×
Elliptiese sterrestelsel

’n Elliptiese sterrestelsel is ’n sterrestelsel wat min of meer ovaalvormig is. Hulle het ’n egalige voorkoms wat helderheid betref. Dit is een van die drie hoofklasse sterrestelsels wat oorspronklik deur Edwin Hubble beskryf is in sy 1936-werk The Realm of the Nebulae, saam met spiraal- en lensvormige sterrestelsels.

Die reuse elliptiese sterrestelsel ESO 325-G004.

Inhoud

Die stelsels se vorms wissel van byna ovaalvormig tot baie plat, en die hoeveelheid sterre in hulle van tienmiljoene tot meer as ’n biljoen. Hubble het aanvanklik opgemerk dat elliptiese stelsels dalk eindelik spiraalstelsels word, maar dit is later verkeerd bewys. Sterre in elliptiese stelsels is baie ouer as dié in spiraalstelsels.

Die meeste elliptiese sterrestelsels bestaan uit populasie II-sterre – ou, rooi sterre met min metale – en het dus ’n rooi kleur. Hulle het min interstellêre materiaal en minimale stervorming, en word dikwels omring deur groot getalle bolswerms. Hulle maak sowat 10–15% van die stelsels in die Virgo-superswerm uit, maar is nie die oorheersende soort sterrestelsel in die heelal nie.

Die dinamiese eienskappe van elliptiese stelsels en dié van die bol van spiraal- en lensvormige sterrestelsels stem ooreen, en dit dui daarop dat hulle deur dieselfde fisiese prosesse gevorm word, hoewel dié mening omstrede is. Elliptiese dwergsterrestelsels se eienskappe wissel tussen dié van gewone elliptiese stelsels en dié van bolswerms. Sferoïdale dwergsterrestelsels lyk soos ’n aparte klas: hul eienskappe stem meer ooreen met dié van onreëlmatige en spiraalstelsels.

Benewens die Hubble-klasse, ná gE (elliptiese reuse), is ’n klas D en cD. Hulle stem ooreen met die kleiner stelsels, maar is meer uitgesprei en het groter halo's. Sommige lyk selfs meer soos lensvormige sterrestelsels.

Daar word geglo alle helder elliptiese stelsels het ’n supermassiewe swartkolk in hul kern, en dat die grootte daarvan afhang van die groote van die sterrestelsel.

  1. Hubble, E.P. (1936). (PDF). Mrs. Hepsa Ely Silliman memorial lectures, 25. New Haven: Yale University Press. ISBN 978-0-300-02500-2. OCLC . Geargiveer vanaf op 2012-09-29.
  2. John, D, (2006), Astronomy, ISBN 1-4054-6314-7, p. 224-225
  3. Binney, J. (1998). Galactic Astronomy. Princeton: Princeton University Press. ISBN 978-0-691-02565-0. OCLC .Onbekende parameter |coauthors= geïgnoreer (help)
  4. Loveday, J. (1996). "The APM Bright Galaxy Catalogue". Monthly Notices of the Royal Astronomical Society. 278 (4): 1025–1048. arXiv:. Bibcode:.Onbekende parameter |month= geïgnoreer (help)
  5. Merritt, D. (Februarie 1999). "Elliptical galaxy dynamics". The Astronomical Journal. 756 (756): 129–168. arXiv:. Bibcode:. doi:.

Publikasie datum: September 26, 2021

elliptiese, sterrestelsel, sterrestelsel, meer, ovaalvormig, hulle, egalige, voorkoms, helderheid, betref, drie, hoofklasse, sterrestelsels, oorspronklik, deur, edwin, hubble, beskryf, 1936, werk, realm, nebulae, saam, spiraal, lensvormige, sterrestelsels, reu. n Elliptiese sterrestelsel is n sterrestelsel wat min of meer ovaalvormig is Hulle het n egalige voorkoms wat helderheid betref Dit is een van die drie hoofklasse sterrestelsels wat oorspronklik deur Edwin Hubble beskryf is in sy 1936 werk The Realm of the Nebulae 1 saam met spiraal en lensvormige sterrestelsels Die reuse elliptiese sterrestelsel ESO 325 G004 Inhoud 1 Eienskappe 2 Voorbeelde 3 Verwysings 4 Eksterne skakelsEienskappe WysigDie stelsels se vorms wissel van byna ovaalvormig tot baie plat en die hoeveelheid sterre in hulle van tienmiljoene tot meer as n biljoen Hubble het aanvanklik opgemerk dat elliptiese stelsels dalk eindelik spiraalstelsels word maar dit is later verkeerd bewys 2 Sterre in elliptiese stelsels is baie ouer as die in spiraalstelsels 2 Die meeste elliptiese sterrestelsels bestaan uit populasie II sterre ou rooi sterre met min metale en het dus n rooi kleur Hulle het min interstellere materiaal en minimale stervorming en word dikwels omring deur groot getalle bolswerms 3 Hulle maak sowat 10 15 van die stelsels in die Virgo superswerm uit maar is nie die oorheersende soort sterrestelsel in die heelal nie 4 Die dinamiese eienskappe van elliptiese stelsels en die van die bol van spiraal en lensvormige sterrestelsels stem ooreen 5 en dit dui daarop dat hulle deur dieselfde fisiese prosesse gevorm word hoewel die mening omstrede is Elliptiese dwergsterrestelsels se eienskappe wissel tussen die van gewone elliptiese stelsels en die van bolswerms Sferoidale dwergsterrestelsels lyk soos n aparte klas hul eienskappe stem meer ooreen met die van onreelmatige en spiraalstelsels Benewens die Hubble klasse na gE elliptiese reuse is n klas D en cD Hulle stem ooreen met die kleiner stelsels maar is meer uitgesprei en het groter halo s Sommige lyk selfs meer soos lensvormige sterrestelsels Daar word geglo alle helder elliptiese stelsels het n supermassiewe swartkolk in hul kern en dat die grootte daarvan afhang van die groote van die sterrestelsel Voorbeelde WysigMessier 32 Messier 49 Messier 59 Messier 60 NGC 4649 Messier 87 NGC 4486 Messier 89 Messier 105 NGC 3379 Maffei 1 die naaste elliptiese reus Centaurus A NGC 5128 Verwysings Wysig Hubble E P 1936 The realm of the nebulae PDF Mrs Hepsa Ely Silliman memorial lectures 25 New Haven Yale University Press ISBN 978 0 300 02500 2 OCLC 611263346 Geargiveer vanaf die oorspronklike op 2012 09 29 2 0 2 1 John D 2006 Astronomy ISBN 1 4054 6314 7 p 224 225 Binney J 1998 Galactic Astronomy Princeton Princeton University Press ISBN 978 0 691 02565 0 OCLC 39108765 Onbekende parameter coauthors geignoreer help Loveday J 1996 The APM Bright Galaxy Catalogue Monthly Notices of the Royal Astronomical Society 278 4 1025 1048 arXiv astro ph 9603040 Bibcode 1996MNRAS 278 1025L Onbekende parameter month geignoreer help Merritt D Februarie 1999 Elliptical galaxy dynamics The Astronomical Journal 756 756 129 168 arXiv astro ph 9810371 Bibcode 1999PASP 111 129M doi 10 1086 316307 Eksterne skakels WysigSEDS Elliptical Galaxies Geargiveer 9 Augustus 2006 op Wayback Machine Elliptical Galaxies Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Elliptiese sterrestelsel Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse WikipediaOntsluit van https af wikipedia org w index php title Elliptiese sterrestelsel amp ol,