fbpx
Wikipedia

Euro

Die mees gebruikte geldeenhede volgens waarde
Geldeenheidverspreiding van globale
buitelandse valutamarkte volgens omset.
[1][2]
Rang Geldeenheid Simbool
ISO 4217
% daaglikse
aandeel
(Des. 2015)
1 Amerikaanse dollar USD ($) 87,0%
2 Euro EUR (€) 33,4%
3 Japannese jen JPY (¥) 23,0%
4 Pond sterling GBP (£) 11,8%
5 Switserse frank CHF (CHF) 8,6%
6 Kanadese dollar CAD ($) 5,2%
7 Australiese dollar AUD ($) 4,6%
8 Meksikaanse peso MXN ($) 2,5%
9 Chinese juan CNY (¥) 2,2%
10 Nieu-Seelandse dollar NZD ($) 2,0%
11 Sweedse kroon SEK (kr) 1,8%
12 Russiese roebel RUB (₽) 1,6%
13 Hongkong-dollar HKD ($) 1,4%
14 Noorse kroon NOK (kr) 1,4%
15 Singapoer-dollar SGD ($) 1,4%
16 Turkse lira TRY (₺) 1,3%
17 Suid-Koreaanse won KRW (₩) 1,2%
18 Suid-Afrikaanse rand ZAR (R) 1,1%
19 Brasiliaanse real BRL ($) 1,1%
20 Indiese roepee INR (₹) 1,0%
Ander 6,3%
Totaal[n 1] 200%

Die euro (Cyrilliese alfabet: Евро, Griekse alfabet: Ευρώ, Lets: Eiro, Litaus: Euras, Maltees: Ewro, Sloweens: Evro; simbool: €, ISO-geldeenheidkode: EUR) is die geldeenheid van die Europese Ekonomiese en Monetêre Unie (EMU) – die sogenaamde Eurosone – en ná die Amerikaanse dollar die tweede belangrikste geldeenheid wêreldwyd.[3]

Die euro se valutateken
Euromunte en -banknote

Die euro word deur die Europese Sentrale Bank in Frankfurt am Main beheer en is die wettige betaalmiddel in 19 van die 28 lande van die Europese Unie (EU). Die euro is daarbenewens die wettige geldeenheid van ses lande (Andorra, Kosowo, Monaco, Montenegro, San Marino en die Vatikaanstad) wat nie lidlande van die Europese Unie is nie. [4] Andorra, Monaco, San Marino en die Vatikaanstad slaan hul eie euromunte wat (teoreties) dwarsdeur die euro-area langs die munte van ander lande sirkuleer.[5] 'n Verdere vyf lande en twee monetêre gebiede het hulle munteenheid met 'n vaste wisselkoers aan die euro gekoppel. In Zimbabwe is die euro een van verskeie buitelandse geldeenhede wat onder meer vir internasionale transaksies in gebruik is.[6]

Alle bestaande lidlande van die Europese Unie (EU), wat aan sekere monetêre voorwaardes voldoen, mag by die eurostelsel aansluit. Nuwe lidlande van die EU is verplig om die euro in te voer, sodra hulle aan die voorwaardes voldoen. In Slowenië het die euro op 1 Januarie 2007 die Sloweense tolar vervang,[7] op 1 Januarie 2008 is die euro ingevoer in Malta[8] en Siprus,[9] op 1 Januarie 2009 in Slowakye,[10] op 1 Januarie 2011 in Estland,[11] op 1 Januarie 2014 in Letland[12] en op 1 Januarie 2015 in Litaue.[13] In Julie 2018 het Bulgarye aangevra om lid van die ERM-2 te word omdat hulle ook die euro wil invoer.[14]

Die euro is in die jaar 1999 as bankgeld en op 1 Januarie 2002 as "stoflike" betaalmiddel ingevoer. 'n Euro word verdeel in 100 sente (voorgestel deur die letter c). Daar is net een stel banknote ter waarde van 5, 10, 20, 50, 100, 200 en 500 euro beskikbaar, terwyl die muntstukke (1c, 2c, 5c, 10c, 20c, 50c, 1 € en 2 €) naas 'n identiese voorkant 'n nasionale agterkant het.[15] Vanaf 2013 is 'n tweede reeks banknote ingevoer, die sogenaamde "Europa"-reeks, maar gelyktydig is die geleidelike uitfasering van die 500 €-banknoot aangekondig.[16]

Politieke oorwegings

Behalwe vir die ekonomiese motiverings vir die instelling van die euro, was die skepping daarvan ook deels geregverdig as 'n manier om 'n nader gevoel van gesamentlike identiteit tussen Europese burgers te bevorder. Verklarings oor hierdie doelwit is byvoorbeeld gemaak deur Wim Duisenberg, Europese Goewerneur van die Sentrale Bank, in 1998,[17] Laurent Fabius, Franse Minister van Finansies, in 2000,[18] en Romano Prodi, President van die Europese Kommissie, in 2002.[19] Maar, 15 jaar na die instelling van die euro, het 'n studie geen bewyse gevind dat dit 'n positiewe invloed op 'n gedeelde gevoel van Europese identiteit gehad het nie (en geen bewys dat dit ook 'n negatiewe uitwerking gehad het nie).[20]

