×
George V van die Verenigde Koninkryk

George V (George Frederick Ernest Albert; 3 Junie 1865 – 20 Januarie 1936) was die eerste monarg van die Huis van Windsor wat hy geskep het van die Britse tak van die Duitse Huis van Sakse-Koburg en Gotha. Hy was koning van die Verenigde Koninkryk en die Britse dominiums asook Keiser van Indië en die eerste koning van Ierland na dié se onafhanklikwording. George het van 1910 tot met sy dood in 1936 regeer.

George V
Koning van die Verenigde Koninkryk en die Britse Dominiums; Keiser van Indië

Koning George V.
Vorstehuis Sakse-Koburg en Gotha,
Windsor
Titels SM die Koning
SKH die Prins van Wallis
SKH die Hertog van Cornwallis en York
Regeer 6 Mei 191020 Januarie 1936
Kroning 22 Junie 1911
Voorganger Edward VII
Opvolger Edward VIII
Volle naam George Frederick Ernest Albert
Gebore 3 Junie 1865; Marlborough House, Londen
Oorlede 20 Januarie 1936; Sandringham House, Norfolk
Begrawe 29 Januarie 1936; St. George-kapel, Windsor
Eggenote Mary van Teck
Kinders Edward VIII
George VI
Prinses Mary, Gravin van Harewood
Prins Henry, Hertog van Gloucester
Prins George, Hertog van Kent
Prins John
Vader Edward VII
Moeder Alexandra van Denemarke

Hy het vandat hy twaalf was in die Britse vloot gedien, maar met die onverwagte dood van sy oudste broer, prins Albert Victor, die Hertog van Clarence en Avondale, het hy die troonopvolger geword. Hy het met sy broer se verloofde, Mary van Teck, getrou. Hoewel hulle soms deur die Britse Ryk getoer het, het George verkies om tuis te bly met sy seëlversameling en het hy volgens sy biograwe ’n taamlike eentonige lewe gelei.

Inhoud

George het koning-keiser geword met die dood van sy pa, koning Edward VII. Tydens die Eerste Wêreldoorlog het hy afstand gedoen van alle Duitse titels en aanspreekvorms namens sy familielede wat Britse onderdane was. Hy het die naam van die koningshuis van Sakse-Koburg en Gotha verander na Windsor. Tydens sy bewind het die Statuut van Westminster die kroon verdeel sodat George die dominiums as aparte koninkryke regeer het. So is die weg gebaan vir die toekomstige ontwikkeling van die Statebond. Tydens sy bewind was daar ook ’n opgang van sosialisme, fascisme, Ierse republikanisme en die eerste Britse Arbeidersregering – dit alles het die politieke spektrum radikaal verander.

George was tydens die grootste deel van sy latere bewind siek. Hy is ná sy dood deur sy oudste seun, Edward, opgevolg.

Op die silwerdoek en televisie is George uitgebeeld deur:

  • Henry Warwick in die stil rolprent Why America Will Win (1918)
  • William Gaffney in die stil rolprent The Great Victory, Wilson or the Kaiser? The Fall of the Hohenzollerns (1919)
  • Derek Erskine in die stil rolprent The Scarlet Woman: An Ecclesiastical Melodrama (1925)
  • Carleton Hobbs in A King's Story (1965), die verhaal van Edward VIII
  • Michael Osborne in die ATV-dramareeks Edward the Seventh (1975)
  • Marius Goring in die Thames Television-reeks Edward & Mrs. Simpson (1978)
  • Keith Varnier in die LWT-dramareeks Lillie (1978), die verhaal van Lillie Langtry
  • Rene Aranda in The Fiendish Plot of Dr. Fu Manchu (1980)
  • Andrew Gilmour in die Australiese minireeks A Thousand Skies (1985), die verhaal van Charles Kingsford Smith, geskoei op die roman van Tasmin Beattie
  • David Ravenswood in die Australiese minireeks The Great Air Race (1990)
  • John Warner in die RTE-TV-drama The Treaty (1991)
  • David Troughton in die BBC-drama All the King's Men (1999)
  • Rupert Frazer in die TV minireeks Shackleton (2002), die verhaal van Ernest Shackleton
  • Alan Bates in die Carlton Television-drama Bertie and Elizabeth (2002)
  • Tom Hollander in die BBC-minireeks The Lost Prince (2003)
  • Clifford Rose in die TV-drama Wallis & Edward (2005)
  • Andrew Pritchard in die Britse TV-drama-dokumentêr The First Black Britons (2005)
  • Julian Wadham in die TV-drama My Boy Jack (2007), geskoei op die toneelstuk deur David Haig
Naam Gebore Oorlede Notas
Edward, die Prins van Wallis
later Edward VIII
23 Junie 1894 28 Mei 1972 Later die Hertog van Windsor; getroud met Wallis Simpson; geen kinders
Prins Albert, die Hertog van York
later George VI
14 Desember 1895 6 Februarie 1952 Getroud met lady Elizabeth Bowes-Lyon; het kinders gehad
Prinses Mary, Gravin van Harewood 25 April 1897 28 Maart 1965 Getroud met Henry Lascelles, 6de Graaf van Harewood; het kinders gehad
Prins Henry, Hertog van Gloucester 31 Maart 1900 10 Junie 1974 Getroud met lady Alice Montagu-Douglas-Scott; het kinders gehad
Prins George, Hertog van Kent 20 Desember 1902 25 Augustus 1942 Getroud met prinses Marina van Griekeland en Denemarke; het kinders gehad
Prins John 12 Julie 1905 18 Januarie 1919 Dood aan siekte-aanvalle


