fbpx Engeland
Wikipedia

Engeland

Hierdie artikel handel oor die huidige land binne die Verenigde Koninkryk. Vir die historiese koninkryk, sien Koninkryk van Engeland.

Engeland (Engels: England) is die grootste en bevolkingsrykste van die vier nasies wat saam die Verenigde Koninkryk vorm. Dit word in die noorde deur Skotland en in die weste deur Wallis begrens. Die Noordsee is oos, die Ierse See noordwes en die Keltiese See suidwes van Engeland geleë. Die Noordsee in die ooste en die Engelse Kanaal in die suide skei Engeland van die Europese vasteland.

England
Engeland
Volkslied: verskeie
Hoofsaaklik: God Save the Queen
(Engels vir: "God beskerm die koningin")
Hoofstad Londen

51°30′N0°7′W /51.500°N 0.117°W /51.500; -0.117

Grootste stad Londen
Amptelike tale Engels
Regering Unitêre parlementêre
grondwetlike monargie
Elizabeth II
Boris Johnson
Onafhanklikheid
Vorming
• Vereniging deur Athelstan
• Normandiese verowering
Unie met Wallis
• Unie van die Krone
• Glorieryke rewolusie
Unie met Skotland


10de eeu (tradisioneel 927)
10661088
15351542
24 Maart 1603
11 Desember 1688
1 Mei 1707
Oppervlakte
- Totaal

- Water (%)

130 279 km2 (1ste (VK))
50 301 myl2
Bevolking
- 2016-skatting
- 2011-sensus
- Digtheid

55 268 100 (1ste (VK))
53 012 456
424,3 / km2 (1ste (VK))
1 098,9 / myl2
BBP (nominaal)
- Totaal
- Per capita
2009-skatting

$268 miljard (1ste (VK))
$50 566 (1ste (VK))

Geldeenheid Pond sterling (£) (GBP)
Tydsone
- Somertyd
GMT (UTC±0)
BST (UTC+1)
Internet-TLD .uk, .gb
Skakelkode +44
Beskermheilige: Sint Joris
Nasionale blom: Tudorroos
Die kranse van Dover

Engeland beslaan die sentrale en suidelike dele van die Noord-Atlantiese eiland Groot-Brittanje. Meer as 100 kleiner eilande maak daarnaas deel uit van Engeland, waaronder die Scilly-eilande en die Eiland Wight.

Menslike gemeenskappe het hulle al in die Jongsteentydperk in die gebied gevestig wat tans as Engeland bekend staan, maar dit was die Angele, een van die Germaanse stamme wat hulle in die 5de en 6de eeu op die eiland gevestig het, wat hul naam aan die land verleen het. In 927 is die verskillende klein koninkryke in 'n gemeenskaplike Engelse Ryk verenig.

Vanaf die groot ontdekkingstydperk in die 15de eeu het Engeland beduidende kulturele, regtelike, ekonomiese en uiteindelik ook taalkundige invloed op ander wêrelddele uitgeoefen. Die Engelse regstelsel is net soos die Anglikaanse Kerk en die Engelse taal in ander lande oorgeneem, terwyl die Engelse parlementêre regeringstelsel as voorbeeld vir staatkundige bedelings in ander lande gedien het. Engeland was in die 18de eeu ook die bakermat van die nywerheidsomwenteling wat van hier na ander Europese en uiteindelik ook oorsese lande uitgebrei het en van Engeland die eerste nywerheidsland ter wêreld gemaak het.

Leidende Engelse nywerheidstede soos Manchester, Birmingham en Liverpool het grondstowwe, wat uit alle hoeke van die wêreld na Engeland ingevoer is, tot goedere verwerk wat wêreldwyd bemark is, terwyl Londen as hoofstad en regeringsetel tot een van die wêreld se voorste metropole en die politieke, ekonomiese en kulturele spilpunt van die Britse Ryk ontwikkel het. Vandag beslaan die metropolitaanse gebied van Groter Londen groot dele van Suidoos-Engeland en speel steeds 'n eersterangse ekonomiese rol as die finansiële spilpunt van Europa en as die sentrum van innovasie op 'n verskeidenheid terreine – veral populêre kultuur.

