×
Fidjiaanse nasionale rugbyspan

Die Fidjiaanse nasionale rugbyspan is ’n sportspan wat Fidji in internasionale rugby verteenwoordig. Rugby word in Fidji deur die Fidjiaanse Rugbyunie (FRU) geadministreer. Die Fidjiaanse rugbyspan is tans (16 Desember 2019) elfde op Wêreldrugby se wêreldranglys gelys. Die span neem jaarliks deel aan Wêreldrugby se Stille Oseaan Nasiesbeker teen Japan, Kanada, Samoa, Tonga en die Verenigde State. Fidji is ’n lid van die Stille Oseaan Eilande Rugbyalliansie (Engels: Pacific Islands Rugby Alliance; PIRA), saam met Tonga; Samoa was tot in 2009 ook ’n lid, maar hulle het hulself onttrek.

Fidji
Unie Fidjiaanse Rugbyunie
Bynaam(e) Vlieënde Fidjiane
Embleem die Palmboom
Stadion ANZ Nasionale Stadion, Suva
Kapasiteit 25 000
Afrigter(s) John McKee
Kaptein(s) Dominiko Waqaniburotu
Spankleure


Alt. kleure

Statistiek
Meeste toetse Nicky Little (71)
Meeste toetspunte Nicky Little (670)
Meeste drieë Vereniki Goneva (22)
Eerste internasionale wedstryd
Samoa 0–6 Fidji
(Apia, Samoa; 18 Augustus 1924)
Grootste oorwinning
Niue 4–120 Fidji
(Apia, Samoa; 10 September 1983)
Grootste nederlaag
Nieu-Seeland 91–0 Fidji
(North Shore City, Nieu-Seeland; 10 Junie 2005)
Wêreldbeker
Verskynings 8/9 (Eerste in 1987)
Beste uitslag Kwarteindrondte in 1987 en 2007
Unie webwerf

Fidji is een van die min lande waar rugby die hoofsport is. Slegs die Cookeilande, Nieu-Seeland, Samoa, Tonga en Wallis kan soortgelyke bewerings maak. Daar is ongeveer 80 000 geregistreerde spelers uit ’n totale bevolking van sowat 950 000. Een van die probleme waarmee Fidji sukkel is om hulle spelers te kry om vir die nasionale span te speel aangesien baie kontrakte in Europa of met Superrugbyspanne het wat vir spelers finansieel meer lonend is. Geld wat deur oorsese sterre huistoe gestuur word het ’n belangrike bron van sommige plaaslike gemeenskappe geword. Verder speel ’n beduidende aantal spelers wat vir Fidji verkiesbaar is vir Australië of Nieu-Seeland; twee noemenswaardige voorbeelde is die Fidjiaans gebore All Blacks neefs Joe Rokocoko en Sitiveni Sivivatu en Wallabies Vleuel Lote Tuqiri.

Rugby is in 1884 na Fidji gebring en die beheerliggaam is in 1913 gestig. Die eerste internasionale wedstryd is in Augustus 1924 teen Samoa gespeel. Fidji, Samoa en Tonga speel gereeld teen mekaar in toernooie soos die Pasifiese Drienasies, waarvan Fidji tot dusver die meeste titels gewen het. Fidji se bynaam is Flying Fijians (Engels vir: "vlieënde Fidjiane") en hulle speel tradisioneel in wit truie met swart broeke. Die cibi-oorlogsdans (Fidjiaans: [ˈðimbi]) word voor elke toetswedstryd deur die Fidjiaanse span uitgevoer. Die oorlogsdans wat dateer uit die land se oorloë met naburige eilande word sedert 1939 op die rugbyveld gebruik.

Fidji is genooi om aan die eerste Rugbywêreldbeker in 1987 deel te neem en het tot die kwarteindrondte gevorder. Later kon hulle nie daarin slaag om vir die Rugbywêreldbeker 1995 te kwalifiseer nie, die enigste toernooi tot dusver wat hulle misgeloop het. In 2007 het hulle vir ’n tweede keer daarin geslaag om tot die kwarteindrondte deur te dring. Sedertdien het Fidji nie meer so goed in die Wêreldbeker gevaar nie.

Inhoud

Vroeë jare

Rugby is in Fidji vir die eerste keer deur Europese en Fidjiaanse soldate van die Inheemse konstabulêr by Ba op Viti Levu in 1884 gespeel. In 1913 is ’n unie vir die Europese settlers gestig.

In Desember 1913 was die All Blacks van hul baie suksesvolle toer in Kalifornië op pad terug na Nieu-Seeland. Die Fidjiaanse Rugbyunie het met hulle ’n wedstryd op Albertpark gereël, die eerste verteenwoordigende wedstryd nog in dié kolonie. Die Fidjiaanse span het uit Europeërs bestaan. Die All Blacks wen met 67–5; Fidji se punte was te danke aan ’n drie deur hul kaptein en afrigter, PJ Sheehan. In 1914 is ’n "inheemse kompetisie" van stapel gestuur en in 1915 is ’n Fidjiaanse inheemse unie gestig en het deel geword van die Fidjiaanse Rugbyunie.

Tussenoorlogse tydperk

Die Fidjiaanse span in 1924
Die Fidjiaanse span in 1932
Die Fidjiaanse span in 1939

Fidji het op 18 Augustus 1924 sy eerste internasionale wedstryd teen Wes-Samoa in Apia gespeel. Fidji se 20 manne was uitsluitlik afkomstig van die destyds vyf geregistreerde inheemse klubs. Dié wedstryd is om 7 v.m. gespeel om die Samoane kans te gee om ná die tyd te werk en is op ’n veld gespeel wat ’n groot boom op die middellyn gehad het. Fidji het swart gedra en met 6–0 gewen, ondanks hulle kaalvoet was. Die terugwedstryd is deur Samoa met 9–3 gewen en dié reeks was gelykop. Die eerste Fidjiaanse toetspan het hul oorsese avontuur voortgesit met ’n nege-wedstryd-toer na Tonga. Hoewel Fidji die eerste toets in Nuku'alofa met 9–6 verloor het, het hulle die tweede toets egter 14–3 ingepalm en in die derde beslissende toets het hulle 0–0 gelykop gespeel. Hulle kon al die ses wedstryde teen nie-toets-teenstanders wen.

In 1926 was die Universiteit van Auckland se span die eerste oorsese om Fidji te besoek. Die Kiwi-studente het teen die Fidjiaanse Europeërs gespeel en die drie-wedstryde-reeks met ’n oorwinning, ’n nederlaag en ’n gelykop beëindig. Tonga het Fidji in dieselfde jaar besoek en vir die eerste keer het Fidji in sy hedendaagse trui met ’n wit hemp, palmboom-kenteken en swart broeke gespeel. Die reeks het gelykop geëindig, nadat Tonga die eerste toets met 9–6 wen; Fidji die tweede 14–3 en die laaste wedstryd was ’n 0–0-gelykop.