Wisselkoerse

 
Die Eurosone:

   19 EU-lande met euro

   Ander lande met euro

   9 EU-lande sonder euro

 
Setel van die Europese Sentrale Bank in Frankfurt am Main, Duitsland
 
Die Europese Ekonomiese en Monetêre Unie:

   Lidlande van die Eurosone

   Wisselkoersmeganisme II

   WKM-II-lidland met Opt-out-klousule

   Land met Opt-out-klousule

   Ander EU-lidlande

 
Gebruik van Amerikaanse dollar en euro wêreldwyd:

   Verenigde State van Amerika

   Ander lande wat die Amerikaanse dollar as geldeenheid gebruik

   Geldeenhede met 'n vaste wisselkoers aan die Amerikaanse dollar

   Geldeenhede met 'n smal wisselkoers aan die Amerikaanse dollar

   Europese Ekonomiese en Monetêre Unie

   Ander lande wat die Euro as geldeenheid gebruik

   Geldeenhede met 'n vaste wisselkoers aan die Euro

   Geldeenhede met 'n smal wisselkoers aan die Euro

 
Wisselkoers tussen euro en Amerikaanse dollar sedert 1999
 
Wisselkoers tussen euro en Jen sedert 1999
 
Wisselkoers tussen euro en Pond sterling sedert 1999
 
Wisselkoers tussen euro en Switserse frank sedert 1999
 
Wisselkoers tussen euro en Suid-Afrikaanse rand sedert 1999

Die amptelike wisselkoers van die euro ten opsigte van die ou nasionale munteenhede is soos volg vasgestel:

Voorafgaande nasionale geldeenhede van die Eurosone
Geldeenheid Kode
(ISO 4217)
Wisselkoers[21] Gevestig op Opgelewer
  Belgiese frank BEF 700140339900000000040,3399 31 Desember 1998 1 Januarie 1999
  Duitse mark DEM 70001955830000000001,95583 31 Desember 1998 1 Januarie 1999
  Estniese kroon EEK 700115646600000000015,6466 13 Julie 2010 1 Januarie 2011
  Finse markka FIM 70005945730000000005,94573 31 Desember 1998 1 Januarie 1999
  Franse frank FRF 70006559570000000006,55957 31 Desember 1998 1 Januarie 1999
  Griekse dragme GRD 7002340750000000000340,75 19 Junie 2000 1 Januarie 2001
  Ierse pond IEP 69997875640000000000,787564 31 Desember 1998 1 Januarie 1999
  Italiaanse lira ITL 70001936000000000001,936,27 31 Desember 1998 1 Januarie 1999
  Letse lats LVL 69997028040000000000,702804 9 Julie 2013 1 Januarie 2014
  Litause litas LTL 70003452800000000003,4528 23 Julie 2014 1 Januarie 2015
  Luxemburgse frank LUF 700140339900000000040,3399 31 Desember 1998 1 Januarie 1999
  Maltese lira MTL 69994293000000000000,4293 10 Julie 2007 1 Januarie 2008
  Monegaskiese frank MCF 70006559570000000006,55957 31 Desember 1998 1 Januarie 1999
  Nederlandse gulden NLG 70002203710000000002,20371 31 Desember 1998 1 Januarie 1999
  Oostenrykse schilling ATS 700113760300000000013,7603 31 Desember 1998 1 Januarie 1999
  Portugese escudo PTE 7002200482000000000200,482 31 Desember 1998 1 Januarie 1999
  San Marinese lira SML 70001936000000000001,936,27 31 Desember 1998 1 Januarie 1999
  Sipriese pond CYP 69995852740000000000,585274 10 Julie 2007 1 Januarie 2008
  Slowaakse koruna SKK 700130126000000000030,126 8 Julie 2008 1 Januarie 2009
  Sloweense tolar SIT 7002239640000000000239,64 11 Julie 2006 1 Januarie 2007
  Spaanse peseta ESP 7002166386000000000166,386 31 Desember 1998 1 Januarie 1999
  Vatikaanse lira VAL 70001936000000000001,936,27 31 Desember 1998 1 Januarie 1999

Banknote

2002-reeks
Beeld Waarde Afmetings
(millimeter)
Hoofkleur Ontwerp Drukkerkodeposisie
Voorkant Agterkant Argitektuur Eeu
    €5 120 × 62 Grys Klassiek < 5de Linker beeldrand[22]
    €10 127 × 67 Rooi Romaans 11–12de 8:00-uur ster[23]
    €20 133 × 72 Blou Goties 12–14de 9:00-uur ster[24]
    €50 140 × 77 Oranje Renaissance 15–16de Regter beeldrand[25]
    €100 147 × 82 Groen Barok & Rokoko 17–18de Regs van 9:00-uur ster[26]
    €200 153 × 82 Geelbruin Tydperk van yster en glas 19–20ste Bo 7:00-uur ster[27]
    €500 160 × 82 Pers Moderne 20ste eeu 20–21ste 9:00-uur ster[28]
Hierdie beelde is volgens skaal op 0,7 pixels per millimeter.
Europa-reeks[29]
Beeld Waarde Jaar Afmetings
(millimeter)
Hoofkleur Ontwerp Drukkerkodeposisie
Voorkant Agterkant Argitektuur Eeu
    €5 2013 120 × 62 Grys[30] Klassiek[30] < 5de[30] Regs bo
    €10 2014 127 × 67 Rooi[30] Romaans[30] 11–12de[30] Regs bo
    €20 2015 133 × 72 Blou[30] Goties[30] 12–14de[30] Regs bo
    €50 2017 140 × 77 Oranje[30] Renaissance[30] 15–16de[30] Regs bo
    €100 2019 147 × 82 Groen[30] Barok & Rokoko[30] 17–18de[30] Regs bo
    €200 2019 153 × 82 Geelbruin[30] Tydperk van yster en glas[30] 19–20ste[30] Regs bo
Hierdie beelde is volgens skaal op 0,7 pixels per millimeter.