Koningin Elizabeth II oorhandig die Wêreldbekertrofee van die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1966 aan die Engelse kaptein Bobby Moore
Engeland speel teen Australië op Lord’s in die 2009 Die As-reeks

Engeland het 'n ryk sporterfenis en baie sportsoorte wat wêreldwyd beoefen word, het in die 19de-eeuse Engeland ontstaan, waaronder sokker, krieket, rugby, rugbyliga, tennis, boks, pluimbal, muurbal, hokkie, snoeker, biljart, veerpyltjies, tafeltennis, rolbal, netbal, perdewedren, windhondrenne en jakkalsjag. Die land het ook gehelp met die ontwikkeling van gholf, seil en Formule Eenrenne.

Sokker is die gewildste van hierdie sportsoorte in Engeland. Die Engelse nasionale sokkerspan, met sy tuiste op Wembley-stadion is, het in 1872 die eerste sokkerwedstryd ooit teen Skotland gespeel. Die wedstryd het in Hamilton Crescent, Glasgow, die tuiste van die West of Scotland Cricket Club, plaasgevind. Engeland het as "tuiste van sokker" die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1966 aangebied en tydens die eindstryd Wes-Duitsland met 4–2 geklop. Met 'n Britse televisie gehoorpiek van 32,30 miljoen is die eindstryd die mees gesiene televisie-gebeurtenis ooit in die Verenigde Koninkryk. Tydens die UEFA Europa-beker 2020 het Engeland vir die eerste keer die eindstryd gehaal, maar hulle is deur Italië met 3–2 ná strafskoppe verslaan. Engeland se hoogste sokkerliga is die Premier League, gevolg deur die Football League Championship.

Daar word algemeen aanvaar dat krieket in die vroeë Middeleeue as 'n wedstryd tussen die landbou- en metaalbewerkingsgemeenskappe van die Weald ontstaan het. Die Engelse nasionale krieketspan is 'n samestelling van Engelse en Walliese krieketspelers en een van die Toetskrieketlande en volle lidland van die Internasionale Krieketraad. Een van dié sport se oudste en gewildste wedywering is Die As-reeks tussen Engeland en Australië wat sedert 1882 gespeel word. Engeland het al vyf krieketwêreldbekertoernooie (1975, 1979, 1983, 1999 en 2019) aangebied, meer as enige ander land. Engeland het die eindstryd tot dusver vier keer bereik en die 2019-eindwedstryd teen Nieu-Seeland volgens aantal grenshoue in die beslissende Superboulbeurt gewen en sodoende hul eerste titel ingepalm. Ná sokker in 1966 en rugby in 2003 is krieket in 2019 die derde wêreldbekertrofee in een van Engeland se gewildste sportsoorte wat die onderskeidelike nasionale span ingepalm het. Engeland het in 2009 die ICC Wêreld Twintig20 aangebied en in 2010 dié formaat teen Australië in die eindstryd gewen. Lord’s in Londen word dikwels Home of Cricket ("tuiste van krieket") genoem.

Rugby het in die 19de eeu by die Public School van Rugby, Warwickshire, ontstaan. Die Engelse nasionale rugbyspan ding in die Sesnasies-toernooi met Frankryk, Ierland, Italië, Skotland en Wallis mee en neem gereeld aan die Rugbywêreldbeker deel. Engeland het die Rugbywêreldbeker 2003 teen die gasheer Australië gewen. Engeland was een van die gashere tydens die Rugbywêreldbeker 1991 en die Rugbywêreldbeker 1999 en hulle het ook die Rugbywêreldbeker 2015 (saam met Wallis) gehuisves. Londen se Twickenham is die grootste rugbystadion wêreldwyd en tuisstadion van die Engelse nasionale rugbyspan. Dit word as 'n groot prestasie beskou om saam met die Britse en Ierse Leeus na die Suidelike Halfrond te toer, waar hulle sowat al om die vier jaar teen die Nieu-Seelandse All Blacks, die Suid-Afrikaanse Springbokke of die Australiese Wallabies speel.

