×
Gewone Melba

Die Gewone Melba is 'n klein (lengte: 12 – 14 cm) kleurvolle voëltjie wat maklik die oog vang wanneer dit rondbeweeg tussen doringbosse en struike. Veral die mannetjie is kenmerkend met 'n rooi gesig, groen bors en gespikkelde onderlyf.

Gewone Melba
Volwasse mannetjie, Tsavo-Oos NP, Kenya
Wetenskaplike klassifikasie
Domein:
Koninkryk:
Filum:
Klas:
Orde:
Familie:
Estrildidae
Genus:
Pytilia
Spesie:
P. melba
Binomiale naam
Pytilia melba
(Linnaeus, 1758)

Inhoud

Die gewone melba word gewoonlik in pare of klein familiegroepe aangetref. Hulle boer in swerms wanneer hulle nie nes maak nie. Die mannetjie se gesig en bo-keel is helder rooi, met 'n grys bo-kroon en nek. Sy onderlyf is gespikkeld met swart en wit dwarsstrepe. Sy bekkie vertoon rooierig. Die wyfie het 'n soortgelyke uiterlike, maar haar hele gesig en nek is grys, met 'n swart bekkie. 'n Onvolwasse melba het 'n uitgewaste olyfkleur op sy kop en keel, met 'n swart bekkie swart en rooibruin oë.

Die melba verkies digte doringbosse of lang gras in Acacia-savanne, rivieroewers en bosse in droë dele.

Die gewone melba kom voor in Afrika; Suid van die Sahara en is wydverspreid in suidelike Afrika, uitgesluit die Kaap Suid van die Oranje-rivier en die Vrystaatse hoëveld.

Sagte string note tot en met 16 sekondes lank, beginnende met kort waterdruppel-agtige klanke gevolg deur 'n skerp kriek-kriek klank. Uiter ook 'n klaende fluit in 'n mooi kort liedjie.

  • Mannetjie in die San Diego-dieretuin.

  • Mannetjie in die Serengeti, Tanzanië

  • Wyfie, San Diego-dieretuin.

  • Afrikaans: Melbasysie
  • Engels: Melba Finch
  • Duits: Buntastrild
  • Wetenskaplike naam: Pytilia melba

Publikasie datum: Augustus 20, 2021

gewone, melba, klein, lengte, kleurvolle, voëltjie, maklik, vang, wanneer, rondbeweeg, tussen, doringbosse, struike, veral, mannetjie, kenmerkend, rooi, gesig, groen, bors, gespikkelde, onderlyf, volwasse, mannetjie, tsavo, kenyabewaringstatusveilig, iucn, wet. Die Gewone Melba is n klein lengte 12 14 cm kleurvolle voeltjie wat maklik die oog vang wanneer dit rondbeweeg tussen doringbosse en struike Veral die mannetjie is kenmerkend met n rooi gesig groen bors en gespikkelde onderlyf Gewone MelbaVolwasse mannetjie Tsavo Oos NP KenyaBewaringstatusVeilig IUCN 3 1 Wetenskaplike klassifikasieDomein EukaryotaKoninkryk AnimaliaFilum ChordataKlas AvesOrde PasseriformesFamilie EstrildidaeGenus PytiliaSpesie P melbaBinomiale naamPytilia melba Linnaeus 1758 Inhoud 1 Identifikasie 2 Habitat 3 Verspreiding 4 Geluid 5 Fotogalery 6 Ander name 7 Sien ook 8 BronnelysIdentifikasie WysigDie gewone melba word gewoonlik in pare of klein familiegroepe aangetref Hulle boer in swerms wanneer hulle nie nes maak nie Die mannetjie se gesig en bo keel is helder rooi met n grys bo kroon en nek Sy onderlyf is gespikkeld met swart en wit dwarsstrepe Sy bekkie vertoon rooierig Die wyfie het n soortgelyke uiterlike maar haar hele gesig en nek is grys met n swart bekkie n Onvolwasse melba het n uitgewaste olyfkleur op sy kop en keel met n swart bekkie swart en rooibruin oe Habitat WysigDie melba verkies digte doringbosse of lang gras in Acacia savanne rivieroewers en bosse in droe dele Verspreiding WysigDie gewone melba kom voor in Afrika Suid van die Sahara en is wydverspreid in suidelike Afrika uitgesluit die Kaap Suid van die Oranje rivier en die Vrystaatse hoeveld Geluid WysigSagte string note tot en met 16 sekondes lank beginnende met kort waterdruppel agtige klanke gevolg deur n skerp kriek kriek klank Uiter ook n klaende fluit in n mooi kort liedjie Fotogalery Wysig Mannetjie in die San Diego dieretuin Mannetjie in die Serengeti Tanzanie Wyfie San Diego dieretuin Ander name WysigAfrikaans Melbasysie Engels Melba Finch Duits Buntastrild Wetenskaplike naam Pytilia melbaSien ook WysigAlfabetiese lys van Suid Afrikaanse voels Lys van Suid Afrikaanse voels Groepeer Lys van Suider Afrikaanse voels volgens wetenskaplike nameBronnelys WysigRoberts Birds of Southern Africa Sixth Edition ISBN 0620175834 Newman se Voels van Suider Afrika Ontsluit van https af wikipedia org w index php title Gewone Melba amp ol,