×
Faliskies

Faliskies, 'n uitgestorwe taal van die antieke Latium (Sentraal-Italië) behoort tot die Italiese groep van die Indo-Europese taalfamilie en vorm saam met die nou verwante Latyn die Latino-Faliskiese subgroep.

Faliskies
Gepraat in: Latium
Gebied: Italië
Totale sprekers: uitgesterf
Taalfamilie: Indo-Europees
Italies
Latyns-Faliskies
Faliskies
Skrifstelsel: Oud-Italiese alfabet
Taalkodes
ISO 639-1: -
ISO 639-2: -
ISO 639-3:
Nota: Hierdie bladsy kan IFA fonetiese simbole in Unicode bevat.

Faliskies is deur die Faliskers-stam in die noordelike Latium gepraat en het in 36 kort inskripsies uit die 3de of 2de eeu v.C. bewaar gebly. Vir hierdie inskripsies is gebruik gemaak van 'n alfabet, wat uit die Etruskiese skrif ontwikkel en van regs na links geskryf is, alhoewel dit ook invloede van die Latynse alfabet toon.

As 'n voorbeeld van 'n Faliskiese sin haal R.S. Conway in sy boek Italic Dialects (bladsy 312, b) woorde aan, wat rondom die kant van 'n beeld op 'n patera geskryf is en onder 'n glasuur lê, wat die egtheid van die dokument waarborg:

foied vino pipafo, cra carefo

Dieselfde sin sou in Latyn hodie vinum bibam, cras carebo wees ("vandag gaan ek wyn geniet, môre sal ek niks hê nie"). Die voorbeeld wys op 'n aantal besonderhede van die Faliskiese taal:

  1. Die medeklinker f, wat in die middel van Latynse woorde tot b verander is, het bewaar gebly.
  2. Die Indo-Europese klank gh aan die begin van 'n woord verskyn as f (byvoorbeeld in Faliskies foied teenoor Latyns hodie "vandag").
  3. Die medeklinkers dj is gepalataliseer tot 'n soort j-klank (vergelyk Faliskies foied teenoor Latyns hodie).
  4. Die eindletter s het voor sommige navolgende letters verdwyn (vergelyk Faliskies cra teenoor Latyns cras "môre").

Ander besonderhede:

  1. Die labiovelare klanke het bewaar gebly (vergelyk Faliskies cuando en Latyns quando ("wanneer") teenoor Umbries pan(n~u)).
  2. 'n Aantal medeklinkers aan die einde van 'n woord word aan die eerste letter van die volgende woord geassimileer: pretod de zenatuo sententiad (Conway, bladsy 321) teenoor Latyns praetor de senatus sententia (zenatuo in plaas van senatuos is 'n argaïese genitief-vorm).

Die Faliskiese taal het toenemend onder Latynse invloed gekom, maar is tenminste tot by die jaar 150 v.C. nog gepraat.

  • R. S. Conway, The Italic Dialects (2 boekdele). Cambridge: Cambridge University Press 1897, herdrukte uitgawe 1967


