fbpx Flamsteed-naam
Wikipedia

Flamsteed-naam

Die Flamsteed-naam van sterre stem ooreen met die Bayer-naam, maar syfers word gebruik in plaas van Griekse letters.

Inhoud

Elke ster het ’n syfer, gevolg deur die genitief van die Latynse naam van die sterrebeeld waarin dit lê. Daar is 2 554 sterre met Flamsteed-name.

Die nommers is aanvanklik toegeken volgens die sterre se regte klimming, maar vanweë die invloed van presessie is hulle nie meer heeltemal in die regte volgorde nie. Dié metode van naamgewing het die eerste keer voorgekom in John Flamsteed se Historia Coelestis Britannica, wat in 1712 sonder sy toestemming gepubliseer is deur Edmond Halley en Isaac Newton. Die finale weergawe van die Flamsteed-katalogus is in 1725 ná sy dood gepubliseer sonder enige nommers.

Die Flamsteed-name het in die 18de eeu gewild geraak en word nou algemeen gebruik wanneer die ster nie ’n Bayer-naam het nie; wanneer daar egter wel ’n Bayer-naam is, word dié feitlik uitsluitlik gebruik. Voorbeelde van sterre waarvan die Flamsteed-naam gewoonlik gebruik word, is 51 Pegasi en 61 Cygni. Wanneer ’n Bayer-naam egter ’n ekstra letter het, word die Flamsteed-naam dikwels eerder gebruik, soos 55 Cancri in plaas van Rho-1 Cancri.

Die Flamsteed-katalogus bevat net sterre wat van Groot-Brittanje af sigbaar is en daarom het sterre in die verre suidelike lugruim nie Flamsteed-name nie. Nes in ander sterrekundige katalogusse is daar ’n paar foute: Flamsteed het Uranus in 1690 gesien, maar nie besef dit is ’n planeet nie. Dit is in sy katalogus opgeneem as ’n ster met die naam 34 Tauri.

Daar is 52 sterrebeelde wat hoofsaaklik Flamsteed-name gebruik:

Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia
  1. (in Engels). International Astronomical Union (IAU). vanaf die oorspronklike op 22 September 2009. Besoek op30 Januarie 2009.
  2. (in Engels). SEDS. Geargiveer vanaf op 31 Mei 2010. Besoek op30 Januarie 2009.

Flamsteed-naam
flamsteed, naam, sterre, stem, ooreen, bayer, naam, maar, syfers, word, gebruik, plaas, griekse, letters, inhoud, formaat, gebruik, sterrebeelde, flamsteed, stername, verwysings, eksterne, skakelsformaat, gebruik, wysigelke, ster, syfer, gevolg, deur, genitief. Die Flamsteed naam van sterre stem ooreen met die Bayer naam maar syfers word gebruik in plaas van Griekse letters Inhoud 1 Formaat en gebruik 2 Sterrebeelde met Flamsteed stername 3 Verwysings 4 Eksterne skakelsFormaat en gebruik WysigElke ster het n syfer gevolg deur die genitief van die Latynse naam van die sterrebeeld waarin dit le Daar is 2 554 sterre met Flamsteed name Die nommers is aanvanklik toegeken volgens die sterre se regte klimming maar vanwee die invloed van presessie is hulle nie meer heeltemal in die regte volgorde nie Die metode van naamgewing het die eerste keer voorgekom in John Flamsteed se Historia Coelestis Britannica wat in 1712 sonder sy toestemming gepubliseer is deur Edmond Halley en Isaac Newton 1 2 Die finale weergawe van die Flamsteed katalogus is in 1725 na sy dood gepubliseer sonder enige nommers Die Flamsteed name het in die 18de eeu gewild geraak en word nou algemeen gebruik wanneer die ster nie n Bayer naam het nie wanneer daar egter wel n Bayer naam is word die feitlik uitsluitlik gebruik Voorbeelde van sterre waarvan die Flamsteed naam gewoonlik gebruik word is 51 Pegasi en 61 Cygni Wanneer n Bayer naam egter n ekstra letter het word die Flamsteed naam dikwels eerder gebruik soos 55 Cancri in plaas van Rho 1 Cancri Die Flamsteed katalogus bevat net sterre wat van Groot Brittanje af sigbaar is en daarom het sterre in die verre suidelike lugruim nie Flamsteed name nie Nes in ander sterrekundige katalogusse is daar n paar foute Flamsteed het Uranus in 1690 gesien maar nie besef dit is n planeet nie Dit is in sy katalogus opgeneem as n ster met die naam 34 Tauri Sterrebeelde met Flamsteed stername WysigDaar is 52 sterrebeelde wat hoofsaaklik Flamsteed name gebruik Akkedis Andromeda Arend Beker Berenike se Hare Boogskutter Bul Dolfyn Draak Driehoek Eenhoring Eridanus Groot Beer Groot Hond Haas Hercules Jaghonde Jagter Kameelperd Kassiopeia Kefeus Klein Beer Klein Hond Klein Leeu Koetsier Kraai Kreef Lier Leeu Maagd Noordelike Kroon Noordelike Waterslang Perseus Pyl Ram Rooikat Sekstant Skerpioen Slang Slangdraer Steenbok Suidelike Vis Swaan Tweeling Veewagter Visse Vlieende Perd Vos Vul Walvis Waterdraer WeegskaalVerwysings Wysig Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia Naming Astronomical Objects in Engels International Astronomical Union IAU Geargiveer vanaf die oorspronklike op 22 September 2009 Besoek op 30 Januarie 2009 Naming Stars in Engels SEDS Geargiveer vanaf die oorspronklike op 31 Mei 2010 Besoek op 30 Januarie 2009 Eksterne skakels Wysig Flamsteed numbers where they really came from Ontsluit van https af wikipedia org w index php title Flamsteed naam amp ol,