×
George

George is 'n stad in die provinsie Wes-Kaap, Republiek van Suid-Afrika, aan die suidekant van die Outeniekwaberge, met sowat 157 400 inwoners.

George
Die NG Moederkerk in George
George
George se ligging in Wes-Kaap
Koördinate:33°58′S22°27′O /33.967°S 22.450°O /-33.967; 22.450Koördinate:33°58′S22°27′O /33.967°S 22.450°O /-33.967; 22.450
Land Suid-Afrika
ProvinsieWes-Kaap
DistrikTuinroete
MunisipaliteitGeorge
Stigting1811
Regering
• BurgemeesterLeon van Wyk (DA)
Oppervlak
• Totaal83,8 km2 (32,4 vk. myl)
Bevolking
(2011)
• Totaal157 394
• Digtheid1 878/km2 (4 860/vk. m.)
Rasverdeling(2011)
Wit mense18.6%
Indiërs/Asiërs0.5%
Bruin mense47.4%
Swart mense32.3%
Ander1.2%
Taal(2011)
Afrikaans63.1%
Xhosa25.8%
Engels7.8%
Ander3.2%
Poskode(strate)
6530
Skakelkode044
Webwerf

George lê aan die kus sowat 300 km oos van Kaapstad aan die bekende Tuinroete. George is die ekonomiese hoofstad van die Tuinroete. In die omgewing lê toeristetrekpleisters soos die wye strande Heroldsbaai, Victoriabaai en Wildernis, die volstruisdorp Oudtshoorn en Knysna met sy lagune, sedert Maart 2009 deel van die Tuinroete Nasionale Park.

Die inheemse woude met majestueuse ou geelhoutbome en ander boomsoorte, die pragtige fynbos met tientalle soorte proteas, ericas en heide en 'n groot verskeidenheid varingsoorte trek toeriste en vakansiegangers wat lief is vir die buitelewe en natuurskoon.

George is bekend om sy uitstekende gholfbane (daar is drie verskillende 18-putjie bane op die Fancourt-landgoed alleen) en die geskiedkundige Montagupas oor die Outeniekwaberg (geopen in 1847).

Inhoud

Hoewel George, wat oorspronklik as George Town bekend gestaan het, eers in 1778 gestig is, het die eerste boere en houtkappers reeds vroeër daar gevestig. Volgens historiese dokumente het hierdie pioniers 'n houtkapperspost aan die voet van die Outeniekwaberge gestig toe die destydse owerheid met die ontginning van die welige inheemse woude begin het.

George Town, die eerste distrik, is op 23 April 1811 deur die destydse Britse goewerneur Caledon geproklameer. Die naam het die destydse monarg George III vereer. Adrianus (Jan) van Kervel is as die eerste landdros aangestel. Van Kervel het sy stempel op die dorp afgedruk met die beplanning van die straatuitleg.

Die NG moedergemeente is in 1812 gestig. Die eerste predikant was ds. T.J. Herhold, na wie die dorpie Herold en die vakansieoord Heroldsbaai genoem is. Die historiese NG Moederkerk van George is in 1842 ingewy en is tans een van die dorp se grootste toeriste-aantreklikhede. Die klipkerk in Pacaltsdorp is die sesde oudste kerk in Suid-Afrika, terwyl die Rooms Katolieke kerk Ss.Peter and Paul die oudste Katolieke kerk in Suid-Afrika is.

Die eerste plaaslike owerheid is in 1837 verkies en die dorp het in 1884 volle munisipale status verkry. In 1907 is George per spoorlyn met Kaapstad en Oudtshoorn verbind, en in 1947 het paaie ontstaan wat die dorp met alle hoofsentrums in Suid-Afrika verbind. Die dorp het vervolgens al hoe gewilder geraak as vakansieoord en as sentrum vir konferensies, kongresse en saamtrekke.

Munisipaliteit (1) — Teen 1931 het George se munisipale raad 'n skynheraldiese "wapen" in gebruik geneem, waarop 'n rooi kruis vergesel van 'n landskaptoneel, 'n loerie, rooi berglelies en 'n eikeboom uitgebeeld word. 'n Bosbok staan bo die skild. Die wapenspreuk was "Semper amabile".

