×
Frederik Willem de Klerk
Hierdie artikel bevat nie ’n bronnelys nie, wat beteken dat die inhoud nie geverifieer kan word nie.
Enige bevraagtekende inligting mag dus ook mettertyd verwyder word. Help Wikipedia deur betroubare bronne tot die artikel by te voeg.

Frederik Willem de Klerk (gebore 18 Maart 1936, Johannesburg) was Staatspresident van Suid-Afrika vanaf September 1989 tot April 1994, en vanaf Februarie 1989 tot September 1997 ook leier van die Nasionale Party, wat later die Nuwe Nasionale Party geword het.

Frederik Willem de Klerk


Ampstermyn
15 Augustus 19899 Mei 1994
Voorafgegaan deur Pieter Willem Botha
Opgevolg deur Nelson Mandela
as president van Suid-Afrika

Ampstermyn
10 Mei 199430 Junie 1996
President Nelson Mandela
Voorafgegaan deur Amp geskep
Alwyn Schlebusch
as adjunk-staatspresident van Suid-Afrika, 1981–1984
Opgevolg deur Thabo Mbeki (alleenlik)
Jacob Zuma

Persoonlike besonderhede
Gebore 18 Maart 1936 (1936-03-18) (85 jaar oud)
Johannesburg, Transvaal, Suid-Afrika
Politieke party Nasionale Party
Eggenoot/-note Marike Willemse (1959–1998 geskei)
Elita Georgiadis (1998–hede)
Kind(ers) Jan de Klerk, Willem de Klerk, Susan de Klerk
Alma mater Potchefstroomse Universiteit vir C.H.O.
Religie Gereformeerd
Handtekening
Toekennings Nobelprys vir Vrede (1993)

Die familienaam De Klerk, in Nederlands letterlik die klerk, is afkomstig van Le Clerc / De Clercq, en is van Franse Hugenote-oorsprong, soos ook menige ander Afrikaanse familiename. Sy oupa aan vaderskant, ds. W.J. de Klerk, was twee maal leraar van die Gereformeerde kerk Johannesburg en registrateur van die PUK vir CHO van 1923 tot 1928. F.W. de Klerk se broer, dr. Willem de Klerk, was 'n akademikus en koerantredakteur.

De Klerk is veral bekend vir sy politieke rolvervulling in die beëindiging van apartheid en die transformasie van Suid-Afrika na 'n demokrasie, deur aan die land se meerderheidsbevolking (swart mense) stemreg toe te ken. Hy kom uit 'n politiek georiënteerde gesin en is in Johannesburg gebore, as die seun van voormalige senator en minister in die Suid-Afrikaanse regering Jan de Klerk. Sy moeder was Corrie Coetzer en sy tante Susan Strijdom was getroud met adv. Hans Strijdom (Eerste minister, 1954–1958). Sy ouma aan vaderskant was Aletta de Klerk, 'n kleindogter van die stamouers van die familie van Rooy in Suid-Afrika en tweede vrou van ds. Willem Johannes de Klerk.

Ná voltooiing van sy hoërskoolloopbaan op Krugersdorp verwerf De Klerk die grade B.A. en LL.B. (cum laude) in 1958 aan die Potchefstroomse Universiteit. Hy sluit aan by 'n prokureursfirma in Vereeniging (Transvaal). Tussendeur sy regsloopbaan raak hy aktief in die politiek. Hy wys in 1972 'n aanbod van sy alma mater van die hand om 'n professoraat in die regsfakulteit te aanvaar omdat hy toe reeds as Nasionale Party-lid vir Vereeniging in die parlement dien nadat hy 'n tussenverkiesing in Vereeniging gewen het wat gehou is ná die bedanking uit die aktiewe politiek van Blaar Coetzee, wat die kiesafdeling vir die Nasionale Party verteenwoordig het van die 1958-verkiesing af. In 1969 trou hy met Marike Willemse. Die egpaar het twee seuns en 'n dogter.

Inhoud

Marike Willemse en haar aanstaande, FW de Klerk, verkoop Pukkies op universiteit, omstreeks 1956.

