×
Gereformeerde kerk Ficksburg

Die Gereformeerde kerk Ficksburg is ’n gemeente van die GKSA in die Oos-Vrystaat met sy middelpunt op die dorp Ficksburg, maar dit sluit ook Clocolan, Fouriesburg, Rosendal en Lesotho in. Einde 2014 het die gemeente 65 belydende en 19 dooplidmate gehad, vergeleke met onderskeidelik 89 en 59 einde 2001.

Gereformeerde Kerk
Ficksburg
Sluit in Clocolan
Fouriesburg
Lesotho (deels)
Rosendal
Denominasie Gereformeerde Kerk
Klassis Klassis Oos-Vrystaat
Huidige predikant(e) Vakant
Belydende lidmate 42
Dooplidmate 7
Adres H.v. Veldt- en Kerkstraat
Ficksburg
Geskiedenis
Stigtingsdatum 10 Mei 1919 van die Gereformeerde kerk Ladybrand
Afgestig van Ladybrand
Eerste predikant Ds. D.P. du Plessis (1920–'41)
Die huidige kerkgebou is 11 Oktober 1955 in gebruik geneem.

Inhoud

Die ontstaan van die Gereformeerde kerk Ficksburg kan teruggevoer word tot 1903 toe twee Gereformeerde gesinne, die Viljoens en Buitendags, van Philipstown na Ficksburg verhuis het. Kort voor lank was daar 14 Doppergesinne in die omgewing. Die Gereformeerdes het net die volgende jaar (1904) by die dorpsraad aansoek gedoen om ’n kerkerf waarop hulle ’n plek van samekoms kon oprig, maar 12 jaar sou verloop voor dié gebou oprig kon word.

In 1906 het ds. J.C. Kruger met eredienste op Ficksburg begin, maar toe was dit nog meestal in privaat woonhuise. In 1916 kon die gemeente met die bou van sy sandsteenkerk begin. Die argitek sowel as bouaannemer was diaken D.J. Viljoen. Ds. H.P.J. Pasch het die hoeksteen op 6 Oktober 1917 gelê.

Ficksburg het op 10 Mei 1919 van die Gereformeerde kerk Ladybrand afgestig en terselfdertyd hul kerkgebou in gebruik geneem. ’n Pomporrel is uit Kanada ingevoer, een van net vier wat in die land aangekom het. Dis per trein van die hawe (die bron vermeld nie watter een nie, maar moontlik Durban) na Ficksburg vervoer.

In 1953, toe ds. J.H. Venter die leraar was, is beplan vir ’n groter en doelmatiger kerkgebou. Hy het die hoeksteen van die gebou op 4 Desember 1953 gelê en op 11 Oktober 1955 het die gemeente dit in gebruik geneem.

Die Gereformeerde kerk Senekal het in 1961 van Ficksburg afgestig toe reeds op Senekal asook Marquard Gereformeerde kerkgeboue gestaan het.

  • Die ou Gereformeerde kerk Ficksburg, wat van 1919 tot 1955 in gebruik was.

  • Ds. Abraham Liebrecht Aucamp, leraar van 1942 tot 1948 (in kombinasie).

  • Ficksburg se eerste kerkraad ná afstigting van Ladybrand. Ds. Hendrikus Pasch van die moedergemeente sit in die middel.

  • Mev. (ds.) A. Duvenage, predikantsvrou van 1949 tot 1952.

  • Ds. P.J. Malan, sy vrou, Mienie, en hul oudste twee seuns, Johan (links) en Jaco, die oudste kind. Ds. Malan was die predikant in die 18 maande tot sy dood in Julie 1977.

  • Ds. D.C.S. van der Merwe, leraar van 1978 tot 1982.

  • Mev. (ds.) D.C.S. (Annie) van der Merwe, pastoriemoeder van 1978 tot 1982.

  • Dr. Kobus van Tonder, leraar van 1982 tot 1984.

  1. Du Plessis, Dirk Postma, 1920 – 1941
  2. Aucamp, Abraham Liebrecht, 1942 – 1948 (in kombinasie)
  3. Duvenage, Abraham, 1949 – 1952
  4. Venter, Jan Hendrik, 1953 – 1966
  5. Breedt, Johannes Jacobus, 1969 – 1975 (in kombinasie met Senekal)
  6. Malan, Petrus Jacobus, 1977 – 5 Julie 1977 (oorlede in die amp)
  7. Van der Merwe, dr. Daniël Charl Stephanus, 1978 – 1982
  8. Van Tonder, dr. Jacobus Machiel, 1982 – 1984
  9. De Kock, Jacobus Johannes, 1985 – 1990
  10. De Beer, Hendrik Johannes Petrus, 1990 – 1999
  11. Du Plessis, Lourens Stephanus Daniël, 1999 – 2003
  12. Putter, Christiaan Johannes Jacobus, 2003 – 2006
  13. Smidt, Marthinus Johannes, 2006 – 2017

