×
Gauteng

Gauteng is die provinsie van Suid-Afrika met die hoogste bevolkingskonsentrasie met 'n sterk handel- en nywerheidsontwikkeling. Die vernaamste stede is Pretoria en Johannesburg.

Gauteng

Wapen
Oppervlak 18 178 vk km
Bevolking (2011) 12 272 263
Bevolking (2020 skat) 15 488 137
Bevolkingsdigtheid 680 / vk km
Tale Zoeloe (17,8%), Engels (14,3%), Afrikaans (13,8%), Suid-Sotho (11,6%), Noord-Sotho (10,6%)
Etniese verdeling Swartes (74,1%), Blankes (19,1%), Kleurlinge (3,5%), Asiërs (2,6%)
Hoofstad Johannesburg
Premier
David Makhura
(ANC)
Die Johannesburgse stadsaal, setel van die Gautengse provinsiale regering

Gauteng is voorheen die PWV genoem (Pretoria-Witwatersrand-Vereeniging). Die naam Gauteng is 'n Sotho-woord wat "Plek van goud" beteken en is 'n ontlening aan Afrikaans "goud". Die provinsie het in Mei 1994 tot stand gekom toe die ou provinsie Transvaal in vier verskillende provinsies verdeel is.

Die provinsiale hoofstad Johannesburg is die grootste stad in Suid-Afrika. Pretoria, sowat 50 km noord van Johannesburg, is Suid-Afrika se administratiewe hoofstad. Nog belangrike plekke is Alberton, Benoni, Boksburg, Brakpan, Centurion (deel van Tshwane Metropool (Pretoria)), Germiston, Heidelberg, Kemptonpark, Krugersdorp, Midrand, Randburg, Roodepoort, Springs, Soweto (deel van Johannesburg), Vanderbijlpark en Vereeniging.

Inhoud

Meerderheidstale in Gauteng:

Geen meerderheidstaal

  • Bevolking (2011-sensus): 12 272 263. Gauteng is die Suid-Afrikaanse provinsie met die meeste mense en die provinsie met die grootste bevolkingsdigtheid.
  • Tale: Zoeloe (19,8%), gevolg deur Engels (13,3%), Afrikaans (12,4%) en Suid-Sotho (11,6%).
  • Oppervlakte: Sowat 18 810 vk. km (volgens oppervlakte die kleinste Suid-Afrikaanse provinsie).

Ligging en topografie

Gauteng lê sowat 1740 m bokant seespieël en grotendeels op die Hoëveldse plato. Dit word deur vier ander provinsies omring: Noordwes aan die westekant, Limpopo in die noorde, Mpumalanga aan die oostekant en die Vrystaat in die suide. Die Witwatersrand met sy baie rante en heuwels, wat nagenoeg 80 km ver deur die middel van die provinsie loop, is die goudstreek met Johannesburg as kern. Geologies vorm die Witwatersrand die waterskeiding vir die Vaalrivier en die Limpopo, maar Gauteng het geen groot riviere buiten die Vaal nie. Soos in baie dele van Suid-Afrika is droogtes nie ongewoon nie, en die provinsie is in 'n groot mate van die Vaaldam afhanklik vir betroubare watervoorsiening.

Sandton se Gautrein-stasie

Gauteng het allereers sy huidige rykdom aan goud te danke, maar die provinsie is vandag ook die land se ekonomiese kragsentrale. Nagenoeg twee derdes van Suid-Afrika se ekonomiese bedrywighede vind hier plaas, terwyl vier uit elke tien van die land se fabrieksprodukte hul oorsprong in Gauteng het.

Yster, staal en glaspanele word in groot maat geproduseer, met talle fabrieke wat baie verskillende produkte vervaardig. Minstens drie motorvervaardigers se fabrieke is in Gauteng geleë. BMW en Nissan is in Rosslyn, noordwes van Pretoria en Ford/Mazda se reuse aanleg is langs Mamelodi, oos van Pretoria. Verder word luukse woonwaens met drie handelsname in Ga-Rankuwa gebou. Op die koop toe lewer die Rand uraan.

Die provinsie het gevolglik 'n sterk nywerheids- en stedelike karakter, maar daar is ook boerderyplase wat onder meer vleis, melk, mielies, sonneblomme en groente lewer.


