×
Groot Magellaanse Wolk

Die Groot Magellaanse Wolk (GMW) is ’n satellietsterrestelsel van die Melkweg. Op ’n afstand van sowat 163 000 ligjare is dit die naaste sterrestelsel aan die Melkweg naas die Sagittarius- Elliptiese en die moontlike Canis Major-dwergsterrestelsel (onderskeidelik 65 000 en 25 000 ligjare van hier). Gebaseer op die sigbare sterre en ’n massa van sowat 10 miljard sonmassas (M), is die deursnee van die GMW sowat 14 000 ligjare; dit is rofweg ’n honderdste van die Melkweg se deursnee. Dit maak die GMW die vierde grootste sterrestelsel in die Plaaslike Groep (naas die Andromeda-sterrestelsel, die Melkweg en die Driehoek-sterrestelsel).

Groot Magellaanse Wolk
Sterrebeeld Swaardvis en Tafel
Tipe SB(s)m
Waarnemingsdata (Epog J2000)
Regte klimming 05h 23m 34.5s
Deklinasie -69° 45′ 22″
Besonderhede
Afstand (ligjaar) 163 000 (49 970 parsek)
Skynbare grootte 10,75° × 9,17°
Massa 1010
Ander name LMC, ESO 56- G 115, PGC 17223,
Lugkoördinate
Portaal Sterrekunde

Die GMW word geklassifiseer as ’n Magellaanse spiraalstelsel. Dit bevat ’n staaf sterre wat geometries weg van die middel lê, wat daarop dui dat dit ’n dwergspiraalstelsel met ’n staaf was voordat sy spiraalarms versteur is, moontlik deur wisselwerkings met die swaartekrag van die Klein Magellaanse Wolk (KMW) en die Melkweg.

Met ’n deklinasie van sowat -70° is die GMW vanuit die Suidelike Halfrond as ’n dowwe "wolk" sigbaar. Dit lê in die sterrebeelde Swaardvis en Tafel en het in donker gebiede weg van ligbesoedeling ’n skynbare lengte van sowat 10° vir die blote oog, 20 keer die deursnee van die Maan.

Daar word voorspel dat die GMW en die Melkweg oor sowat 2,4 miljard jaar sal bots.

Inhoud

’n Klein deel van die GMW.

Hoewel die Groot en Klein Magellaanse Wolk albei in die voorgeskiedenis al maklik uit die Suidelike Halfrond sigbaar was, word die GMW die eerste keer omstreeks 964 n.C. deur die Persiese sterrekundige Al Soefi genoem in sy Boek van Vaste Sterre.

Die volgende rekord van ’n waarneming was in 1503-1504 in ’n brief deur Amerigo Vespucci. Hy noem drie "gewelwe, twee helder en een onduidelik"; "helder" verwys na die twee Magellaanse Wolke en "onduidelik" na die Koolsaknewel.

’n Foto van die GMW deur die ESO se VISTA-teleskoop.
Twee gloeiende GMW-gaswolke wat baie verskillend lyk.

Ferdinand Magellaan het die GMW in 1519 tydens ’n reis gesien en dit het in die Weste bekend geraak danksy sy skrywes daaroor. Die sterrestelsel is later na hom genoem. Volgens metings deur die Hubble-ruimteteleskoop wat in 2006 aangekondig is, beweeg die Magellaanse Wolke dalk te vinnig om om die Melkweg te wentel.

Die Groot Magellaanse Wolk het ’n prominente sentrale staaf en spiraalarm. Dit lyk of die sentrale staaf gebuig is, sodat die oostelike en westelike punte nader aan die Melkweg is as die middel. In 2014 is met metings deur Hubble bepaal die rotasieperiode is 250 miljoen jaar.

Die GMW is lank beskou as ’n vlaksterrestelsel wat op ’n enkele afstand van die Sonnestelsel af lê, dus met ’n skuinste van 0°. Sedertdien is deur drie groepe vasgestel dit lê teen ’n skuinste van ~35°.

