fbpx Farao
Wikipedia

Farao

Farao is die algemene titel van die konings van Antieke Egipte. Die naam kom van die Egiptiese per 'āa, wat "groot huis" of "paleis" beteken. Die eintlike woord vir koning was nesoet. Gedurende die regeringstyd van Toetmoses III (ongeveer 1479-1425 v.C.) in die Nuwe Ryk, ná die buitelandse regering van die Hyksos gedurende die Tweede Oorgangstydperk, het farao die aanspreekvorm vir ’n koning geword.

Farao

Die Pschent het die Rooi Kroon van Benede-Egipte en die Wit Kroon van Bo-Egipte gekombineer.
’n Tipiese uitbeelding van ’n farao.
Heerser van Antieke Egipte
Eerste farao Narmer (of Menes)
Laaste farao Cleopatra en Caesarion
Woning Wissel van eeu tot eeu
Aangestel deur Goddelike mag
Begin c. 3150 v.C.
Einde 30 v.C.

pr-ˤ3
"Groot huis"
in hiërogliewe

In die vroeë tydperk het Egiptiese konings tot drie titels gehad: die Horusnaam, die praenomen (nswt-bjtj) en die Nebty-naam (nbtj). Die Goue Horus-naam en nomen is later bygevoeg.

In die Egiptiese gemeenskap was godsdiens baie belangrik in die alledaagse lewe. Een van die farao se rolle was om as bemiddelaar tussen die gode en die mense op te tree; hy was dus die godsdienstige en burgerlike leier. Hy het al die grond in die land besit, wette gemaak, belasting ingesamel en Egipte as aanvoerder van die leër teen invallers beskerm. Op godsdiensgebied het hy toesig gehou oor seremonies en die terreine vir nuwe tempels gekies. Hy was verantwoordelik vir die handhawing van die Maät (mꜣꜥt), of kosmiese balans, en vir die reg.

In die vroee dae, voor die vereniging van Benede- en Bo-Egipte, het die Desjret of "Rooi Kroon" die koninkryk Benede-Egipte verteenwoordig en die Hedjet of "Wit Kroon" die koninkryk Bo-Egipte. Ná die vereniging van die twee koninkryke in een Egipte is die krone gekombineer. Mettertyd is nuwe hoofbedekkings ingevoer en soms is ’n paar selfs gelyk gedra.

Inhoud

Horusnaam

Die Horusnaam (hor) is die oudste naam. Dit het bestaan uit ’n afbeelding van ’n paleis (serech) met die valkgod Horus bo-op. Die naam van die farao het in die paleis gestaan. Horus beskerm hier die koning se naam. Die eerste farao's (van die Predinastiese Periode en die 1ste, 2de en 3de Dinastie) het dit al gebruik.

Nebty-naam

Die Nebty (letterlik: "twee dames") is ’n naam wat ingestel is nadat Bo- en Neder-Egipte verenig is en bestaan uit die twee godinne van Egipte wat die eenheid moes waarborg:

Goue Horus-naam

’n Pot met ’n inskripsie, waarskynlik Amenhotep III (lees: Maatkara Amenhotep-heka-oeaset).

Die naam van die goue Horus bestaan uit ’n valk (Horus) wat sit op die goudsimbool (neboe). Daaragter kom die naam van die farao. Dié naam is in gebruik geneem ná die vereniging toe daar ’n sterk invloed van Horus was. Die betekenis van dié naam is nie heeltemal seker nie, maar daar is twee teorieë:

  • ’n Oorwinning deur Horus oor die god Seth. Die goud kan ’n simbool wees van die oorwinning.
  • Die goud kan die ewigheid van Horus uitbeeld.

Praenomen



Dit is die troonnaam wat die farao aangeneem het wanneer hy die troon bestyg het. Hy het dit saam met die nomen gebruik. Dit word voorafgegaan deur twee simbole: ’n riet (nesoet) en ’n by (bit) wat die twee lande simboliseer. Daarby staan die farao se naam in ’n cartouche. Die cartouche bestaan uit ’n tou wat om die naam gespan is. Later is twee aparte cartouches gebruik.

