×
Euripides

Euripides (Grieks: Εὐριπίδης) (ongeveer 480 v.C. – 406 v.C.) was een van die drie groot Griekse tragedie digters, met Sophokles – met wie hy persoonlik bevriend was – en Aischulos.

Euripides
Geboreca. 480 v.C.
Salamis, Griekeland
Sterfca. 406 v.C.
NasionaliteitAntieke Griekeland
BeroepDramatuurg
Bekend virMedea, 431 v.C.
Hippolytus, 428 v.C.
Electra, ca. 420 v.C.
Die Trojaanse vroue, ca. 415 v.C.
Bacchae, 405 v.C.
EggenootMelite
Choerine
Ouer(s)Mnesarchus
Cleito

Inhoud

Dit moet vermeld moet word dat Euripides se biografiese inligting omstrede is. Sy lewensloop soos wat aan ons is oorgelewer is, is 'n kombinasie van gerugte en versinsels (veral ontleen aan Aristophanes se komedies waarin dikwels met Euripides gespot word). Ook het mense later gepoog, waarskynlik as gevolg van 'n gebrek aan data, om sy persoonlikheid uit sy werk af te lei.

Euripides is gebore op die eiland Salamis, volgens die oorlewering op die dag dat daar 'n beroemde seeslag plaasgevind het. Sy ma heet Kleito en sy vader Mnesarchos of Mnesarchides. Danksy die adelike afkoms van sy moeder kon Euripides 'n goeie onderwys bekom. In sy jeug het hy hom toe op die gimnastiek en skilderkuns, later word hy 'n leerling van Anaxagoras en 'n toehoorder van Prodikos en Protagoras. Hy het 'n hekel aan die politiek gehad en het baie op studies gefokus. Ook het hy 'n private biblioteek besit (wat in sy tyd ongewoon was). Toe hy hom aan die skryf toewy, trek hy hom soms terug in 'n grot op sy geboorte-eiland.

Euripides het tydens sy lewe twee keer in die huwelik getree, en telkens het hy 'n ongelukkige huwelikslewe gehad. Dit gee hom moontlik die reputasie dat hy 'n vrouehater was.

In 406 v.C., na die opvoering van sy Orestes, verlaat hy Athene, en trek na die hof van Archelaos, koning van Masedonië. Dit bly onduidelik waarom hy dit gedoen het: om politieke redes of teleurstelling omdat sy werk misken word? Volgens biografieë is hy in 406 v.C. in baie dramatiese omstandighede dood. Hy sou, verstrooid en in bepeinsing versink, verskeur word deur die loslopende waghonde van die Masedoniese koning.

In 455 v.C. het Euripides vir die eerste keer aan die Dionisia deel, maar pas in 441 v.C. is hy vir die eerste keer bekroon vir sy toneelstukke. Hy skryf meer as 90 werke waarvan daar 19 nog bestaan, insluitend 1 stuk (Rhesos, gedater van voor 438 v.C.) waarvan die outeurskap betwyfel word. Van sy totale oeuvre is slegs 5 stukke met 'n eerste prys beloon. Tydens sy lewe is hy nie vir veel aangesien nie. Sy tydgenote hou nie van sy "modernisme" nie. Maar na sy dood het dit heeltemal verander: Euripides word die mees opgevoerde toneelskrywer in Griekeland.

  • Alkestis (438 v.C.), tweede prys
  • Medeia (431 v.C.), derde prys
  • Herakliden (ongeveer 430 v.C.)
  • Hippolytos (428 v.C.), eerste prys
  • Andromache (ongeveer 425 v.C.)
  • Hekabe (ongeveer 424 v.C.)
  • Smekende Vroue (ongeveer 423 v.C.)
  • Elektra (ongeveer 420 v.C.)
  • Herakles (ongeveer 416 v.C.)
  • Trilogie: o Alexandros (verlore gegaan) o Palamedes (verlore gegaan) o Troiades (415 v.C.), tweede prys
  • Iphigeneia in Tauris (ongeveer 414 v.C.)
  • Ion (ongeveer 413 v.C.)
  • Helena (v.C. 412)
  • Fenisiese vroue (ongeveer 410 v.C.), tweede prys
  • Orestes (408 v.C.)
  • Trilogie (postuum opgevoer; eerste prys): o Bacchanten o Alkmaion in Korinthe (verlore gegaan) o Iphigeneia in Aulis
  • Saterspel: o Cyclops
  • Euripides, Cyclops, Alcestis, Medea. Vert. D. Kovacs (The Loeb Classical Library), I, Cambridge Mass. – Londen, 2001
  • Hierdie artikel is vertaal vanuit die Nederlandse Wikipedia

