×
Ernest Rutherford

Ernest Rutherford, 1ste Baron Rutherford van Nelson (30 Augustus 187119 Oktober 1937), was 'n Nieu-Seelands-gebore Britse fisikus wat bekend staan as die "Vader van Kernfisika". Encyclopædia Britannica beskou hom as die grootste ekspremintele fisikus sedert Michael Faraday (1791 – 1867).

Ernest Rutherford

In sy vroeë werk het Rutherford die konsep van radioaktiewe halfleeftyd, die radioaktiewe element radon, en gedifferensieerde Alfa - en Beta bestraling ontdek. Hierdie werk is uitgevoer by die McGill-universiteit in Montreal, Quebec, Kanada. Dit vorm die basis vir die Nobelprys vir Chemie wat in 1908 aan hom toegeken is "vir sy ondersoeke na die disintegrasie van die elemente, en die chemie van radioaktiewe stowwe", ten opsigte waarvan hy die eerste Kanadese en Oseaniese Nobelpryswenner was.

Rutherford het in 1907 na die Victoria-Universiteit van Manchester (vandag die Universiteit van Manchester) in die Verenigde Koninkryk gegaan waar hy en Thomas Royds bewys het dat Alfadeeltjies soortgelyk is aan heliumkerne. Rutherford het sy mees bekende werk gelewer nadat hy reeds die Nobelprys verower het. In 1911, hoewel hy nie kon bewys of die kern positief of negatief gelaai is nie, het hy bespiegel dat atome grotendeels bestaan uit 'n baie klein kern, en daardeur sodoende die Rutherford-model van die atoom bekendgestel deur sy ontdekking en interpretasie van Rutherford verstrooiing by wyse van die goue foelie eksperiment van Hans Geiger en Ernest Marsden. Hy het die eerste kunsmatig-geïnduseerde kernreaksie in 1917 uitgevoer in eksperimente waartydens stikstofkerne met alfadeeltjies gebombardeer is. Die gevolg hiervan was die vrylating van 'n subatomiese deeltjie (die proton).

Rutherford is in 1919 as direkteur aan die Cavendish-laboratorium by die Universiteit van Cambridge aangestel. Onder sy leierskap is die neutron in 1932 ontdek, en in dieselfde jaar is die eerste eksperiment om die kern op 'n ten volle beheerde wyse te verdeel uitgevoer deur studente wat onder sy leiding gewerk het (John Cockcroft en Ernest Walton). Na sy dood in 1937 is hy in Westminster-abdy naby Isaac Newton begrawe. Die chemiese element rutherfordium (element 104) is in 1997 na hom vernoem.

  1. Eve, A. S.; Chadwick, J. (1938). "Lord Rutherford 1871–1937". Obituary Notices of Fellows of the Royal Society. 2 (6): 394. doi:.
  2. . Encyclopædia Britannica (in Engels). vanaf die oorspronklike op 9 Februarie 2010. Besoek op21 Januarie 2020.
  3. . lbl.gov (in Engels). 9 Augustus 2000. vanaf die oorspronklike op 15 Junie 2020.
  4. Campbell, John. . Rutherford.org.nz (in Engels). vanaf die oorspronklike op 12 Mei 2020. Besoek op4 Maart 2013.
  5. Rutherford, E.; Royds, T. (1908). . Philosophical Magazine. Series 6. 16 (92): 313. doi:.
  • Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Ernest Rutherford.
  • from the American Institute of Physics
  • 23 Julie 2008 op Wayback Machine from Nobel prize official website
  • The Chemical Nature of the Alpha Particles from Radioactive Substances