Publikasie datum: September 27, 2021

gereformeerde, kerk, ficksburg, gemeente, gksa, vrystaat, middelpunt, dorp, ficksburg, maar, sluit, clocolan, fouriesburg, rosendal, lesotho, einde, 2014, gemeente, belydende, dooplidmate, gehad, vergeleke, onderskeidelik, einde, 2001, gereformeerde, kerk, fic. Die Gereformeerde kerk Ficksburg is n gemeente van die GKSA in die Oos Vrystaat met sy middelpunt op die dorp Ficksburg maar dit sluit ook Clocolan Fouriesburg Rosendal en Lesotho in Einde 2014 het die gemeente 65 belydende en 19 dooplidmate gehad vergeleke met onderskeidelik 89 en 59 einde 2001 Gereformeerde Kerk FicksburgSluit in Clocolan Fouriesburg Lesotho deels RosendalDenominasie Gereformeerde KerkKlassis Klassis Oos VrystaatHuidige predikant e VakantBelydende lidmate 42Dooplidmate 7Adres H v Veldt en Kerkstraat FicksburgGeskiedenisStigtingsdatum 10 Mei 1919 van die Gereformeerde kerk LadybrandAfgestig van LadybrandEerste predikant Ds D P du Plessis 1920 41 Die huidige kerkgebou is 11 Oktober 1955 in gebruik geneem Inhoud 1 Voorgeskiedenis 2 Stigting en vooruitgang 3 Galery 4 Predikante 5 Bronne 6 Sien ookVoorgeskiedenis WysigDie ontstaan van die Gereformeerde kerk Ficksburg kan teruggevoer word tot 1903 toe twee Gereformeerde gesinne die Viljoens en Buitendags van Philipstown na Ficksburg verhuis het Kort voor lank was daar 14 Doppergesinne in die omgewing Die Gereformeerdes het net die volgende jaar 1904 by die dorpsraad aansoek gedoen om n kerkerf waarop hulle n plek van samekoms kon oprig maar 12 jaar sou verloop voor die gebou oprig kon word In 1906 het ds J C Kruger met eredienste op Ficksburg begin maar toe was dit nog meestal in privaat woonhuise In 1916 kon die gemeente met die bou van sy sandsteenkerk begin Die argitek sowel as bouaannemer was diaken D J Viljoen Ds H P J Pasch het die hoeksteen op 6 Oktober 1917 gele Stigting en vooruitgang WysigFicksburg het op 10 Mei 1919 van die Gereformeerde kerk Ladybrand afgestig en terselfdertyd hul kerkgebou in gebruik geneem n Pomporrel is uit Kanada ingevoer een van net vier wat in die land aangekom het Dis per trein van die hawe die bron vermeld nie watter een nie maar moontlik Durban na Ficksburg vervoer In 1953 toe ds J H Venter die leraar was is beplan vir n groter en doelmatiger kerkgebou Hy het die hoeksteen van die gebou op 4 Desember 1953 gele en op 11 Oktober 1955 het die gemeente dit in gebruik geneem Die Gereformeerde kerk Senekal het in 1961 van Ficksburg afgestig toe reeds op Senekal asook Marquard Gereformeerde kerkgeboue gestaan het Galery Wysig Die ou Gereformeerde kerk Ficksburg wat van 1919 tot 1955 in gebruik was Ds Abraham Liebrecht Aucamp leraar van 1942 tot 1948 in kombinasie Ficksburg se eerste kerkraad na afstigting van Ladybrand Ds Hendrikus Pasch van die moedergemeente sit in die middel Mev ds A Duvenage predikantsvrou van 1949 tot 1952 Ds P J Malan sy vrou Mienie en hul oudste twee seuns Johan links en Jaco die oudste kind Ds Malan was die predikant in die 18 maande tot sy dood in Julie 1977 Ds D C S van der Merwe leraar van 1978 tot 1982 Mev ds D C S Annie van der Merwe pastoriemoeder van 1978 tot 1982 Dr Kobus van Tonder leraar van 1982 tot 1984 Predikante WysigDu Plessis Dirk Postma 1920 1941 Aucamp Abraham Liebrecht 1942 1948 in kombinasie Duvenage Abraham 1949 1952 Venter Jan Hendrik 1953 1966 Breedt Johannes Jacobus 1969 1975 in kombinasie met Senekal Malan Petrus Jacobus 1977 5 Julie 1977 oorlede in die amp Van der Merwe dr Daniel Charl Stephanus 1978 1982 Van Tonder dr Jacobus Machiel 1982 1984 De Kock Jacobus Johannes 1985 1990 De Beer Hendrik Johannes Petrus 1990 1999 Du Plessis Lourens Stephanus Daniel 1999 2003 Putter Christiaan Johannes Jacobus 2003 2006 Smidt Marthinus Johannes 2006 2017Bronne Wysig af Harris C T Noeth J G Sarkady N G Schutte F M en Van Tonder J M 2010 Van seringboom tot kerkgebou die argitektoniese erfenis van die Gereformeerde Kerke Potchefstroom Administratiewe Buro af Schalekamp ds M E voorsitter redaksiekommissie 2001 Die Almanak van die Gereformeerde Kerke in Suid Afrika vir die jaar 2002 Potchefstroom Administratiewe Buro af Van der Walt dr S J voorsitter deputate almanak 1997 Die Almanak van die Gereformeerde Kerke in Suid Afrika vir die jaar 1998 Potchefstroom Administratiewe Buro af Venter ds A A hoofred 1957 Almanak van die Gereformeerde Kerk in Suid Afrika vir die jaar 1958 Potchefstroom Administratiewe Buro af Venter ds A A hoofred 1958 Almanak van die Gereformeerde Kerk in Suid Afrika vir die jaar 1959 Potchefstroom Administratiewe Buro af Vogel Willem red 2014 Die Almanak van die Gereformeerde Kerke in Suid Afrika vir die jaar 2015 Potchefstroom Administratiewe Buro Sien ook WysigNG gemeente FicksburgOntsluit van https af wikipedia org w index php title Gereformeerde kerk Ficksburg amp ol,