×
Pous Paulus IV

Paulus IV was die 223ste pous van die Rooms-Katolieke Kerk van 1555 tot 1559. Hy is die mede-stigter van die Orde van die Teatyners.

Pous Paulus IV
Geboortenaam Gian Pietro Carafa
Pontifikaat begin 23 Mei 1555
Pontifikaat eindig 18 Augustus 1559
Voorganger Marcellus II
Opvolger Pius IV
Gebore 28 Junie 1476
Capriglio, Italië
Sterf 18 Augustus 1559
Rome, Italië
Ander pouse genaamd Paulus

Inhoud

Pous Paulus IV is gebore as Gian Pietro Carafa op 28 Junie 1476 in Capriglio, Italië. Sy vader was Giovanni Antonio Carafa en sy moeder Vittoria Camponeschi, die dogter van Pietro Lalle Camponeschi, vyfde graaf van Montorio. Sy oom en mentor, Oliviero Carafa hom gehelp om op 30 Julie 1505 aangestel te word as biskop van Chieti. Op 18 September 1505 word hy tot biskop gewy. Op 20 Desember 1518 word hy aartsbiskop van Brindisi. Tussen 1520 en 1525 woon Carafa in Rome en vlug tydens die plundering van Rome na Venesië. In 1524 stig hy saam met Sint Cajetan die Orde van die Teatyners. Pous Paulus III stel Carafa op 22 Desember 1536 aan as kardinaal en as lid van die nuutgestigte kommissie vir' n algemene hervorming van die kerk. Op 15 Januarie 1537 word hy kardinaal-priester van Sint Pancrazio, op 24 September 1537 kardinaal-priester van Sint Sisto en op 6 Julie 1541 kardinaal-priester van San Clemente. Vanaf 1542 lei hy die Inkwisisie. Op 24 September 1543 word hy kardinaal-biskop van San Maria in Trastevere, op 17 Oktober 1544 kardinaal-biskop van Albano en op 8 Oktober 1546 kardinaal biskop van Sabina. Op 23 Februarie 1549 word hy aartsbiskop van Napels en op 28 Februarie 1550 kardinaal-biskop van Frascati. In 1553 word hy benoem as die dekaan van die kollege van kardinale, op 29 November 1553 kardinaal-biskop van Porto en Santa Rufina. Op 11 Desember 1553 word hy kardinaal-biskop van Ostia, sy laaste pos voordat hy pous word. Op 23 Mei 1555 volg hy Pous Marcellus II en word gekroon op 26 Mei 1555 deur kardinaal Francesco Pisani. Hy regeer tot sy dood op 18 Augustus 1559 en word opgevolg deur Pous Pius IV. Die naam ‘Paulus’ beteken 'die kleintjie'.

Pous Paulus IV was 79 jaar toe hy as pous verkies is. Voor sy verkiesing het hy herhaaldelik van hervormings gepraat. Na die verkiesing maak hy hom skuldig aan nepotisme deur een van sy neefs, Carlo Carafa, 'n condottiere, kardinaal-staatsekretaris te maak en 'n ander neef, Giovanni Carafa,' n wrede avonturier, die eerste kaptein-generaal van die kerk en daarna hertog van Paliano te maak.

Sekulêre Politiek

Nadat Paulus, toe nog kardinaal Carafa as hoof van die Inkwisisie gewys het dat hy onvergeeflik teen die Italiaanse Protestante was, protesteer die pous teen die Vrede van Augsburg, 25 September 1555. Die vrede laat elke vors toe om die religie van sy gebied te bepaal. Toe keiser Karel V in 1556 abdikeer en sy broer Ferdinand I die titel "Heilige Romeinse Keiser" aanneem, verklaar Pous Paulus dit as ongeldig. As teenstander van die Spaans-Habsburgse mag, verloor Paulus weens sy alliansie met Frankryk die oorlog teen Spanje en op 12 September 1557 ná die besetting van die pouslike staat deur die Hertog van Alva, moet hy die voorwaardes van die vrede van Cave Palestrina aanvaar. Oor die kwessie van die Britse troon, het hy sy invloed probeer gebruik teen die Protestantse Elizabeth.