Wat die verspreiding van sterreswerms in die GMW betref, het Schommer et al. die snelhede van sowat 80 swerms gemeet en bevind die kinetika van die GMW se swermstelsel stem ooreen met swerms se beweging in ’n skyftipe verspreiding.

Soos baie onreëlmatige sterrestelsels is die Groot Magellaanse Wolk ryk aan gas en stof, en ondergaan dit tans lewendige stervorming. Dit bevat die Tarantula-newel, die aktiefste stervormingstreek in die Plaaslike Groep.

In die Groot Magellaanse Wolk is talle voorwerpe en verskynsels wat dit ’n "sterrekundige skatkis" maak, asook ’n groot "laboratorium" vir die bestudering van die groei en evolusie van die sterre, aldus die Amerikaanse sterrekundige Robert Burnham jr. In opnames van die sterrestelsel is 60 bolswerms, 400 planetêre newels en 700 oop sterreswerms gevind, asook honderdduisende reuse- en superreusesterre. Supernova 1987a – die grootste supernova in afgelope jare – was in die GMW.

’n Brug gas verbind die Groot en Klein Magellaanse Wolk, wat dui op getywisselwerkings tussen dié sterrestelsels. Die twee stelsels het ’n gesamentlike omhulsel van neutrale waterstof, wat daarop dui dat hulle lank reeds swaartekraggebonde is. Die gasbrug is ’n stervormingsgebied.

