Wikipedia
Endotermies
In termodinamika word die term endotermies gebruik om 'n proses of reaksie in die stelsel te beskryf wat energie van die omgewing absorbeer in die vorm van hitte. Endotermies is die teenoorgestelde van eksotermies. Die woord vind sy oorsprong in die Griekse woorde endon, ("binne") en thermasi, ("verhit").