Gholf is gewild in Engeland; deels te danke aan sy kulturele en geografiese bande met Skotland, die tuiste van gholf. Engelse gholfspelers wat die Grand Slam gewen het, sluit in: Cyril Walker, Tony Jacklin, Nick Faldo en Justin Rose vir mans en Laura Davies, Alison Nicholas en Karen Stupples vir vroue. Die wêreld se oudste gholftoernooi is die Britse Ope en word in sowel Engeland as Skotland gespeel. Die tweejaarlikse gholftoernooi, die Ryderbeker, is na die Engelse sakeman Samuel Ryder genoem wat die geleentheid geborg en die trofee geskenk het. Nick Faldo is die suksesvolste Ryderbeker-speler ooit wat die meeste punte (25) van enige speler van die Europese of Amerikaanse spanne behaal het.

Tennis het in die laat 19de eeu in Birmingham ontwikkel en die Wimbledon-kampioenskap is die oudste en gewildste tennistoernooi wêreldwyd. Wimbledon is 'n toernooi wat 'n belangrike plek in die Britse kultuurkalender het. Fred Perry was die laaste Engelsman wat die Wimbledon-kampioenskap in 1936 gewen het. Hy was die eerste speler wat al vier Grand Slam-enkelspeletjies gewen het en het die span van Groot-Brittanje tot vier Davisbeker-oorwinnings gelei. Engelse vroue wat Wimbledon gewen het, sluit in: Ann Haydon Jones in 1969 en Virginia Wade in 1977.

Die Britse Grand Prix van 1950 op die Silverstone-renbaan was die eerste van die nuutgeskepte Formule Een Wêreldkampioenskap. Sedertdien behoort Engelse renjaers tot die suksesvolste in die Formule Een-geskiedenis, insluitende Stirling Moss, Nigel Mansell, Damon Hill, Lewis Hamilton en Jenson Button. Van die mees tegnies gevorderde renmotors word in Engeland vervaardig en baie van die hedendaagse wedrenmaatskappye kies Engeland as hul basis van bedrywighede weens die ingenieurswese se kennis en organisasie. McLaren Automotive, Williams Grand Prix Engineering, Team Lotus, Honda, Brawn GP, Benetton, Renault en Red Bull Racing is, of was, almal in die suide van Engeland gevestig.

Londen het die Olimpiese Somerspele reeds drie keer aangebied (1908, 1948 en 2012). Engeland ding in die Statebondspele mee, wat elke vier jaar aangebied word, waarvan die Interrykkampioenskappe 1911 in Londen, die Britse Rykspele 1934 in Londen en die Statebondspele van 2002 in Manchester gehuisves was. Die Engelse stad Birmingham sal die Statebondspele in 2022 aanbied.