Gedurende die 1927-seisoen is ’n algemene vergadering byeengeroep om ’n terugbesoek aan Nieu-Seeland ná die uitnodiging van die Universiteit van Auckland te reël. Sowat 30 spelers het hul bereidwilligheid vir dié toer getoon, maar nadat alle reëlings getref is, was daar nie genoeg spelers beskikbaar nie, sodat die beheerliggame die toer, ter teleurstelling van Auckland, moes kanselleer.

Tussen 1924 en 1938 het Fidji en Tonga al om die twee jaar drie toetsreekse gespeel. Destyds was dit die enigste verteenwoordigende rugbyunie wat teen Fidji gespeel het. In die wedstryde tussen dié twee Pasifiese eilandstate is hard geveg; baie was van mening dat die antieke feudale oorloë tussen die eilandbewoners na die rugbyveld oorgeplaas is. Probleme tydens die derde toets van Fidji se 1928-toer in Tonga het daartoe gelei dat dié wedstryd laat vaar is en Tonga dit met 11–8 verloor het.

Die eerste Nieu-Seelandse Māorispan het Fidji in 1938 besoek. Fidjiane het vir die eerste keer in skoene gespeel, maar daar was gedurende dié wedstryd steeds ’n neiging om van die skoene uit te skop en hulle na die raaklyn te gooi. Op die vyf-wedstryd-toer het die Māoris Fidji se tweede XV en die Fidjiaanse Europeërs geklop, voordat hulle ’n reeks van drie wedstryde begin het. Die eerste toets was ’n 3–3-gelykop, die tweede het in ’n 11–5-oorwinning vir die Fidjiane geëindig en die Māori wen die laaste toets met 6–3 om dié reeks te ewenaar.

In 1939 het Fidji vir die eerste keer na Nieu-Seeland getoer. Die Fidjiaanse kaptein vir die toer, Ratu Sir George Cakobau, het besluit dat sy span ’n oorlogsdans moet hê om sodoende teen die haka mee te ding. Hy benader vir Ratu Bola, die hoë hoof van die krygsklan van Navusaradave in Bau, wat vir hulle die cibi – wat sedertdien Fidji se ritueel voor elke wedstryd is – geleer het. Baie spelers het nog steeds verkies om kaalvoet te speel, en die Fidjiane het met ’n sorgvrye gees gespeel en geskiedenis gemaak, nadat hulle die eerste span geword het om ’n volle toer in Nieu-Seeland onoorwonne te beëindig, deur sewe toetse te wen en in een gelykop te speel; ’n rekord wat tot vandag toe nog bestaan. Hulle het weer teen die Māori gespeel en met 14–4 gewen.

Naoorlogse tydperk

Die Fidjiaanse span in 1948
Die Fidjiaanse span in 1964

In 1951 het Fidji weer ’n suksesvolle toer na Nieu-Seeland onderneem. Hulle het die Nieu-Seelandse Māori 21–14 geklop. Fidji se toer na Australië in 1952 het die Australiese Rugbyunie gehelp om van die randjie van bankrotskap te laat herstel. Dié toetsreeks is 1–1 voor ’n toeskouerrekord geëwenaar. Australië het die eerste toets met 15–9 gewen, maar die Fidjiane kon die tweede 17–15 beklink.

’n Tweede toer na Australië in 1954 het weer rekordskare gelok. Australië kon weer die eerste toets wen, maar net met ’n 22–19. Die toetsreeks is 1–1 geëwenaar toe Fidji die tweede toets met 18–16 wen. In dieselfde jaar het Fidji Wes-Samoa gehuisves. Fidji het in 1957 weer na Nieu-Seeland getoer en die Māoris 36–13 in Dunedin en 17–8 in Wellington geklop, en toe ’n sterk Aucklandse span 38–17 geklop.

In 1964 het Fidji vir die eerste keer na Europa getoer, waar hulle vyf onvergeetlike wedstryde in Wallis gespeel het; die hoogtepunt was ’n klassieke ontmoeting in Cardiff waaroor nog jare later debater sou word. Wallis wen met 28–22, maar moes net vir die tweede keer in hul geskiedenis ses drieë toelaat. In 1970 het ’n buitensporige Fidjiaanse span die Britse Barbarians 29–9 in Gosforth verneder. ’n Drie in die laaste minuut laat Nieu-Seeland in 1974 14–13 oor Fidji te Suva seëvier.

In Augustus 1977 het die Britse en Ierse Leeus ná hul terugkoms van ’n toer in Nieu-Seeland in Fidji vasgemaak. Fidji kon hulle 25–21 op Buckhurstpark in Suva klop. In 1982 klop Fidji Vancouver XV om sodoende ’n wenreeks van 15 wedstryde tot in 1984 te begin.

Moderne tydperk

Die Fidji-sewesspan tydens die Statebondspele in Melbourne in 2006
Fidji teen Suid-Afrika tydens die Rugbywêreldbeker 2007
Lynstaan tydens Fidji se poelwedstryd teen Kanada in die Rugbywêreldbeker 2007
Lynstaan tydens Fidji se poelwedstryd teen Suid-Afrika in die Rugbywêreldbeker 2011

In 1985 het Fidji sy eerste toets teen Wallis in Cardiff gespeel, die tuisspan teken ’n dominante 40–3 met twee drieë deur Phil Davies aan. Fidji het ook swaar nederlae teen Llanelli en Cardiff gely, maar met net een punt teen Ierland verloor.

In die volgende jaar het Wallis Suva besoek, waar kaptein Dai Pickering se somertoer tot ’n voortydige einde kom nadat hy harsingskudding opgedoen het. Richard Moriarty het oorgeneem en gesien hoe sy span ’n voorloop van 13–0 tot een punt laat daal, voordat Wallis met ’n 15–22-oorwinning wegtrek.

In 1987 het Fidji tot die kwarteindrondte van die Rugbywêreldbeker gevorder en was – volgens die skeidsregter – op die punt om Frankryk te klop, toe hulle met 4–3 voor was, maar is uiteindelik deur Frankryk 31–16 verneder.

Tydens die Rugbywêreldbeker 1991 het Fidji al sy drie poelwedstryde verloor en laaste in sy pool geëindig. Wallis se derde toetswen oor Fidji was in 1994 in Suva. Die besoekers het ’n swak lynstaan ontbied om vir hul span ’n wedstryd moontlik te maak, maar hulle was goed genoeg om met ’n 23–8-oorwinning weg te stap.