"FW", soos hy algemeen bekend staan, word in 1972 tot die parlement verkies as die lid vir Vereeniging nadat hy die tussenverkiesing op 29 November 1972 met 'n meerderheid van 2 078 bo die VP se T. Roos wen. Die HNP-kandidaat het 326 stemme gekry en dié van die PP 192. J.N. Cloete vir die L en G het 31 stemme op hom verenig. De Klerk is in 1974 onbestrede verkies. In 1978 sluit die eerste minister, adv. John Vorster, hom in die kabinet in.

As minister beklee hy die volgende portefeuljes:

  • Pos- en Telekommunikasie en
  • Maatskaplike Welsyn en Pensioene onder premier John Vorster

Onder Eerste minister P.W. Botha beklee hy die volgende portefeuljes:

  • Pos- en Telekommunikasie en Sport en Ontspanning
  • Mynwese, Energie en Omgewingsbeplanning
  • Mineraal- en Energiesake
  • Binnelandse Sake
  • Nasionale Onderwys en Beplanning

As minister van Nasionale Onderwys ondersteun De Klerk 'n beleid van segregasie op universiteitsvlak. Ná sy verkiesing in 1982 as leier van die Nasionale Party in Transvaal, handhaaf hy 'n konserwatiewe siening en is daar geen sprake dat hy voorspraak maak vir hervorming nie. Dit is egter bekend dat De Klerk 'n uitgesproke voorstander was van gelyke befondsing vir skoolopleiding.

Ná verloop van 'n lang politieke loopbaan met 'n sterk konserwatiewe reputasie, plaas hy homself in 1989 aan die hoof van die verligte kamp binne die regerende party.

In Februarie 1989 word De Klerk tot hoofleier van die Nasionale Party verkies, en uiteindelik tot Staatspresident op 14 September 1989, toe hy P.W. Botha deur 'n bloedlose magsoorname vervang het, ná die beroerte van Botha. De Klerk was van mening dat Botha psigies en fisies nie meer in staat was om die land te regeer nie.

In sy eerste toespraak na aanvaarding van die Nasionale Party-leierskap spreek De Klerk hom uit ten gunste van 'n nierassige Suid-Afrika en onderhandeling omtrent verandering in die politieke toekoms van die land.

De Klerk en Mandela skud hande tydens die jaarlikse byeenkoms van die Wêreld Ekonomiese Forum in Davos, 1992.

Onder sy leiding word die verbanning van die ANC en ander linkse organisasies in Februarie 1990 opgehef en word die weg gebaan vir onderhandelinge wat lei tot die einde van apartheid en blanke minderheidsregering. Op 10 Februarie 1990 kondig De Klerk aan dat Nelson Mandela die volgende dag uit die Victor Verster-gevangenis vrygelaat sal word. Hiermee is die weg gebaan vir 'n Grondwet vir Suid-Afrika ingevolge waarvan die grondslag van een mens, een stem aanvaar is.

In 1990 het De Klerk opdrag gegee dat die kernwapenprogram waarmee Suid-Afrika besig was, beëindig moes word, wat in 1991 plaasgevind het.

De Klerk en Mandela word in 1993 gesamentlik vir die Nobelprys vir Vrede benoem vir hulle aandeel in die vreedsame beëindiging van apartheid. Mandela was egter nie gelukkig daarmee om die prys met De Klerk te deel nie.

In April 1994 word 'n veelrassige verkiesing vir die eerste keer gehou. De Klerk het vooraf 'n grotendeels seremoniële en nie-mededingende presidensiële veldtog geveg, waarna Mandela onbetwisbaar verkies is as President van Suid-Afrika.

De Klerk dien vir twee jaar as mede-uitvoerende Adjunkpresident in Mandela se regering, maar onttrek in Junie 1996 van die Regering van Nasionale Eenheid omdat sy rol (volgens hom) uitgespeel was.

Sy aftrede uit aktiewe politiek volg in Augustus 1997, waarna hy hom sou distansieer van regeringsbeleid.

In 1999 publiseer hy sy biografie onder die titel Die Laaste Trek – 'n Nuwe begin.

