×
Grammy

’n Grammy (oorspronklik Gramophone Award) is ’n prys van die Amerikaanse National Academy of Recording Arts and Sciences (NARAS) vir uitnemendendheid in die musiekbedryf. Op die jaarlikse toekenningsaand tree vooraanstaande musikante op. Dit is die musiekbedryf se weergawe van ander pryse soos die Emmys (televisie), Tonys (teater) en Oscars (rolprentbedryf).

Grammy

Bette Midler met haar Grammy in 1990.
Toegeken vir Uitmuntendheid in die musiekbedryf
Borg The Recording Academy
Land Verenigde State
Vorige naam Gramophone Award
Eerste toekenning 4 Mei 1959 (1959-05-04) (62 jaar oud)
Webtuiste

Die 1ste jaarlikse Grammy-toekenningsaand het plaasgevind op 4 Mei 1959 en pryse is toegeken vir uitnemende werk in 1958. Sedert 2012 is die kategorieë aangepas. Die 61ste Grammy-toekenningsaand is op 10 Februarie 2019 in die Staples Center in Los Angeles, Kalifornië, gehou.

Inhoud

Wenners van 2017/'18. Van bo is Bruno Mars, Alessia Cara, Ed Sheeran en Leonard Cohen

Die Grammys het in die 1950's hul oorsprong in die Hollywood Walk of Fame-projek gehad. Terwyl musiekbeamptes wat vir die Walk of Fame-komitee gekies is, ’n lys saamgestel het van belangrike musikante wat vir ’n ster kwalifiseer, het hulle besef daar is baie leiers in die bedryf wat nooit ’n ster sal kry nie. Hulle het besluit om ’n musiekprys soortgelyk aan die Oscars en Emmys te skep. Dit was die begin van die National Academy of Recording Arts and Sciences.

Nadat die besluit geneem is, moes ’n naam gekies word. Een voorstel was "Eddie", ter ere van die uitvinder van die fonograaf, Thomas Edison. Hulle het eindelik besluit op ’n naam ter ere van Emile Berliner, die uitvinder van die grammofoon, vir die prys vir 1958.

Die eerste toekenningsaand is op 4 Mei 1959 tegelyk op twee verskillende plekke gehou – die Beverly Hilton Hotel in Beverly Hills, Kalifornië, en die Park Sheraton Hotel in die stad New York. Altesaam 28 Grammys is toegeken. Die getal pryse het oor die jare gewissel en toegeneem namate kategorieë bygevoeg en verwyder is – daar was in ’n stadium meer as 100. Die tweede toekenningsaand, wat ook in 1959 gehou is, is die eerste seremonie wat op televisie uitgesaai is, maar dit is in 1971 die eerste keer regstreeks uitgesaai.

Die vergulde trofees, wat ’n goue grammofoon uitbeeld, word met die hand deur Billings Artworks in Colorado gemaak. Die oorspronklike beeldjie is in 1990 herontwerp en die tradisionele sagte lood is met ’n harder allooi vervang wat nie so maklik beskadig raak nie. Billings het ’n sinkallooi, grammium, ontwerp wat as ’n handelsmerk geregistreer is.

Die trofee, met die ontvanger se naam daarop, is eers ná die seremonie beskikbaar; vir die oorhandiging word elke jaar dieselfde replikas gebruik.

  1. . Los Angeles Times. Geargiveer vanaf op Junie 10, 2011. Besoek opMei 21, 2011.
  2. (in Engels). Hollywood Walk of Fame. vanaf die oorspronklike op 27 Oktober 2019. Besoek op21 Mei 2011.
  3. Thomas, Bob (8 April 1959). . Ocala Star-Banner. Besoek op29 Januarie 2011.
  4. . The Deseret News. 9 Augustus 1957. Besoek op2 Februarie 2011.
  5. . The Robesonian. 22 Februarie 1976. Besoek op2 Mei 2011.
  6. . Grammy (in Engels). vanaf die oorspronklike op 8 September 2019. Besoek op5 Januarie 2019.
  7. . Los Angeles Times (in Engels). 28 Januarie 2015. vanaf die oorspronklike op 22 September 2019. Besoek op5 Januarie 2019.
  8. . Grammy (in Engels). vanaf die oorspronklike op 20 September 2019. Besoek op5 Januarie 2019.
  9. . Grammy (in Engels). vanaf die oorspronklike op 28 Oktober 2019. Besoek op5 Januarie 2019.
  10. (in Engels). Billingsartworks.com. 2006. Geargiveer vanaf op 23 April 2010. Besoek op28 Augustus 2010.
  11. Williams, Nick (13 Februarie 2016). "And the Grammy Comes From...". Billboard. 128 (4): 56–57.
  12. (in Engels). Billingsartworks.com. 2006. Geargiveer vanaf op 23 April 2010. Besoek op28 Augustus 2010.
  13. Best, Tamara. . New York Times (in Engels). vanaf die oorspronklike op 9 Oktober 2019. Besoek op8 Februarie 2017.

