×
Elize Cawood

Elize Cawood (28 Junie 1952 – 18 Julie 2020) was ’n Suid-Afrikaanse aktrise. Haar bekendste TV-rol is waarskynlik dié van Pop in Verspeelde lente (1984) en op die silwerdoek teenoor Marius Weyers en Peter Sepuma as die ryk Afrikaanse vrou in Taxi to Soweto. Sy was ook te sien in flieks soos Die wonderwerker (2012) en Lien se lankstaanskoene (2012).

Elize Cawood
Cawood geskets in haar jonger jare

Geboorte 28 Junie 1952
Bloemfontein
Sterfte 18 Julie 2020 (op 68)
Nasionaliteit Suid-Afrika
Beroep(e) Aktrise
Internet-rolprentdatabasis-profiel

Cawood het talle pryse vir haar rolle ingepalm, onder andere Beste Aktrise in 'n dramareeks in 1984 en 1985, Beste Vroulike Byspeler in die Vita-, Dalro-, Scenaria- en Artes-toekennings, asook Beste Aktrise in die sepie Villa Rosa in 2007.

Inhoud

Elize Cawood is in 1952 gebore en matrikuleer aan die Hoërskool Sentraal in Bloemfontein. Daarna studeer sy drama aan die Universiteit van die Oranje-Vrystaat, waar sy haar B.A.-graad verwerf het.

Cawood begin haar loopbaan in 1974 by die destydse Sukovs. Sy speel onder meer in Paul Ziller se The Effect of Gamma Rays (onder regie van Ernst Eloff) en Bertolt Brecht se Die goeie mens van Setzuan (onder regie van William Egan). Sy het ook in skole- en biblioteekprogramme opgetree.

Later werk sy by Truk en word hierna 'n vryskutspeler. Op die verhoog raak sy veral bekend waar sy die rol van Olive Schreiner vertolk in Stephen Gray se Schreiner — A One Woman Play (onder regie van Lucille Gillwald), as Elsa in die debuutproduksie van Athol Fugard se Road to Mecca in die Markteater in Johannesburg, en as Stella in Tennessee Williams se Die trem se naam: Begeerte (vertaal deur Lucas Malan en geregisseer deur Bobby Heany).

Sy is in 1982 met die akteur Wilson Dunster getroud, saam met wie sy te sien was in Paul Slabolepszy se The Art Of Charf en Dinner For One. Haar broer Bromley is ’n rolprent- en televisieregisseur, en haar dogter, Jenna Dunster, is ook 'n aktrise.

  1. Cornelissen, Christel (18 Julie 2020). . Maroela Media. vanaf die oorspronklike op 19 Julie 2020. Besoek op19 Julie 2020.
  2. HAT Taal-en-feitegids, Pearson, Desember 2013, ISBN 978-1-77578-243-8
  3. , besoek op 12 Junie 2017

Publikasie datum: September 25, 2021

elize, cawood, junie, 1952, julie, 2020, suid, afrikaanse, aktrise, haar, bekendste, waarskynlik, dié, verspeelde, lente, 1984, silwerdoek, teenoor, marius, weyers, peter, sepuma, afrikaanse, vrou, taxi, soweto, sien, flieks, soos, wonderwerker, 2012, lien, la. Elize Cawood 28 Junie 1952 18 Julie 2020 1 was n Suid Afrikaanse aktrise Haar bekendste TV rol is waarskynlik die van Pop in Verspeelde lente 1984 en op die silwerdoek teenoor Marius Weyers en Peter Sepuma as die ryk Afrikaanse vrou in Taxi to Soweto Sy was ook te sien in flieks soos Die wonderwerker 2012 en Lien se lankstaanskoene 2012 2 Elize CawoodCawood geskets in haar jonger jareGeboorte 28 Junie 1952 BloemfonteinSterfte 18 Julie 2020 op 68 Nasionaliteit Suid AfrikaBeroep e AktriseInternet rolprentdatabasis profiel Cawood het talle pryse vir haar rolle ingepalm onder andere Beste Aktrise in n dramareeks in 1984 en 1985 Beste Vroulike Byspeler in die Vita Dalro Scenaria en Artes toekennings asook Beste Aktrise in die sepie Villa Rosa in 2007 3 Inhoud 1 Lewensloop 2 Filmografie 3 Verwysings 4 Eksterne skakelsLewensloop WysigElize Cawood is in 1952 gebore en matrikuleer aan die Hoerskool Sentraal in Bloemfontein Daarna studeer sy drama aan die Universiteit van die Oranje Vrystaat waar sy haar B A graad verwerf het Cawood begin haar loopbaan in 1974 by die destydse Sukovs Sy speel onder meer in Paul Ziller se The Effect of Gamma Rays onder regie van Ernst Eloff en Bertolt Brecht se Die goeie mens van Setzuan onder regie van William Egan Sy het ook in skole en biblioteekprogramme opgetree Later werk sy by Truk en word hierna n vryskutspeler Op die verhoog raak sy veral bekend waar sy die rol van Olive Schreiner vertolk in Stephen Gray se Schreiner A One Woman Play onder regie van Lucille Gillwald as Elsa in die debuutproduksie van Athol Fugard se Road to Mecca in die Markteater in Johannesburg en as Stella in Tennessee Williams se Die trem se naam Begeerte vertaal deur Lucas Malan en geregisseer deur Bobby Heany Sy is in 1982 met die akteur Wilson Dunster getroud saam met wie sy te sien was in Paul Slabolepszy se The Art Of Charf en Dinner For One Haar broer Bromley is n rolprent en televisieregisseur en haar dogter Jenna Dunster is ook n aktrise Filmografie WysigWat jy saai 1979 Les visiteurs 1980 TV minireeks Verspeelde lente 1983 TV minireeks Arme moordenaar 1986 TV fliek Wolwedans in die skemer 1987 TV reeks The Fourth Reich 1990 as Romy Taillard Taxi to Soweto 1991 as Jessica du Toit Daisy de melker 1993 TV fliek as Ethel Balderow Lyklollery 2001 as die TV lisensiedame The Long Run 2001 as Mrs Suiker Red Dust 2004 as Anna Hoffman Proesstraat 2010 TV komediereeks Liefling 2010 as Ouma Elsa Ferreira Die wonderwerker 2012 as Maria van Rooyen Lien se lankstaanskoene 2013 as Roos Dis ek Anna 2015 as advokaat Gouws Sy klink soos lente 2016 as tannie Martie Vir altyd 2016 as ouma Betsie van Zyl Vir die voels 2016 as ouma Martie Konings en die opvolg Torings TV dramareekse Verwysings Wysig Cornelissen Christel 18 Julie 2020 Bekende aktrise sterf na kankerstryd Maroela Media Geargiveer vanaf die oorspronklike op 19 Julie 2020 Besoek op 19 Julie 2020 HAT Taal en feitegids Pearson Desember 2013 ISBN 978 1 77578 243 8 Profiel op ESAT besoek op 12 Junie 2017Eksterne skakels Wysig Wikiquote het aanhalings deur Elize Cawood Elize Cawood op IMDb Elize Cawood en haar man se Dinner For One op YouTubeOntsluit van https af wikipedia org w index php title Elize Cawood amp ol,