In 2004 kondig De Klerk aan dat hy die Nuwe Nasionale Party verlaat en 'n nuwe politieke tuiste gaan soek nadat die NNP sy samesmelting met die regerende ANC aangekondig het.

FW de Klerk en Hillary Clinton op sy besoek aan Washington, DC.

Benewens positiewe kritiek op die beleid en optrede van De Klerk is daar ook negatiewe kritiek.

  • De Klerk word daarvan beskuldig dat hy nie ’n federale staatsvorm gebaseer op taal en etnisiteit vir Suid-Afrika voorgestaan het nie. Dit was immers die bedoeling van sy voorganger P.W. Botha om Suid-Afrika in ’n federasie of konfederasie te omskep op basis van taal en etnisiteit, volgens die Switserse staatsmodel.
  • De Klerk word daarvan beskuldig dat hy in 1990 die destydse Suidwes-Afrika, wat deel van Suid-Afrika was, weggeskenk het sonder ’n mandaat van die kiesers. Dit terwyl duisende Suid-Afrikaners met hulle lewens moes betaal in grensoorloë.
  • Op 17 Maart 1992 is ’n referendum onder die kieserspubliek gehou oor die vraag of die regering moes voortgaan met onderhandelinge met die ANC al dan nie. Volgens De Klerk sou daar na afloop van die onderhandelinge ’n tweede referendum wees om die toekomstige staatsbestel goed/af te keur. De Klerk word daarvan beskuldig dat hy sy belofte oor ’n tweede referendum nie nagekom het nie en ’n oorgawe aan die ANC beklink het sonder 'n mandaat van die kiesers.
  • De Klerk word daarvan beskuldig dat hy binne 5 jaar na sy aanstelling, gedoen het wat geen een van sy voorgangers ooit sou waag nie (politieke- en militêre oorgawe), waarna hy vinnig die politieke toneel verlaat het.
  • De Klerk word daarvan beskuldig dat sy 'onderhandelinge' met die ANC niks anders as 'n 'oorgawe' was nie.
  • De Klerk word daarvan beskuldig dat hy die eens magtige Nasionale Party na sy ondergang gelei het, want die kiesers het na die verkiesing van 1994 die party verwerp.
  • De Klerk word daarvan beskuldig dat hy die oorsaak daarvan is dat reeds byna ’n miljoen blankes die land permanent verlaat het en dat hy verantwoordelik is vir die politieke chaos en die hoë vlakke van kriminaliteit in die land.
  • Die rede vir die agteruitgang van Afrikaans as amptelike taal, bestuurstaal, regstaal en onderwystaal word voor die voete van De Klerk gelê.
  • De Klerk word verder daarvan beskuldig dat, terwyl hy sy land se belange by die onderhandelingstafel moes verteenwoordig, sy aandag verdeeld was, en dat hy meer aandag aan 'n ander man se vrou gegee het, as aan sy rol as president van sy land (sien hieronder).

Ook op sy privaat lewe was daar kritiek. Die sensasionele vervreemding en uiteindelike egskeiding van sy vrou Marike in Oktober 1998, na 'n huwelik van 38 jaar, gevolg deur sy daaropvolgende skielike troue met Elita Georgiades, was vir baie mense 'n skok. Laasgenoemde was die vrou van 'n Griekse skeepsmagnaat wat na bewering die Nasionale Party finansieel gesteun het. De Klerk het as gas van die magnaat met Elita bevriend geraak tydens funksies en 'n liefdesverhouding het ontstaan.

Nog groter was die skok met die bekendmaking op 4 Desember 2001 van die moord op Marike de Klerk deur die sekuriteitswag Luyanda Mboniswa op 3 Desember 2001. Hiervoor is Mboniswa op 15 Mei 2003 twee keer lewenslank gevonnis.

In 2006 beleef de Klerk se gesondheid 'n terugslag met die verwydering van 'n kwaadaardige gewas in die kolon wat ontdek is tydens 'n mediese ondersoek op 3 Junie. Sy toestand het verder versleg en hy het asemhalingsprobleme ontwikkel as gevolg van infeksie. De Klerk het egter goed herstel en sedertdien talle wêreldreise onderneem en tientalle toesprake gelewer.