Kerkpolitiek

Om die Katolieke Kerk te versterk, brei Paulus die bevoegdhede van die "Heilige Inkwisisie." uit. Daar word beweer as sou hy gesê het: "Selfs as my eie vader 'n ketter was, sou ek die hout bymekaar maak om hom te verbrand". In sy bul "Cum Nimis absurdum" van 14 Julie 1555 beveel hy dat Jode in ghetto's moet woon. 'n Paar dae later word 24 Jode wat onder dwang bekeer is en uit Portugal gevlug het, verbrand in Ancona. Dit was die enigste daad van hierdie soort in die geskiedenis van Italië. Die verdaagde konsilie van Trente roep hy nie weer op nie omdat hy die taak van kerkhervorming wou oorgee aan die kurie en die kollege van kardinale. As een van sy laaste dade, publiseer hy die bul "Cum ex apostolatus officio" waarin hy boeksensuur en die berugte "Index librorum prohibitorium" (Indeks van verbode boeke) instel. In 1559 herstruktureer hy die bisdomme van die Habsburgse Nederlande.

Gebeure na sy dood

Na sy dood het die burgers van Rome fees gevier, die gevangenes van die Roomse Inkwisisie bevry, en die paleis van die Inkwisisie aan die brand gesteek. Lede van die munisipale owerheid van Rome, wat tydens die bewind van Paulus IV ernstige beperkinge opgelê is, het die geleentheid uitgebuit en die mense se woede in hulle guns aangevuur. Tien dae na sy dood, het die hertog van Paliano, met die goedkeuring van sy broer, die kardinaal-staatsekretaris sy (die hertog s'n) swanger vrou laat vermoor. Onder die bewind van die nuwe pous, Pous Pius IV, word hulle voor die regbank gebring. Die kardinaal-staatsekrtearis word in die Engeleburg verwurg en die hertog word onthoof. Hulle handlangers is ook tereggestel.

Die kollege van kardinale

Pous Paulus IV het 19 nuwe kardinale aangestel in vier konsistories.

Die konsistorie van 7 Junie 1555

  • Carlo Carafa, kardinaal-nepoot, priester van Rome; afgeset en tereggestel op 4 Maart 1561.

Die konsistorie van 20 Desember 1555

  • Juan Martínez Silíceo, aartsbiskop van Toledo, Spanje.
  • Gianbernardino Scotti, Theat., aartsbiskop van Trani.
  • Diomede Carafa, kardinaal-nepoot, biskop van Ariano.
  • Scipione Rebiba, biskop van Motula en goewerneur van Rome.
  • Jean Suau, biskop van Mirepoix, Frankryk.
  • Johann Gropper, dekaan van die katedraal in Keulen.
  • Gianantonio Capizucchi, ouditeur van die Rota.

Die konsistorie van 15 Maart 1557

  • Taddeo Gaddi, aartsbiskop van Cosenza.
  • Antonio Trivulzio, biskop van Toulon, Frankryk.
  • Lorenzo Strozzi, biskop van Béziers, Frankryk.
  • Virgilio Rosario, biskop van Ischia, vikaris van Rome.
  • Jean Bertrand, aartsbiskop van Sens, Frankryk.
  • Michele Ghislieri, O.P., biskop van Nepi (later Pous Pius V)
  • Clemente d'Olera, O.F.M.Obs.,generaal van die Franciskane.
  • Alfonso Carafa, kardinaal-nepoot, priester van Napels.
  • Vitellozzo Vitelli, verkose biskop van Città di Castello.
  • Giovanni Battista Consiglieri, priester van Rome.

Die konsistorie van 14 Junie 1557

  • William Peto, O.F.M.Obs., biskop van Salisbury, Engeland.
  • Duff, Eamon (2001). Saints and Sinners: A History of the Popes, Yale University Press. ISBN 0-300-09165-6.
  • Maxwell-Stuart, P. G. (2002). Chronicle of the Popes: The Reign-by-Reign Record of the Papacy from St. Peter to the Present, Thames & Hudson. ISBN 0-500-01798-0.
  1. Paul IV. (2008). Encyclopædia Britannica. Deluxe Edition. Chicago: Encyclopædia Britannica.
  2. Loughlin, J. (1911). Pope Paul IV. In The Catholic Encyclopedia. New York: Robert Appleton Company. Besoek November 2, 2009 by:
  • Roberto Zapperi: Tizian, Paul III. und seine Enkel. Nepotismus und Staatsportrait. Fischer-TB.-Vlg., Frankfurt am Main 1990, ISBN 3-596-10324-X.
  • Andreas Gormans en Philipp Zitzlsperger: Des Papstes neue Kleider. Das Grabmal Papst Pauls III. Farnese (1534–1549), in: Totenkult und Wille zur Macht. Die unruhigen Ruhestätten der Päpste in St. Peter. Uitgegee deur Horst Bredekamp en Volker Reinhardt. Darmstadt 2004, S. 85–98.
Die Engelse Wikisource bevat bronmateriaal oor hierdie onderwerp onder die titel:
  • in die Catholic Encyclopedia (Engels)
  • in die Catholic Forum (Engels)
  • in die Catholic Hierarchy (Engels)
  • (met Literatuurverwysings) in die Biographisch-Bibliographisches Kirchenlexikon (Duits)
  • in "Popes through the Ages" deur J. Brusher S.J. (Engels)
  • in die Vatican History (in Duits).
  • in die "Cardinals of the Holy Roman Church".