Spesiale muntstukke

Enige land van die Eurosone mag spesiale muntstukke vrystel, wat in alle lande van die Eurosone geldig is.

Onsekere toekoms

Somige ekonome en politici soos die vroeëre Duitse Minister van Buitelandse Sake, Joschka Fischer (Groen Party), wys daarop dat die euro as geldeenheid eerder om politieke as om ekonomiese redes ingevoer is – met die hoofdoelwit van ekonomiese en politieke integrasie van die deelnemende EU-lidstate.[31] Enkele jare lank was die euro 'n stabiele geldeenheid vir ekonomieë met uiteenlopende strukture, sosiale en arbeidswetgewing en belastingtariewe. Dat nasionale reserwebanke die moontlikheid ontneem is om hul geldeenheid te re- of devalueer of staatsskuld deur 'n hoër inflasiekoers fakties te verminder, was aanvanklik geen probleem vir lidlande nie. Eers later het duidelik geword watter gevare 'n gemeenskaplike geldeenheid kan inhou sodra nie alle lidlande dieselfde ekonomiese en finansiële beleid volg nie.[32]

Die finansiële krisis in Griekeland, wat sy toetreding tot die Eurosone slegs met gemanipuleerde statistieke kon bewerkstellig aangesien dit nie werklik aan die vereiste kriteria voldoen het nie, het die Eurosone in 2009 in 'n eerste ernstige krisis gedompel. Sonder sy lidmaatskap in die Eurosone sou die (eksterne) devaluasie van sy geldeenheid 'n moontlike ekonomiese oplossing vir Griekeland se probleme gewees het. Met sy lidmaatskap was 'n drastiese interne devaluasie – die grootskaalse verlaging van lone, salarisse en pensioene met 'n gepaardgaande besuinigingsprogram – die enigste oplossing en die voorwaarde vir finansiële steun deur ander lidstate deur middel van lenings.

In die geval van Duitsland sou 'n revaluasie van die geldeenheid sonder sy eurolidmaatskap plaasgevind het. Somige kritici wys daarop dat die land se reuse-handelsoorskot sedert 2000 'n regstreekse gevolg van die Eurostelsel was en dat dit die wêreldekonomie se ewewig moontlik bedreig.[33]

Somige ekonome beweer dat die Eurosone slegs deur massiewe intervensies van die Europese Sentrale Bank teen verval bewaar word.[34] Die oorwinning van populistiese partye in die algemene Italiaanse verkiesing van 2018 hou 'n groter bedreiging vir die Eurosone se stabiliteit in mits die nuwe koalisieregering uitgebreide staatsbesteding met nuwe krediete probeer finansieer. Die nuwe Italiaanse minister van Finansies, Tria, het egter verseker dat die land sy staatsskuld nie wil vergroot nie.[35] en oor 'n moontlike uitrekking van die Eurosone gesê:[36]

  La posizione dell'esecutivo è netta e unanime. Non ė in discussione alcun proposito dall'eur … Pagheremo le imprese nei tempi previsti e in denaro.
 
  Die posisie van die uitvoerende gesag is duidelik en eenparig. Daar is heeltemal geen sprake van die euro nie.... Ons sal besighede op tyd en kontant betaal.
 

Sien ook

  • Schengen-ooreenkoms, nog 'n Europese instelling ten doeleinde van 'n Europese identiteit
  • Vlag van Europa, nog 'n simbool van die Europese Unie
  • IBAN, Internasionale bankrekeningnommer wat ontwikkel is om internasionale bankdienste binne die Europese Unie te fasiliteer.