De Klerk het gereeld kritiek gelewer op die beleid van die huidige Suid-Afrikaanse regering. Hy het dit veral gehad oor regstellende aksie en ook die hoë vlakke van misdaad. Hy was ook in Desember 2008 van mening dat Suid-Afrika militêr moet ingryp teen die bewind van pres. Robert Mugabe in Zimbabwe, weens menseregte-vergrype en omdat Mugabe nie wil uittree nie.

De Klerk tree tans op as voorsitter van die F.W. de Klerk-stigting vir vrede en is 'n erelid van die "Klub van Rome".

De Klerk sal onthou word as die man wat 'n omwenteling teweeggebring het in die Suid-Afrikaanse politieke landskap. De Klerk sal ook onthou word as die man wat aanvanklik konserwatief was en vir wie die beskerming van groepskulture in Suid-Afrika baie belangrik was. Aanvanklik het de Klerk ook met die ANC onderhandel oor die beskerming van hierdie groepskulture, maar hy is deur die ANC die mond gesnoer.

In 1990 het niemand verwag dat De Klerk so ver sou gaan in sy 'onderhandeling' met die ANC nie. Hy is daarom ná die verkiesing van 1994 deur die blanke kieserspubliek verwerp en uit die politieke toneel verstoot.

  1. (in Engels). Nobelprize.org. vanaf die oorspronklike op 30 Junie 2018. Besoek op6 Oktober 2017.
Voorafgegaan deur
Pieter Willem Botha
Staatspresident van Suid-Afrika (uitvoerend)
1989–1994
Opgevolg deur
Nelson Mandela
as president van Suid-Afrika
Voorafgegaan deur
Nuwe amp
Adjunkpresident van Suid-Afrika
1994–1996
saam met Thabo Mbeki
Opgevolg deur
Thabo Mbeki