Saamgestel en vertaal uit die Nederlandse, Engelse, Duitse en Franse wikipedia en aangevul uit ander bronne soos aangedui.

Voorafgegaan deur
Marcellus II
Pous (Pontifex Maximus)
15551559
Opgevolg deur
Pius IV
Voorafgegaan deur
Oliviero Carafa
Biskop van Chieti
15051524
Opgevolg deur
Felice Trofino
Voorafgegaan deur
Guido de' Medici
Aartsbiskop van Chieti
15371549
Opgevolg deur
Bernardino Maffei
Voorafgegaan deur
Domingo Idiocáiz
Aartsbisjop van Brinidisi
15181524
Opgevolg deur
Girolamo Aleandro
Voorafgegaan deur
Giovanni Salviati
Kardinaal-biskop van Albano
15441546
Opgevolg deur
Ennio Filonardi
Voorafgegaan deur
Giovanni Salviati
Kardinaal-biskop van Sabina
15461550
Opgevolg deur
Francois III de Tournon
Voorafgegaan deur
Philippe de la Chambre
Kardinaal-biskop van Frascati
15501553
Opgevolg deur
Jean IX du Bellay
Voorafgegaan deur
Giovanni Salviati
Kardinaal-biskop van Porto
15531553
Opgevolg deur
Jean IX du Bellay
Voorafgegaan deur
Giovanni Domenico de Cupis
Kardinaal-biskop van Ostia
15531554
Opgevolg deur
Jean IX du Bellay
Voorafgegaan deur
Ranuccio Farnese
Aartsbiskop van Napels
15491555
Opgevolg deur
Alfonso Carafa

Basis-URL: de:Paul IV.