Fidji het in 1995 ’n ontstellende toer in Wallis en Ierland gehad, toe hulle ses van nege wedstryde te Neath, Cardiff en Pontypridd verloor het. Hulle het egter daarin geslaag om vir Wallis net ’n taai oorwinning op Arms Park toe te laat en met net 15–19 verloor. Ná nederlae teen Tonga en Wes-Samoa kon Fidji nie daarin slag om vir die Rugbywêreldbeker 1995 te kwalifiseer nie; die enigste toernooi tot dusver wat hulle misgeloop het.

Fidji het voor die Rugbywêreldbeker 1999 herbou, en die nuwe afrigter Brad Johnstone het dissipline en vasberadenheid in hul speelstyl ingebring. Hulle het ’n suksesvolle begin gemaak deur Kanada en Namibië te klop, en was weer op die punt om Frankryk in Toulouse te klop, toe dinge begin skeefloop. ’n Omstrede skeidsregtervertoning deur Paddy O'Brien het hulle glo van hul oorwinning oor Frankryk ontneem, en Fidji verloor met 28–19. Hulle het tot die uitspeelrondte vir die kwarteindrondte gevorder, maar op Twickenham teen Engeland met 45–24 verloor. Kort ná dié toernooi vertrek Johnstone na Italië.

In 2001 is Fidji as Pasifiese kampioen gekroon, nadat hulle in die eindstryd in Tokio Samoa 28–17 verslaan het. In November 2002 het Fidji weer teen Wallis in die Millennium-stadion te staan gekom. Twee drieë en 21 punte van Stephen Jones se skoene af het aan die tuisspan ’n maklike 58–14-oorwinning besorg.

Fidji het sy Rugbywêreldbeker 2003-kwalifiseringveldtog Junie 2002 begin, toe die drie leidende Pasifiese eilandspanne tydens ’n rondomtalie in die tweede rondte van die Oseaniese kwalifikasie ontmoet het. Die Fidjiane skop af met nederlae teen Samoa en Tonga, maar hul nederlaag teen Samoa tuis het beteken dat hulle Tonga met meer as 20 punte moes klop om die groep te wen. Dit het hulle behoorlik gedoen deur in Nadi met 47–20 te wen. Tydens die 2003-Rugbywêreldbekertoernooi kon hulle Japan 41–13 klop en die Amerikaanse Arende net-net 19–18 verslaan. Maar ná ’n 20–22-nederlaag teen Skotland en ’n 18–61-nederlaag teen Frankryk het Fidji op die derde plek geëindig en sodoende die uitklopfase misgeloop.

Sedertdien het Fidji gemengde resultate gesien. Alhoewel hulle tradisioneel die sterkste van die Pasifiese rugbynasies is, is hulle in 2004 deur die Nieu-Seelandse Maori 29–27 geklop en deur die All Blacks 91–0 verneder. In Julie 2006 is vyf Fidjiaanse rugbyspelers ná ’n dronk bakleiery gedurende ’n Pasifiese Vyfnasies-wedstryd in Japan vir die res van die jaar uit alle internasionale toernooie geskors. Hul 2007-seisoen het begin as een van Fidji se ergste in hul rugbygeskiedenis. Hulle het oor ’n baie onervare span beskik en teen albei Pasifiese mededingers, Tonga en Samoa, verloor en swaar nederlae teen Australië en die Junior All Blacks gely. Die enigste oorwinning vir Fidji tydens die 2007-Pasifiese Sesnasies was teen Japan; hulle kon egter in ’n onverwagte 14–14-gelykop teen Australië A speel. Ná die heraansluiting van Fidji se mees ervare spelers by dié span het Fidji gedurende die Rugbywêreldbeker 2007 stadigaan verbeter en kon vir die eerste keer in 20 jaar tot die uitklopfase vorder.

Rugbywêreldbeker 2007

Fidji is tydens die Rugbywêreldbeker 2007 saam met Wallis, Kanada, Japan en Australië in Poel B geloot. Nadat hulle Japan en Kanada in taai wedstryde kon klop, het Fidji tydens die wedstryd teen Australië verskeie sleutelspelers vir die belangrike wedstryd teen Wallis laat rus. Australië verslaan Fidji 55–12. Fidji se lot in dié toernooi het op ’n "alles of niks"'-wedstryd teen Wallis afgekom, wat Fidji met 38–34 kon wen en sodoende vir die tweede keer tot die uitklopfase geneem het. Die voormalige Wallaby Michael Lynagh het dié wedstryd as een van die beste "van alle tye" beskryf. Fidji het in die kwarteindstryd teen Suid-Afrika verloor, maar hul uitstaande prestasie tydens dié toernooi het aan hulle die negende plek op die wêreldranglys besorg – hul beste rank nog. Die Australiërs Shannon Fraser en Gregg Mumm het tydens die aanloop tot die wêreldkampioenskap as hulpafrigters opgetree en vir ’n groot deel van die Fidjiaanse sukses erkenning ontvang.[verwysing benodig]

Rugbywêreldbeker 2011

Fidji is tydens die Rugbywêreldbeker 2011 saam met Suid-Afrika, Wallis, Samoa en Namibië in Poel D geloot. Fidji wen sy eerste wedstryd teen Namibië met 49–25, maar hulle kon nie daarin slaag om hul wêreldkampioenskapprestasie van 2007 te herhaal nie. Fidji het swaar nederlae teen Suid-Afrika, Wallis en Samoa gely. Die finale tellings was 3–49 teen Suid-Afrika, 7–27 teen Samoa en 0–66 teen Wallis.

Rugbywêreldbeker 2015

Fidji is tydens die Rugbywêreldbeker 2015 saam met die gasheer Engeland, Wallis, Australië en Uruguay in die "doodspoel" A geloot. Fidji verloor sy wedstryde teen Engeland met 35–11, teen die Wallabies 28–13 en Wallis 23–13. Die Fidjiane was net in staat om Uruguay in hul laaste wedstryd met 47–15 te klop.

Rugbywêreldbeker 2019

Fidji is tydens die Rugbywêreldbeker 2019 saam met Australië, Wallis, Georgië en Uruguay in Poel D geloot. Fidji is deur die Wallabies 39–21 geklop, en toe kon Uruguay vir ’n verrassing sorg deur Fidji in ’n naelbyt-wedstryd 30–27 te verslaan. In die volgende wedstryd kon Fidji 45–10 met Georgië afgereken, maar is in hul laaste wedstryd deur Wallis 29–17 verslaan.