Publikasie datum: September 25, 2021

frederik, willem, klerk, hierdie, artikel, bevat, bronnelys, beteken, inhoud, geverifieer, word, enige, bevraagtekende, inligting, mettertyd, verwyder, word, help, wikipedia, deur, betroubare, bronne, artikel, voeg, gebore, maart, 1936, johannesburg, staatspre. Hierdie artikel bevat nie n bronnelys nie wat beteken dat die inhoud nie geverifieer kan word nie Enige bevraagtekende inligting mag dus ook mettertyd verwyder word Help Wikipedia deur betroubare bronne tot die artikel by te voeg Frederik Willem de Klerk gebore 18 Maart 1936 Johannesburg was Staatspresident van Suid Afrika vanaf September 1989 tot April 1994 en vanaf Februarie 1989 tot September 1997 ook leier van die Nasionale Party wat later die Nuwe Nasionale Party geword het Frederik Willem de Klerk7de Staatspresident van Suid Afrika uitvoerend Ampstermyn 15 Augustus 1989 9 Mei 1994Voorafgegaan deur Pieter Willem BothaOpgevolg deur Nelson Mandela as president van Suid AfrikaAdjunkpresident van Suid Afrika saam met Thabo MbekiAmpstermyn 10 Mei 1994 30 Junie 1996President Nelson MandelaVoorafgegaan deur Amp geskep Alwyn Schlebusch as adjunk staatspresident van Suid Afrika 1981 1984Opgevolg deur Thabo Mbeki alleenlik Jacob ZumaPersoonlike besonderhedeGebore 18 Maart 1936 1936 03 18 85 jaar oud Johannesburg Transvaal Suid AfrikaPolitieke party Nasionale PartyEggenoot note Marike Willemse 1959 1998 geskei Elita Georgiadis 1998 hede Kind ers Jan de Klerk Willem de Klerk Susan de KlerkAlma mater Potchefstroomse Universiteit vir C H O Religie GereformeerdHandtekeningToekennings Nobelprys vir Vrede 1993 Die familienaam De Klerk in Nederlands letterlik die klerk is afkomstig van Le Clerc De Clercq en is van Franse Hugenote oorsprong soos ook menige ander Afrikaanse familiename Sy oupa aan vaderskant ds W J de Klerk was twee maal leraar van die Gereformeerde kerk Johannesburg en registrateur van die PUK vir CHO van 1923 tot 1928 F W de Klerk se broer dr Willem de Klerk was n akademikus en koerantredakteur De Klerk is veral bekend vir sy politieke rolvervulling in die beeindiging van apartheid en die transformasie van Suid Afrika na n demokrasie deur aan die land se meerderheidsbevolking swart mense stemreg toe te ken Hy kom uit n politiek georienteerde gesin en is in Johannesburg gebore as die seun van voormalige senator en minister in die Suid Afrikaanse regering Jan de Klerk Sy moeder was Corrie Coetzer en sy tante Susan Strijdom was getroud met adv Hans Strijdom Eerste minister 1954 1958 Sy ouma aan vaderskant was Aletta de Klerk n kleindogter van die stamouers van die familie van Rooy in Suid Afrika en tweede vrou van ds Willem Johannes de Klerk Na voltooiing van sy hoerskoolloopbaan op Krugersdorp verwerf De Klerk die grade B A en LL B cum laude in 1958 aan die Potchefstroomse Universiteit Hy sluit aan by n prokureursfirma in Vereeniging Transvaal Tussendeur sy regsloopbaan raak hy aktief in die politiek Hy wys in 1972 n aanbod van sy alma mater van die hand om n professoraat in die regsfakulteit te aanvaar omdat hy toe reeds as Nasionale Party lid vir Vereeniging in die parlement dien nadat hy n tussenverkiesing in Vereeniging gewen het wat gehou is na die bedanking uit die aktiewe politiek van Blaar Coetzee wat die kiesafdeling vir die Nasionale Party verteenwoordig het van die 1958 verkiesing af In 1969 trou hy met Marike Willemse Die egpaar het twee seuns en n dogter Inhoud 1 Politieke loopbaan 2 Kritiek op die beleid van De Klerk 3 Egskeiding en latere lewe 4 Herinnering 5 Verwysings 6 Eksterne skakelsPolitieke loopbaan Wysig Marike Willemse en haar aanstaande FW de Klerk verkoop Pukkies op universiteit omstreeks 1956 FW soos hy algemeen bekend staan word in 1972 tot die parlement verkies as die lid vir Vereeniging nadat hy die tussenverkiesing op 29 November 1972 met n meerderheid van 2 078 bo die VP se T Roos wen Die HNP kandidaat het 326 stemme gekry en die van die PP 192 J N Cloete vir die L en G het 31 stemme op hom verenig De Klerk is in 1974 onbestrede verkies In 1978 sluit die eerste minister adv John Vorster hom in die kabinet in As minister beklee hy die volgende portefeuljes Pos en Telekommunikasie en Maatskaplike Welsyn en Pensioene