Publikasie datum: September 26, 2021

pous, paulus, paulus, 223ste, pous, rooms, katolieke, kerk, 1555, 1559, mede, stigter, orde, teatyners, geboortenaam, gian, pietro, carafapontifikaat, begin, 1555pontifikaat, eindig, augustus, 1559voorganger, marcellus, iiopvolger, pius, ivgebore, junie, 1476,. Paulus IV was die 223ste pous van die Rooms Katolieke Kerk van 1555 tot 1559 Hy is die mede stigter van die Orde van die Teatyners Pous Paulus IVGeboortenaam Gian Pietro CarafaPontifikaat begin 23 Mei 1555Pontifikaat eindig 18 Augustus 1559Voorganger Marcellus IIOpvolger Pius IVGebore 28 Junie 1476 Capriglio ItalieSterf 18 Augustus 1559 Rome ItalieAnder pouse genaamd Paulus Inhoud 1 Biografie 2 Pontifikaat 2 1 Sekulere Politiek 2 2 Kerkpolitiek 2 3 Gebeure na sy dood 2 4 Die kollege van kardinale 2 4 1 Die konsistorie van 7 Junie 1555 2 4 2 Die konsistorie van 20 Desember 1555 2 4 3 Die konsistorie van 15 Maart 1557 2 4 4 Die konsistorie van 14 Junie 1557 3 Bibliografie 4 Verwysings 5 Eksterne skakels 6 Nota 7 OpvolgingBiografie WysigPous Paulus IV 1 is gebore as Gian Pietro Carafa op 28 Junie 1476 in Capriglio Italie Sy vader was Giovanni Antonio Carafa en sy moeder Vittoria Camponeschi die dogter van Pietro Lalle Camponeschi vyfde graaf van Montorio Sy oom en mentor Oliviero Carafa hom gehelp om op 30 Julie 1505 aangestel te word as biskop van Chieti Op 18 September 1505 word hy tot biskop gewy Op 20 Desember 1518 word hy aartsbiskop van Brindisi Tussen 1520 en 1525 woon Carafa in Rome en vlug tydens die plundering van Rome na Venesie In 1524 stig hy saam met Sint Cajetan die Orde van die Teatyners Pous Paulus III stel Carafa op 22 Desember 1536 aan as kardinaal en as lid van die nuutgestigte kommissie vir n algemene hervorming van die kerk Op 15 Januarie 1537 word hy kardinaal priester van Sint Pancrazio op 24 September 1537 kardinaal priester van Sint Sisto en op 6 Julie 1541 kardinaal priester van San Clemente Vanaf 1542 lei hy die Inkwisisie Op 24 September 1543 word hy kardinaal biskop van San Maria in Trastevere op 17 Oktober 1544 kardinaal biskop van Albano en op 8 Oktober 1546 kardinaal biskop van Sabina Op 23 Februarie 1549 word hy aartsbiskop van Napels en op 28 Februarie 1550 kardinaal biskop van Frascati In 1553 word hy benoem as die dekaan van die kollege van kardinale op 29 November 1553 kardinaal biskop van Porto en Santa Rufina Op 11 Desember 1553 word hy kardinaal biskop van Ostia sy laaste pos voordat hy pous word Op 23 Mei 1555 volg hy Pous Marcellus II en word gekroon op 26 Mei 1555 deur kardinaal Francesco Pisani Hy regeer tot sy dood op 18 Augustus 1559 en word opgevolg deur Pous Pius IV Die naam Paulus beteken die kleintjie Pontifikaat WysigPous Paulus IV 2 was 79 jaar toe hy as pous verkies is Voor sy verkiesing het hy herhaaldelik van hervormings gepraat Na die verkiesing maak hy hom skuldig aan nepotisme deur een van sy neefs Carlo Carafa n condottiere kardinaal staatsekretaris te maak en n ander neef Giovanni Carafa n wrede avonturier die eerste kaptein generaal van die kerk en daarna hertog van Paliano te maak Sekulere Politiek Wysig Nadat Paulus toe nog kardinaal Carafa as hoof van die Inkwisisie gewys het dat hy onvergeeflik teen die Italiaanse Protestante was protesteer die pous teen die Vrede van Augsburg 25 September 1555 Die vrede laat elke vors toe om die religie van sy gebied te bepaal Toe keiser Karel V in 1556 abdikeer en sy broer Ferdinand I die titel Heilige Romeinse Keiser aanneem verklaar Pous Paulus dit as ongeldig As teenstander van die Spaans Habsburgse mag verloor Paulus weens sy alliansie met Frankryk die oorlog teen Spanje en op 12 September 1557 na die besetting van die pouslike staat deur die Hertog van Alva moet hy die voorwaardes van die vrede van Cave Palestrina aanvaar Oor die kwessie van die Britse troon het hy sy invloed probeer gebruik teen die Protestantse Elizabeth Kerkpolitiek Wysig Om die Katolieke Kerk te versterk brei Paulus die bevoegdhede van die Heilige Inkwisisie uit Daar word beweer as sou hy gese het Selfs as my eie vader n ketter was sou ek die hout bymekaar maak om hom te verbrand In sy bul Cum Nimis absurdum van 14 Julie 1555 beveel hy dat Jode in ghetto s moet woon n Paar dae later word 24 Jode wat onder dwang bekeer is en uit Portugal gevlug het verbrand in Ancona Dit was die enigste daad van hierdie soort in die geskiedenis van Italie Die verdaagde konsilie van Trente roep hy nie weer op nie omdat hy die taak van kerkhervorming wou oorgee aan die kurie en die kollege van kardinale As een van sy laaste dade publiseer hy die bul Cum ex apostolatus officio waarin hy boeksensuur en die berugte Index librorum prohibitorium Indeks van verbode boeke instel In 1559 herstruktureer hy die bisdomme van die Habsburgse