Munisipaliteit (2) — Die College of Arms (in Londen) het in 1958 'n behoorlike wapen aan die munisipaliteit verleen: Gevierendeel van rooi en silwer, 'n kruis, kruislings verdeel van die een in die ander, in die eerste kwartier vergesel van 'n silwer galopende perd, in die tweede kwartier van 'n Knysnaloerie sittend op 'n skuinslinksgeplaaste tak, in die derde kwartier van 'n gestingelde en geblaarde proteablom, alles van natuurlike kleur, en in die vierde kwartier van 'n silwerbevrugte eikeboom, die stam afgesnede. Die helmteken was 'n bosbok, en die wapenspreuk het "Semper amabile" gebly. Hierdie wapen is in 1994 by die Buro vir Heraldiek geregistreer. Die wapen is deur Ivan Mitford-Barberton en H. Ellis Tomlinson ontwerp.

Afdelingsraad — George se afdelingsraad (d.w.s. die plaaslike owerheid vir die landelike gebiede buite die dorpsgrense) het in 1962 'n wapen by die Kaapse Provinsiale Administrasie geregistreer: In groen, 'n skildvoet golwend gedwarsbalk van silwer en blou en 'n hoekige silwer skildhoof belaai met drie gestingelde en geblaarde appels van natuurlike kleur. Die helmteken was 'n proteablom; die skildhouers was twee bosbokke; en die wapenspreuk was "Regio melle dulcior". Die wapen is deur Schalk Pienaar ontwerp.

George staan as die hart van die Tuinroete bekend. Die Suid-Afrikaanse hopsbedryf is hier gesetel. Met sy Mediterreense klimaat en voldoende reën regdeur die jaar is die dorp uiters geskik vir die aanplanting van hierdie belangrike bestanddeel in die bierbrouproses. Die enigste brouery in die omgewing is in Knysna te vinde.

George beskik oor 'n lughawe wat dit regstreeks verbind met die groot stede soos Kaapstad, Bloemfontein en Johannesburg. Teen 2018 bedien die lughawe reeds meer as 700 000 toeriste en sakemanne jaarliks. Die dorp is padlangs verbind met Kaapstad en Port Elizabeth met die N2 nasionale pad. Die N12 verbind George via die Outeniekwapas met die binneland. Daar is ook 'n spoorlyn wat George met Mosselbaai en Oudtshoorn verbind. Die spoorlyn vanaf Kaapstad het die dorp in 1907 bereik.

Onderwys

Van die skole in George sluit in:

  • George se teater is in die geskiedkundige middedorp geleë.

  • Die NG gemeente George het 'n ruim perseel naby die middedorp.

  • Die Rose on York Restaurant is gevestig in die geboutjie bekend as Oorskotjie.

  • George se Presbiteriaanse kerk.

  • Die toeristeburo is gevestig in die voormalige koning Edward VII-biblioteek.

  • In Junie 2012 was White House-gebou as sakeperseel te huur. Dit is ook in die middedorp geleë.

  • Lache House.

  • Die ou pastorie van die NG gemeente, nou 'n gastehuis wat die gemeente bedryf.

  • Die George-museum is in die ou drosdy en latere Victoria Hotel gevestig.

  • 'n Sakegebou in die ouer deel van die stad.

  • Die Ou Slaweboom. Volgens legende is slawe aan die boom vasgemaak, maar in werklikheid was die roller van die tennisbaan hier vasgemaak.

  1. (PDF) (in Engels). pp. xlv–lii. (PDF) vanaf die oorspronklike op 13 Julie 2019. Besoek op17 Januarie 2016.
  2. Som van die hoofplekke en 2011-Sensus.
  3. Artikel uit Die Burger, in: Suid-Afrikaanse Oorsig, 20 Junie 1986, bl. 560
  4. Erasmus, B.P.J. (1995). Op Pad in Suid-Afrika. Jonathan Ball Uitgewers. ISBN 1-86842-026-4.
  5. Die wapen kom voor op 'n wat in 1931 uitgereik is.
  6. Kaap die Goeie Hoop Amptelike Koerant 3137 (8 Junie 1962).
  7. Heyns, Tania (23 Maart 2020). . Maroela Media. vanaf die oorspronklike op 20 April 2020. Besoek op23 Maart 2020.