Hierdie artikel is merendeels vertaal vanaf die Engelse Wikipedia-artikel en:George V of the United Kingdom
  • Matthew, H. C. G. (September 2004; aanlyn-ed., Mei 2006), , Oxford Dictionary of National Biography (Oxford University Press),
  • Nicolson, Sir Harold (1952). King George the Fifth: His Life and Reign. Londen: Constable and Co.
  • Pope-Hennessy, James (1959). Queen Mary. Londen: George Allen and Unwin, Ltd.
  • Rose, Kenneth (1983). King George V. Londen: Weidenfeld and Nicolson. ISBN 0-297-78245-2.
  • Sinclair, David (1988). Two Georges: The Making of the Modern Monarchy. Londen: Hodder and Stoughton. ISBN 0-340-33240-9.
  • Windsor, HRH The Duke of (1951). A King’s Story. Londen: Cassell and Co.

    Publikasie datum: Augustus 07, 2021

    george, verenigde, koninkryk, george, george, frederick, ernest, albert, junie, 1865, januarie, 1936, eerste, monarg, huis, windsor, geskep, britse, duitse, huis, sakse, koburg, gotha, koning, verenigde, koninkryk, britse, dominiums, asook, keiser, indië, eers. George V George Frederick Ernest Albert 3 Junie 1865 20 Januarie 1936 was die eerste monarg van die Huis van Windsor wat hy geskep het van die Britse tak van die Duitse Huis van Sakse Koburg en Gotha Hy was koning van die Verenigde Koninkryk en die Britse dominiums asook Keiser van Indie en die eerste koning van Ierland na die se onafhanklikwording George het van 1910 tot met sy dood in 1936 regeer George VKoning van die Verenigde Koninkryk en die Britse Dominiums Keiser van IndieKoning George V Vorstehuis Sakse Koburg en Gotha WindsorTitels SM die Koning SKH die Prins van Wallis SKH die Hertog van Cornwallis en YorkRegeer 6 Mei 1910 20 Januarie 1936Kroning 22 Junie 1911Voorganger Edward VIIOpvolger Edward VIIIVolle naam George Frederick Ernest AlbertGebore 3 Junie 1865 Marlborough House LondenOorlede 20 Januarie 1936 Sandringham House NorfolkBegrawe 29 Januarie 1936 St George kapel WindsorEggenote Mary van TeckKinders Edward VIII George VI Prinses Mary Gravin van Harewood Prins Henry Hertog van Gloucester Prins George Hertog van Kent Prins JohnVader Edward VIIMoeder Alexandra van Denemarke Hy het vandat hy twaalf was in die Britse vloot gedien maar met die onverwagte dood van sy oudste broer prins Albert Victor die Hertog van Clarence en Avondale het hy die troonopvolger geword Hy het met sy broer se verloofde Mary van Teck getrou Hoewel hulle soms deur die Britse Ryk getoer het het George verkies om tuis te bly met sy seelversameling en het hy volgens sy biograwe n taamlike eentonige lewe gelei Inhoud 1 Bewind 2 Titels en aanspreekvorms 3 In die kultuur 4 Kinders 5 Stamboom 6 Verwysings 7 Eksterne skakelsBewind WysigGeorge het koning keiser geword met die dood van sy pa koning Edward VII Tydens die Eerste Wereldoorlog het hy afstand gedoen van alle Duitse titels en aanspreekvorms namens sy familielede wat Britse onderdane was Hy het die naam van die koningshuis van Sakse Koburg en Gotha verander na Windsor Tydens sy bewind het die Statuut van Westminster die kroon verdeel sodat George die dominiums as aparte koninkryke regeer het So is die weg gebaan vir die toekomstige ontwikkeling van die Statebond Tydens sy bewind was daar ook n opgang van sosialisme fascisme Ierse republikanisme en die eerste Britse Arbeidersregering dit alles het die politieke spektrum radikaal verander George was tydens die grootste deel van sy latere bewind siek Hy is na sy dood deur sy oudste seun Edward opgevolg Titels en aanspreekvorms Wysig Play media George V se kroning in Delhi 1911 3 Junie 1865 24 Mei 1892 Sy Koninklike Hoogheid prins George van Wallis 24 Mei 1892 22 Januarie 1901 Sy Koninklike Hoogheid die Hertog van