NGC 1783 is een van die helderste bolswerms in die GMW.
’n Wyehoekbeeld van die GMW.
Die Klein en Groot Magellaanse Wolk bo die Paranal-sterrewag in Chili.
  1. . Results for Large Magellanic Cloud. Besoek op2006-10-29.
  2. Pietrzyński, G; D. Graczyk; W. Gieren; I. B. Thompson; B. Pilecki; A. Udalski; I. Soszyński; et al. (7 Maart 2013). "An eclipsing-binary distance to the Large Magellanic Cloud accurate to two per cent". Nature. 495 (7439): 76–79. arXiv:. Bibcode:. doi:. PMID .
  3. "". Encyclopædia Britannica. 2009. Encyclopædia Britannica Online. 30 Augustus 2009.
  4. Shattow, Genevieve; Loeb, Abraham (2009). "Implications of recent measurements of the Milky Way rotation for the orbit of the Large Magellanic Cloud". Monthly Notices of the Royal Astronomical Society: Letters. 392 (1): L21–L25. arXiv:. Bibcode:. doi:.
  5. Macri, L. M. (2006). "A New Cepheid Distance to the Maser-Host Galaxy NGC 4258 and Its Implications for the Hubble Constant". The Astrophysical Journal. 652 (2): 1133–1149. arXiv:. Bibcode:. doi:.
  6. Freedman, Wendy L.; Madore, Barry F. (2010). "The Hubble Constant". Annual Review of Astronomy and Astrophysics. 48: 673–710. arXiv:. Bibcode:. doi:.
  7. Majaess, Daniel J.; Turner, David G.; Lane, David J.; Henden, Arne; Krajci, Tom (2010). "Anchoring the Universal Distance Scale via a Wesenheit Template". Journal of the American Association of Variable Star Observers. 39 (1): 122. arXiv:. Bibcode:.
  8. Peterson, Barbara Ryden, Bradley M. (2009). Foundations of astrophysics. New York: Pearson Addison-Wesley. p. 471. ISBN 9780321595584.
  9. Besla, Gurtina; Martínez-Delgado, David; Marel, Roeland P. van der; Beletsky, Yuri; Seibert, Mark; Schlafly, Edward F.; Grebel, Eva K.; Neyer, Fabian (2016). "Low Surface Brightness Imaging of the Magellanic System: Imprints of Tidal Interactions between the Clouds in the Stellar Periphery". The Astrophysical Journal (in Engels). 825 (1): 20. arXiv:. Bibcode:. doi:. ISSN .
  10. . EarthSky. Besoek op2013-07-17.
  11. McAlpine, Stuart; Frenk, Carlos S.; Deason, Alis J.; Cautun, Marius (2019-02-21). "The aftermath of the Great Collision between our Galaxy and the Large Magellanic Cloud". Monthly Notices of the Royal Astronomical Society (in Engels). 483 (2): 2185–2196. arXiv:. Bibcode:. doi:. ISSN .
  12. . ESA/HUBBLE. Besoek op12 Maart 2014.
  13. . Besoek op2007-04-19.
  14. . Besoek op2007-04-19.
  15. . Besoek op2007-04-19.
  16. . ESO Press Release. Besoek op8 August 2013.
  17. . Harvard University. 9 Januarie 2007.
  18. Nicolson, Iain (1999).. United States: Cambridge University Press. pp. –214. ISBN 0-521-59270-4.
  19. Subramaniam, Annapurni (2003-11-03). "Large Magellanic Cloud Bar: Evidence of a Warped Bar". The Astrophysical Journal. United States. 598 (1): L19–L22. Bibcode:. doi:.
  20. . Science Recorder. Geargiveer vanaf op 2014-02-21.
  21. Caldwell, J. A. R.; Coulson, I. M. (1986). . Monthly Notices of the Royal Astronomical Society. 218 (2): 223–246. Bibcode:. doi:.
  22. Nikolaev, S.; et al. (2004). "Geometry of the Large Magellanic Cloud Disk: Results from MACHO and the Two Micron All Sky Survey". The Astrophysical Journal. 601 (1): 260–276. Bibcode:. doi:.
  23. Olsen, K. A. G.; Salyk, C. (2002). "A Warp in the Large Magellanic Cloud Disk?". The Astronomical Journal. 124 (4): 2045–2053. arXiv:. Bibcode:. doi:.
  24. van der Marel, R. P.; Cioni, M.-R. L. (2001). "Magellanic Cloud Structure from Near-Infrared Surveys. I. The Viewing Angles of the Large Magellanic Cloud". The Astronomical Journal. 122 (4): 1807–1826. arXiv:. Bibcode:. doi:.
  25. Schommer, R. A.; et al. (1992). "Spectroscopy of giants in LMC clusters. II – Kinematics of the cluster sample". The Astronomical Journal. 103: 447–459. Bibcode:. doi:.
  26. Arny, Thomas T. (2000). Explorations: An Introduction to Astronomy (2nd uitg.). Boston: McGraw-Hill. p. 479. ISBN 0-07-228249-5.
  27. Burnham, Robert, Jr. (1978). Burnham's Celestial Handbook: Volume Two. New York: Dover. p. 837. ISBN 0-486-23567-X.
  28. Burnham (1978), 840–848.
  29. Mathewson D. S., Ford V. L. (1984). S. van den Bergh; K. S. de Boer (reds.). "Structure and Evolution of the Magellanic Clouds". IAU Symposium. Reidel, Dordrecht. 108: 125.
  30. Heydari-Malayeri, M.; Meynadier, F.; Charmandaris, V.; Deharveng, L.; Le Bertre, Th.; Rosa, M. R.; Schaerer, D. (2003). "The stellar environment of SMC N81". Astronomy and Astrophysics. 411 (3): 427–435. arXiv:. Bibcode:. doi:.
  31. . ESA/Hubble Picture of the Week. Besoek op24 August 2015.
  32. . noirlab.edu. Besoek op19 December 2020.