Notas

  1. Die somtotaal is 200% want elke verhandeling behels 'n geldeenheidpaar.

Verwysings

  1. (en) "World's Most Traded Currencies By Value 2012". investopedia.com. Besoek op 10 Junie 2013.
  2. (en) "Report on global foreign exchange market activity in 2013" (PDF). Triennial Central Bank Survey. Basel, Switserland: Bank for International Settlements. April 2013. p. 12. Besoek op 22 Oktober 2013.
  3. (en) mpra.ub.uni-muenchen.de: Compositional Analysis Of Foreign Currency Reserves In The 1999–2007 Period. The Euro vs. The Dollar As Leading Reserve Currency
  4. (en) ecb.int: Official Dollarisation/ Euroisation: Motives, Features and Policy Implications of current cases
  5. "Common sides" (in Engels). Europese Sentrale Bank. vanaf die oorspronklike op 9 Junie 2020. Besoek op 13 Desember 2018.
  6. (en) Monetary Policy Statement Issued in Terms of the Reserve Bank of Zimbabwe Act, Chapter 22:15, Section 46. January 2014, bl. 55
  7. (de) ecb.int: Slowenien (seit 1. Januar 2007)
  8. (de) ecb.int: Malta (seit 1. Januar 2008)
  9. (de) ecb.int: Zypern (seit 1. Januar 2008)
  10. (de) ecb.int: Slowakei (seit 1. Januar 2009)
  11. (de) ecb.int: Estland (seit 1. Januar 2011)
  12. (de) ecb.int: Lettland (seit 1. Januar 2014)
  13. (de) ecb.int: Litauen (seit 1. Januar 2015)
  14. Reuters 22 Aug 2018
  15. (de) ecb.int: Erste Bargeldumstellung (2002)
  16. "ECB ends production and issuance of €500 banknote" (in Engels). Europese Sentrale Bank. 4 Mei 2016. vanaf die oorspronklike op 9 Junie 2020. Besoek op 3 Oktober 2018.
  17. Global Finance After the Crisis. 2013. The euro is far more than a medium of exchange. It is part of the identity of a people. It reflects what they have in common now and in the future.
  18. Financial Times. July 24, 2000. Thanks to the euro, our pockets will soon hold solid evidence of a European identity Ontbrekende of leë |title= (help)
  19. Speech to the European Parliament. January 16, 2002. The euro is becoming a key element in peoples sense of shared European identity and common destiny.
  20. Franz Buscha (November 2017). "Can a common currency foster a shared social identity across different nations? The case of the euro". European Economic Review. 100: 318–336. doi:10.1016/j.euroecorev.2017.08.011.
  21. "Fixed Euro conversion rates" (in Engels). European Central Bank. vanaf die oorspronklike op 10 Julie 2013. Besoek op 6 Augustus 2011.
  22. "EuroTracer – Information Notes – €5 note" (in Engels). EuroTracer. 2002. vanaf die oorspronklike op 16 November 2019. Besoek op 7 Januarie 2012.
  23. "EuroTracer – Information Notes – €10 note" (in Engels). EuroTracer. 2002. vanaf die oorspronklike op 31 Oktober 2019. Besoek op 7 Januarie 2012.
  24. "EuroTracer – Information Notes – €20 note" (in Engels). EuroTracer. 2002. vanaf die oorspronklike op 31 Oktober 2019. Besoek op 9 Januarie 2012.
  25. "EuroTracer – Information Notes – €50 note" (in Engels). EuroTracer. 2002. vanaf die oorspronklike op 31 Oktober 2019. Besoek op 9 Januarie 2012.
  26. "EuroTracer – Information Notes – €100 note" (in Engels). EuroTracer. 2002. vanaf die oorspronklike op 31 Oktober 2019. Besoek op 9 Januarie 2012.
  27. "EuroTracer – Information Notes – €200 note" (in Engels). EuroTracer. 2002. vanaf die oorspronklike op 31 Oktober 2019. Besoek op 9 Januarie 2012.
  28. "EuroTracer – Information Notes – €500 note" (in Engels). EuroTracer. 2002. vanaf die oorspronklike op 31 Oktober 2019. Besoek op 9 Januarie 2012.
  29. "ECB: Europa series" (in Engels). Europese Sentrale Bank. 2013. vanaf die oorspronklike op 11 Augustus 2013. Besoek op 11 Junie 2013.
  30. 30,00 30,01 30,02 30,03 30,04 30,05 30,06 30,07 30,08 30,09 30,10 30,11 30,12 30,13 30,14 30,15 30,16 30,17 "Europa series design – ECB – Our Money" (in Engels). www.new-euro-banknotes.eu. 2013. vanaf die oorspronklike op 26 Junie 2016. Besoek op 6 Augustus 2013.
  31. (de) Zeit Online, 10 November 2011: Joschka Fischer: «Vergesst diese EU». Besoek op 12 Junie 2018
  32. (de) Bundeszentrale für politische Bildung (bpb): Die Eurokrise – worum geht es eigentlich? Besoek op 12 Junie 2018
  33. (de) Bertelsman-Stiftung: GED Focus Paper: Deutschlands Exportüberschüsse – Fluch oder Segen? Besoek op 12 Junie 2018
  34. (de) Bundeszentrale für politische Bildung: Ohne klare Richtung keine neuen Mitglieder. Besoek op 10 Junie 2018
  35. (en) Euractiv 11 Junie 2018
  36. (it) Corriere della sera 9 Junie 2018

Verdere leesstof

  • (en) Bartram, Söhnke M.; Taylor, Stephen J.; Wang, Yaw-Huei (Mei 2007). "The Euro and European Financial Market Dependence". Journal of Banking and Finance. 51 (5): 1461–1481. SSRN 924333.
  • (en) Bartram, Söhnke M.; Karolyi, G. Andrew (Oktober 2006). "The Impact of the Introduction of the Euro on Foreign Exchange Rate Risk Exposures". Journal of Empirical Finance. 13 (4–5): 519–549. doi:10.1016/j.jempfin.2006.01.002. SSRN 299641.
  • (en) Baldwin, Richard; Wyplosz, Charles (2004). The Economics of European Integration. New York: McGraw Hill. ISBN 0-07-710394-7.
  • (en) Buti, Marco; Deroose, Servaas; Gaspar, Vitor; Nogueira Martins, João (2010). The Euro. Cambridge: Cambridge University Press. ISBN 978-92-79-09842-0.
  • (en) Simonazzi, A.; Vianello, F. (2001). "Financial Liberalization, the European Single Currency and the Problem of Unemployment". In Franzini, R.; Pizzuti, R.F. (reds.). Globalization, Institutions and Social Cohesion. Springer. ISBN 3-540-67741-0.