York 22 Januarie 1901 9 November 1901 Sy Koninklike Hoogheid die Hertog van Cornwallis en York 9 November 1901 6 Mei 1910 Sy Koninklike Hoogheid die Prins van Wallis in Skotland Sy Koninklike Hoogheid die Hertog van Rothesay 6 Mei 1910 20 Januarie 1936 Sy Majesteit die Koning in verband met Indie Sy Majesteit die Koning keiserIn die kultuur WysigOp die silwerdoek en televisie is George uitgebeeld deur Henry Warwick in die stil rolprent Why America Will Win 1918 William Gaffney in die stil rolprent The Great Victory Wilson or the Kaiser The Fall of the Hohenzollerns 1919 Derek Erskine in die stil rolprent The Scarlet Woman An Ecclesiastical Melodrama 1925 Carleton Hobbs in A King s Story 1965 die verhaal van Edward VIII Michael Osborne in die ATV dramareeks Edward the Seventh 1975 Marius Goring in die Thames Television reeks Edward amp Mrs Simpson 1978 Keith Varnier in die LWT dramareeks Lillie 1978 die verhaal van Lillie Langtry Rene Aranda in The Fiendish Plot of Dr Fu Manchu 1980 Andrew Gilmour in die Australiese minireeks A Thousand Skies 1985 die verhaal van Charles Kingsford Smith geskoei op die roman van Tasmin Beattie David Ravenswood in die Australiese minireeks The Great Air Race 1990 John Warner in die RTE TV drama The Treaty 1991 David Troughton in die BBC drama All the King s Men 1999 Rupert Frazer in die TV minireeks Shackleton 2002 die verhaal van Ernest Shackleton Alan Bates in die Carlton Television drama Bertie and Elizabeth 2002 Tom Hollander in die BBC minireeks The Lost Prince 2003 Clifford Rose in die TV drama Wallis amp Edward 2005 Andrew Pritchard in die Britse TV drama dokumenter The First Black Britons 2005 Julian Wadham in die TV drama My Boy Jack 2007 geskoei op die toneelstuk deur David HaigKinders WysigNaam Gebore Oorlede NotasEdward die Prins van Wallis later Edward VIII 23 Junie 1894 28 Mei 1972 Later die Hertog van Windsor getroud met Wallis Simpson geen kindersPrins Albert die Hertog van York later George VI 14 Desember 1895 6 Februarie 1952 Getroud met lady Elizabeth Bowes Lyon het kinders gehadPrinses Mary Gravin van Harewood 25 April 1897 28 Maart 1965 Getroud met Henry Lascelles 6de Graaf van Harewood het kinders gehadPrins Henry Hertog van Gloucester 31 Maart 1900 10 Junie 1974 Getroud met lady Alice Montagu Douglas Scott het kinders gehadPrins George Hertog van Kent 20 Desember 1902 25 Augustus 1942 Getroud met prinses Marina van Griekeland en Denemarke het kinders gehadPrins John 12 Julie 1905 18 Januarie 1919 Dood aan siekte aanvalleStamboom Wysig Prins Albert van Sakse Koburg en Gotha Edward VII van die Verenigde Koninkryk Victoria van die Verenigde Koninkryk George V Christiaan IX van Denemarke Prinses Alexandra van Denemarke Louise van Hesse Kassel Verwysings WysigHierdie artikel is merendeels vertaal vanaf die Engelse Wikipedia artikel en George V of the United Kingdom Matthew H C G September 2004 aanlyn ed Mei 2006 George V 1865 1936 Oxford Dictionary of National Biography Oxford University Press http www oxforddnb com view article 33369 Nicolson Sir Harold 1952 King George the Fifth His Life and Reign Londen Constable and Co Pope Hennessy James 1959 Queen Mary Londen George Allen and Unwin Ltd Rose Kenneth 1983 King George V Londen Weidenfeld and Nicolson ISBN 0 297 78245 2 Sinclair David 1988 Two Georges The Making of the Modern Monarchy Londen Hodder and Stoughton ISBN 0 340 33240 9 Windsor HRH The Duke of 1951 A King s Story Londen Cassell and Co Eksterne skakels WysigWikimedia Commons bevat media in verband met George V van die Verenigde Koninkryk George V in WWIOntsluit van https af wikipedia org w index php title George V van die Verenigde Koninkryk amp ol,