Publikasie datum: Augustus 14, 2021

groot, magellaanse, wolk, satellietsterrestelsel, melkweg, afstand, sowat, ligjare, naaste, sterrestelsel, melkweg, naas, sagittarius, elliptiese, moontlike, canis, major, dwergsterrestelsel, onderskeidelik, ligjare, hier, gebaseer, sigbare, sterre, massa, sow. Die Groot Magellaanse Wolk GMW is n satellietsterrestelsel van die Melkweg 4 Op n afstand van sowat 163 000 ligjare 2 5 6 7 is dit die naaste sterrestelsel aan die Melkweg naas die Sagittarius Elliptiese en die moontlike Canis Major dwergsterrestelsel onderskeidelik 65 000 en 25 000 ligjare van hier Gebaseer op die sigbare sterre en n massa van sowat 10 miljard sonmassas M is die deursnee van die GMW sowat 14 000 ligjare dit is rofweg n honderdste van die Melkweg se deursnee 3 Dit maak die GMW die vierde grootste sterrestelsel in die Plaaslike Groep naas die Andromeda sterrestelsel die Melkweg en die Driehoek sterrestelsel Groot Magellaanse WolkSterrebeeld Swaardvis en TafelTipe SB s m 1 Waarnemingsdata Epog J2000 Regte klimming 05h 23m 34 5s 1 Deklinasie 69 45 22 1 BesonderhedeAfstand ligjaar 163 000 49 970 parsek 2 Skynbare grootte 10 75 9 17 1 Massa 1010 3 Ander name LMC ESO 56 G 115 PGC 17223 1 Lugkoordinate05h 23m 34 5s 69 45 22 Portaal Sterrekunde Die GMW word geklassifiseer as n Magellaanse spiraalstelsel 8 Dit bevat n staaf sterre wat geometries weg van die middel le wat daarop dui dat dit n dwergspiraalstelsel met n staaf was voordat sy spiraalarms versteur is moontlik deur wisselwerkings met die swaartekrag van die Klein Magellaanse Wolk KMW en die Melkweg 9 Met n deklinasie van sowat 70 is die GMW vanuit die Suidelike Halfrond as n dowwe wolk sigbaar Dit le in die sterrebeelde Swaardvis en Tafel en het in donker gebiede weg van ligbesoedeling n skynbare lengte van sowat 10 vir die blote oog 20 keer die deursnee van die Maan 10 Daar word voorspel dat die GMW en die Melkweg oor sowat 2 4 miljard jaar sal bots 11 Inhoud 1 Waarnemingsgeskiedenis 2 Meetkunde 3 Eienskappe 4 Verwysings 5 SkakelsWaarnemingsgeskiedenis Wysig n Klein deel van die GMW 12 Hoewel die Groot en Klein Magellaanse Wolk albei in die voorgeskiedenis al maklik uit die Suidelike Halfrond sigbaar was word die GMW die eerste keer omstreeks 964 n C deur die Persiese sterrekundige Al Soefi genoem in sy Boek van Vaste Sterre 13 14 Die volgende rekord van n waarneming was in 1503 1504 in n brief deur Amerigo Vespucci Hy noem drie gewelwe twee helder en een onduidelik helder verwys na die twee Magellaanse Wolke en onduidelik na die Koolsaknewel 15 n Foto van die GMW deur die ESO se VISTA teleskoop Twee gloeiende GMW gaswolke wat baie verskillend lyk 16 Ferdinand Magellaan het die GMW in 1519 tydens n reis gesien en dit het in die Weste bekend geraak danksy sy skrywes daaroor Die sterrestelsel is later na hom genoem 14 Volgens metings deur die Hubble ruimteteleskoop wat in 2006 aangekondig is beweeg die Magellaanse Wolke dalk te vinnig om om die Melkweg te wentel 17 Meetkunde WysigDie Groot Magellaanse Wolk het n prominente sentrale staaf en spiraalarm 18 Dit lyk of die sentrale staaf gebuig is sodat die oostelike en westelike punte nader aan die Melkweg is as die middel 19 In 2014 is met metings deur Hubble bepaal die rotasieperiode is 250 miljoen jaar 20 Die GMW is lank beskou as n vlaksterrestelsel wat op n enkele afstand van die Sonnestelsel af le dus met n skuinste van 0 Sedertdien is