  1. (in Engels). vanaf die oorspronklike op 28 Maart 2020. Besoek op5 Mei 2018.
  2. (in Engels). Office for National Statistics. vanaf die oorspronklike op 31 Januarie 2016. Besoek op24 Augustus 2014.
  3. (en) Paul Mitchell. . BBC. vanaf die oorspronklike op 18 Februarie 2020. Besoek op14 Februarie 2021.
  4. (en) . FIFA.com. vanaf die oorspronklike op 22 Desember 2019. Besoek op14 Februarie 2021.
  5. (en) . BBC. 22 Januarie 2012. vanaf die oorspronklike op 3 Desember 2019. Besoek op14 Februarie 2021.
  6. (en) . ESPNcricinfo. 14 Julie 2019. Besoek op14 Februarie 2021.
  7. (en) . ESPNcricinfo. Besoek op14 Februarie 2021.
  8. (en) . Rugbyfootballhistory.com. vanaf die oorspronklike op 15 April 2020. Besoek op14 Februarie 2021.
  9. (en) . Rugbyvoetbalunie. Besoek op14 Februarie 2021.
  10. (en) . Britse en Ierse Leeus. Besoek op14 Februarie 2021.
  11. (en) . PGA Tour official website. Geargiveer vanaf op 3 Oktober 2012. Besoek op4 Desember 2008. Scotland is the home of golf ...
  12. (en) Fry, Peter (Julie 2000). Samuel Ryder: The Man Behind the Ryder Cup. Wright Press.
  13. (en) . BBC. 26 September 2012. vanaf die oorspronklike op 2 Desember 2019. Besoek op14 Februarie 2021.
  14. (en) Jackson, Peter (3 Julie 2009). . BBC. vanaf die oorspronklike op 18 September 2019. Besoek op14 Februarie 2021.
  15. (en) . Silverstone. Silverstone.co.uk. vanaf die oorspronklike op 9 April 2020. Besoek op14 Februarie 2021.
  16. (en) . BBC. 21 Desember 2017. vanaf die oorspronklike op 28 Junie 2019. Besoek op14 Februarie 2021.