Eksterne skakels

  • (en) Amptelike webwerf van die Eurosone
  • (en) Europese Sentrale Bank
  • (en) Die euro – Europa
  • (en) Europese Sentrale Bank – eurowisselkoerse


Euro
euro, mees, gebruikte, geldeenhede, volgens, waardegeldeenheidverspreiding, globalebuitelandse, valutamarkte, volgens, omset, rang, geldeenheid, simbooliso, 4217, daaglikseaandeel, 2015, amerikaanse, dollar, japannese, pond, sterling, switserse, frank, kanades. Die mees gebruikte geldeenhede volgens waardeGeldeenheidverspreiding van globalebuitelandse valutamarkte volgens omset 1 2 Rang Geldeenheid SimboolISO 4217 daaglikseaandeel Des 2015 1 Amerikaanse dollar USD 87 0 2 Euro EUR 33 4 3 Japannese jen JPY 23 0 4 Pond sterling GBP 11 8 5 Switserse frank CHF CHF 8 6 6 Kanadese dollar CAD 5 2 7 Australiese dollar AUD 4 6 8 Meksikaanse peso MXN 2 5 9 Chinese juan CNY 2 2 10 Nieu Seelandse dollar NZD 2 0 11 Sweedse kroon SEK kr 1 8 12 Russiese roebel RUB 1 6 13 Hongkong dollar HKD 1 4 14 Noorse kroon NOK kr 1 4 15 Singapoer dollar SGD 1 4 16 Turkse lira TRY 1 3 17 Suid Koreaanse won KRW 1 2 18 Suid Afrikaanse rand ZAR R 1 1 19 Brasiliaanse real BRL 1 1 20 Indiese roepee INR 1 0 Ander 6 3 Totaal n 1 200 Die euro Cyrilliese alfabet Evro Griekse alfabet Eyrw Lets Eiro Litaus Euras Maltees Ewro Sloweens Evro simbool ISO geldeenheidkode EUR is die geldeenheid van die Europese Ekonomiese en Monetere Unie EMU die sogenaamde Eurosone en na die Amerikaanse dollar die tweede belangrikste geldeenheid wereldwyd 3 Die euro se valutateken Euromunte en banknote Die euro word deur die Europese Sentrale Bank in Frankfurt am Main beheer en is die wettige betaalmiddel in 19 van die 28 lande van die Europese Unie EU Die euro is daarbenewens die wettige geldeenheid van ses lande Andorra Kosowo Monaco Montenegro San Marino en die Vatikaanstad wat nie lidlande van die Europese Unie is nie 4 Andorra Monaco San Marino en die Vatikaanstad slaan hul eie euromunte wat teoreties dwarsdeur die euro area langs die munte van ander lande sirkuleer 5 n Verdere vyf lande en twee monetere gebiede het hulle munteenheid met n vaste wisselkoers aan die euro gekoppel In Zimbabwe is die euro een van verskeie buitelandse geldeenhede wat onder meer vir internasionale transaksies in gebruik is 6 Alle bestaande lidlande van die Europese Unie EU wat aan sekere monetere voorwaardes voldoen mag by die eurostelsel aansluit Nuwe lidlande van die EU is verplig om die euro in te voer sodra hulle aan die voorwaardes voldoen In Slowenie het die euro op 1 Januarie 2007 die Sloweense tolar vervang 7 op 1 Januarie 2008 is die euro ingevoer in Malta 8 en Siprus 9 op 1 Januarie 2009 in Slowakye 10 op 1 Januarie 2011 in Estland 11 op 1 Januarie 2014 in Letland 12 en op 1 Januarie 2015 in Litaue 13 In Julie 2018 het Bulgarye aangevra om lid van die ERM 2 te word omdat hulle ook die euro wil invoer 14 Die euro is in die jaar 1999 as bankgeld en op 1 Januarie 2002 as stoflike betaalmiddel ingevoer n Euro word verdeel in 100 sente voorgestel deur die letter c Daar is net een stel banknote ter waarde van 5 10 20 50 100 200 en 500 euro beskikbaar terwyl die muntstukke 1c 2c 5c 10c 20c 50c 1 en 2 naas n identiese voorkant n nasionale agterkant het 15 Vanaf 2013 is n tweede reeks banknote ingevoer die sogenaamde Europa reeks maar gelyktydig is die geleidelike uitfasering van die 500 banknoot aangekondig 16 Inhoud 1 Politieke oorwegings 2 Wisselkoerse 3 Banknote 4 Spesiale muntstukke 5 Onsekere toekoms 6 Sien ook 7 Notas 8 Verwysings 9 Verdere leesstof 10 Eksterne skakelsPolitieke oorwegings WysigBehalwe vir die ekonomiese motiverings vir die instelling van die euro was die skepping daarvan ook deels geregverdig as n manier om n nader gevoel van gesamentlike identiteit tussen Europese burgers te bevorder Verklarings oor hierdie doelwit is byvoorbeeld gemaak deur Wim Duisenberg Europese Goewerneur van die Sentrale Bank in 1998 17 Laurent Fabius Franse Minister van Finansies in 2000 18 en Romano Prodi President van die Europese Kommissie in 2002 19 Maar 15 jaar na die instelling van die euro het n studie geen bewyse gevind dat dit n positiewe invloed op n gedeelde gevoel van Europese identiteit