aristide n Rooms Katolieke priester is in 1990 as nuwe staatshoof verkies maar reeds een jaar later in n militere staatsgreep ontmagtig Danksy Amerikaanse steun het hy die presidentsamp vanaf 1994 weer beklee In 1995 is Rene Preval as sy opvolger verkies tog het Aristide die volgende verkiesing in 2000 weer gewen Sy bewind was deur sistemiese korrupsie gekenmerk en vanaf 2003 was Haiti die skouplek van massabetogings en gewelddadige onluste wat tot n ope rebellie teen die regering gegroei het In 2004 het Aristide as staatshoof bedank en na die buiteland gevlug Die Verenigde Nasies se Veiligheidsraad het n vredesmag in die land ontplooi om die oorgangsregering se stappe om demokrasie te konsolideer te steun Rene Preval het die presidentsverkiesing van 2006 gewen en op 14 Mei 2011 word die sanger Michel Martelly president Hy is op 7 Februarie 2017 deur die sakeman Jovenel Moise opgevolg Demografie Wysig Die nedersetting Cap Haitien Die huidige Haitiaanse bevolking is oorwegend nakomelinge van slawe wat deur die koloniale Franse bewindhebbers as plantasiewerkers vanuit Afrika na die Karibiese land gebring is Ook die plaaslike Vodou godsdiens het sy oorsprong in Wes Afrika Sowat n derde van die bevolking 35 persent is kleurlinge terwyl blankes n klein minderheid vorm 11 Ander statistieke toon afwykende proporsies met tot 95 persent swartes en vyf persent kleurlinge en blankes 12 Byna veertig persent van die Haitiaanse bevolking is verstedelik terwyl vier vyfdes van die landelike bevolking onder die broodlyn leef Die bevolkingsgroeikoers is die hoogste in Latyns Amerika en word net deur n eweneens hoe babasterftekoers verminder Met ruim 53 jaar het Haitiane die laagste lewensverwagting van alle Karibiese lande Meer as die helfte van die bevolking is ongeletterd Ekonomie WysigAlgemene situasie Wysig n Kind op n vullishoop in die krotbuurte van Cite Soleil Haiti word as die armste land in die Westelike Halfrond beskou die jaarlikse per capita inkomste het in 2007 sowat 600 VSA beloop Sowat tagtig persent van die bevolking moet met minder as 2 VSA per dag oorleef die helfte van alle Haitiane het selfs minder as 1 VSA per dag 13 Op die Verenigde Nasies se Menslike ontwikkelingsindeks MOI word Haiti as die 146ste van 177 lande geranglys Die land is tot n groot mate afhanklik van finansiele en tegniese steun uit die buiteland Sowat tagtig persent van alle staatsbeleggings en veertig persent van die nasionale begroting word tans uit buitelandse bronne gefinansieer Haiti se infrastruktuur openbare dienste onderwys en gesondheidsstelsel is nog onderontwikkeld Daarnaas het ook natuurrampe soos oorstromings en siklone wat die land in 2008 getref het en die sterk aardbewing van Januarie 2010 daartoe bygedra dat Haiti se ekonomiese situasie nie verbeter het nie Geldeenheid en bruto binnelandse produk Wysig 10 Gourdes vanaf 1949 Die nasionale geldeenheid die Gourde fluktueer sterk teenoor ander geldeenhede Die inflasiekoers het in laat 2007 sowat tien persent beloop Die bruto binnelandse produk BBP het in 2008 tot 6 7 miljard VSA gestyg in vergelyking met 6 1 miljard VSA in 2007 5 0 miljard VSA in 2006 en 4 2 miljard VSA in 2005 Sowat n vyfde van Haiti se BBP meer as 1 miljard VSA is afkomstig van geld wat Haitiaanse burgers uit die buiteland huis toe stuur In 2004 het die landbousektor waarin sestig persent van die ekonomies aktiewe bevolking werksaam is 27 persent tot die BBP