Publikasie datum: September 26, 2021

grammy, oorspronklik, gramophone, award, prys, amerikaanse, national, academy, recording, arts, sciences, naras, uitnemendendheid, musiekbedryf, jaarlikse, toekenningsaand, tree, vooraanstaande, musikante, musiekbedryf, weergawe, ander, pryse, soos, emmys, tel. n Grammy oorspronklik Gramophone Award is n prys van die Amerikaanse National Academy of Recording Arts and Sciences NARAS vir uitnemendendheid in die musiekbedryf Op die jaarlikse toekenningsaand tree vooraanstaande musikante op Dit is die musiekbedryf se weergawe van ander pryse soos die Emmys televisie Tonys teater en Oscars rolprentbedryf Grammy Bette Midler met haar Grammy in 1990 Toegeken vir Uitmuntendheid in die musiekbedryfBorg The Recording AcademyLand Verenigde StateVorige naam Gramophone AwardEerste toekenning 4 Mei 1959 1959 05 04 62 jaar oud Webtuiste grammy com Die 1ste jaarlikse Grammy toekenningsaand het plaasgevind op 4 Mei 1959 en pryse is toegeken vir uitnemende werk in 1958 Sedert 2012 is die kategoriee aangepas Die 61ste Grammy toekenningsaand is op 10 Februarie 2019 in die Staples Center in Los Angeles Kalifornie gehou Inhoud 1 Geskiedenis 2 Die trofee 3 Verwysings 4 Eksterne skakelsGeskiedenis Wysig Wenners van 2017 18 Van bo is Bruno Mars Alessia Cara Ed Sheeran en Leonard Cohen Die Grammys het in die 1950 s hul oorsprong in die Hollywood Walk of Fame projek gehad 1 2 Terwyl musiekbeamptes wat vir die Walk of Fame komitee gekies is n lys saamgestel het van belangrike musikante wat vir n ster kwalifiseer het hulle besef daar is baie leiers in die bedryf wat nooit n ster sal kry nie Hulle het besluit om n musiekprys soortgelyk aan die Oscars en Emmys te skep Dit was die begin van die National Academy of Recording Arts and Sciences Nadat die besluit geneem is moes n naam gekies word Een voorstel was Eddie ter ere van die uitvinder van die fonograaf Thomas Edison Hulle het eindelik besluit op n naam ter ere van Emile Berliner die uitvinder van die grammofoon vir die prys vir 1958 3 4 5 Die eerste toekenningsaand is op 4 Mei 1959 tegelyk op twee verskillende plekke gehou die Beverly Hilton Hotel in Beverly Hills Kalifornie en die Park Sheraton Hotel in die stad New York 6 Altesaam 28 Grammys is toegeken Die getal pryse het oor die jare gewissel en toegeneem namate kategoriee bygevoeg en verwyder is daar was in n stadium meer as 100 7 Die tweede toekenningsaand wat ook in 1959 gehou is is die eerste seremonie wat op televisie uitgesaai is 8 maar dit is in 1971 die eerste keer regstreeks uitgesaai 9 Die trofee WysigDie vergulde trofees wat n goue grammofoon uitbeeld word met die hand deur Billings Artworks in Colorado gemaak Die oorspronklike beeldjie is in 1990 herontwerp en die tradisionele sagte lood is met n harder allooi vervang wat nie so maklik beskadig raak nie 10 Billings het n sinkallooi grammium ontwerp wat as n handelsmerk geregistreer is 11 Die trofee met die ontvanger se naam daarop is eers na die seremonie beskikbaar vir die oorhandiging word elke jaar dieselfde replikas gebruik 12 13 Verwysings Wysig Hollywood Walk of Fame History Los Angeles Times Geargiveer vanaf die oorspronklike op Junie 10 2011 Besoek op Mei 21 2011 Hollywood Walk of Fame History in Engels Hollywood Walk of Fame Geargiveer vanaf die oorspronklike op 27 Oktober 2019 Besoek op 21 Mei 2011 Thomas Bob 8 April 1959 Record Academy Plans TV Spectacular of Its Own Ocala Star Banner Besoek op 29 Januarie 2011 Recording Stars Plan Eddie To Join Oscar And Emmy The Deseret News 9 Augustus 1957 Besoek op 2 Februarie 2011 Bronze Stars Begot Grammy The Robesonian 22 Februarie 1976 Besoek op 2 Mei 2011 Grammy Awards 1959 May Grammy in Engels Geargiveer vanaf die oorspronklike op 8 September 2019 Besoek op 5 Januarie 2019 Grammys history and winners through the years Los Angeles Times in Engels 28 Januarie 2015 Geargiveer vanaf die oorspronklike op 22 September 2019 Besoek op 5 Januarie 2019 Grammy Awards 1959 Grammy in Engels Geargiveer vanaf die oorspronklike op 20 September 2019 Besoek op 5 Januarie 2019 Grammy Awards 1971 Grammy in Engels Geargiveer vanaf die oorspronklike op 28 Oktober 2019 Besoek op 5 Januarie 2019 Making the Grammy in Engels Billingsartworks com 2006 Geargiveer vanaf die oorspronklike op 23 April 2010 Besoek op 28 Augustus 2010 Williams Nick 13 Februarie 2016 And the Grammy Comes From Billboard 128 4 56 57 About Billings Artworks in Engels Billingsartworks com 2006 Geargiveer vanaf die oorspronklike op 23 April 2010 Besoek op 28 Augustus 2010 Best Tamara How the Grammy Awards Are Made 4 Craftsmen and Grammium New York Times in Engels Geargiveer vanaf die oorspronklike op 9 Oktober 2019 Besoek op 8 Februarie 2017 Eksterne skakels Wysig en Amptelike webtuiste Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Grammy Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse WikipediaOntsluit van https af wikipedia org w index php title Grammy amp ol,