gehad het nie en geen bewys dat dit ook n negatiewe uitwerking gehad het nie 20 Wisselkoerse Wysig Die Eurosone 19 EU lande met euro Ander lande met euro 9 EU lande sonder euro Setel van die Europese Sentrale Bank in Frankfurt am Main Duitsland Die Europese Ekonomiese en Monetere Unie Lidlande van die Eurosone Wisselkoersmeganisme II WKM II lidland met Opt out klousule Land met Opt out klousule Ander EU lidlande Gebruik van Amerikaanse dollar en euro wereldwyd Verenigde State van Amerika Ander lande wat die Amerikaanse dollar as geldeenheid gebruik Geldeenhede met n vaste wisselkoers aan die Amerikaanse dollar Geldeenhede met n smal wisselkoers aan die Amerikaanse dollar Europese Ekonomiese en Monetere Unie Ander lande wat die Euro as geldeenheid gebruik Geldeenhede met n vaste wisselkoers aan die Euro Geldeenhede met n smal wisselkoers aan die Euro Wisselkoers tussen euro en Amerikaanse dollar sedert 1999 Wisselkoers tussen euro en Jen sedert 1999 Wisselkoers tussen euro en Pond sterling sedert 1999 Wisselkoers tussen euro en Switserse frank sedert 1999 Wisselkoers tussen euro en Suid Afrikaanse rand sedert 1999 Die amptelike wisselkoers van die euro ten opsigte van die ou nasionale munteenhede is soos volg vasgestel Voorafgaande nasionale geldeenhede van die Eurosone Geldeenheid Kode ISO 4217 Wisselkoers 21 Gevestig op Opgelewer Belgiese frank BEF 7001403399000000000 40 3399 31 Desember 1998 1 Januarie 1999 Duitse mark DEM 7000195583000000000 1 95583 31 Desember 1998 1 Januarie 1999 Estniese kroon EEK 7001156466000000000 15 6466 13 Julie 2010 1 Januarie 2011 Finse markka FIM 7000594573000000000 5 94573 31 Desember 1998 1 Januarie 1999 Franse frank FRF 7000655957000000000 6 55957 31 Desember 1998 1 Januarie 1999 Griekse dragme GRD 7002340750000000000 340 75 19 Junie 2000 1 Januarie 2001 Ierse pond IEP 6999787564000000000 0 787564 31 Desember 1998 1 Januarie 1999 Italiaanse lira ITL 7000193600000000000 1 936 27 31 Desember 1998 1 Januarie 1999 Letse lats LVL 6999702804000000000 0 702804 9 Julie 2013 1 Januarie 2014 Litause litas LTL 7000345280000000000 3 4528 23 Julie 2014 1 Januarie 2015 Luxemburgse frank LUF 7001403399000000000 40 3399 31 Desember 1998 1 Januarie 1999 Maltese lira MTL 6999429300000000000 0 4293 10 Julie 2007 1 Januarie 2008 Monegaskiese frank MCF 7000655957000000000 6 55957 31 Desember 1998 1 Januarie 1999 Nederlandse gulden NLG 7000220371000000000 2 20371 31 Desember 1998 1 Januarie 1999 Oostenrykse schilling ATS 7001137603000000000 13 7603 31 Desember 1998 1 Januarie 1999 Portugese escudo PTE 7002200482000000000 200 482 31 Desember 1998 1 Januarie 1999 San Marinese lira SML 7000193600000000000 1 936 27 31 Desember 1998 1 Januarie 1999 Sipriese pond CYP 6999585274000000000 0 585274 10 Julie 2007 1 Januarie 2008 Slowaakse koruna SKK 7001301260000000000 30 126 8 Julie 2008 1 Januarie 2009 Sloweense tolar SIT 7002239640000000000 239 64 11 Julie 2006 1 Januarie 2007 Spaanse peseta ESP 7002166386000000000 166 386 31 Desember 1998 1 Januarie 1999 Vatikaanse lira VAL 7000193600000000000 1 936 27 31 Desember 1998 1 Januarie 1999Banknote Wysig2002 reeks Beeld Waarde Afmetings millimeter Hoofkleur Ontwerp DrukkerkodeposisieVoorkant Agterkant Argitektuur Eeu 5 120 62 Grys Klassiek lt 5de Linker beeldrand 22 10 127 67 Rooi Romaans 11 12de 8 00 uur ster 23 20 133 72 Blou Goties 12 14de 9 00 uur ster 24 50 140 77 Oranje Renaissance 15 16de Regter beeldrand 25 100 147 82 Groen Barok amp Rokoko 17 18de Regs van 9 00 uur ster 26 200 153 82 Geelbruin Tydperk van yster en glas 19 20ste Bo 7 00 uur ster 27 500 160 82 Pers Moderne 20ste eeu 20 21ste 9 00 uur ster 28 Hierdie beelde is volgens skaal op 0 7 pixels per millimeter Europa reeks 29 Beeld Waarde Jaar Afmetings millimeter Hoofkleur Ontwerp DrukkerkodeposisieVoorkant Agterkant Argitektuur Eeu 5 2013 120 62 Grys 30 Klassiek 30 lt 5de 30 Regs bo 10 2014 127 67 Rooi 30 Romaans 30 11 12de 30 Regs bo 20 2015 133 72 Blou 30 Goties 30 12 14de 30 Regs bo 50 2017 140 77 Oranje 30 Renaissance 30 15 16de 30 Regs bo 100 2019 147 82 Groen 30 Barok amp Rokoko 30 17 18de 30 Regs bo 200 2019 153 82 Geelbruin 30 Tydperk van yster en glas 30 19 20ste 