bygedra die nywerheidsektor 17 persent en die dienstesektor 55 persent 14 In Junie 2009 is danksy die HIPC inisiatief 1 2 miljard VSA van Haiti se buitelandse skuldlas gekanselleer Die amptelike skuldlas beloop tans nog 700 miljoen VSA Daarnaas het die land se tekstielbedryf volgens die HOPE II program Haitian Hemispheric Opportunity through Partnership Encouragement bevoorregte toegang tot die Amerikaanse mark Buitelandse handel Wysig Die Labadee Haiti se handelsbalans word deur n konstante tekort gekenmerk in 2007 is goedere ter waarde van 1 837 miljard VSA ingevoer terwyl uitvoere slegs 558 9 miljoen VSA beloop het Belangrike invoergoedere sluit voedsel verwerkte goedere en masjiene asook brandstowwe en onverwerkte hulpbronne in Haiti se uitvoere bestaan hoofsaaklik uit tekstiele en landbouprodukte soos olies kakao veselperskes en koffie Die Verenigde State is steeds die beduidendste handelsvennoot sowat die helfte van die Haitiaanse invoere kom uit die VSA en sowat tagtig persent van alle uitvoere is vir die Amerikaanse mark bestem Ander beduidende handelsvennote ten opsigte van invoere is die Nederlandse Antille 15 persent Colombia en Maleisie vyf persent Die belangrikste buitelandse markte vir Haitiaanse uitvoere is die Dominikaanse Republiek tien persent van alle uitvoere Kanada drie persent en Meksiko 1 5 persent Verwysings Wysig fr Artikel 4 van die Haitiaanse Grondwet Haiti reference com Besoek op 30 Maart 2020 After The Group Of G8 Now Come G30 Headed By Louko Desir Haiti Observer in Engels Geargiveer vanaf die oorspronklike op 2 September 2019 Besoek op 30 Maart 2020 World Population prospects Population division Verenigde Nasies se Departement van Ekonomiese en Maatskaplike Sake Bevolkingsafdeling in Engels Verenigde Nasies Geargiveer vanaf die oorspronklike op 17 Mei 2020 Besoek op 30 Maart 2020 Overall total population World Population Prospects The 2019 Revision xslx Verenigde Nasies se Departement van Ekonomiese en Maatskaplike Sake Bevolkingsafdeling custom data acquired via website in Engels Verenigde Nasies Geargiveer vanaf die oorspronklike op 18 Februarie 2020 Besoek op 30 Maart 2020 5 0 5 1 5 2 5 3 en Haiti Internasionale Monetere Fonds Oktober 2019 Besoek op 30 Maart 2020 2019 Human Development Index Ranking in Engels United Nations Development Programme 2019 Geargiveer vanaf die oorspronklike op 16 Mei 2020 Besoek op 30 Maart 2020 Gini Index in Engels Wereldbank Geargiveer vanaf die oorspronklike op 21 April 2020 Besoek op 30 Maart 2020 Konstitisyon Repiblik Ayiti 1987 in Frans Ufdc ufl edu Geargiveer vanaf die oorspronklike op 27 Junie 2019 Besoek op 30 Maart 2020 Hispaniola in Engels Encyclopaedia Britannica Geargiveer vanaf die oorspronklike op 1 Mei 2020 Besoek op 30 Maart 2020 de Der Fischer Weltalmanach 2009 Frankfurt am Main Fischer Taschenbuch Verlag 2008 bl 211 de Der Fischer Weltalmanach 2009 bl 211 Haiti CIA World Factbook in Engels Central Intelligence Agency Geargiveer vanaf die oorspronklike op 6 Mei 2020 Besoek op 30 Maart 2020 de Duitse Departement van Buitelandse Sake Haiti Ekonomie Geargiveer 16 Januarie 2010 op Wayback Machine de Der Fischer Weltalmanach 2009 bl 211Eksterne skakels WysigWikimedia Commons bevat media in verband met Haiti en Toerisme inligting oor Haiti op Wikivoyage en Haiti Encyclopaedia Britannica Besoek op 30 Maart 2020 Ontsluit van https af wikipedia org w index php title Haiti amp oldid 2445261,