Fidji voer die cibi tydens die Rugbywêreldbeker 2007 teen Kanada op
Fidji se cibi op Millennium-stadion in Cardiff, Wallis, 2010
Fidji voer die cibi tydens die Rugbywêreldbeker 2011 teen Suid-Afrika op

Die cibi (Fidjiaans: [ˈðimbi]) is ’n Fidjiaanse meke en oorlogsdans, afkomstig van die Bau-eiland, wat algemeen voor of ná ’n slag uitgevoer word. Dit het in 1939 op die rugbyveld prominent geword toe dit voor die wedstryd deur die Fidjiaanse nasionale rugbyspan uitgevoer is.

Fidjiaans Afrikaans

(Leier) Vaka rau! Cibi!
Ai tei vovo, tei vovo
E ya, e ya, e ya, e ya;
Tei vovo, tei vovo
E ya, e ya, e ya, e ya

Rai tu mai, rai tu mai
Oi au a virviri kemu bai
Rai tu mai, rai tu mai
Oi au a virviri kemu bai

Toa yalewa, toa yalewa
Veico, veico, veico
Au tabu moce koi au
Au moce ga ki domo ni biau

E luvu koto ki ra nomu waqa
O kaya beka au sa luvu sara
Nomu bai e wa mere
Au tokia ga ka tasere

Tuletule buka sa dredre
Tuletule buka sa dredre
Tou vaka tosoya
Vaka malua.
E ya, e ya, e ya, e ya

Maak reg! Cibi!
Die oorlogdraad, die oorlogdraad,
Oh, oh, oh, oh, oh, oh, oh, oh,
Die oorlogdraad, die oorlogdraad
Oh, oh, oh, oh, oh, oh, oh, oh

Kyk hier, kyk hier,
Ek val u verdediging aan,
Kyk hier, kyk hier,
Ek val u verdediging aan

’n Haan en ’n hen,
Hulle val aan, val aan, val aan,
Dit is verbode vir my om te sluimer,
Behalwe vir die geluid van brekende golwe

U skip lê gesink onder,
U sê ek het dalk verdrink.
U draad is net gemaak van rankplante
Ek kyk daarna, en dit word ongedaan gemaak.

Ek draai die boom om dit te ontwortel,
Dit is moeilik, maar dit is daar.
Die boom is uit die grond uit
Stadig maar, ons in staat is om dit te skuif.
Oh, oh, oh, oh, oh!

Algehele rekord

Fidji se plek op Wêreldrugby se ranglys vanaf 10 Oktober 2003 tot op hede

Fidji het teen 16 Desember 2019 168 van hulle 345 toetswedstryde gewen, ’n wenrekord van 48,69%.

Fidji se toetsrekord teen alle lande: (Korrek op 16 Desember 2019)

Teen Gespeel Gewen Verloor Gelykop % Gewen
Argentinië 4 1 3 0 25
Australië 22 2 19 1 9
België 1 1 0 0 100
Britse Barbarians 2 0 2 0 0
Britse en Ierse Leeus 1 1 0 0 100
Chili 1 1 0 0 100
Cookeilande 2 2 0 0 100
Engeland 7 0 7 0 0
Engeland XV 3 0 3 0 0
Frankryk 10 1 9 0 10
Frankryk XV 1 0 1 0 0
Georgië 4 3 1 0 75
Hongkong 3 3 0 0 100
Ierland 4 0 4 0 0
Ierland XV 2 0 2 0 0
Italië 12 6 6 0 50
Japan 18 14 4 0 77,8
Kanada 12 9 3 0 75
Kanada XV 1 1 0 0 100
Klassieke All Blacks 1 1 0 0 100
Māori All Blacks 29 7 20 2 24,1
Namibië 2 2 0 0 100
Nieu-Seeland 5 0 5 0 0
Nieu-Seeland XV 5 0 5 0 0
Niue 1 1 0 0 100
Papoea-Nieu-Guinee 3 3 0 0 100
Portugal 2 2 0 0 100
Roemenië 3 2 1 0 66,7
Salomonseilande 2 2 0 0 100
Samoa 53 30 20 3 59,4
Skotland 8 2 6 0 25
Skotland XV 2 0 2 0 0
Spanje 1 1 0 0 100
Suid-Afrika 3 0 3 0 0
Tonga 92 62 27 3 67,4
Uruguay 4 3 1 0 75
Verenigde State 6 5 1 0 83,3
Wallis 11 1 9 1 9,1
Wallis XV 3 0 3 0 0
Totaal 345 168 167 10 48,69

Wêreldbekerrekord

Jaar Uitslag
1987 Kwarteindrondte
1991 Poelfase
1995 Geen deelname
1999 Kwarteindrondte uitspeelwedstryd
2003 Poelfase
2007 Kwarteindrondte
2011 Poelfase
2015 Poelfase
2019 Poelfase
2023 gekwalifiseer
  1. (en) 2 Mei 2014 op Wayback Machine
  2. (en) . ESPNscrum. vanaf die oorspronklike op 13 Mei 2020. Besoek op16 Desember 2019.
  3. (en) . ESPNscrum. vanaf die oorspronklike op 13 Mei 2020. Besoek op16 Desember 2019.
  4. (en) . ESPNscrum. vanaf die oorspronklike op 29 November 2018. Besoek op16 Desember 2019.
  5. (en) . ESPNscrum. vanaf die oorspronklike op 9 November 2015. Besoek op16 Desember 2019.
  6. (en) . ESPNscrum. vanaf die oorspronklike op 5 Maart 2016. Besoek op16 Desember 2019.
  7. (en) . ESPNscrum. vanaf die oorspronklike op 4 Maart 2016. Besoek op16 Desember 2019.
  8. (en) . Wêreldrugby. vanaf die oorspronklike op 30 April 2020. Besoek op16 Desember 2019.
  9. (en) Samoa Observer 20 Februarie 2012 op Wayback Machine
  10. (en) . Teivovo. Geargiveer vanaf op 14 November 2007. Besoek op6 Oktober 2007.
  11. (en) 27 September 2007 op Wayback Machine, , besoek op 6 Oktober 2007. 11 Oktober 2007 op Wayback Machine
  12. (en) . Rugby World. 8 September 2015. vanaf die oorspronklike op 16 November 2018. Besoek op16 Desember 2019.
  13. (en) . BBC. 4 Augustus 2006. vanaf die oorspronklike op 7 Maart 2016. Besoek op16 Desember 2019.
  14. (en) . The Guardian. 24 September 2019. vanaf die oorspronklike op 14 Desember 2019. Besoek op16 Desember 2019.
  15. (en) . The 42. 25 September 2019. vanaf die oorspronklike op 2 Oktober 2019. Besoek op16 Desember 2019.
  16. (en) . ESPNscrum. vanaf die oorspronklike op 12 Junie 2018. Besoek op16 Desember 2019.
  • (en)
  • (en)