30 Regs boHierdie beelde is volgens skaal op 0 7 pixels per millimeter Spesiale muntstukke WysigEnige land van die Eurosone mag spesiale muntstukke vrystel wat in alle lande van die Eurosone geldig is Onsekere toekoms WysigSomige ekonome en politici soos die vroeere Duitse Minister van Buitelandse Sake Joschka Fischer Groen Party wys daarop dat die euro as geldeenheid eerder om politieke as om ekonomiese redes ingevoer is met die hoofdoelwit van ekonomiese en politieke integrasie van die deelnemende EU lidstate 31 Enkele jare lank was die euro n stabiele geldeenheid vir ekonomiee met uiteenlopende strukture sosiale en arbeidswetgewing en belastingtariewe Dat nasionale reserwebanke die moontlikheid ontneem is om hul geldeenheid te re of devalueer of staatsskuld deur n hoer inflasiekoers fakties te verminder was aanvanklik geen probleem vir lidlande nie Eers later het duidelik geword watter gevare n gemeenskaplike geldeenheid kan inhou sodra nie alle lidlande dieselfde ekonomiese en finansiele beleid volg nie 32 Die finansiele krisis in Griekeland wat sy toetreding tot die Eurosone slegs met gemanipuleerde statistieke kon bewerkstellig aangesien dit nie werklik aan die vereiste kriteria voldoen het nie het die Eurosone in 2009 in n eerste ernstige krisis gedompel Sonder sy lidmaatskap in die Eurosone sou die eksterne devaluasie van sy geldeenheid n moontlike ekonomiese oplossing vir Griekeland se probleme gewees het Met sy lidmaatskap was n drastiese interne devaluasie die grootskaalse verlaging van lone salarisse en pensioene met n gepaardgaande besuinigingsprogram die enigste oplossing en die voorwaarde vir finansiele steun deur ander lidstate deur middel van lenings In die geval van Duitsland sou n revaluasie van die geldeenheid sonder sy eurolidmaatskap plaasgevind het Somige kritici wys daarop dat die land se reuse handelsoorskot sedert 2000 n regstreekse gevolg van die Eurostelsel was en dat dit die wereldekonomie se ewewig moontlik bedreig 33 Somige ekonome beweer dat die Eurosone slegs deur massiewe intervensies van die Europese Sentrale Bank teen verval bewaar word 34 Die oorwinning van populistiese partye in die algemene Italiaanse verkiesing van 2018 hou n groter bedreiging vir die Eurosone se stabiliteit in mits die nuwe koalisieregering uitgebreide staatsbesteding met nuwe krediete probeer finansieer Die nuwe Italiaanse minister van Finansies Tria het egter verseker dat die land sy staatsskuld nie wil vergroot nie 35 en oor n moontlike uitrekking van die Eurosone gese 36 La posizione dell esecutivo e netta e unanime Non e in discussione alcun proposito dall eur Pagheremo le imprese nei tempi previsti e in denaro Die posisie van die uitvoerende gesag is duidelik en eenparig Daar is heeltemal geen sprake van die euro nie Ons sal besighede op tyd en kontant betaal Sien ook WysigSchengen ooreenkoms nog n Europese instelling ten doeleinde van n Europese identiteit Vlag van Europa nog n simbool van die Europese Unie IBAN Internasionale bankrekeningnommer wat ontwikkel is om internasionale bankdienste binne die Europese Unie te fasiliteer Notas Wysig Die somtotaal is 200 want elke verhandeling behels n geldeenheidpaar Verwysings Wysig en World s Most Traded Currencies By Value 2012 investopedia com Besoek op 10 Junie 2013 en Report on global foreign exchange market activity in 2013 PDF Triennial Central Bank Survey Basel Switserland Bank for International Settlements April 2013 p 12 Besoek op 22 Oktober 2013 en mpra ub uni muenchen de Compositional Analysis Of Foreign Currency Reserves In The 1999 2007 Period The Euro vs The Dollar As Leading Reserve Currency en ecb int Official Dollarisation Euroisation Motives Features and Policy Implications of current cases Common sides in Engels Europese Sentrale Bank Geargiveer vanaf die oorspronklike op 9 Junie 2020 Besoek op 13 Desember 2018 en Monetary Policy Statement Issued in Terms of the Reserve Bank of Zimbabwe Act Chapter 22 15 Section 46 January 2014 bl 55 de ecb int Slowenien seit 1 Januar 2007 de ecb int Malta seit 1 Januar 2008 de ecb int Zypern seit 1 Januar 2008 de ecb int Slowakei seit 1 Januar 2009 de ecb int Estland seit 1 Januar 