×
Griekse mitologie

Griekse mitologie is die versamelde mites oor Griekse gode en godinne asook antieke helde en heldinne. Hierdie legendes is oorspronklik geskep en versprei in die mondeling-poëtiese tradisie. Die oorblywende bronne van Griekse mitologie is transkripsies van oorvertellings of latere letterkundige verwerkings.

Die Griekse drie-eenheid en die verdeling van die drie koninkryke van die aarde: Zeus God (hemel), Poseidon (seë en oseane) en Hades (onderwêreld). Theos (minder gode) is die kinders van hierdie drie-eenheid.

Inhoud

Godin Gaia, die aarde.

Chaos (Grieks: Χαος, "leegte") is in die Griekse mitologie die niks waaruit die Aarde ontstaan het, asook die eerste gode, die oergode: Gaia, Hemera, Nyx, Tartaros, Uranos, Chronos, Eros, Erebos en uiteindelik Aither. Die kinders van Chaos het saam met hul vader die berge, see en hemel geskep. Hulle het ook kinders gehad: 12 Titane, 3 siklope en 3 honderdhandiges, reuse met honderd arms elk gemaak. Uranos was die koning van die oergode.

Een van die Titane, Kronos, het sy pa, Uranos, ontman en sy bewind oorgeneem en so die nuwe koning van die gode geword. Die ander elf Titane was sy suster en vrou Rea, asook Huperion, Iapetos, Koios, Krios, Mnemosune, Okeanos, Foibe, Tetis, Teia en Temis.

Verskeie Titane het kinders gehad wat ook as Titane bekend staan. Hierdie tweede geslag sluit die kinders in van Huperion (Helios, Eos en Selene), die dogters van Koios (Leto en Asteria) en die seuns van Iapetos (Prometeus, Epimeteus, Atlas en Menoitios).

Die Twaalf Olimpiërs deur Nicolas-André Monsiau, omstreeks laat 18de eeu.

Kronos het verskeie kinders by Rea gehad: Hestia, Demeter, Hera, Hades en Poseidon, maar het hulle almal ingesluk sodra hulle gebore is ná ’n voorspelling dat een van sy kinders hom sou onttroon nes hy sy eie pa onttroon het. Maar ná Zeus se geboorte het Rea vir Kronos ’n klip, in klere toegedraai, gegee en hy het die klip ingesluk. Rea het Zeus in ’n grot op die berg Ida in Kreta weggesteek.

Nadat Zeus ’n volwasse man geword het, het hy Kronos gedwing om eers die klip op te bring en daarna al sy broers en susters. Daarna het Zeus saam met sy broers, susters, die siklope en die reuse vir Kronos en die ander Titane in die Titanestryd onttroon. Die verslane Titane is na die donker onderwêreldstreek Tartaros gestuur.

Zeus het die wêreld met sy oudste broers, Poseidon en Hades, gedeel deur hulle drie lootjies te laat trek. Zeus het die lug gekry, Poseidon die water en Hades die wêreld van die afgestorwenes (onderwêreld).

Die Olimpiese gode, ook bekend as die Twaalf Olimpiërs of die Dodekateon (Grieks: Δωδεκάθεον – δώδεκα, dōdeka, "twaalf" + θεοί, theoi, "gode") is die belangrikste twaalf gode van dié tyd. Hulle het op die berg Olimpus gewoon.

Die klassieke twaalf Olimpiese gode is: Zeus, Hera, Poseidon, Demeter, Ares, Hermes, Hefaistos, Afrodite, Atena, Apollo, Artemis en Hestia.

Publikasie datum: September 21, 2021

griekse, mitologie, versamelde, mites, griekse, gode, godinne, asook, antieke, helde, heldinne, hierdie, legendes, oorspronklik, geskep, versprei, mondeling, poëtiese, tradisie, oorblywende, bronne, transkripsies, oorvertellings, latere, letterkundige, verwerk. Griekse mitologie is die versamelde mites oor Griekse gode en godinne asook antieke helde en heldinne Hierdie legendes is oorspronklik geskep en versprei in die mondeling poetiese tradisie Die oorblywende bronne van Griekse mitologie is transkripsies van oorvertellings of latere letterkundige verwerkings Die Griekse drie eenheid en die verdeling van die drie koninkryke van die aarde Zeus God hemel Poseidon see en oseane en Hades onderwereld Theos minder gode is die kinders van hierdie drie eenheid Inhoud 1 Die oergode 2 Die Titane 3 Die Olimpiese gode 4 Sien ookDie oergode Wysig Godin Gaia die aarde Chaos Grieks Xaos leegte is in die Griekse mitologie die niks waaruit die Aarde ontstaan het asook die eerste gode die oergode Gaia Hemera Nyx Tartaros Uranos Chronos Eros Erebos en uiteindelik Aither Die kinders van Chaos het saam met hul vader die berge see en hemel geskep Hulle het ook kinders gehad 12 Titane 3 siklope en 3 honderdhandiges reuse met honderd arms elk gemaak Uranos was die koning van die oergode Die Titane WysigEen van die Titane Kronos het sy pa Uranos ontman en sy bewind oorgeneem en so die nuwe koning van die gode geword Die ander elf Titane was sy suster en vrou Rea asook Huperion Iapetos Koios Krios Mnemosune Okeanos Foibe Tetis Teia en Temis Verskeie Titane het kinders gehad wat ook as Titane bekend staan Hierdie tweede geslag sluit die kinders in van Huperion Helios Eos en Selene die dogters van Koios Leto en Asteria en die seuns van Iapetos Prometeus Epimeteus Atlas en Menoitios Die Olimpiese gode Wysig Die Twaalf Olimpiers deur Nicolas Andre Monsiau omstreeks laat 18de eeu Kronos het verskeie kinders by Rea gehad Hestia Demeter Hera Hades en Poseidon maar het hulle almal ingesluk sodra hulle gebore is na n voorspelling dat een van sy kinders hom sou onttroon nes hy sy eie pa onttroon het Maar na Zeus se geboorte het Rea vir Kronos n klip in klere toegedraai gegee en hy het die klip ingesluk Rea het Zeus in n grot op die berg Ida in Kreta weggesteek Nadat Zeus n volwasse man geword het het hy Kronos gedwing om eers die klip op te bring en daarna al sy broers en susters Daarna het Zeus saam met sy broers susters die siklope en die reuse vir Kronos en die ander Titane in die Titanestryd onttroon Die verslane Titane is na die donker onderwereldstreek Tartaros gestuur Zeus het die wereld met sy oudste broers Poseidon en Hades gedeel deur hulle drie lootjies te laat trek Zeus het die lug gekry Poseidon die water en Hades die wereld van die afgestorwenes onderwereld Die Olimpiese gode ook bekend as die Twaalf Olimpiers of die Dodekateon Grieks Dwdeka8eon dwdeka dōdeka twaalf 8eoi theoi gode is die belangrikste twaalf gode van die tyd Hulle het op die berg Olimpus gewoon Die klassieke twaalf Olimpiese gode is Zeus Hera Poseidon Demeter Ares Hermes Hefaistos Afrodite Atena Apollo Artemis en Hestia Sien ook WysigLys van Griekse mitologiese figure Mite MitologieOntsluit van https af wikipedia org w index php title Griekse mitologie amp ol,