Publikasie datum: September 26, 2021

fidjiaanse, nasionale, rugbyspan, sportspan, fidji, internasionale, rugby, verteenwoordig, rugby, word, fidji, deur, fidjiaanse, rugbyunie, geadministreer, fidjiaanse, rugbyspan, tans, desember, 2019, elfde, wêreldrugby, wêreldranglys, gelys, span, neem, jaarl. Die Fidjiaanse nasionale rugbyspan is n sportspan wat Fidji in internasionale rugby verteenwoordig Rugby word in Fidji deur die Fidjiaanse Rugbyunie FRU geadministreer Die Fidjiaanse rugbyspan is tans 16 Desember 2019 elfde op Wereldrugby se wereldranglys gelys 8 Die span neem jaarliks deel aan Wereldrugby se Stille Oseaan Nasiesbeker teen Japan Kanada Samoa Tonga en die Verenigde State Fidji is n lid van die Stille Oseaan Eilande Rugbyalliansie Engels Pacific Islands Rugby Alliance PIRA saam met Tonga Samoa was tot in 2009 ook n lid maar hulle het hulself onttrek 9 FidjiUnie Fidjiaanse RugbyunieBynaam e Vlieende FidjianeEmbleem die PalmboomStadion ANZ Nasionale Stadion SuvaKapasiteit 25 000Afrigter s John McKee 1 Kaptein s Dominiko WaqaniburotuSpankleure Alt kleureStatistiekMeeste toetse Nicky Little 71 2 Meeste toetspunte Nicky Little 670 3 Meeste driee Vereniki Goneva 22 4 Eerste internasionale wedstrydSamoa 0 6 Fidji Apia Samoa 18 Augustus 1924 5 Grootste oorwinningNiue 4 120 Fidji Apia Samoa 10 September 1983 6 Grootste nederlaagNieu Seeland 91 0 Fidji North Shore City Nieu Seeland 10 Junie 2005 7 WereldbekerVerskynings 8 9 Eerste in 1987 Beste uitslag Kwarteindrondte in 1987 en 2007Unie webwerfwww fijirugby com Fidji is een van die min lande waar rugby die hoofsport is Slegs die Cookeilande Nieu Seeland Samoa Tonga en Wallis kan soortgelyke bewerings maak 10 Daar is ongeveer 80 000 geregistreerde spelers uit n totale bevolking van sowat 950 000 Een van die probleme waarmee Fidji sukkel is om hulle spelers te kry om vir die nasionale span te speel aangesien baie kontrakte in Europa of met Superrugbyspanne het wat vir spelers finansieel meer lonend is Geld wat deur oorsese sterre huistoe gestuur word het n belangrike bron van sommige plaaslike gemeenskappe geword Verder speel n beduidende aantal spelers wat vir Fidji verkiesbaar is vir Australie of Nieu Seeland twee noemenswaardige voorbeelde is die Fidjiaans gebore All Blacks neefs Joe Rokocoko en Sitiveni Sivivatu en Wallabies Vleuel Lote Tuqiri Rugby is in 1884 na Fidji gebring en die beheerliggaam is in 1913 gestig Die eerste internasionale wedstryd is in Augustus 1924 teen Samoa gespeel Fidji Samoa en Tonga speel gereeld teen mekaar in toernooie soos die Pasifiese Drienasies waarvan Fidji tot dusver die meeste titels gewen het Fidji se bynaam is Flying Fijians Engels vir vlieende Fidjiane en hulle speel tradisioneel in wit truie met swart broeke Die cibi oorlogsdans Fidjiaans ˈdimbi word voor elke toetswedstryd deur die Fidjiaanse span uitgevoer Die oorlogsdans wat dateer uit die land se oorloe met naburige eilande word sedert 1939 op die rugbyveld gebruik 11 Fidji is genooi om aan die eerste Rugbywereldbeker in 1987 deel te neem en het tot die kwarteindrondte gevorder Later kon hulle nie daarin slaag om vir die Rugbywereldbeker 1995 te kwalifiseer nie die enigste toernooi tot dusver wat hulle misgeloop het In 2007 het hulle vir n tweede keer daarin geslaag om tot die kwarteindrondte deur te dring Sedertdien het Fidji nie meer so goed in die Wereldbeker gevaar nie Inhoud 1 Geskiedenis 1 1 Vroee jare 1 2 Tussenoorlogse tydperk 1 3 Naoorlogse tydperk 1 4 Moderne tydperk 1 5 Rugbywereldbeker 2007 1 6 Rugbywereldbeker 2011 1 7 Rugbywereldbeker 2015 1 8 Rugbywereldbeker 2019 2 Cibi 3 Rekords 3 1 Algehele rekord 3 2 Wereldbekerrekord 4 Verwysings 5 Eksterne skakelsGeskiedenis WysigVroee jare Wysig Rugby is in Fidji vir die eerste keer deur Europese en Fidjiaanse soldate van die Inheemse konstabuler by Ba op Viti Levu in 1884 gespeel In 1913 is n unie vir die Europese settlers gestig In Desember 1913 was die All Blacks van hul baie suksesvolle toer in Kalifornie op pad terug na Nieu Seeland Die Fidjiaanse Rugbyunie het met hulle n wedstryd op Albertpark gereel die eerste verteenwoordigende wedstryd nog in die kolonie Die Fidjiaanse span het uit Europeers bestaan Die All Blacks wen met 67 5 Fidji se punte was te danke aan n drie deur hul kaptein en afrigter PJ Sheehan In 1914 is n inheemse kompetisie van stapel gestuur en in 1915 is n Fidjiaanse inheemse unie gestig en het deel geword van die Fidjiaanse Rugbyunie Tussenoorlogse tydperk Wysig Die Fidjiaanse span in 1924 Die Fidjiaanse span in 1932 Die Fidjiaanse span in 1939 Fidji het op 18 Augustus 1924 sy eerste internasionale wedstryd teen Wes Samoa in Apia gespeel Fidji se 20 manne was uitsluitlik afkomstig van die destyds vyf geregistreerde inheemse klubs Die wedstryd is om 7 v m gespeel om die Samoane kans te gee om na die tyd te werk en is op n veld gespeel wat n groot boom op die middellyn gehad het Fidji het swart gedra en met 6 0 gewen ondanks hulle kaalvoet was Die terugwedstryd is deur Samoa met 9 3 gewen en die reeks was gelykop Die eerste Fidjiaanse toetspan het hul oorsese avontuur voortgesit met n nege wedstryd toer na Tonga Hoewel Fidji die eerste toets in Nuku alofa met 9 6 verloor het het hulle die tweede toets egter 14 3 ingepalm en in die derde beslissende toets het hulle 0 0 gelykop gespeel Hulle kon al die ses wedstryde teen nie toets teenstanders wen In 1926 was