onder premier John Vorster Onder Eerste minister P W Botha beklee hy die volgende portefeuljes Pos en Telekommunikasie en Sport en Ontspanning Mynwese Energie en Omgewingsbeplanning Mineraal en Energiesake Binnelandse Sake Nasionale Onderwys en Beplanning As minister van Nasionale Onderwys ondersteun De Klerk n beleid van segregasie op universiteitsvlak Na sy verkiesing in 1982 as leier van die Nasionale Party in Transvaal handhaaf hy n konserwatiewe siening en is daar geen sprake dat hy voorspraak maak vir hervorming nie Dit is egter bekend dat De Klerk n uitgesproke voorstander was van gelyke befondsing vir skoolopleiding Na verloop van n lang politieke loopbaan met n sterk konserwatiewe reputasie plaas hy homself in 1989 aan die hoof van die verligte kamp binne die regerende party In Februarie 1989 word De Klerk tot hoofleier van die Nasionale Party verkies en uiteindelik tot Staatspresident op 14 September 1989 toe hy P W Botha deur n bloedlose magsoorname vervang het na die beroerte van Botha De Klerk was van mening dat Botha psigies en fisies nie meer in staat was om die land te regeer nie In sy eerste toespraak na aanvaarding van die Nasionale Party leierskap spreek De Klerk hom uit ten gunste van n nierassige Suid Afrika en onderhandeling omtrent verandering in die politieke toekoms van die land De Klerk en Mandela skud hande tydens die jaarlikse byeenkoms van die Wereld Ekonomiese Forum in Davos 1992 Onder sy leiding word die verbanning van die ANC en ander linkse organisasies in Februarie 1990 opgehef en word die weg gebaan vir onderhandelinge wat lei tot die einde van apartheid en blanke minderheidsregering Op 10 Februarie 1990 kondig De Klerk aan dat Nelson Mandela die volgende dag uit die Victor Verster gevangenis vrygelaat sal word Hiermee is die weg gebaan vir n Grondwet vir Suid Afrika ingevolge waarvan die grondslag van een mens een stem aanvaar is In 1990 het De Klerk opdrag gegee dat die kernwapenprogram waarmee Suid Afrika besig was beeindig moes word wat in 1991 plaasgevind het De Klerk en Mandela word in 1993 gesamentlik vir die Nobelprys vir Vrede benoem vir hulle aandeel in die vreedsame beeindiging van apartheid 1 Mandela was egter nie gelukkig daarmee om die prys met De Klerk te deel nie In April 1994 word n veelrassige verkiesing vir die eerste keer gehou De Klerk het vooraf n grotendeels seremoniele en nie mededingende presidensiele veldtog geveg waarna Mandela onbetwisbaar verkies is as President van Suid Afrika De Klerk dien vir twee jaar as mede uitvoerende Adjunkpresident in Mandela se regering maar onttrek in Junie 1996 van die Regering van Nasionale Eenheid omdat sy rol volgens hom uitgespeel was Sy aftrede uit aktiewe politiek volg in Augustus 1997 waarna hy hom sou distansieer van regeringsbeleid In 1999 publiseer hy sy biografie onder die titel Die Laaste Trek n Nuwe begin In 2004 kondig De Klerk aan dat hy die Nuwe Nasionale Party verlaat en n nuwe politieke tuiste gaan soek nadat die NNP sy samesmelting met die regerende ANC aangekondig het Kritiek op die beleid van De Klerk Wysig FW de Klerk en Hillary Clinton op sy besoek aan Washington DC Benewens positiewe kritiek op die beleid en optrede van De Klerk is daar ook negatiewe kritiek De Klerk word daarvan beskuldig dat hy nie n federale staatsvorm gebaseer op taal en etnisiteit vir Suid Afrika voorgestaan het nie Dit was immers die bedoeling van sy voorganger P W Botha om Suid Afrika in n federasie of konfederasie te omskep op basis van taal en etnisiteit volgens die Switserse staatsmodel De Klerk word daarvan beskuldig dat hy in 1990 die destydse Suidwes Afrika wat deel van Suid Afrika was weggeskenk het sonder n mandaat van die kiesers Dit terwyl duisende Suid Afrikaners met hulle lewens moes betaal in grensoorloe Op 17 Maart 1992 is n referendum onder die kieserspubliek gehou oor die vraag of die regering moes voortgaan met onderhandelinge met die ANC al dan nie Volgens De Klerk sou daar na afloop van die onderhandelinge n tweede referendum wees om die toekomstige staatsbestel goed af te keur De Klerk word daarvan beskuldig dat hy sy belofte oor n tweede referendum nie nagekom het nie en n oorgawe aan die ANC beklink het sonder n mandaat van die kiesers