Engeland
engeland, hierdie, artikel, handel, huidige, land, binne, verenigde, koninkryk, historiese, koninkryk, sien, koninkryk, engels, england, grootste, bevolkingsrykste, vier, nasies, saam, verenigde, koninkryk, vorm, word, noorde, deur, skotland, weste, deur, wall. Hierdie artikel handel oor die huidige land binne die Verenigde Koninkryk Vir die historiese koninkryk sien Koninkryk van Engeland Engeland Engels England is die grootste en bevolkingsrykste van die vier nasies wat saam die Verenigde Koninkryk vorm Dit word in die noorde deur Skotland en in die weste deur Wallis begrens Die Noordsee is oos die Ierse See noordwes en die Keltiese See suidwes van Engeland gelee Die Noordsee in die ooste en die Engelse Kanaal in die suide skei Engeland van die Europese vasteland England Engeland Vlag WapenVolkslied verskeie Hoofsaaklik God Save the Queen Engels vir God beskerm die koningin source source track track track track track track track track track track track track track track track track track track track track track track track track track track track track track Hoofstad Londen 51 30 N 0 7 W 51 500 N 0 117 W 51 500 0 117Grootste stad LondenAmptelike tale EngelsRegering Monarg Eerste minister Unitere parlementere grondwetlike monargie Elizabeth II Boris JohnsonOnafhanklikheid Vorming Vereniging deur Athelstan Normandiese verowering Unie met Wallis Unie van die Krone Glorieryke rewolusie Unie met Skotland 10de eeu tradisioneel 927 1066 1088 1535 1542 24 Maart 1603 11 Desember 1688 1 Mei 1707Oppervlakte Totaal Water 130 279 km2 1ste VK 50 301 myl2Bevolking 2016 skatting 2011 sensus Digtheid 55 268 100 1 1ste VK 53 012 456 2 424 3 km2 1ste VK 1 098 9 myl2BBP nominaal Totaal Per capita 2009 skatting 268 miljard 1ste VK 50 566 1ste VK Geldeenheid Pond sterling a href ISO 4217 html title ISO 4217 GBP a Tydsone Somertyd GMT UTC 0 BST UTC 1 Internet TLD uk gbSkakelkode 44Beskermheilige Sint Joris Nasionale blom Tudorroos Die kranse van Dover Engeland beslaan die sentrale en suidelike dele van die Noord Atlantiese eiland Groot Brittanje Meer as 100 kleiner eilande maak daarnaas deel uit van Engeland waaronder die Scilly eilande en die Eiland Wight Menslike gemeenskappe het hulle al in die Jongsteentydperk in die gebied gevestig wat tans as Engeland bekend staan maar dit was die Angele een van die Germaanse stamme wat hulle in die 5de en 6de eeu op die eiland gevestig het wat hul naam aan die land verleen het In 927 is die verskillende klein koninkryke in n gemeenskaplike Engelse Ryk verenig Vanaf die groot ontdekkingstydperk in die 15de eeu het Engeland beduidende kulturele regtelike ekonomiese en uiteindelik ook taalkundige invloed op ander werelddele uitgeoefen Die Engelse regstelsel is net soos die Anglikaanse Kerk en die Engelse taal in ander lande oorgeneem terwyl die Engelse parlementere regeringstelsel as voorbeeld vir staatkundige bedelings in ander lande gedien het Engeland was in die 18de eeu ook die bakermat van die nywerheidsomwenteling wat van hier na ander Europese en uiteindelik ook oorsese lande uitgebrei het en van Engeland die eerste nywerheidsland ter wereld gemaak het Leidende Engelse nywerheidstede soos Manchester Birmingham en Liverpool het grondstowwe wat uit alle hoeke van die wereld na Engeland ingevoer is tot goedere verwerk wat wereldwyd bemark is terwyl Londen as hoofstad en regeringsetel tot een van die wereld se voorste metropole en die politieke ekonomiese en kulturele spilpunt van die Britse Ryk ontwikkel het Vandag beslaan die metropolitaanse gebied van Groter Londen groot dele van Suidoos Engeland en speel steeds n eersterangse ekonomiese rol as die finansiele spilpunt van Europa en as die sentrum van innovasie op n verskeidenheid terreine veral populere kultuur Sport Wysig Koningin Elizabeth II oorhandig die Wereldbekertrofee van die FIFA Sokker Wereldbekertoernooi in 1966 aan die Engelse kaptein Bobby Moore Engeland speel teen Australie op Lord s in die 2009 Die As reeks Die Engelse nasionale rugbyspan nadat hulle die Rugbywereldbeker 2003 gewen het Engeland het n ryk sporterfenis en baie sportsoorte wat wereldwyd beoefen