Publikasie datum: September 05, 2021

george, stad, provinsie, kaap, republiek, suid, afrika, suidekant, outeniekwaberge, sowat, inwoners, moederkerk, ligging, kaapkoördinate, koördinate, 450land, suid, afrikaprovinsiewes, kaapdistriktuinroetemunisipaliteitstigting1811, regering, burgemeesterleon,. George is n stad in die provinsie Wes Kaap Republiek van Suid Afrika aan die suidekant van die Outeniekwaberge met sowat 157 400 inwoners GeorgeDie NG Moederkerk in GeorgeGeorge George se ligging in Wes KaapKoordinate 33 58 S 22 27 O 33 967 S 22 450 O 33 967 22 450 Koordinate 33 58 S 22 27 O 33 967 S 22 450 O 33 967 22 450Land Suid AfrikaProvinsieWes KaapDistrikTuinroeteMunisipaliteitGeorgeStigting1811 1 Regering BurgemeesterLeon van Wyk DA Oppervlak 2 Totaal83 8 km2 32 4 vk myl Bevolking 2011 2 Totaal157 394 Digtheid1 878 km2 4 860 vk m Rasverdeling 2011 2 Wit mense18 6 Indiers Asiers0 5 Bruin mense47 4 Swart mense32 3 Ander1 2 Taal 2011 2 Afrikaans63 1 Xhosa25 8 Engels7 8 Ander3 2 Poskode strate 6530Skakelkode044Webwerfwww george org za George le aan die kus sowat 300 km oos van Kaapstad aan die bekende Tuinroete George is die ekonomiese hoofstad van die Tuinroete In die omgewing le toeristetrekpleisters soos die wye strande Heroldsbaai Victoriabaai en Wildernis die volstruisdorp Oudtshoorn en Knysna met sy lagune sedert Maart 2009 deel van die Tuinroete Nasionale Park Die inheemse woude met majestueuse ou geelhoutbome en ander boomsoorte die pragtige fynbos met tientalle soorte proteas ericas en heide en n groot verskeidenheid varingsoorte trek toeriste en vakansiegangers wat lief is vir die buitelewe en natuurskoon George is bekend om sy uitstekende gholfbane daar is drie verskillende 18 putjie bane op die Fancourt landgoed alleen en die geskiedkundige Montagupas oor die Outeniekwaberg geopen in 1847 Inhoud 1 Geskiedenis 2 Wapens 3 Landbou 4 Infrastruktuur 4 1 Onderwys 5 Besienswaardighede 6 Susterstede 7 Sien ook 8 Fotogalery 9 VerwysingsGeskiedenis WysigHoewel George wat oorspronklik as George Town bekend gestaan het eers in 1778 gestig is het die eerste boere en houtkappers reeds vroeer daar gevestig 3 Volgens historiese dokumente het hierdie pioniers n houtkapperspost aan die voet van die Outeniekwaberge gestig toe die destydse owerheid met die ontginning van die welige inheemse woude begin het George Town die eerste distrik is op 23 April 1811 deur die destydse Britse goewerneur Caledon geproklameer Die naam het die destydse monarg George III vereer Adrianus Jan van Kervel is as die eerste landdros aangestel Van Kervel het sy stempel op die dorp afgedruk met die beplanning van die straatuitleg Die NG moedergemeente is in 1812 gestig Die eerste predikant was ds T J Herhold na wie die dorpie Herold en die vakansieoord Heroldsbaai genoem is Die historiese NG Moederkerk van George is in 1842 ingewy en is tans een van die dorp se grootste toeriste aantreklikhede Die klipkerk in Pacaltsdorp is die sesde oudste kerk in Suid Afrika terwyl die Rooms Katolieke kerk Ss Peter and Paul die oudste Katolieke kerk in Suid Afrika is Die eerste plaaslike owerheid is in 1837 verkies en die dorp het in 1884 volle munisipale status verkry 4 In 1907 is George per spoorlyn met Kaapstad en Oudtshoorn verbind en in 1947 het paaie ontstaan wat die dorp met alle hoofsentrums in Suid Afrika verbind Die dorp het vervolgens al hoe gewilder geraak as vakansieoord en as sentrum vir konferensies kongresse en saamtrekke Wapens WysigMunisipaliteit 1 Teen 1931 het George se munisipale raad n skynheraldiese wapen in gebruik geneem waarop n rooi kruis vergesel van n landskaptoneel n loerie rooi berglelies en n eikeboom uitgebeeld word n Bosbok staan bo die skild Die wapenspreuk was Semper amabile 5 Munisipaliteit 2 Die College of Arms in Londen het in 1958 n behoorlike wapen aan die munisipaliteit verleen Gevierendeel van rooi en silwer