Publikasie datum: Augustus 28, 2021

faliskies, uitgestorwe, taal, antieke, latium, sentraal, italië, behoort, italiese, groep, indo, europese, taalfamilie, vorm, saam, verwante, latyn, latino, subgroep, gepraat, latium, gebied, italiëtotale, sprekers, uitgesterftaalfamilie, indo, europees, itali. Faliskies n uitgestorwe taal van die antieke Latium Sentraal Italie behoort tot die Italiese groep van die Indo Europese taalfamilie en vorm saam met die nou verwante Latyn die Latino Faliskiese subgroep FaliskiesGepraat in Latium Gebied ItalieTotale sprekers uitgesterfTaalfamilie Indo Europees Italies Latyns Faliskies Faliskies Skrifstelsel Oud Italiese alfabetTaalkodesISO 639 1 ISO 639 2 ISO 639 3 xfa Nota Hierdie bladsy kan IFA fonetiese simbole in Unicode bevat Faliskies is deur die Faliskers stam in die noordelike Latium gepraat en het in 36 kort inskripsies uit die 3de of 2de eeu v C bewaar gebly Vir hierdie inskripsies is gebruik gemaak van n alfabet wat uit die Etruskiese skrif ontwikkel en van regs na links geskryf is alhoewel dit ook invloede van die Latynse alfabet toon As n voorbeeld van n Faliskiese sin haal R S Conway in sy boek Italic Dialects bladsy 312 b woorde aan wat rondom die kant van n beeld op n patera geskryf is en onder n glasuur le wat die egtheid van die dokument waarborg foied vino pipafo cra carefo Dieselfde sin sou in Latyn hodie vinum bibam cras carebo wees vandag gaan ek wyn geniet more sal ek niks he nie Die voorbeeld wys op n aantal besonderhede van die Faliskiese taal Die medeklinker f wat in die middel van Latynse woorde tot b verander is het bewaar gebly Die Indo Europese klank gh aan die begin van n woord verskyn as f byvoorbeeld in Faliskies foied teenoor Latyns hodie vandag Die medeklinkers dj is gepalataliseer tot n soort j klank vergelyk Faliskies foied teenoor Latyns hodie Die eindletter s het voor sommige navolgende letters verdwyn vergelyk Faliskies cra teenoor Latyns cras more Ander besonderhede Die labiovelare klanke het bewaar gebly vergelyk Faliskies cuando en Latyns quando wanneer teenoor Umbries pan n u n Aantal medeklinkers aan die einde van n woord word aan die eerste letter van die volgende woord geassimileer pretod de zenatuo sententiad Conway bladsy 321 teenoor Latyns praetor de senatus sententia zenatuo in plaas van senatuos is n argaiese genitief vorm Die Faliskiese taal het toenemend onder Latynse invloed gekom maar is tenminste tot by die jaar 150 v C nog gepraat Verwysings WysigR S Conway The Italic Dialects 2 boekdele Cambridge Cambridge University Press 1897 herdrukte uitgawe 1967 Indo Europese tale Kentum tale Italiese taleItaliese groep Oskies Umbries Faliskies LatynRomaanse taleIberoromaans Aragonees Asturies Galicies Katalaans Ladino Leonees Portugees SpaansGalloromaans Langues d oil Frans Gallo Lorreins Normandies Auregnais Guernesiais Jerriais Sercquiais Pikardies Champenois Waals Anglo Normandies Oksitaans Aranees Auvergnat Gaskons Languedokies Limousin Provensaals FrankoprovensaalsGalloitalies Lombardies Monegaskies Piemontees VenesiaansRetoromaans Romansch Ladinies FriulaansItaloromaans Dalmaties Italiaans NapolitaansSuid Romaans Korsikaans Sardies Campidanies Galluraans Logudories Sassaries SisiliaansBalkanromaans Aroemeens Istro Roemaans Meglenoroemaans RoemeensRomaanse Kunstale Interlingua Interlingue Lingua Franca NovaOntsluit van https af wikipedia org w index php title Faliskies amp ol,
Indo-Europese tale: Kentum-tale: Italiese tale
Italiese groep Oskies | Umbries | Faliskies | Latyn
Romaanse tale
Iberoromaans Aragonees | Asturies | Galicies | Katalaans | Ladino | Leonees | Portugees | Spaans
Galloromaans Langues d'oil: Frans | Gallo | Lorreins | Normandies (Auregnais | Guernésiais | Jèrriais | Sercquiais) Pikardies | Champenois | Waals | Anglo-Normandies
Oksitaans: Aranees | Auvergnat | Gaskons | Languedokies | Limousin | Provensaals
Frankoprovensaals
Galloitalies Lombardies | Monegaskies | Piëmontees | Venesiaans
Retoromaans Romansch | Ladinies | Friulaans
Italoromaans Dalmaties | Italiaans | Napolitaans
Suid-Romaans Korsikaans | Sardies (Campidanies, Galluraans, Logudories, Sassaries) | Sisiliaans
Balkanromaans Aroemeens | Istro-Roemaans | Meglenoroemaans | Roemeens
Romaanse
Kunstale
Interlingua | Interlingue | Lingua Franca Nova