Nederlande Gebeure na sy dood Wysig Na sy dood het die burgers van Rome fees gevier die gevangenes van die Roomse Inkwisisie bevry en die paleis van die Inkwisisie aan die brand gesteek Lede van die munisipale owerheid van Rome wat tydens die bewind van Paulus IV ernstige beperkinge opgele is het die geleentheid uitgebuit en die mense se woede in hulle guns aangevuur Tien dae na sy dood het die hertog van Paliano met die goedkeuring van sy broer die kardinaal staatsekretaris sy die hertog s n swanger vrou laat vermoor Onder die bewind van die nuwe pous Pous Pius IV word hulle voor die regbank gebring Die kardinaal staatsekrtearis word in die Engeleburg verwurg en die hertog word onthoof Hulle handlangers is ook tereggestel Die kollege van kardinale Wysig Pous Paulus IV het 19 nuwe kardinale aangestel in vier konsistories Die konsistorie van 7 Junie 1555 Wysig Carlo Carafa kardinaal nepoot priester van Rome afgeset en tereggestel op 4 Maart 1561 Die konsistorie van 20 Desember 1555 Wysig Juan Martinez Siliceo aartsbiskop van Toledo Spanje Gianbernardino Scotti Theat aartsbiskop van Trani Diomede Carafa kardinaal nepoot biskop van Ariano Scipione Rebiba biskop van Motula en goewerneur van Rome Jean Suau biskop van Mirepoix Frankryk Johann Gropper dekaan van die katedraal in Keulen Gianantonio Capizucchi ouditeur van die Rota Die konsistorie van 15 Maart 1557 Wysig Taddeo Gaddi aartsbiskop van Cosenza Antonio Trivulzio biskop van Toulon Frankryk Lorenzo Strozzi biskop van Beziers Frankryk Virgilio Rosario biskop van Ischia vikaris van Rome Jean Bertrand aartsbiskop van Sens Frankryk Michele Ghislieri O P biskop van Nepi later Pous Pius V Clemente d Olera O F M Obs generaal van die Franciskane Alfonso Carafa kardinaal nepoot priester van Napels Vitellozzo Vitelli verkose biskop van Citta di Castello Giovanni Battista Consiglieri priester van Rome Die konsistorie van 14 Junie 1557 Wysig William Peto O F M Obs biskop van Salisbury Engeland Bibliografie WysigDuff Eamon 2001 Saints and Sinners A History of the Popes Yale University Press ISBN 0 300 09165 6 Maxwell Stuart P G 2002 Chronicle of the Popes The Reign by Reign Record of the Papacy from St Peter to the Present Thames amp Hudson ISBN 0 500 01798 0 Verwysings Wysig Paul IV 2008 Encyclopaedia Britannica Deluxe Edition Chicago Encyclopaedia Britannica Loughlin J 1911 Pope Paul IV In The Catholic Encyclopedia New York Robert Appleton Company Besoek November 2 2009 by http www newadvent org cathen 11581a htm Roberto Zapperi Tizian Paul III und seine Enkel Nepotismus und Staatsportrait Fischer TB Vlg Frankfurt am Main 1990 ISBN 3 596 10324 X Andreas Gormans en Philipp Zitzlsperger Des Papstes neue Kleider Das Grabmal Papst Pauls III Farnese 1534 1549 in Totenkult und Wille zur Macht Die unruhigen Ruhestatten der Papste in St Peter Uitgegee deur Horst Bredekamp en Volker Reinhardt Darmstadt 2004 S 85 98 Eksterne skakels Wysig Die Engelse Wikisource bevat bronmateriaal oor hierdie onderwerp onder die titel Catholic Encyclopedia 1913 Pope Paul IV CE Inskrywing in die Catholic Encyclopedia Engels CF Inskrywing in die Catholic Forum Engels Inskrywing in die Catholic Hierarchy Engels BBKL Inskrywing met Literatuurverwysings in die Biographisch Bibliographisches Kirchenlexikon Duits PTA Inskrywing in Popes through the Ages deur J Brusher S J Engels VH Inskrywing in die Vatican History in Duits CA Inskrywing in die Cardinals of the Holy Roman Church Wikimedia Commons bevat media in verband met Paulus IV Nota WysigSaamgestel en vertaal uit die Nederlandse Engelse Duitse en Franse wikipedia en aangevul uit ander bronne soos aangedui Opvolging WysigVoorafgegaan deur Marcellus II Pous Pontifex Maximus 1555 1559 Opgevolg deur Pius IVVoorafgegaan deur Oliviero Carafa Biskop van Chieti 1505 1524 Opgevolg deur Felice TrofinoVoorafgegaan deur Guido de Medici Aartsbiskop van Chieti 1537 1549 Opgevolg deur Bernardino MaffeiVoorafgegaan deur Domingo Idiocaiz Aartsbisjop van Brinidisi 1518 1524 Opgevolg deur Girolamo AleandroVoorafgegaan deur Giovanni Salviati Kardinaal biskop van Albano 1544 1546 Opgevolg deur Ennio FilonardiVoorafgegaan deur Giovanni Salviati Kardinaal biskop van Sabina 1546 1550 Opgevolg deur Francois III de TournonVoorafgegaan deur Philippe de la Chambre Kardinaal biskop van Frascati 1550 1553 Opgevolg deur Jean IX du BellayVoorafgegaan deur Giovanni Salviati Kardinaal biskop van Porto 1553 1553 Opgevolg deur Jean IX du BellayVoorafgegaan deur Giovanni Domenico de Cupis Kardinaal biskop van Ostia 1553 1554 Opgevolg deur Jean IX du BellayVoorafgegaan deur Ranuccio Farnese Aartsbiskop van Napels 1549 1555 Opgevolg deur Alfonso Carafa Basis URL de Paul IV Ontsluit van https af wikipedia org w index php title Pous Paulus IV amp ol,