n kruis kruislings verdeel van die een in die ander in die eerste kwartier vergesel van n silwer galopende perd in die tweede kwartier van n Knysnaloerie sittend op n skuinslinksgeplaaste tak in die derde kwartier van n gestingelde en geblaarde proteablom alles van natuurlike kleur en in die vierde kwartier van n silwerbevrugte eikeboom die stam afgesnede Die helmteken was n bosbok en die wapenspreuk het Semper amabile gebly Hierdie wapen is in 1994 by die Buro vir Heraldiek geregistreer 6 Die wapen is deur Ivan Mitford Barberton en H Ellis Tomlinson ontwerp Afdelingsraad George se afdelingsraad d w s die plaaslike owerheid vir die landelike gebiede buite die dorpsgrense het in 1962 n wapen by die Kaapse Provinsiale Administrasie geregistreer In groen n skildvoet golwend gedwarsbalk van silwer en blou en n hoekige silwer skildhoof belaai met drie gestingelde en geblaarde appels van natuurlike kleur Die helmteken was n proteablom die skildhouers was twee bosbokke en die wapenspreuk was Regio melle dulcior 7 Die wapen is deur Schalk Pienaar ontwerp Landbou WysigGeorge staan as die hart van die Tuinroete bekend Die Suid Afrikaanse hopsbedryf is hier gesetel Met sy Mediterreense klimaat en voldoende reen regdeur die jaar is die dorp uiters geskik vir die aanplanting van hierdie belangrike bestanddeel in die bierbrouproses Die enigste brouery in die omgewing is in Knysna te vinde Infrastruktuur WysigGeorge beskik oor n lughawe wat dit regstreeks verbind met die groot stede soos Kaapstad Bloemfontein en Johannesburg Teen 2018 bedien die lughawe reeds meer as 700 000 toeriste en sakemanne jaarliks Die dorp is padlangs verbind met Kaapstad en Port Elizabeth met die N2 nasionale pad Die N12 verbind George via die Outeniekwapas met die binneland Daar is ook n spoorlyn wat George met Mosselbaai en Oudtshoorn verbind Die spoorlyn vanaf Kaapstad het die dorp in 1907 bereik Onderwys Wysig Van die skole in George sluit in Laerskool George Suid 8 George Sekondere SkoolBesienswaardighede WysigGeorge museum Tuinroete Botaniese TuinSusterstede Wysig Tacoma Washington VSA Fuzhou Volksrepubliek ChinaSien ook WysigCradockpas Montagupas Outeniekwapas Outeniekwa Spoorwegpas Sewepassepad Gereformeerde kerk George Lys van dorpe in Suid Afrika Spookplekke in Suid AfrikaFotogalery Wysig George se teater is in die geskiedkundige middedorp gelee Die NG gemeente George het n ruim perseel naby die middedorp Die Rose on York Restaurant is gevestig in die geboutjie bekend as Oorskotjie George se Presbiteriaanse kerk Die toeristeburo is gevestig in die voormalige koning Edward VII biblioteek In Junie 2012 was White House gebou as sakeperseel te huur Dit is ook in die middedorp gelee Lache House Die ou pastorie van die NG gemeente nou n gastehuis wat die gemeente bedryf Die George museum is in die ou drosdy en latere Victoria Hotel gevestig n Sakegebou in die ouer deel van die stad Die Ou Slaweboom Volgens legende is slawe aan die boom vasgemaak maar in werklikheid was die roller van die tennisbaan hier vasgemaak Verwysings Wysig Chronological order of town establishment in South Africa based on Floyd 1960 20 26 PDF in Engels pp xlv lii Geargiveer PDF vanaf die oorspronklike op 13 Julie 2019 Besoek op 17 Januarie 2016 2 0 2 1 2 2 2 3 Som van die hoofplekke George en Thembalethu 2011 Sensus Artikel uit Die Burger in Suid Afrikaanse Oorsig 20 Junie 1986 bl 560 Erasmus B P J 1995 Op Pad in Suid Afrika Jonathan Ball Uitgewers ISBN 1 86842 026 4 Die wapen kom voor op n tabakkaart wat in 1931 uitgereik is National Archives of South Africa Data of the Bureau of Heraldry Kaap die Goeie Hoop Amptelike Koerant 3137 8 Junie 1962 Heyns Tania 23 Maart 2020 Nog n skool bevestig Covid 19 geval Maroela Media Geargiveer vanaf die oorspronklike op 20 April 2020 Besoek op 23 Maart 2020 Ontsluit van https af wikipedia org w index php title George amp ol,