×
Gallies

Die Galliese taal is een van vier oorgelewerde Keltiese tale van die Europese vasteland. Danksy 'n groter aantal oorspronklike bronne, wat bewaar gebly het, en Asterix, die gewilde Franse reeks van strokiesverhale, is dit ook die bekendste. Met die geleidelike Romanisering van Gallië het die Galliese taal uiteindelik uitgesterf. Die heilige Gregorius van Tours berig in die 6de eeu dat 'n aantal mense in sy gebied die Galliese taal nog magtig was.

Gallies
Gepraat in: Frankryk
Gebied: Gallië
Totale sprekers: uitgesterf
Taalfamilie: Indo-Europees
Kelties
Vasteland-Kelties
Gallies
Skrifstelsel: Oud-Italiese alfabet
Latynse alfabet
Griekse alfabet
Taalkodes
ISO 639-1: geen
ISO 639-2:
ISO 639-3:
Nota: Hierdie bladsy kan IFA fonetiese simbole in Unicode bevat.

Inhoud

'n Detail van die kalender van Coligny

Gallies was die taal van 'n aantal Keltiese volke en stamme in Gallië (die huidige Frankryk), Noord-Italië, Switserland en moontlik ook Suidwes-Duitsland, wat deur die Romeine Galli genoem is. Die oudste Galliese bronne dateer uit die 4de eeu v.C. Aangesien die Kelte nie hul eie skrif ontwikkel het nie, is oorspronklike bronne nogal skaars. 'n Aantal tekste is egter in die Griekse en Latynse alfabette geskryf.

Die oorspronklike bronne bestaan onder meer uit inskrifte, wat soms tweetalig Gallies-Latyns in steentafels gebeitel of op stukkies van aardewerk geskryf is, 'n aantal sogenaamde vloekleie, wat van lood gemaak is en die beroemde kalender van Coligny. Alhoewel hierdie tekste taalkundiges in staat stel om die Galliese taal enigsins te rekonstrueer, sal die bronne weens die gebrek aan verbuigde werkwoorde, byvoeglike naamwoorde en ander belangrike woorde en woordsoorte moontlik vir altyd net 'n fragmentariese indruk van Gallies kan gee.

Die belangrikheid van Gallies vir die historiese taalwetenskap resulteer veral uit die woorduitgange, wat Keltiese tale soos Gallies byna onveranderd uit die Indo-Europese oertaal oorgeërf het. Daar is ook 'n aantal strukturele ooreenkomste met ander antieke tale soos Latyn.

Gallies behoort tot die sogenaamde P-groep van die Keltiese tale en is nou verwant met die Britanniese groep van Kelties, wat op die eilande van Noordwes-Europa gepraat word.

Gallies Afrikaans
Segomaros Villoneos toutius namausatis eioru Belesamin sosin nemeton. Segomaros, die seun van Villonos (of Villu), burger (of stamhoof) van Nemausus (Nîmes), het hierdie heiligdom vir die godin Belesama geskenk.
Galliese teks, geskrewe in die Griekse alfabet. Gevind by Nîmes, vandag in die Calcet-museum by Avignon
Gallies Bretons Iers Wallies Afrikaans
biccos bihan beacc bychan klein
bitu bed bith byd wêreld
maros meur mor mawr groot
marvos marv marbh marw dood
nimbos nenv neamh nef hemel
tav tud tuath tud nasie
  • J. Degavre, Lexique gaulois (recueil de mots attestés, transmis ou restitués et de leurs interprétations. Mémoires de la Société belge d' études celtiques, n° 9), Brussel, 1998.
  • X. Delamarre, Dictionnaire de la langue gauloise: Une approche linguistique du vieux-celtique continental, Parys, 2003.
  • P-Y. Lambert, La langue gauloise. Description linguistique, commentaire d'inscriptions choisies, Parys, 2002².
  • M. Lejeune (ed.), Recueil des inscriptions galloises, vol. I: Textes gallo-grecs, Parys, 1985.


    Indo-Europese tale: Kentum-tale: Kelties
    Eiland-Keltiese tale
    Goidelies: Iers-Gaelies | Skots-Gaelies (Skotland • Kanada) | Manx-Gaelies | Galweegse-Gaelies †
    Britonies: Wallies | Kornies | Bretons | Cumbries † | Piekties †
    Vasteland-Keltiese tale
    Vasteland-Keltiese tale: Gallies †: | Leponties † | Galaties
    Keltiberies
    Gemengde Tale
    Gemengde Tale: Shelta | Bungee †
    Uitgestorwe