Publikasie datum: September 27, 2021

ernest, rutherford, 1ste, baron, rutherford, nelson, augustus, 1871, oktober, 1937, nieu, seelands, gebore, britse, fisikus, bekend, staan, vader, kernfisika, encyclopædia, britannica, beskou, grootste, ekspremintele, fisikus, sedert, michael, faraday, 1791, 1. Ernest Rutherford 1ste Baron Rutherford van Nelson 30 Augustus 1871 19 Oktober 1937 1 was n Nieu Seelands gebore Britse fisikus wat bekend staan as die Vader van Kernfisika 2 Encyclopaedia Britannica beskou hom as die grootste ekspremintele fisikus sedert Michael Faraday 1791 1867 Ernest Rutherford In sy vroee werk het Rutherford die konsep van radioaktiewe halfleeftyd die radioaktiewe element radon en gedifferensieerde Alfa en Beta bestraling ontdek 3 Hierdie werk is uitgevoer by die McGill universiteit in Montreal Quebec Kanada Dit vorm die basis vir die Nobelprys vir Chemie wat in 1908 aan hom toegeken is vir sy ondersoeke na die disintegrasie van die elemente en die chemie van radioaktiewe stowwe ten opsigte waarvan hy die eerste Kanadese en Oseaniese Nobelpryswenner was Rutherford het in 1907 na die Victoria Universiteit van Manchester vandag die Universiteit van Manchester in die Verenigde Koninkryk gegaan waar hy en Thomas Royds bewys het dat Alfadeeltjies soortgelyk is aan heliumkerne 4 5 Rutherford het sy mees bekende werk gelewer nadat hy reeds die Nobelprys verower het In 1911 hoewel hy nie kon bewys of die kern positief of negatief gelaai is nie het hy bespiegel dat atome grotendeels bestaan uit n baie klein kern en daardeur sodoende die Rutherford model van die atoom bekendgestel deur sy ontdekking en interpretasie van Rutherford verstrooiing by wyse van die goue foelie eksperiment van Hans Geiger en Ernest Marsden Hy het die eerste kunsmatig geinduseerde kernreaksie in 1917 uitgevoer in eksperimente waartydens stikstofkerne met alfadeeltjies gebombardeer is Die gevolg hiervan was die vrylating van n subatomiese deeltjie die proton Rutherford is in 1919 as direkteur aan die Cavendish laboratorium by die Universiteit van Cambridge aangestel Onder sy leierskap is die neutron in 1932 ontdek en in dieselfde jaar is die eerste eksperiment om die kern op n ten volle beheerde wyse te verdeel uitgevoer deur studente wat onder sy leiding gewerk het John Cockcroft en Ernest Walton Na sy dood in 1937 is hy in Westminster abdy naby Isaac Newton begrawe Die chemiese element rutherfordium element 104 is in 1997 na hom vernoem Verwysings Wysig Eve A S Chadwick J 1938 Lord Rutherford 1871 1937 Obituary Notices of Fellows of the Royal Society 2 6 394 doi 10 1098 rsbm 1938 0025 Ernest Rutherford Baron Rutherford of Nelson Encyclopaedia Britannica in Engels Geargiveer vanaf die oorspronklike op 9 Februarie 2010 Besoek op 21 Januarie 2020 The Discovery of Radioactivity lbl gov in Engels 9 Augustus 2000 Geargiveer vanaf die oorspronklike op 15 Junie 2020 Campbell John Rutherford A Brief Biography Rutherford org nz in Engels Geargiveer vanaf die oorspronklike op 12 Mei 2020 Besoek op 4 Maart 2013 Rutherford E Royds T 1908 Spectrum of the radium emanation Philosophical Magazine Series 6 16 92 313 doi 10 1080 14786440808636511 Eksterne skakels Wysig Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Ernest Rutherford Biography and web exhibit from the American Institute of Physics Biography Geargiveer 23 Julie 2008 op Wayback Machine from Nobel prize official website Nobel Lecture The Chemical Nature of the Alpha Particles from Radioactive Substances The Rutherford Museum Rutherford Scientist SupremeOntsluit van https af wikipedia org w index php title Ernest Rutherford amp ol,