die Universiteit van Auckland se span die eerste oorsese om Fidji te besoek Die Kiwi studente het teen die Fidjiaanse Europeers gespeel en die drie wedstryde reeks met n oorwinning n nederlaag en n gelykop beeindig Tonga het Fidji in dieselfde jaar besoek en vir die eerste keer het Fidji in sy hedendaagse trui met n wit hemp palmboom kenteken en swart broeke gespeel Die reeks het gelykop geeindig nadat Tonga die eerste toets met 9 6 wen Fidji die tweede 14 3 en die laaste wedstryd was n 0 0 gelykop Gedurende die 1927 seisoen is n algemene vergadering byeengeroep om n terugbesoek aan Nieu Seeland na die uitnodiging van die Universiteit van Auckland te reel Sowat 30 spelers het hul bereidwilligheid vir die toer getoon maar nadat alle reelings getref is was daar nie genoeg spelers beskikbaar nie sodat die beheerliggame die toer ter teleurstelling van Auckland moes kanselleer Tussen 1924 en 1938 het Fidji en Tonga al om die twee jaar drie toetsreekse gespeel Destyds was dit die enigste verteenwoordigende rugbyunie wat teen Fidji gespeel het In die wedstryde tussen die twee Pasifiese eilandstate is hard geveg baie was van mening dat die antieke feudale oorloe tussen die eilandbewoners na die rugbyveld oorgeplaas is Probleme tydens die derde toets van Fidji se 1928 toer in Tonga het daartoe gelei dat die wedstryd laat vaar is en Tonga dit met 11 8 verloor het Die eerste Nieu Seelandse Maorispan het Fidji in 1938 besoek Fidjiane het vir die eerste keer in skoene gespeel maar daar was gedurende die wedstryd steeds n neiging om van die skoene uit te skop en hulle na die raaklyn te gooi Op die vyf wedstryd toer het die Maoris Fidji se tweede XV en die Fidjiaanse Europeers geklop voordat hulle n reeks van drie wedstryde begin het Die eerste toets was n 3 3 gelykop die tweede het in n 11 5 oorwinning vir die Fidjiane geeindig en die Maori wen die laaste toets met 6 3 om die reeks te ewenaar In 1939 het Fidji vir die eerste keer na Nieu Seeland getoer Die Fidjiaanse kaptein vir die toer Ratu Sir George Cakobau het besluit dat sy span n oorlogsdans moet he om sodoende teen die haka mee te ding Hy benader vir Ratu Bola die hoe hoof van die krygsklan van Navusaradave in Bau wat vir hulle die cibi wat sedertdien Fidji se ritueel voor elke wedstryd is geleer het Baie spelers het nog steeds verkies om kaalvoet te speel en die Fidjiane het met n sorgvrye gees gespeel en geskiedenis gemaak nadat hulle die eerste span geword het om n volle toer in Nieu Seeland onoorwonne te beeindig deur sewe toetse te wen en in een gelykop te speel n rekord wat tot vandag toe nog bestaan Hulle het weer teen die Maori gespeel en met 14 4 gewen Naoorlogse tydperk Wysig Die Fidjiaanse span in 1948 Die Fidjiaanse span in 1964 In 1951 het Fidji weer n suksesvolle toer na Nieu Seeland onderneem Hulle het die Nieu Seelandse Maori 21 14 geklop Fidji se toer na Australie in 1952 het die Australiese Rugbyunie gehelp om van die randjie van bankrotskap te laat herstel Die toetsreeks is 1 1 voor n toeskouerrekord geewenaar Australie het die eerste toets met 15 9 gewen maar die Fidjiane kon die tweede 17 15 beklink n Tweede toer na Australie in 1954 het weer rekordskare gelok Australie kon weer die eerste toets wen maar net met n 22 19 Die toetsreeks is 1 1 geewenaar toe Fidji die tweede toets met 18 16 wen In dieselfde jaar het Fidji Wes Samoa gehuisves Fidji het in 1957 weer na Nieu Seeland getoer en die Maoris 36 13 in Dunedin en 17 8 in Wellington geklop en toe n sterk Aucklandse span 38 17 geklop In 1964 het Fidji vir die eerste keer na Europa getoer waar hulle vyf onvergeetlike wedstryde in Wallis gespeel het die hoogtepunt was n klassieke ontmoeting in Cardiff waaroor nog jare later debater sou word Wallis wen met 28 22 maar moes net vir die tweede keer in hul geskiedenis ses driee toelaat In 1970 het n buitensporige Fidjiaanse span die Britse Barbarians 29 9 in Gosforth verneder n Drie in die laaste minuut laat Nieu Seeland in 1974 14 13 oor Fidji te Suva seevier In Augustus 1977 het die Britse en Ierse Leeus na hul terugkoms van n toer in Nieu Seeland in Fidji vasgemaak Fidji kon hulle 25 21 op Buckhurstpark in Suva klop In 1982 klop Fidji Vancouver XV om sodoende n wenreeks van 15 wedstryde tot in 1984 te begin Moderne tydperk Wysig Die Fidji sewesspan tydens die Statebondspele in Melbourne in 2006 Fidji teen Suid Afrika tydens die Rugbywereldbeker 2007 Lynstaan tydens Fidji se poelwedstryd teen Kanada in die Rugbywereldbeker 2007 Lynstaan tydens Fidji se poelwedstryd teen Suid Afrika in die Rugbywereldbeker 2011 In 1985 het Fidji sy eerste toets teen Wallis in Cardiff gespeel die tuisspan teken n dominante 40 3 met twee driee deur Phil Davies aan Fidji het ook swaar nederlae teen Llanelli en Cardiff gely maar met net een punt teen Ierland verloor In die volgende jaar het Wallis Suva besoek waar kaptein Dai Pickering se somertoer tot n voortydige einde kom nadat hy harsingskudding opgedoen het Richard Moriarty het oorgeneem en gesien hoe sy span n voorloop van 13 0 tot een punt laat daal voordat Wallis met n 15 22 oorwinning wegtrek In 1987 het Fidji tot die kwarteindrondte van die Rugbywereldbeker gevorder en was volgens die skeidsregter op die punt om Frankryk te klop toe hulle met 4 3 voor was maar is uiteindelik deur Frankryk 31 16 verneder 12 Tydens die Rugbywereldbeker 1991 het Fidji al sy drie poelwedstryde verloor