  1. – 2011-sensus


Koördinate:26°S28°O /26°S 28°O /-26; 28

Publikasie datum: Augustus 08, 2021

gauteng, provinsie, suid, afrika, hoogste, bevolkingskonsentrasie, sterk, handel, nywerheidsontwikkeling, vernaamste, stede, pretoria, johannesburg, wapenoppervlak, kmbevolking, 2011, 263bevolking, 2020, skat, 137bevolkingsdigtheid, kmtale, zoeloe, engels, afr. Gauteng is die provinsie van Suid Afrika met die hoogste bevolkingskonsentrasie met n sterk handel en nywerheidsontwikkeling Die vernaamste stede is Pretoria en Johannesburg Gauteng WapenOppervlak 18 178 vk kmBevolking 2011 1 12 272 263Bevolking 2020 skat 15 488 137Bevolkingsdigtheid 680 vk kmTale 1 Zoeloe 17 8 Engels 14 3 Afrikaans 13 8 Suid Sotho 11 6 Noord Sotho 10 6 Etniese verdeling 1 Swartes 74 1 Blankes 19 1 Kleurlinge 3 5 Asiers 2 6 Hoofstad JohannesburgPremier David Makhura ANC Die Johannesburgse stadsaal setel van die Gautengse provinsiale regering Gauteng is voorheen die PWV genoem Pretoria Witwatersrand Vereeniging Die naam Gauteng is n Sotho woord wat Plek van goud beteken en is n ontlening aan Afrikaans goud Die provinsie het in Mei 1994 tot stand gekom toe die ou provinsie Transvaal in vier verskillende provinsies verdeel is Die provinsiale hoofstad Johannesburg is die grootste stad in Suid Afrika Pretoria sowat 50 km noord van Johannesburg is Suid Afrika se administratiewe hoofstad Nog belangrike plekke is Alberton Benoni Boksburg Brakpan Centurion deel van Tshwane Metropool Pretoria Germiston Heidelberg Kemptonpark Krugersdorp Midrand Randburg Roodepoort Springs Soweto deel van Johannesburg Vanderbijlpark en Vereeniging Inhoud 1 Demografie 2 Geografie 2 1 Ligging en topografie 3 Ekonomie 4 Bronne 5 Verwysings 6 Eksterne skakelsDemografie Wysig Meerderheidstale in Gauteng Afrikaans Engels Suid Ndebele Xhosa Zoeloe Noord Sotho Suid Sotho Tswana Swazi Venda Tsonga Geen meerderheidstaal Bevolking 2011 sensus 12 272 263 Gauteng is die Suid Afrikaanse provinsie met die meeste mense en die provinsie met die grootste bevolkingsdigtheid Tale Zoeloe 19 8 gevolg deur Engels 13 3 Afrikaans 12 4 en Suid Sotho 11 6 Geografie WysigOppervlakte Sowat 18 810 vk km volgens oppervlakte die kleinste Suid Afrikaanse provinsie Ligging en topografie Wysig Gauteng le sowat 1740 m bokant seespieel en grotendeels op die Hoeveldse plato Dit word deur vier ander provinsies omring Noordwes aan die westekant Limpopo in die noorde Mpumalanga aan die oostekant en die Vrystaat in die suide Die Witwatersrand met sy baie rante en heuwels wat nagenoeg 80 km ver deur die middel van die provinsie loop is die goudstreek met Johannesburg as kern Geologies vorm die Witwatersrand die waterskeiding vir die Vaalrivier en die Limpopo maar Gauteng het geen groot riviere buiten die Vaal nie Soos in baie dele van Suid Afrika is droogtes nie ongewoon nie en die provinsie is in n groot mate van die Vaaldam afhanklik vir betroubare watervoorsiening Ekonomie Wysig Sandton se Gautrein stasie Gauteng het allereers sy huidige rykdom aan goud te danke maar die provinsie is vandag ook die land se ekonomiese kragsentrale Nagenoeg twee derdes van Suid Afrika se ekonomiese bedrywighede vind hier plaas terwyl vier uit elke tien van die land se fabrieksprodukte hul oorsprong in Gauteng het Yster staal en glaspanele word in groot maat geproduseer met talle fabrieke wat baie verskillende produkte vervaardig Minstens drie motorvervaardigers se fabrieke is in Gauteng gelee BMW en Nissan is in Rosslyn noordwes van Pretoria en Ford Mazda se reuse aanleg is langs Mamelodi oos van Pretoria Verder word luukse woonwaens met drie handelsname in Ga Rankuwa gebou Op die koop toe lewer die Rand uraan Die provinsie het gevolglik n sterk nywerheids en stedelike karakter maar daar is ook boerderyplase wat onder meer vleis melk mielies sonneblomme en groente lewer Bronne WysigGauteng by Mieliestronk Met toestemming gebruikVerwysings Wysig 1 0 1 1 1 2 statssa gov za 2011 sensusEksterne skakels WysigWikimedia Commons bevat media in verband met Gauteng en Toerisme inligting oor Gauteng op Wikivoyage en Amptelike webwerf Wikiwoordeboek het n inskrywing vir Gauteng Provinsies van Suid Afrika Gauteng KwaZulu Natal Limpopo Mpumalanga Noord Kaap Noordwes Oos Kaap Vrystaat Wes Kaap Koordinate 26 S 28 O 26 S 28 O 26 28Ontsluit van https af wikipedia org w index php title Gauteng amp ol,