2011 de ecb int Lettland seit 1 Januar 2014 de ecb int Litauen seit 1 Januar 2015 Reuters 22 Aug 2018 de ecb int Erste Bargeldumstellung 2002 ECB ends production and issuance of 500 banknote in Engels Europese Sentrale Bank 4 Mei 2016 Geargiveer vanaf die oorspronklike op 9 Junie 2020 Besoek op 3 Oktober 2018 Global Finance After the Crisis 2013 The euro is far more than a medium of exchange It is part of the identity of a people It reflects what they have in common now and in the future Financial Times July 24 2000 Thanks to the euro our pockets will soon hold solid evidence of a European identity Ontbrekende of lee title help Speech to the European Parliament January 16 2002 The euro is becoming a key element in peoples sense of shared European identity and common destiny Franz Buscha November 2017 Can a common currency foster a shared social identity across different nations The case of the euro European Economic Review 100 318 336 doi 10 1016 j euroecorev 2017 08 011 Fixed Euro conversion rates in Engels European Central Bank Geargiveer vanaf die oorspronklike op 10 Julie 2013 Besoek op 6 Augustus 2011 EuroTracer Information Notes 5 note in Engels EuroTracer 2002 Geargiveer vanaf die oorspronklike op 16 November 2019 Besoek op 7 Januarie 2012 EuroTracer Information Notes 10 note in Engels EuroTracer 2002 Geargiveer vanaf die oorspronklike op 31 Oktober 2019 Besoek op 7 Januarie 2012 EuroTracer Information Notes 20 note in Engels EuroTracer 2002 Geargiveer vanaf die oorspronklike op 31 Oktober 2019 Besoek op 9 Januarie 2012 EuroTracer Information Notes 50 note in Engels EuroTracer 2002 Geargiveer vanaf die oorspronklike op 31 Oktober 2019 Besoek op 9 Januarie 2012 EuroTracer Information Notes 100 note in Engels EuroTracer 2002 Geargiveer vanaf die oorspronklike op 31 Oktober 2019 Besoek op 9 Januarie 2012 EuroTracer Information Notes 200 note in Engels EuroTracer 2002 Geargiveer vanaf die oorspronklike op 31 Oktober 2019 Besoek op 9 Januarie 2012 EuroTracer Information Notes 500 note in Engels EuroTracer 2002 Geargiveer vanaf die oorspronklike op 31 Oktober 2019 Besoek op 9 Januarie 2012 ECB Europa series in Engels Europese Sentrale Bank 2013 Geargiveer vanaf die oorspronklike op 11 Augustus 2013 Besoek op 11 Junie 2013 30 00 30 01 30 02 30 03 30 04 30 05 30 06 30 07 30 08 30 09 30 10 30 11 30 12 30 13 30 14 30 15 30 16 30 17 Europa series design ECB Our Money in Engels www new euro banknotes eu 2013 Geargiveer vanaf die oorspronklike op 26 Junie 2016 Besoek op 6 Augustus 2013 de Zeit Online 10 November 2011 Joschka Fischer Vergesst diese EU Besoek op 12 Junie 2018 de Bundeszentrale fur politische Bildung bpb Die Eurokrise worum geht es eigentlich Besoek op 12 Junie 2018 de Bertelsman Stiftung GED Focus Paper Deutschlands Exportuberschusse Fluch oder Segen Besoek op 12 Junie 2018 de Bundeszentrale fur politische Bildung Ohne klare Richtung keine neuen Mitglieder Besoek op 10 Junie 2018 en Euractiv 11 Junie 2018 it Corriere della sera 9 Junie 2018Verdere leesstof Wysig en Bartram Sohnke M Taylor Stephen J Wang Yaw Huei Mei 2007 The Euro and European Financial Market Dependence Journal of Banking and Finance 51 5 1461 1481 SSRN 924333 en Bartram Sohnke M Karolyi G Andrew Oktober 2006 The Impact of the Introduction of the Euro on Foreign Exchange Rate Risk Exposures Journal of Empirical Finance 13 4 5 519 549 doi 10 1016 j jempfin 2006 01 002 SSRN 299641 en Baldwin Richard Wyplosz Charles 2004 The Economics of European Integration New York McGraw Hill ISBN 0 07 710394 7 en Buti Marco Deroose Servaas Gaspar Vitor Nogueira Martins Joao 2010 The Euro Cambridge Cambridge University Press ISBN 978 92 79 09842 0 en Simonazzi A Vianello F 2001 Financial Liberalization the European Single Currency and the Problem of Unemployment In Franzini R Pizzuti R F reds Globalization Institutions and Social Cohesion Springer ISBN 3 540 67741 0 Eksterne skakels WysigWikimedia Commons bevat media in verband met Euro en Amptelike webwerf van die Eurosone en Europese Sentrale Bank en Die euro Europa en Europese Sentrale Bank eurowisselkoerseOntsluit van https af wikipedia org w index php title Euro amp oldid 2403578,