deur drie groepe vasgestel dit le teen n skuinste van 35 21 22 23 24 Wat die verspreiding van sterreswerms in die GMW betref het Schommer et al 25 die snelhede van sowat 80 swerms gemeet en bevind die kinetika van die GMW se swermstelsel stem ooreen met swerms se beweging in n skyftipe verspreiding Eienskappe WysigSoos baie onreelmatige sterrestelsels is die Groot Magellaanse Wolk ryk aan gas en stof en ondergaan dit tans lewendige stervorming 26 Dit bevat die Tarantula newel die aktiefste stervormingstreek in die Plaaslike Groep In die Groot Magellaanse Wolk is talle voorwerpe en verskynsels wat dit n sterrekundige skatkis maak asook n groot laboratorium vir die bestudering van die groei en evolusie van die sterre aldus die Amerikaanse sterrekundige Robert Burnham jr 27 In opnames van die sterrestelsel is 60 bolswerms 400 planetere newels en 700 oop sterreswerms gevind asook honderdduisende reuse en superreusesterre 28 Supernova 1987a die grootste supernova in afgelope jare was in die GMW n Brug gas verbind die Groot en Klein Magellaanse Wolk wat dui op getywisselwerkings tussen die sterrestelsels 29 Die twee stelsels het n gesamentlike omhulsel van neutrale waterstof wat daarop dui dat hulle lank reeds swaartekraggebonde is Die gasbrug is n stervormingsgebied 30 NGC 1783 is een van die helderste bolswerms in die GMW 31 n Wyehoekbeeld van die GMW 32 Die Klein en Groot Magellaanse Wolk bo die Paranal sterrewag in Chili Verwysings Wysig 1 0 1 1 1 2 1 3 1 4 NASA IPAC Extragalactic Database Results for Large Magellanic Cloud Besoek op 2006 10 29 2 0 2 1 Pietrzynski G D Graczyk W Gieren I B Thompson B Pilecki A Udalski I Soszynski et al 7 Maart 2013 An eclipsing binary distance to the Large Magellanic Cloud accurate to two per cent Nature 495 7439 76 79 arXiv 1303 2063 Bibcode 2013Natur 495 76P doi 10 1038 nature11878 PMID 23467166 3 0 3 1 Magellanic Cloud Encyclopaedia Britannica 2009 Encyclopaedia Britannica Online 30 Augustus 2009 Shattow Genevieve Loeb Abraham 2009 Implications of recent measurements of the Milky Way rotation for the orbit of the Large Magellanic Cloud Monthly Notices of the Royal Astronomical Society Letters 392 1 L21 L25 arXiv 0808 0104 Bibcode 2009MNRAS 392L 21S doi 10 1111 j 1745 3933 2008 00573 x Macri L M 2006 A New Cepheid Distance to the Maser Host Galaxy NGC 4258 and Its Implications for the Hubble Constant The Astrophysical Journal 652 2 1133 1149 arXiv astro ph 0608211 Bibcode 2006ApJ 652 1133M doi 10 1086 508530 Freedman Wendy L Madore Barry F 2010 The Hubble Constant Annual Review of Astronomy and Astrophysics 48 673 710 arXiv 1004 1856 Bibcode 2010ARA amp A 48 673F doi 10 1146 annurev astro 082708 101829 Majaess Daniel J Turner David G Lane David J Henden Arne Krajci Tom 2010 Anchoring the Universal Distance Scale via a Wesenheit Template Journal of the American Association of Variable Star Observers 39 1 122 arXiv 1007 2300 Bibcode 2011JAVSO 39 122M Peterson Barbara Ryden Bradley M 2009 Foundations of astrophysics New York Pearson Addison Wesley p 471 ISBN 9780321595584 Besla Gurtina Martinez Delgado David Marel Roeland P van der Beletsky Yuri Seibert Mark Schlafly Edward F Grebel Eva K Neyer Fabian 2016 Low Surface Brightness Imaging of the Magellanic System Imprints of Tidal Interactions between the Clouds in the Stellar Periphery The Astrophysical Journal in Engels 825 1 20 arXiv 1602 04222 Bibcode 2016ApJ 825 20B doi 