×
Ewenaar

Die ewenaar is 'n denkbeeldige lyn op die aardoppervlak wat ewe ver van die Noordpool en Suidpool is. Die ewenaar verdeel die aarde in 'n Noordelike halfrond en 'n Suidelike halfrond.

'n Kaart van die wêreld wat die ewenaar in rooi wys.
In toeriste-areas word die ewenaar gewoonlik aan beide kante van die pad gemerk.

Die ewenaar dien ook as verwysing: die breedtegraad van die ewenaar is, volgens definisie, nul (0) en word gebruik om die geografiese breedtes van ander liggings aan te gee. Die diameter van die aarde by die ewenaar is ongeveer 12 756 km en daarom is die lengte van die ewenaar ongeveer π × 12 756 = 40 075 km lank.

Die spoed as gevolg van die wenteling van die aarde om sy eie as, is die vinnigste by die ewenaar, ongeveer 1670 km/h. By die pole is hierdie spoed die stadigste, 0 km/h. Die wind waai egter nie harder of vinniger by die ewenaar nie, aangesien die atmosfeer van die aarde net so vinnig saamdraai.

Die son is twee keer per jaar in 'n posisie regoor die ewenaar. Gebiede wat op die ewenaar lê is ook baie warm en het nie onderskeidelike seisoene soos gebiede meer Noord of Suid nie, alhoewel daar wel onderskei tussen droë en nat tydperke gemaak word. Die krag van die son is op sy sterkste by die ewenaar.

Die presiese ligging van die ewenaar is vir die eerste keer in die 18de eeu bepaal deur 'n Franse ekspedisie onder leiding van Charles Marie de La Condamine. Hy wou met die ekspidisie bewys dat die aarde by die pole afgeplat is.

Dae en nagte is by die ewenaar ewe lank, in kontras met ander gebiede, waar die nag in die winter langer as die dag is, en weer korter as die dag is in die somer. 'n Persoon wat op die ewenaar staan sal ook opmerk dat die son (en ander sterre in die hemel) in 'n perfekte halwe sirkel deur die lug beweeg (dit is nie die geval in ander gebiede nie).

Lande op die ewenaar

Die ewenaar beweeg deur die land en/of die water van 13 lande.

Publikasie datum: September 03, 2021

ewenaar, ewenaar, denkbeeldige, aardoppervlak, noordpool, suidpool, ewenaar, verdeel, aarde, noordelike, halfrond, suidelike, halfrond, kaart, wêreld, ewenaar, rooi, toeriste, areas, word, ewenaar, gewoonlik, beide, kante, gemerk, ewenaar, dien, verwysing, bre. Die ewenaar is n denkbeeldige lyn op die aardoppervlak wat ewe ver van die Noordpool en Suidpool is Die ewenaar verdeel die aarde in n Noordelike halfrond en n Suidelike halfrond n Kaart van die wereld wat die ewenaar in rooi wys In toeriste areas word die ewenaar gewoonlik aan beide kante van die pad gemerk Die ewenaar dien ook as verwysing die breedtegraad van die ewenaar is volgens definisie nul 0 en word gebruik om die geografiese breedtes van ander liggings aan te gee Die diameter van die aarde by die ewenaar is ongeveer 12 756 km en daarom is die lengte van die ewenaar ongeveer p 12 756 40 075 km lank Die spoed as gevolg van die wenteling van die aarde om sy eie as is die vinnigste by die ewenaar ongeveer 1670 km h By die pole is hierdie spoed die stadigste 0 km h Die wind waai egter nie harder of vinniger by die ewenaar nie aangesien die atmosfeer van die aarde net so vinnig saamdraai Die son is twee keer per jaar in n posisie regoor die ewenaar Gebiede wat op die ewenaar le is ook baie warm en het nie onderskeidelike seisoene soos gebiede meer Noord of Suid nie alhoewel daar wel onderskei tussen droe en nat tydperke gemaak word Die krag van die son is op sy sterkste by die ewenaar Die presiese ligging van die ewenaar is vir die eerste keer in die 18de eeu bepaal deur n Franse ekspedisie onder leiding van Charles Marie de La Condamine Hy wou met die ekspidisie bewys dat die aarde by die pole afgeplat is Dae en nagte is by die ewenaar ewe lank in kontras met ander gebiede waar die nag in die winter langer as die dag is en weer korter as die dag is in die somer n Persoon wat op die ewenaar staan sal ook opmerk dat die son en ander sterre in die hemel in n perfekte halwe sirkel deur die lug beweeg dit is nie die geval in ander gebiede nie Lande op die ewenaar Wysig Lande op die ewenaar Die ewenaar beweeg deur die land en of die water van 13 lande Sao Tome en Principe die ewenaar loop deur Ilheu das Rolas n klein eilandjie in hierdie argipel Gaboen Republiek van die Kongo Demokratiese Republiek van die Kongo Oeganda insluitende in n paar eilande in die Victoria meer Kenia Somalie Maldive die ewenaar mis elke eiland en gaan reg tussen Gaafu Dhaalu Atol en Gnaviyani Atol deur Indonesie oorkruis baie eilande waaronder Sumatra Borneo Sulawesi and Halmahera Kiribati die ewenaar mis elke eiland en gaan reg tussen die Aranuka en Nonouti atolle deur in die Gilbert eilande Ecuador Spaans vir ewenaar insluitende Isabela eiland en die Galapagos Eilande Colombia Brasilie insluitende n paar eilande in die mond van die Amazone rivier en deur Macapa die hoofstad van die Amapa staat Ontsluit van https af wikipedia org w index php title Ewenaar amp ol,