De Klerk word daarvan beskuldig dat hy binne 5 jaar na sy aanstelling gedoen het wat geen een van sy voorgangers ooit sou waag nie politieke en militere oorgawe waarna hy vinnig die politieke toneel verlaat het De Klerk word daarvan beskuldig dat sy onderhandelinge met die ANC niks anders as n oorgawe was nie De Klerk word daarvan beskuldig dat hy die eens magtige Nasionale Party na sy ondergang gelei het want die kiesers het na die verkiesing van 1994 die party verwerp De Klerk word daarvan beskuldig dat hy die oorsaak daarvan is dat reeds byna n miljoen blankes die land permanent verlaat het en dat hy verantwoordelik is vir die politieke chaos en die hoe vlakke van kriminaliteit in die land Die rede vir die agteruitgang van Afrikaans as amptelike taal bestuurstaal regstaal en onderwystaal word voor die voete van De Klerk gele De Klerk word verder daarvan beskuldig dat terwyl hy sy land se belange by die onderhandelingstafel moes verteenwoordig sy aandag verdeeld was en dat hy meer aandag aan n ander man se vrou gegee het as aan sy rol as president van sy land sien hieronder Egskeiding en latere lewe WysigOok op sy privaat lewe was daar kritiek Die sensasionele vervreemding en uiteindelike egskeiding van sy vrou Marike in Oktober 1998 na n huwelik van 38 jaar gevolg deur sy daaropvolgende skielike troue met Elita Georgiades was vir baie mense n skok Laasgenoemde was die vrou van n Griekse skeepsmagnaat wat na bewering die Nasionale Party finansieel gesteun het De Klerk het as gas van die magnaat met Elita bevriend geraak tydens funksies en n liefdesverhouding het ontstaan Nog groter was die skok met die bekendmaking op 4 Desember 2001 van die moord op Marike de Klerk deur die sekuriteitswag Luyanda Mboniswa op 3 Desember 2001 Hiervoor is Mboniswa op 15 Mei 2003 twee keer lewenslank gevonnis In 2006 beleef de Klerk se gesondheid n terugslag met die verwydering van n kwaadaardige gewas in die kolon wat ontdek is tydens n mediese ondersoek op 3 Junie Sy toestand het verder versleg en hy het asemhalingsprobleme ontwikkel as gevolg van infeksie De Klerk het egter goed herstel en sedertdien talle wereldreise onderneem en tientalle toesprake gelewer De Klerk het gereeld kritiek gelewer op die beleid van die huidige Suid Afrikaanse regering Hy het dit veral gehad oor regstellende aksie en ook die hoe vlakke van misdaad Hy was ook in Desember 2008 van mening dat Suid Afrika militer moet ingryp teen die bewind van pres Robert Mugabe in Zimbabwe weens menseregte vergrype en omdat Mugabe nie wil uittree nie De Klerk tree tans op as voorsitter van die F W de Klerk stigting vir vrede en is n erelid van die Klub van Rome Herinnering WysigDe Klerk sal onthou word as die man wat n omwenteling teweeggebring het in die Suid Afrikaanse politieke landskap De Klerk sal ook onthou word as die man wat aanvanklik konserwatief was en vir wie die beskerming van groepskulture in Suid Afrika baie belangrik was Aanvanklik het de Klerk ook met die ANC onderhandel oor die beskerming van hierdie groepskulture maar hy is deur die ANC die mond gesnoer In 1990 het niemand verwag dat De Klerk so ver sou gaan in sy onderhandeling met die ANC nie Hy is daarom na die verkiesing van 1994 deur die blanke kieserspubliek verwerp en uit die politieke toneel verstoot Verwysings Wysig The Nobel Peace Prize 1993 in Engels Nobelprize org Geargiveer vanaf die oorspronklike op 30 Junie 2018 Besoek op 6 Oktober 2017 Eksterne skakels Wysig Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Frederik Willem de Klerk Voorafgegaan deur Pieter Willem Botha Staatspresident van Suid Afrika uitvoerend 1989 1994 Opgevolg deur Nelson Mandela as president van Suid AfrikaVoorafgegaan deur Nuwe amp Adjunkpresident van Suid Afrika 1994 1996 saam met Thabo Mbeki Opgevolg deur Thabo MbekiPresidente van Suid Afrika 1961 1994 seremonieel Charles Robberts Swart Jozua Francois Naude waarnemend Jacobus Johannes Fouche Nicolaas Johannes Diederichs Marais Viljoen waarnemend John Vorster Marais Viljoen uitvoerend Pieter Willem Botha Frederik Willem de Klerk 1994 Nelson Mandela Thabo Mbeki Kgalema Motlanthe Jacob Zuma Cyril Ramaphosa Ontsluit van https af wikipedia org w index php title Frederik Willem de Klerk amp ol,