Nomen

Dit is die naam wat die farao by geboorte gekry het, maar dit was gewoonlik die belangrikste naam, byvoorbeeld Ramses. Dit het bestaan uit ’n gans (sa, seun) en ’n son (ra, van die songod Ra) met die naam van die farao in ’n cartouche.

Hier is die volledige naam van Toetankamen as voorbeeld. Die vyf name word gevolg deur die transliterasie en die Afrikaanse betekenis.

Hiërogliewe Transliterasie Afrikaans




Ka-nacht toet mesoet Sterk bul, hulp van geskape vorme.






Nefer-hepoe segereh-tawy sehetep-netjeroe neboe Dinamiese wetgewer, wat die Twee Lande tot rus bring, wat al die gode gunstig stem.



Wetjes-chaoe sehetep-netjeroe Hy wat die ampstekens het, wat al die gode gunstig stem.



Nebcheperoere Hoë manifestasie van die god Ra.



Toetanchamon heka-ioenoe-sjema Lewende beeld van die god Amon, heerser van die stad Heliopolis.
  1. Redmount, Carol A. "Bitter Lives: Israel in and out of Egypt." p. 89–90. The Oxford History of the Biblical World. Michael D. Coogan, ed. Oxford University Press. 1998.
  2. . AncientEgypt.co.uk (in Engels). The British Museum. 1999. vanaf die oorspronklike op 3 Oktober 2019. Besoek op20 Desember 2017.
  3. Mark, Joshua (2 September 2009). . ancient.eu (in Engels). Ancient History Encyclopedia Limited. vanaf die oorspronklike op 6 April 2020. Besoek op20 Desember 2017.


  • (nl)L. Adkins, Roy Adkins, Egypte ontraadseld. De bezeten archeoloog en zijn speurtocht naar de betekenis van hiërogliefen, Utrecht, 2000. ISBN 9021585421