word het in die 19de eeuse Engeland ontstaan waaronder sokker krieket rugby rugbyliga tennis boks pluimbal muurbal hokkie snoeker biljart veerpyltjies tafeltennis rolbal netbal perdewedren windhondrenne en jakkalsjag Die land het ook gehelp met die ontwikkeling van gholf seil en Formule Eenrenne Sokker is die gewildste van hierdie sportsoorte in Engeland Die Engelse nasionale sokkerspan met sy tuiste op Wembley stadion is het in 1872 die eerste sokkerwedstryd ooit teen Skotland gespeel 3 Die wedstryd het in Hamilton Crescent Glasgow die tuiste van die West of Scotland Cricket Club plaasgevind Engeland het as tuiste van sokker die FIFA Sokker Wereldbekertoernooi in 1966 aangebied en tydens die eindstryd Wes Duitsland met 4 2 geklop 4 Met n Britse televisie gehoorpiek van 32 30 miljoen is die eindstryd die mees gesiene televisie gebeurtenis ooit in die Verenigde Koninkryk 5 Tydens die UEFA Europa beker 2020 het Engeland vir die eerste keer die eindstryd gehaal maar hulle is deur Italie met 3 2 na strafskoppe verslaan Engeland se hoogste sokkerliga is die Premier League gevolg deur die Football League Championship Daar word algemeen aanvaar dat krieket in die vroee Middeleeue as n wedstryd tussen die landbou en metaalbewerkingsgemeenskappe van die Weald ontstaan het Die Engelse nasionale krieketspan is n samestelling van Engelse en Walliese krieketspelers en een van die Toetskrieketlande en volle lidland van die Internasionale Krieketraad Een van die sport se oudste en gewildste wedywering is Die As reeks tussen Engeland en Australie wat sedert 1882 gespeel word Engeland het al vyf krieketwereldbekertoernooie 1975 1979 1983 1999 en 2019 aangebied meer as enige ander land Engeland het die eindstryd tot dusver vier keer bereik en die 2019 eindwedstryd teen Nieu Seeland volgens aantal grenshoue in die beslissende Superboulbeurt gewen en sodoende hul eerste titel ingepalm 6 Na sokker in 1966 en rugby in 2003 is krieket in 2019 die derde wereldbekertrofee in een van Engeland se gewildste sportsoorte wat die onderskeidelike nasionale span ingepalm het Engeland het in 2009 die ICC Wereld Twintig20 aangebied en in 2010 die formaat teen Australie in die eindstryd gewen Lord s in Londen word dikwels Home of Cricket tuiste van krieket genoem 7 Rugby het in die 19de eeu by die Public School van Rugby Warwickshire ontstaan 8 Die Engelse nasionale rugbyspan ding in die Sesnasies toernooi met Frankryk Ierland Italie Skotland en Wallis mee en neem gereeld aan die Rugbywereldbeker deel Engeland het die Rugbywereldbeker 2003 teen die gasheer Australie gewen Engeland was een van die gashere tydens die Rugbywereldbeker 1991 en die Rugbywereldbeker 1999 en hulle het ook die Rugbywereldbeker 2015 saam met Wallis gehuisves Londen se Twickenham is die grootste rugbystadion wereldwyd en tuisstadion van die Engelse nasionale rugbyspan 9 Dit word as n groot prestasie beskou om saam met die Britse en Ierse Leeus na die Suidelike Halfrond te toer waar hulle sowat al om die vier jaar teen die Nieu Seelandse All Blacks die Suid Afrikaanse Springbokke of die Australiese Wallabies speel 10 Gholf is gewild in Engeland deels te danke aan sy kulturele en geografiese bande met Skotland die tuiste van gholf 11 Engelse gholfspelers wat die Grand Slam gewen het sluit in Cyril Walker Tony Jacklin Nick Faldo en Justin Rose vir mans en Laura Davies Alison Nicholas en Karen Stupples vir vroue Die wereld se oudste gholftoernooi is die Britse Ope en word in sowel Engeland as Skotland gespeel Die tweejaarlikse gholftoernooi die Ryderbeker is na die Engelse sakeman Samuel Ryder genoem wat die geleentheid geborg en die trofee geskenk het 12 Nick Faldo is die suksesvolste Ryderbeker speler ooit wat die meeste punte 25 van enige speler van die Europese of Amerikaanse spanne behaal het 13 Tennis het in die laat 19de eeu in Birmingham ontwikkel en die Wimbledon kampioenskap is die oudste en gewildste tennistoernooi wereldwyd Wimbledon is n toernooi wat n belangrike plek in die Britse kultuurkalender het Fred Perry was die laaste Engelsman wat die Wimbledon kampioenskap in 1936 gewen het Hy was die eerste speler