Publikasie datum: September 26, 2021

euripides, grieks, Εὐριπίδης, ongeveer, drie, groot, griekse, tragedie, digters, sophokles, persoonlik, bevriend, aischulos, geboreca, salamis, griekelandsterfca, koninkryk, makedoniënasionaliteitantieke, griekelandberoepdramatuurgbekend, virmedea, hippolytus,. Euripides Grieks Eὐripidhs ongeveer 480 v C 406 v C was een van die drie groot Griekse tragedie digters met Sophokles met wie hy persoonlik bevriend was en Aischulos EuripidesGeboreca 480 v C Salamis GriekelandSterfca 406 v C Koninkryk van MakedonieNasionaliteitAntieke GriekelandBeroepDramatuurgBekend virMedea 431 v C Hippolytus 428 v C Electra ca 420 v C Die Trojaanse vroue ca 415 v C Bacchae 405 v C EggenootMelite ChoerineOuer s Mnesarchus Cleito Inhoud 1 Biografie 2 Werk 3 Bibliografi 4 BronBiografie WysigDit moet vermeld moet word dat Euripides se biografiese inligting omstrede is Sy lewensloop soos wat aan ons is oorgelewer is is n kombinasie van gerugte en versinsels veral ontleen aan Aristophanes se komedies waarin dikwels met Euripides gespot word Ook het mense later gepoog waarskynlik as gevolg van n gebrek aan data om sy persoonlikheid uit sy werk af te lei Euripides is gebore op die eiland Salamis volgens die oorlewering op die dag dat daar n beroemde seeslag plaasgevind het Sy ma heet Kleito en sy vader Mnesarchos of Mnesarchides Danksy die adelike afkoms van sy moeder kon Euripides n goeie onderwys bekom In sy jeug het hy hom toe op die gimnastiek en skilderkuns later word hy n leerling van Anaxagoras en n toehoorder van Prodikos en Protagoras Hy het n hekel aan die politiek gehad en het baie op studies gefokus Ook het hy n private biblioteek besit wat in sy tyd ongewoon was Toe hy hom aan die skryf toewy trek hy hom soms terug in n grot op sy geboorte eiland Euripides het tydens sy lewe twee keer in die huwelik getree en telkens het hy n ongelukkige huwelikslewe gehad Dit gee hom moontlik die reputasie dat hy n vrouehater was In 406 v C na die opvoering van sy Orestes verlaat hy Athene en trek na die hof van Archelaos koning van Masedonie Dit bly onduidelik waarom hy dit gedoen het om politieke redes of teleurstelling omdat sy werk misken word Volgens biografiee is hy in 406 v C in baie dramatiese omstandighede dood Hy sou verstrooid en in bepeinsing versink verskeur word deur die loslopende waghonde van die Masedoniese koning Werk WysigIn 455 v C het Euripides vir die eerste keer aan die Dionisia deel maar pas in 441 v C is hy vir die eerste keer bekroon vir sy toneelstukke Hy skryf meer as 90 werke waarvan daar 19 nog bestaan insluitend 1 stuk Rhesos gedater van voor 438 v C waarvan die outeurskap betwyfel word Van sy totale oeuvre is slegs 5 stukke met n eerste prys beloon Tydens sy lewe is hy nie vir veel aangesien nie Sy tydgenote hou nie van sy modernisme nie Maar na sy dood het dit heeltemal verander Euripides word die mees opgevoerde toneelskrywer in Griekeland Alkestis 438 v C tweede prys Medeia 431 v C derde prys Herakliden ongeveer 430 v C Hippolytos 428 v C eerste prys Andromache ongeveer 425 v C Hekabe ongeveer 424 v C Smekende Vroue ongeveer 423 v C Elektra ongeveer 420 v C Herakles ongeveer 416 v C Trilogie o Alexandros verlore gegaan o Palamedes verlore gegaan o Troiades 415 v C tweede prys Iphigeneia in Tauris ongeveer 414 v C Ion ongeveer 413 v C Helena v C 412 Fenisiese vroue ongeveer 410 v C tweede prys Orestes 408 v C Trilogie postuum opgevoer eerste prys o Bacchanten o Alkmaion in Korinthe verlore gegaan o Iphigeneia in Aulis Saterspel o CyclopsBibliografi WysigEuripides Cyclops Alcestis Medea Vert D Kovacs The Loeb Classical Library I Cambridge Mass Londen 2001Bron WysigHierdie artikel is vertaal vanuit die Nederlandse WikipediaOntsluit van https af wikipedia org w index php title Euripides amp ol,