10 3847 0004 637X 825 1 20 ISSN 0004 637X Large Magellanic Cloud spectacular from Earth s southern hemisphere Clusters Nebulae Galaxies EarthSky Besoek op 2013 07 17 McAlpine Stuart Frenk Carlos S Deason Alis J Cautun Marius 2019 02 21 The aftermath of the Great Collision between our Galaxy and the Large Magellanic Cloud Monthly Notices of the Royal Astronomical Society in Engels 483 2 2185 2196 arXiv 1809 09116 Bibcode 2019MNRAS 483 2185C doi 10 1093 mnras sty3084 ISSN 0035 8711 Cloaked in red ESA HUBBLE Besoek op 12 Maart 2014 Observatoire de Paris Abd al Rahman Al Sufi Besoek op 2007 04 19 14 0 14 1 Observatoire de Paris LMC Besoek op 2007 04 19 Observatoire de Paris Amerigo Vespucci Besoek op 2007 04 19 The Odd Couple ESO Press Release Besoek op 8 August 2013 Press release Magellanic Clouds May Be Just Passing Through Harvard University 9 Januarie 2007 Nicolson Iain 1999 Unfolding our Universe United States Cambridge University Press pp 213 214 ISBN 0 521 59270 4 Subramaniam Annapurni 2003 11 03 Large Magellanic Cloud Bar Evidence of a Warped Bar The Astrophysical Journal United States 598 1 L19 L22 Bibcode 2003ApJ 598L 19S doi 10 1086 380556 Precisely determined rotation rate of this galaxy will blow your mind Science Recorder Geargiveer vanaf die oorspronklike op 2014 02 21 Caldwell J A R Coulson I M 1986 The geometry and distance of the Magellanic Clouds from Cepheid variables Monthly Notices of the Royal Astronomical Society 218 2 223 246 Bibcode 1986MNRAS 218 223C doi 10 1093 mnras 218 2 223 Nikolaev S et al 2004 Geometry of the Large Magellanic Cloud Disk Results from MACHO and the Two Micron All Sky Survey The Astrophysical Journal 601 1 260 276 Bibcode 2004ApJ 601 260N doi 10 1086 380439 Olsen K A G Salyk C 2002 A Warp in the Large Magellanic Cloud Disk The Astronomical Journal 124 4 2045 2053 arXiv astro ph 0207077 Bibcode 2002AJ 124 2045O doi 10 1086 342739 van der Marel R P Cioni M R L 2001 Magellanic Cloud Structure from Near Infrared Surveys I The Viewing Angles of the Large Magellanic Cloud The Astronomical Journal 122 4 1807 1826 arXiv astro ph 0105339 Bibcode 2001AJ 122 1807V doi 10 1086 323099 Schommer R A et al 1992 Spectroscopy of giants in LMC clusters II Kinematics of the cluster sample The Astronomical Journal 103 447 459 Bibcode 1992AJ 103 447S doi 10 1086 116074 Arny Thomas T 2000 Explorations An Introduction to Astronomy 2nd uitg Boston McGraw Hill p 479 ISBN 0 07 228249 5 Burnham Robert Jr 1978 Burnham s Celestial Handbook Volume Two New York Dover p 837 ISBN 0 486 23567 X Burnham 1978 840 848 Mathewson D S Ford V L 1984 S van den Bergh K S de Boer reds Structure and Evolution of the Magellanic Clouds IAU Symposium Reidel Dordrecht 108 125 Heydari Malayeri M Meynadier F Charmandaris V Deharveng L Le Bertre Th Rosa M R Schaerer D 2003 The stellar environment of SMC N81 Astronomy and Astrophysics 411 3 427 435 arXiv astro ph 0309126 Bibcode 2003A amp A 411 427H doi 10 1051 0004 6361 20031360 A youthful cluster ESA Hubble Picture of the Week Besoek op 24 August 2015 Dark Energy Camera Snaps Deepest Photo yet of Galactic Siblings noirlab edu Besoek op 19 December 2020 Skakels Wysig Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Groot Magellaanse Wolk Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik uit die Engelse Wikipedia vertaal Ontsluit van https af wikipedia org w index php title Groot Magellaanse Wolk amp ol,