×
Groot Hond (sterrebeeld)

Die Groot Hond (Latyn: Canis Major) is ’n sterrebeeld in die suidelike hemelruim. Dit is een van die 48 konstellasies wat deur die 2de-eeuse sterrekundige Ptolemeus beskryf is en is steeds een van die 88 moderne sterrebeelde. Dit word beskou as een van die Jagter se twee jaghonde; die ander een is die Klein Hond.

Groot Hond
Latynse naam Canis Major
Genitief Canis Majoris
Afkorting CMa
Waarnemingsdata (Epog J2000)
Regte klimming 7h
Deklinasie -20º
Grootte 380 vk. grade (43ste)
Kwadrant SQ2
Besonderhede
Hoofsterre 8
Helderste ster Sirius (α CMa)
Naaste ster Sirius
Sterre helderder as 3 m 5
Sterre met planete 6
Messier-voorwerpe 1
Bayer-/Flamsteed-sterre 32
Aangrensende sterrebeelde
Eenhoring, Haas, Duif, Agterdek
Portaal Sterrekunde

Die Groot Hond bevat Sirius, die helderste ster aan die naghemel wat deel is van die sterrepatroon die Somerdriehoek in die Suidelike Halfrond (of Winterdriehoek in die Noordelike Halfrond. Dit is ook die Groot Hond se neus.

Inhoud

Die Groot Hond is baie opvallend vanweë sy baie helder sterre. Benewens Sirius is daar nog drie sterre wat helderder as 2 mag is.

Alpha Canis Majoris (α CMa), algemeen bekend as Sirius, het ’n helderheid van -1,44 mag en is nie net die helderste ster aan die naghemel nie, maar ook een van die naaste sterre aan die Aarde: sowat 8,6 ligjare. Dit is ’n veranderlike ster met ’n wisseling van sowat 0,1 mag, en ook ’n dubbelster; die ander komponent is Sirius B, met ’n magnitude van 8,4. Die twee wentel elke 50 jaar om mekaar. In 1993 was hulle die laaste keer die naaste aan mekaar, en tussen 2020 en 2025 sal hulle weer op hul verste van mekaar wees. Sirius was die basis van die antieke Egiptiese kalender.

Die Groot Hond soos uitgebeeld in , ’n stel kaarte van sterrebeelde wat omstreeks 1825 in Londen gepubliseer is. Daarnaas is die Haas en die Duif (half afgesny).

Van die ander drie sterre met ’n magnitude van meer as 2,0 is Epsilon Canis Majoris (ε CMa), ook bekend as Adhara, die helderste (1,5 mag). Dit is ’n blou reusester 430 ligjare van die Aarde af. Dit is ’n dubbelster; die ander komponent het ’n helderheid van 7,4 mag. Nog ’n prominente ster is Delta Canis Majoris (δ CMa), ook bekend as Wezen. Dit is ’n wit superreus 1 800 ligjare van die Aarde af met ’n helderheid van 1,8 mag. Die derde ster is Beta Canis Majoris (β CMa), ook bekend as Mirzam. Dit is ’n blou pulserende veranderlike ster met ’n helderheid van 2,0. Mirzam is 500 ligjare van die Aarde af.

Die Groot Hond het ook baie ander sterre wat met die blote oog sigbaar is, asook verskeie veranderlike sterre. Die helderste veranderlike ster is UW Canis Majoris, wat 3 000 ligjare van die Aarde af is en elke 4,4 dae in helderheid wissel tussen 5,3 en 4,8 mag.

Daar is nie baie ander helder voorwerpe in die Groot Hond nie. NGC 2287 is ’n oop sterreswerm met ’n sigbare helderheid van 4,5 mag. Dit is 2 100 ligjare van die Aarde af. Dit is besonder groot en helder — dit bevat sowat 80 sterre in ’n gebied van 0,5 vierkante grade, die grootte van die volmaan, en kan met die blote oog gesien word. Dit bevat baie oranje reuse, waarvan die helderste 7 mag is.

Die Melkweg loop deur die Groot Hond en daarom is verskeie sterrestelsels versteek agter kosmiese stofwolke. In 2003 is die Groot Hond-dwerggalaktika egter in die sterrebeeld gevind. Dit is die naaste satelliet-sterrestelsel (’n sterrestelsel wat om ’n ander een wentel) aan die Aarde.

Daar is ook twee interaktiewe sterrestelsels in die sterrebeeld. NGC 2207 en IC 2163 is sowat 125 miljoen ligjare van die Aarde af. Sowat 40 miljoen jaar gelede het hulle ’n naby-botsing gehad en nou beweeg hulle verder van mekaar af weg, maar uiteindelik sal die kleiner IC 2163 in NGC 2207 opgeneem word.