Farao
farao, algemene, titel, konings, antieke, egipte, naam, egiptiese, groot, huis, paleis, beteken, eintlike, woord, koning, nesoet, gedurende, regeringstyd, toetmoses, ongeveer, 1479, 1425, nuwe, buitelandse, regering, hyksos, gedurende, tweede, oorgangstydperk,. Farao is die algemene titel van die konings van Antieke Egipte Die naam kom van die Egiptiese per aa wat groot huis of paleis beteken Die eintlike woord vir koning was nesoet Gedurende die regeringstyd van Toetmoses III ongeveer 1479 1425 v C in die Nuwe Ryk na die buitelandse regering van die Hyksos gedurende die Tweede Oorgangstydperk het farao die aanspreekvorm vir n koning geword 1 FaraoDie Pschent het die Rooi Kroon van Benede Egipte en die Wit Kroon van Bo Egipte gekombineer n Tipiese uitbeelding van n farao Heerser van Antieke EgipteEerste farao Narmer of Menes Laaste farao Cleopatra en CaesarionWoning Wissel van eeu tot eeuAangestel deur Goddelike magBegin c 3150 v C Einde 30 v C pr ˤ3 Groot huis in hierogliewe In die vroee tydperk het Egiptiese konings tot drie titels gehad die Horusnaam die praenomen nswt bjtj en die Nebty naam nbtj Die Goue Horus naam en nomen is later bygevoeg In die Egiptiese gemeenskap was godsdiens baie belangrik in die alledaagse lewe Een van die farao se rolle was om as bemiddelaar tussen die gode en die mense op te tree hy was dus die godsdienstige en burgerlike leier Hy het al die grond in die land besit wette gemaak belasting ingesamel en Egipte as aanvoerder van die leer teen invallers beskerm 2 Op godsdiensgebied het hy toesig gehou oor seremonies en die terreine vir nuwe tempels gekies Hy was verantwoordelik vir die handhawing van die Maat mꜣꜥt of kosmiese balans en vir die reg 3 In die vroee dae voor die vereniging van Benede en Bo Egipte het die Desjret of Rooi Kroon die koninkryk Benede Egipte verteenwoordig en die Hedjet of Wit Kroon die koninkryk Bo Egipte Na die vereniging van die twee koninkryke in een Egipte is die krone gekombineer Mettertyd is nuwe hoofbedekkings ingevoer en soms is n paar selfs gelyk gedra Inhoud 1 Vyf name van die farao 1 1 Horusnaam 1 2 Nebty naam 1 3 Goue Horus naam 1 4 Praenomen 1 5 Nomen 2 Voorbeeld van n volledige naam 3 Verwysings 4 BronneVyf name van die farao WysigHorusnaam Wysig Die Horusnaam hor is die oudste naam Dit het bestaan uit n afbeelding van n paleis serech met die valkgod Horus bo op Die naam van die farao het in die paleis gestaan Horus beskerm hier die koning se naam Die eerste farao s van die Predinastiese Periode en die 1ste 2de en 3de Dinastie het dit al gebruik Nebty naam Wysig Die Nebty letterlik twee dames is n naam wat ingestel is nadat Bo en Neder Egipte verenig is en bestaan uit die twee godinne van Egipte wat die eenheid moes waarborg Nechbet n ouwereldse aasvoel van Bo Egipte Wadjet n slang van Benede EgipteGoue Horus naam Wysig n Pot met n inskripsie waarskynlik Amenhotep III lees Maatkara Amenhotep heka oeaset Die naam van die goue Horus bestaan uit n valk Horus wat sit op die goudsimbool neboe Daaragter kom die naam van die farao Die naam is in gebruik geneem na die vereniging toe daar n sterk invloed van Horus was Die betekenis van die naam is nie heeltemal seker nie maar daar is twee teoriee n Oorwinning deur Horus oor die god Seth Die goud kan n simbool wees van die oorwinning Die goud kan die ewigheid van Horus uitbeeld Praenomen Wysig Dit is die troonnaam wat die farao aangeneem het wanneer hy die troon bestyg het Hy het dit saam met die nomen gebruik Dit word voorafgegaan deur twee simbole n riet nesoet en n by bit wat die twee lande simboliseer Daarby staan die farao se naam in n cartouche Die cartouche bestaan uit n tou wat om die naam gespan is Later is twee aparte cartouches gebruik Nomen Wysig Dit is die naam wat die farao by geboorte gekry het maar dit was gewoonlik die belangrikste naam byvoorbeeld Ramses Dit het bestaan uit n gans sa seun en n son ra van die songod Ra met die naam van die farao in n cartouche Voorbeeld van n volledige naam WysigHier is die volledige naam van Toetankamen as voorbeeld Die vyf name word gevolg deur die transliterasie en die Afrikaanse betekenis Hierogliewe Transliterasie AfrikaansKa nacht toet mesoet Sterk bul hulp van geskape vorme Nefer hepoe segereh tawy sehetep netjeroe neboe Dinamiese wetgewer wat die Twee Lande tot rus bring wat al die gode gunstig stem Wetjes chaoe sehetep netjeroe Hy wat die ampstekens het wat al die gode gunstig stem Nebcheperoere Hoe manifestasie van die god Ra Toetanchamon heka ioenoe sjema Lewende beeld van die god Amon heerser van die stad Heliopolis Verwysings Wysig Redmount Carol A Bitter Lives Israel in and out of Egypt p 89 90 The Oxford History of the Biblical World Michael D Coogan ed Oxford University Press 1998 Pharaoh AncientEgypt co uk in Engels The British Museum 1999 Geargiveer vanaf die oorspronklike op 3 Oktober 2019 Besoek op 20 Desember 2017 Mark Joshua 2 September 2009 Pharaoh Ancient History Encyclopedia ancient eu in Engels Ancient History Encyclopedia Limited Geargiveer vanaf die oorspronklike op 6 April 2020 Besoek op 20 Desember 2017 Bronne Wysig nl L Adkins Roy Adkins Egypte ontraadseld De bezeten archeoloog en zijn speurtocht naar de betekenis van hierogliefen Utrecht 2000 ISBN 9021585421Ontsluit van https af wikipedia org w index php title Farao amp ol,