en laaste in sy pool geeindig Wallis se derde toetswen oor Fidji was in 1994 in Suva Die besoekers het n swak lynstaan ontbied om vir hul span n wedstryd moontlik te maak maar hulle was goed genoeg om met n 23 8 oorwinning weg te stap Fidji het in 1995 n ontstellende toer in Wallis en Ierland gehad toe hulle ses van nege wedstryde te Neath Cardiff en Pontypridd verloor het Hulle het egter daarin geslaag om vir Wallis net n taai oorwinning op Arms Park toe te laat en met net 15 19 verloor Na nederlae teen Tonga en Wes Samoa kon Fidji nie daarin slag om vir die Rugbywereldbeker 1995 te kwalifiseer nie die enigste toernooi tot dusver wat hulle misgeloop het Fidji het voor die Rugbywereldbeker 1999 herbou en die nuwe afrigter Brad Johnstone het dissipline en vasberadenheid in hul speelstyl ingebring Hulle het n suksesvolle begin gemaak deur Kanada en Namibie te klop en was weer op die punt om Frankryk in Toulouse te klop toe dinge begin skeefloop n Omstrede skeidsregtervertoning deur Paddy O Brien het hulle glo van hul oorwinning oor Frankryk ontneem en Fidji verloor met 28 19 Hulle het tot die uitspeelrondte vir die kwarteindrondte gevorder maar op Twickenham teen Engeland met 45 24 verloor Kort na die toernooi vertrek Johnstone na Italie In 2001 is Fidji as Pasifiese kampioen gekroon nadat hulle in die eindstryd in Tokio Samoa 28 17 verslaan het In November 2002 het Fidji weer teen Wallis in die Millennium stadion te staan gekom Twee driee en 21 punte van Stephen Jones se skoene af het aan die tuisspan n maklike 58 14 oorwinning besorg Fidji het sy Rugbywereldbeker 2003 kwalifiseringveldtog Junie 2002 begin toe die drie leidende Pasifiese eilandspanne tydens n rondomtalie in die tweede rondte van die Oseaniese kwalifikasie ontmoet het Die Fidjiane skop af met nederlae teen Samoa en Tonga maar hul nederlaag teen Samoa tuis het beteken dat hulle Tonga met meer as 20 punte moes klop om die groep te wen Dit het hulle behoorlik gedoen deur in Nadi met 47 20 te wen Tydens die 2003 Rugbywereldbekertoernooi kon hulle Japan 41 13 klop en die Amerikaanse Arende net net 19 18 verslaan Maar na n 20 22 nederlaag teen Skotland en n 18 61 nederlaag teen Frankryk het Fidji op die derde plek geeindig en sodoende die uitklopfase misgeloop Sedertdien het Fidji gemengde resultate gesien Alhoewel hulle tradisioneel die sterkste van die Pasifiese rugbynasies is is hulle in 2004 deur die Nieu Seelandse Maori 29 27 geklop en deur die All Blacks 91 0 verneder In Julie 2006 is vyf Fidjiaanse rugbyspelers na n dronk bakleiery gedurende n Pasifiese Vyfnasies wedstryd in Japan vir die res van die jaar uit alle internasionale toernooie geskors 13 Hul 2007 seisoen het begin as een van Fidji se ergste in hul rugbygeskiedenis Hulle het oor n baie onervare span beskik en teen albei Pasifiese mededingers Tonga en Samoa verloor en swaar nederlae teen Australie en die Junior All Blacks gely Die enigste oorwinning vir Fidji tydens die 2007 Pasifiese Sesnasies was teen Japan hulle kon egter in n onverwagte 14 14 gelykop teen Australie A speel Na die heraansluiting van Fidji se mees ervare spelers by die span het Fidji gedurende die Rugbywereldbeker 2007 stadigaan verbeter en kon vir die eerste keer in 20 jaar tot die uitklopfase vorder Rugbywereldbeker 2007 Wysig Fidji is tydens die Rugbywereldbeker 2007 saam met Wallis Kanada Japan en Australie in Poel B geloot Nadat hulle Japan en Kanada in taai wedstryde kon klop het Fidji tydens die wedstryd teen Australie verskeie sleutelspelers vir die belangrike wedstryd teen Wallis laat rus Australie verslaan Fidji 55 12 Fidji se lot in die toernooi het op n alles of niks wedstryd teen Wallis afgekom wat Fidji met 38 34 kon wen en sodoende vir die tweede keer tot die uitklopfase geneem het Die voormalige Wallaby Michael Lynagh het die wedstryd as een van die beste van alle tye beskryf Fidji het in die kwarteindstryd teen Suid Afrika verloor maar hul uitstaande prestasie tydens die toernooi het aan hulle die negende plek op die wereldranglys besorg hul beste rank nog 8 Die Australiers Shannon Fraser en Gregg Mumm het tydens die aanloop tot die wereldkampioenskap as hulpafrigters opgetree en vir n groot deel van die Fidjiaanse sukses erkenning ontvang verwysing benodig Rugbywereldbeker 2011 Wysig Fidji is tydens die Rugbywereldbeker 2011 saam met Suid Afrika Wallis Samoa en Namibie in Poel D geloot Fidji wen sy eerste wedstryd teen Namibie met 49 25 maar hulle kon nie daarin slaag om hul wereldkampioenskapprestasie van 2007 te herhaal nie Fidji het swaar nederlae teen Suid Afrika Wallis en Samoa gely Die finale tellings was 3 49 teen Suid Afrika 7 27 teen Samoa en 0 66 teen Wallis Rugbywereldbeker 2015 Wysig Fidji is tydens die Rugbywereldbeker 2015 saam met die gasheer Engeland Wallis Australie en Uruguay in die doodspoel A geloot Fidji verloor sy wedstryde teen Engeland met 35 11 teen die Wallabies 28 13 en Wallis 23 13 Die Fidjiane was net in staat om Uruguay in hul laaste wedstryd met 47 15 te klop Rugbywereldbeker 2019 Wysig Fidji is tydens die Rugbywereldbeker 2019 saam met Australie Wallis Georgie en Uruguay in Poel D geloot Fidji is deur die Wallabies 39 21 geklop en toe kon Uruguay vir n verrassing sorg deur Fidji in n naelbyt wedstryd 30 27 te verslaan 14 15 In die volgende wedstryd kon Fidji 45 10 met Georgie afgereken maar is in hul laaste wedstryd deur Wallis 29 17 