Die sterrebeeld word algemeen beskou as een van die Jagter se twee jaghonde, wat die Haas jaag of die Jagter help om teen die Bul te veg. Dit word deur Aratos, Homeros en Hesiodus genoem. Die Antieke Grieke het net een hond genoem, maar teen die tyd van die Antieke Romeine het die Klein Hond sy opwagting gemaak as die Jagter se tweede jaghond.

  • Ridpath, Ian (2001), Stars and Planets Guide, Wil Tirion, Princeton University Press, ISBN 0-691-08913-2
  • Ridpath, Ian (2007), Stars and Planets Guide, Wil Tirion, Princeton University Press, ISBN 978-0-691-13556-4
  • Wilkins, Jamie; Dunn, Robert (2006), 300 Astronomical Objects: A Visual Reference to the Universe, Buffalo, New York: Firefly Books, ISBN 978-1-55407-175-3


Die 88 moderne sterrebeelde

AgterdekAkkedisAltaarAndromedaArendBeeldhouerBekerBerenike se HareBoogskutterBulDolfynDraakDriehoekDuifEenhoringEridanusFeniksGraveerstifGroot BeerGroot HondHaasHerculesHorlosieIndiërJaghondeJagterKameelperdKameleonKielKlein BeerKlein HondKlein LeeuKoetsierKompasKassiopeiaKefeusKraaiKraanvoëlKreefNetLeeuLierLugpompMaagdMikroskoopNoordelike KroonNoordelike WaterslangOktantOondParadysvoëlPasserPerseusPouPylRamRooikatSeileSekstantSentourSkerpioenSkildSkilderSlangSlangdraerSteenbokSuidelike DriehoekSuidelike KroonSuidelike VisSuidelike WaterslangSuiderkruisSwaanSwaardvisTafelTeleskoopToekanTweelingVeewagterVisseVlieënde PerdVlieënde VisVliegVosVulWalvisWaterdraerWeegskaalWinkelhaakWolf