    Publikasie datum: Desember 10, 2021

    gallies, taal, vier, oorgelewerde, keltiese, tale, europese, vasteland, danksy, groter, aantal, oorspronklike, bronne, bewaar, gebly, asterix, gewilde, franse, reeks, strokiesverhale, bekendste, geleidelike, romanisering, gallië, taal, uiteindelik, uitgesterf,. Die Galliese taal is een van vier oorgelewerde Keltiese tale van die Europese vasteland Danksy n groter aantal oorspronklike bronne wat bewaar gebly het en Asterix die gewilde Franse reeks van strokiesverhale is dit ook die bekendste Met die geleidelike Romanisering van Gallie het die Galliese taal uiteindelik uitgesterf Die heilige Gregorius van Tours berig in die 6de eeu dat n aantal mense in sy gebied die Galliese taal nog magtig was GalliesGepraat in Frankryk Gebied GallieTotale sprekers uitgesterfTaalfamilie Indo Europees Kelties Vasteland Kelties Gallies Skrifstelsel Oud Italiese alfabet Latynse alfabet Griekse alfabetTaalkodesISO 639 1 geenISO 639 2 ISO 639 3 Nota Hierdie bladsy kan IFA fonetiese simbole in Unicode bevat Inhoud 1 Bronne en taalgebied 2 Taalkundige kenmerke 3 Voorbeeld van n Galliese teks 4 Vergelyking met ander Keltiese tale 5 Bronne 6 Eksterne skakelsBronne en taalgebied Wysig n Detail van die kalender van Coligny Gallies was die taal van n aantal Keltiese volke en stamme in Gallie die huidige Frankryk Noord Italie Switserland en moontlik ook Suidwes Duitsland wat deur die Romeine Galli genoem is Die oudste Galliese bronne dateer uit die 4de eeu v C Aangesien die Kelte nie hul eie skrif ontwikkel het nie is oorspronklike bronne nogal skaars n Aantal tekste is egter in die Griekse en Latynse alfabette geskryf Die oorspronklike bronne bestaan onder meer uit inskrifte wat soms tweetalig Gallies Latyns in steentafels gebeitel of op stukkies van aardewerk geskryf is n aantal sogenaamde vloekleie wat van lood gemaak is en die beroemde kalender van Coligny Alhoewel hierdie tekste taalkundiges in staat stel om die Galliese taal enigsins te rekonstrueer sal die bronne weens die gebrek aan verbuigde werkwoorde byvoeglike naamwoorde en ander belangrike woorde en woordsoorte moontlik vir altyd net n fragmentariese indruk van Gallies kan gee Taalkundige kenmerke WysigDie belangrikheid van Gallies vir die historiese taalwetenskap resulteer veral uit die woorduitgange wat Keltiese tale soos Gallies byna onveranderd uit die Indo Europese oertaal oorgeerf het Daar is ook n aantal strukturele ooreenkomste met ander antieke tale soos Latyn Gallies behoort tot die sogenaamde P groep van die Keltiese tale en is nou verwant met die Britanniese groep van Kelties wat op die eilande van Noordwes Europa gepraat word Voorbeeld van n Galliese teks WysigGallies AfrikaansSegomaros Villoneos toutius namausatis eioru Belesamin sosin nemeton Segomaros die seun van Villonos of Villu burger of stamhoof van Nemausus Nimes het hierdie heiligdom vir die godin Belesama geskenk Vergelyking met ander Keltiese tale Wysig Galliese teks geskrewe in die Griekse alfabet Gevind by Nimes vandag in die Calcet museum by Avignon Gallies Bretons Iers Wallies Afrikaansbiccos bihan beacc bychan kleinbitu bed bith byd wereldmaros meur mor mawr grootmarvos marv marbh marw doodnimbos nenv neamh nef hemeltav tud tuath tud nasieBronne WysigJ Degavre Lexique gaulois recueil de mots attestes transmis ou restitues et de leurs interpretations Memoires de la Societe belge d etudes celtiques n 9 Brussel 1998 X Delamarre Dictionnaire de la langue gauloise Une approche linguistique du vieux celtique continental Parys 2003 P Y Lambert La langue gauloise Description linguistique commentaire d inscriptions choisies Parys 2002 M Lejeune ed Recueil des inscriptions galloises vol I Textes gallo grecs Parys 1985 Eksterne skakels WysigGalliese en Lepontiese inskrifte uit Noord Italie Indo Europese tale Kentum tale KeltiesEiland Keltiese taleGoidelies Iers Gaelies Skots Gaelies Skotland Kanada Manx Gaelies Galweegse Gaelies Britonies Wallies Kornies Bretons Cumbries Piekties Vasteland Keltiese taleVasteland Keltiese tale Gallies Leponties Galaties Keltiberies Gemengde TaleGemengde Tale Shelta Bungee Uitgestorwe Ontsluit van https af wikipedia org w index php title Gallies amp ol,