wat al vier Grand Slam enkelspeletjies gewen het 14 en het die span van Groot Brittanje tot vier Davisbeker oorwinnings gelei Engelse vroue wat Wimbledon gewen het sluit in Ann Haydon Jones in 1969 en Virginia Wade in 1977 Die Britse Grand Prix van 1950 op die Silverstone renbaan was die eerste van die nuutgeskepte Formule Een Wereldkampioenskap 15 Sedertdien behoort Engelse renjaers tot die suksesvolste in die Formule Een geskiedenis insluitende Stirling Moss Nigel Mansell Damon Hill Lewis Hamilton en Jenson Button Van die mees tegnies gevorderde renmotors word in Engeland vervaardig en baie van die hedendaagse wedrenmaatskappye kies Engeland as hul basis van bedrywighede weens die ingenieurswese se kennis en organisasie McLaren Automotive Williams Grand Prix Engineering Team Lotus Honda Brawn GP Benetton Renault en Red Bull Racing is of was almal in die suide van Engeland gevestig Londen het die Olimpiese Somerspele reeds drie keer aangebied 1908 1948 en 2012 Engeland ding in die Statebondspele mee wat elke vier jaar aangebied word waarvan die Interrykkampioenskappe 1911 in Londen die Britse Rykspele 1934 in Londen en die Statebondspele van 2002 in Manchester gehuisves was Die Engelse stad Birmingham sal die Statebondspele in 2022 aanbied 16 Verwysings Wysig Population Estimates for UK England and Wales Scotland and Northern Ireland mid 2016 in Engels Geargiveer vanaf die oorspronklike op 28 Maart 2020 Besoek op 5 Mei 2018 2011 UK censuses in Engels Office for National Statistics Geargiveer vanaf die oorspronklike op 31 Januarie 2016 Besoek op 24 Augustus 2014 en Paul Mitchell The first international football match BBC Geargiveer vanaf die oorspronklike op 18 Februarie 2020 Besoek op 14 Februarie 2021 en It is now for England FIFA com Geargiveer vanaf die oorspronklike op 22 Desember 2019 Besoek op 14 Februarie 2021 en Tracking 30 years of TV s most watched programmes BBC 22 Januarie 2012 Geargiveer vanaf die oorspronklike op 3 Desember 2019 Besoek op 14 Februarie 2021 en Epic final tied Super Over tied England win World Cup on boundary count ESPNcricinfo 14 Julie 2019 Besoek op 14 Februarie 2021 en Lord s ESPNcricinfo Besoek op 14 Februarie 2021 en Origins of Rugby Codification The innovation of running with the ball was introduced some time between 1820 and 1830 Rugbyfootballhistory com Geargiveer vanaf die oorspronklike op 15 April 2020 Besoek op 14 Februarie 2021 en The Home of England Rugby Twickenham Rugbyvoetbalunie Besoek op 14 Februarie 2021 en British amp Irish Lions Britse en Ierse Leeus Besoek op 14 Februarie 2021 en Scotland is the home of golf PGA Tour official website Geargiveer vanaf die oorspronklike op 3 Oktober 2012 Besoek op 4 Desember 2008 Scotland is the home of golf en Fry Peter Julie 2000 Samuel Ryder The Man Behind the Ryder Cup Wright Press en Sir Nick Faldo drives on in business world BBC 26 September 2012 Geargiveer vanaf die oorspronklike op 2 Desember 2019 Besoek op 14 Februarie 2021 en Jackson Peter 3 Julie 2009 Who was Fred Perry BBC Geargiveer vanaf die oorspronklike op 18 September 2019 Besoek op 14 Februarie 2021 en The History of British Motorsport and Motor Racing at Silverstone Silverstone Silverstone co uk Geargiveer vanaf die oorspronklike op 9 April 2020 Besoek op 14 Februarie 2021 en Commonwealth Games Birmingham announced as host of 2022 event BBC 21 Desember 2017 Geargiveer vanaf die oorspronklike op 28 Junie 2019 Besoek op 14 Februarie 2021 Eksterne skakels Wysig Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Engeland Wikiwoordeboek het n inskrywing vir Engeland en Toerisme inligting oor Engeland op Wikivoyage Verenigde Koninkryk LandeEngeland Skotland Wallis Noord IerlandOorsese gebiedeAnguilla Bermuda Brits Antarktiese Gebied Britse Indiese Oseaangebied Britse Maagde eilande Falkland eilande Gibraltar Kaaimanseilande Montserrat Pitcairneilande Sint Helena Ascension en Tristan da Cunha Suid Georgie en die Suidelike Sandwicheilande Turks en CaicoseilandeKroongebiedeEiland Man Guernsey JerseySowereine militere basisseAkrotiri en DhekelieOntsluit van https af wikipedia org w index php title Engeland amp ol,