Publikasie datum: September 26, 2021

groot, hond, sterrebeeld, groot, hond, latyn, canis, major, sterrebeeld, suidelike, hemelruim, konstellasies, deur, eeuse, sterrekundige, ptolemeus, beskryf, steeds, moderne, sterrebeelde, word, beskou, jagter, twee, jaghonde, ander, klein, hond, groot, hondla. Die Groot Hond Latyn Canis Major is n sterrebeeld in die suidelike hemelruim Dit is een van die 48 konstellasies wat deur die 2de eeuse sterrekundige Ptolemeus beskryf is en is steeds een van die 88 moderne sterrebeelde Dit word beskou as een van die Jagter se twee jaghonde die ander een is die Klein Hond Groot HondLatynse naam Canis MajorGenitief Canis MajorisAfkorting CMaWaarnemingsdata Epog J2000 Regte klimming 7hDeklinasie 20ºGrootte 380 vk grade 43ste Kwadrant SQ2BesonderhedeHoofsterre 8Helderste ster Sirius a CMa Naaste ster SiriusSterre helderder as 3 m 5Sterre met planete 6Messier voorwerpe 1Bayer Flamsteed sterre 32Aangrensende sterrebeeldeEenhoring Haas Duif AgterdekPortaal Sterrekunde Die Groot Hond bevat Sirius die helderste ster aan die naghemel wat deel is van die sterrepatroon die Somerdriehoek in die Suidelike Halfrond of Winterdriehoek in die Noordelike Halfrond Dit is ook die Groot Hond se neus Inhoud 1 Ruimtevoorwerpe 2 Mitologie 3 Sien ook 4 Verwysings 5 Bronne 6 Eksterne skakelsRuimtevoorwerpe WysigDie Groot Hond is baie opvallend vanwee sy baie helder sterre Benewens Sirius is daar nog drie sterre wat helderder as 2 mag is 1 Alpha Canis Majoris a CMa algemeen bekend as Sirius het n helderheid van 1 44 mag en is nie net die helderste ster aan die naghemel nie maar ook een van die naaste sterre aan die Aarde sowat 8 6 ligjare Dit is n veranderlike ster met n wisseling van sowat 0 1 mag en ook n dubbelster die ander komponent is Sirius B met n magnitude van 8 4 Die twee wentel elke 50 jaar om mekaar In 1993 was hulle die laaste keer die naaste aan mekaar en tussen 2020 en 2025 sal hulle weer op hul verste van mekaar wees Sirius was die basis van die antieke Egiptiese kalender 1 Die Groot Hond soos uitgebeeld in Urania s Mirror n stel kaarte van sterrebeelde wat omstreeks 1825 in Londen gepubliseer is Daarnaas is die Haas en die Duif half afgesny Van die ander drie sterre met n magnitude van meer as 2 0 is Epsilon Canis Majoris e CMa ook bekend as Adhara die helderste 1 5 mag Dit is n blou reusester 430 ligjare van die Aarde af Dit is n dubbelster die ander komponent het n helderheid van 7 4 mag Nog n prominente ster is Delta Canis Majoris d CMa ook bekend as Wezen Dit is n wit superreus 1 800 ligjare van die Aarde af met n helderheid van 1 8 mag Die derde ster is Beta Canis Majoris b CMa ook bekend as Mirzam Dit is n blou pulserende veranderlike ster met n helderheid van 2 0 Mirzam is 500 ligjare van die Aarde af Die Groot Hond het ook baie ander sterre wat met die blote oog sigbaar is asook verskeie veranderlike sterre Die helderste veranderlike ster is UW Canis Majoris wat 3 000 ligjare van die Aarde af is en elke 4 4 dae in helderheid wissel tussen 5 3 en 4 8 mag 1 Daar is nie baie ander helder voorwerpe in die Groot Hond nie NGC 2287 is n oop sterreswerm met n sigbare helderheid van 4 5 mag Dit is 2 100 ligjare van die Aarde af Dit is besonder groot en helder dit bevat sowat 80 sterre in n gebied van 0 5 vierkante grade die grootte van die volmaan en kan met die blote oog gesien word Dit bevat baie oranje reuse waarvan die helderste 7 mag is Die Melkweg loop deur die Groot Hond en daarom is verskeie sterrestelsels versteek agter kosmiese stofwolke In 2003 is die Groot Hond dwerggalaktika egter in die sterrebeeld gevind Dit is die naaste satelliet sterrestelsel n sterrestelsel wat om n ander een wentel aan die Aarde Daar is ook twee interaktiewe sterrestelsels in die sterrebeeld NGC 2207 en IC 2163 is sowat 125 miljoen ligjare van die Aarde af Sowat 40 miljoen jaar gelede het hulle n naby botsing gehad en nou beweeg hulle verder van mekaar af weg maar uiteindelik sal die kleiner IC 2163 in NGC 2207 opgeneem word 2 Mitologie WysigDie sterrebeeld word algemeen beskou as een van die Jagter se twee jaghonde 1 wat die Haas jaag of die Jagter help om teen die Bul te veg Dit word deur Aratos Homeros en Hesiodus genoem Die Antieke Grieke het net een hond genoem maar teen die tyd van die Antieke Romeine het die Klein Hond sy opwagting gemaak as die Jagter se tweede jaghond Sien ook Wysig12 Canis MajorisVerwysings Wysig 1 0 1 1 1 2 1 3 Ridpath 2001 pp 98 99 Wilkins amp Dunn 2006Bronne WysigRidpath Ian 2001 Stars and Planets Guide Wil Tirion Princeton University Press ISBN 0 691 08913 2 Ridpath Ian 2007 Stars and Planets Guide Wil Tirion Princeton University Press ISBN 978 0 691 13556 4 Wilkins Jamie Dunn Robert 2006 300 Astronomical Objects A Visual Reference to the Universe Buffalo New York Firefly Books ISBN 978 1 55407 175 3 Eksterne skakels WysigThe Deep Photographic Guide to the Constellations Canis Major Star Tales Canis Major Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Groot Hond sterrebeeld Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia Die 88 moderne sterrebeeldeAgterdek Akkedis Altaar Andromeda Arend Beeldhouer Beker Berenike se Hare Boogskutter Bul Dolfyn Draak Driehoek Duif Eenhoring Eridanus Feniks Graveerstif Groot Beer Groot Hond Haas Hercules Horlosie Indier Jaghonde Jagter Kameelperd Kameleon Kiel Klein Beer Klein Hond Klein Leeu Koetsier Kompas Kassiopeia Kefeus Kraai Kraanvoel Kreef Net Leeu Lier Lugpomp Maagd Mikroskoop Noordelike Kroon Noordelike Waterslang Oktant Oond Paradysvoel Passer Perseus Pou Pyl Ram Rooikat Seile Sekstant Sentour Skerpioen Skild Skilder Slang Slangdraer Steenbok Suidelike Driehoek Suidelike Kroon Suidelike Vis Suidelike Waterslang Suiderkruis Swaan Swaardvis Tafel Teleskoop Toekan Tweeling Veewagter Visse Vlieende Perd Vlieende Vis Vlieg Vos Vul Walvis Waterdraer Weegskaal Winkelhaak WolfOntsluit van https af wikipedia org w index php title Groot Hond sterrebeeld amp ol,