verslaan Cibi Wysig Fidji voer die cibi tydens die Rugbywereldbeker 2007 teen Kanada op Fidji se cibi op Millennium stadion in Cardiff Wallis 2010 Fidji voer die cibi tydens die Rugbywereldbeker 2011 teen Suid Afrika op Die cibi Fidjiaans ˈdimbi is n Fidjiaanse meke en oorlogsdans afkomstig van die Bau eiland wat algemeen voor of na n slag uitgevoer word Dit het in 1939 op die rugbyveld prominent geword toe dit voor die wedstryd deur die Fidjiaanse nasionale rugbyspan uitgevoer is Fidjiaans Afrikaans Leier Vaka rau Cibi Ai tei vovo tei vovo E ya e ya e ya e ya Tei vovo tei vovo E ya e ya e ya e ya Rai tu mai rai tu mai Oi au a virviri kemu bai Rai tu mai rai tu mai Oi au a virviri kemu bai Toa yalewa toa yalewa Veico veico veico Au tabu moce koi au Au moce ga ki domo ni biau E luvu koto ki ra nomu waqa O kaya beka au sa luvu sara Nomu bai e wa mere Au tokia ga ka tasere Tuletule buka sa dredre Tuletule buka sa dredre Tou vaka tosoya Vaka malua E ya e ya e ya e ya Maak reg Cibi Die oorlogdraad die oorlogdraad Oh oh oh oh oh oh oh oh Die oorlogdraad die oorlogdraad Oh oh oh oh oh oh oh oh Kyk hier kyk hier Ek val u verdediging aan Kyk hier kyk hier Ek val u verdediging aan n Haan en n hen Hulle val aan val aan val aan Dit is verbode vir my om te sluimer Behalwe vir die geluid van brekende golwe U skip le gesink onder U se ek het dalk verdrink U draad is net gemaak van rankplante Ek kyk daarna en dit word ongedaan gemaak Ek draai die boom om dit te ontwortel Dit is moeilik maar dit is daar Die boom is uit die grond uit Stadig maar ons in staat is om dit te skuif Oh oh oh oh oh Rekords WysigAlgehele rekord Wysig Fidji se plek op Wereldrugby se ranglys vanaf 10 Oktober 2003 tot op hede Fidji het teen 16 Desember 2019 168 van hulle 345 toetswedstryde gewen n wenrekord van 48 69 16 Fidji se toetsrekord teen alle lande Korrek op 16 Desember 2019 16 Teen Gespeel Gewen Verloor Gelykop Gewen Argentinie 4 1 3 0 25 Australie 22 2 19 1 9 Belgie 1 1 0 0 100 Britse Barbarians 2 0 2 0 0 Britse en Ierse Leeus 1 1 0 0 100 Chili 1 1 0 0 100 Cookeilande 2 2 0 0 100 Engeland 7 0 7 0 0 Engeland XV 3 0 3 0 0 Frankryk 10 1 9 0 10 Frankryk XV 1 0 1 0 0 Georgie 4 3 1 0 75 Hongkong 3 3 0 0 100 Ierland 4 0 4 0 0 Ierland XV 2 0 2 0 0 Italie 12 6 6 0 50 Japan 18 14 4 0 77 8 Kanada 12 9 3 0 75 Kanada XV 1 1 0 0 100 Klassieke All Blacks 1 1 0 0 100 Maori All Blacks 29 7 20 2 24 1 Namibie 2 2 0 0 100 Nieu Seeland 5 0 5 0 0 Nieu Seeland XV 5 0 5 0 0 Niue 1 1 0 0 100 Papoea Nieu Guinee 3 3 0 0 100 Portugal 2 2 0 0 100 Roemenie 3 2 1 0 66 7 Salomonseilande 2 2 0 0 100 Samoa 53 30 20 3 59 4 Skotland 8 2 6 0 25 Skotland XV 2 0 2 0 0 Spanje 1 1 0 0 100 Suid Afrika 3 0 3 0 0 Tonga 92 62 27 3 67 4 Uruguay 4 3 1 0 75 Verenigde State 6 5 1 0 83 3 Wallis 11 1 9 1 9 1 Wallis XV 3 0 3 0 0Totaal 345 168 167 10 48 69Wereldbekerrekord Wysig Jaar Uitslag1987 Kwarteindrondte1991 Poelfase1995 Geen deelname1999 Kwarteindrondte uitspeelwedstryd2003 Poelfase2007 Kwarteindrondte2011 Poelfase2015 Poelfase2019 Poelfase2023 gekwalifiseerVerwysings Wysig en FRU Appoints New Flying Fijians Head Coach Geargiveer 2 Mei 2014 op Wayback Machine en Most matches ESPNscrum Geargiveer vanaf die oorspronklike op 13 Mei 2020 Besoek op 16 Desember 2019 en Most points ESPNscrum Geargiveer vanaf die oorspronklike op 13 Mei 2020 Besoek op 16 Desember 2019 en Most tries ESPNscrum Geargiveer vanaf die oorspronklike op 29 November 2018 Besoek op 16 Desember 2019 en Fiji Match results ESPNscrum Geargiveer vanaf die oorspronklike op 9 November 2015 Besoek op 16 Desember 2019 en Fiji s Results 1983 ESPNscrum Geargiveer vanaf die oorspronklike op 5 Maart 2016 Besoek op 16 Desember 2019 en Fiji s Results 2005 ESPNscrum Geargiveer vanaf die oorspronklike op 4 Maart 2016 Besoek op 16 Desember 2019 8 0 8 1 en World Rugby Rankings Wereldrugby Geargiveer vanaf die oorspronklike op 30 April 2020 Besoek op 16 Desember 2019 en We quit SRUSamoa Observer Geargiveer 20 Februarie 2012 op Wayback Machine en Rugby History in Fiji Teivovo Geargiveer vanaf die oorspronklike op 14 November 2007 Besoek op 6 Oktober 2007 en Teivovo The first word in Fijian rugby Geargiveer 27 September 2007 op Wayback Machine HISTORY OF RUGBY IN FIJI The origins of the cibi besoek op 6 Oktober 2007 Geargiveer 11 Oktober 2007 op Wayback Machine en Rugby World Cup The Tongan priest Fijian panache and airport training Rugby World 8 September 2015 Geargiveer vanaf die oorspronklike op 16 November 2018 Besoek op 16 Desember 2019 en Five Fijians banned after brawl BBC 4 Augustus 2006 Geargiveer vanaf die oorspronklike op 7 Maart 2016 Besoek op 16 Desember 2019 en Uruguay shock Fiji in World Cup thriller to pull off historic victory The Guardian 24 September 2019 Geargiveer vanaf die oorspronklike op 14 Desember 2019 Besoek op 16 Desember 2019 en Uruguay pull off massive shock with World Cup win over Fiji The 42 25 September 2019 Geargiveer vanaf die oorspronklike op 2 Oktober 2019 Besoek op 16 Desember 2019 16 0 16 1 en International Rugby Union Statistics Fidji ESPNscrum Geargiveer vanaf die oorspronklike op 12 Junie 2018 Besoek op 16 Desember 2019 Eksterne skakels WysigWikimedia Commons bevat media in verband met Fidjiaanse nasionale rugbyspan en Amptelike webwerf van die Fidjiaanse Rugbyunie en Fidji op Planet RugbyOntsluit van https af wikipedia org w index php title Fidjiaanse nasionale rugbyspan amp ol,